Skip to main content

Tag: materiaal

11-17 Maart: Rut

RUS 
• Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
• Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 9 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Rut uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
• Naomi – en later Rut saam met haar – het baie swaar gekry.  Tog het God vir hulle gesorg, o.a. deur hulle vir mekaar te gee.  Hoe sorg God vir jou wanneer jy swaar kry?  Wie gee hy vir jou om jou te ondersteun? 
• Boas was goedhartig (“kind” – ouers maak seker kinders verstaan wat dit beteken) teenoor Rut.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat iemand goedhartig was teenoor jou.  Wat kan keer dat jy goedhartig is teenoor ander?  
LEEF 
• Is daar iemand teenoor wie jy hierdie week goedhartigheid kan bewys?  Vertel vir mekaar wie dit is en wat jy gaan doen.
• Het julle al jul “30 minute om te seën” gedoen?  Laat weet vir rethievanniekerk[by]gmail.com wat julle gedoen het!  As julle nog nie iets gedoen het nie, gesels oor wat julle gaan doen en wanneer.
• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue

RUS 
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 8 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Simson (Rigters 16) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Simson was nie altyd gehoorsaam aan die Here nie.  Dit het hom in baie slegte omstandighede laat beland.  (Gesels gou weer:  wanneer was Simson ongehoorsaam?  In watter slegte omstandighede het dit hom laat beland?)  Tog het God hom steeds gebruik en steeds sy gebede beantwoord.  Wat leer dit vir ons oor dié kere wat ons ook ongehoorsaam is?
•Ons lees in die boek Rigters hoe God gewone mense gebruik om buitengewone goed te doen.  Gesels met mekaar oor hoe julle dink God elkeen van julle wil gebruik.
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?  Wat gaan julle hierdie maand vir julle “30 minute om te seën” doen?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Gemeentevernuwing 17-22 Sept Ps 78

gemeentevernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Vertel vir mekaar van die kerk van jul kinderjare (ouers vertel vir kinders).  Wat onthou jy van kerk?  Watter rol het die kerk in jou kinderjare gespeel?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Psalm 78:1-7

  • Wat staan vir julle uit met die lees van die teks?
  • Vers 4 van die Psalm sê dat ons vir die volgende geslag sal vertel wat die Here gedoen het.  Vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jou lewe, of van ‘n keer wat jy God se krag ervaar het.
  • [Vir volwassenes:]  As die fondament van reëls nie ‘n verhouding is nie, lei dit tot rebellie (vers 7).  Wat is die verskil tussen gehoorsaamheid wat uit ‘n verhouding groei en gehoorsaamheid wat net reëls nakom?  Hoe kweek ons gehoorsaamheid uit wat uit ‘n verhouding kom?
  • Mark Holmen skryf in hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home” oor die voorreg van kerk toe gaan.  Hy praat ook van die gesindheid waarmee ons aan ‘n kerk behoort:  “Thy will be done” of “my will being done”.  Dan sê hy:  “The degree to which you actively engage yourself in the life of an intentional Christian community is the degree to which you’ll be satisfied as a family” (bl. 126-127). Wat dink julle?  Watter rol speel die kerk in ‘n individu – en ‘n familie – se geloofslewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink terug oor die “Radikale Vernuwing” reeks van die afgelope paar weke.  Vertel vir mekaar: (1)  wat is die belangrikste punt wat jy wil onthou?  (2) Wat is een ding wat jy gaan doen?