Skip to main content

Tag: kleingroepmateriaal

Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018

KLEINGROEPE SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Dalk het julle weens die vakansie lanklaas ontmoet.  Laat elkeen kortliks vertel hoe dit met julle gaan.

Ingaan in God se tyd:

Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Matteus 5:3-9 rustig lees.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 1.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue reading

Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.

Luister na God se Woord:  Lees Numeri 6:22-27.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Continue reading

Waarna soek jy?

Kleingroepmateriaal 20 tot 26 Julie

Teologiese Raamwerk

Begeer jy vrede? ’n Hart vol liefde? Geloof wat God in alles sien en gehoorsaam?

Valse Narratief: Ons verander met wilskrag

Ons leef onder die valse indruk dat ons hierdie goed kan kry deur harder te probeer. Wanneer ons pogings dan nie suksesvol is nie, neem ons aan ons het gewoon nie die nodige selfbeheersing of selfdissipline nie.

Continue reading

Inspiratus: 10-17 Mei

Pinkster 2015: InspiratusWeek van 10 tot 16 Mei se kleingroepmateriaal, in voorbereiding vir 17 Mei se eredienste

RUS

  • Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
  • Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Gesels oor jul kennis en ervaring van die Heilige Gees. Wat weet julle van die werk van die Gees?  Wat wonder julle?  Hoe beleef julle die werk van die Gees in jul lewens?

HOOR

Continue reading

Markus 3:1-6 Verontwaardig

Laat Jesus deur jou verontwaardig wees

Week van 23-28 Februarie

RUS

  • Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Wat maak jou kwaad? Hoe reageer jy gewoonlik wanneer jy kwaad raak?

HOOR

Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.

Lees Markus 3:1-6

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.

2. Hierdie is die enigste plek in die Bybel waar ons lees dat Jesus kwaad was. Baie mense neem aan dat Jesus kwaad was met die reiniging van die tempel, maar die Bybel sê nie dat hy kwaad was nie (en sou Jesus regtig sy woede uitdruk deur mense en diere te slaan, of was dit net om hulle aan te jaag?). Kyk weer na vers 5. Jesus se woede word gekombineer met droefheid “oor hul verhardheid”. Hy is kwaad juis omdat hy omgee! Hoe dink julle het Jesus se woede gelyk?

3. Jesus se woede is:

  • gefokus: Jesus wil graag die beste hê vir dié vir wie hy kwaad is
  • rein: hy word nie bitter nie, neem dinge nie persoonlik op nie
  • deernisvol: hy gee om en het deernis vir diegene vir wie hy kwaad is.

Hoe sal dieselfde gesindheid prakties lyk as Jesus deur ons leef?

4. Dink na oor die goed wat jou kwaad maak. Woede is dikwels die produk van vrees. Wat sit regtig agter jou woede? Vrees? Trots? Selfsug? Help mekaar dink aan produktiewe, liefdevolle maniere om woede te hanteer.

LEEF

  • Waaroor dink jy sou Jesus vandag verontwaardig raak? Hoe kan julle sy liefde en deernis in daardie situasies bring?
  • Waartoe roep die Here jou nou?
  • Die situasie in die Midde-Ooste is sekerlik een van die goed waaroor ons verontwaardig moet wees! Bid vir die Christene in die Midde-Ooste, die mense wat hulle vervolg én die mense wat ons ondersteun wat in die veldwerk.

Kleingroep afsluiting

Aanbevelings vir voorganger:
  • Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het. Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
  • Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
  • Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek. Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is. Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen
  • Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.

Continue reading