HuisGeloof 30 Junie – 6 Julie
OMGEE GESPREKKE
Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy baie veilig gevoel het. Wat het jou so veilig laat voel?
BYBEL LEES
Lees Matteus 11:28-30.
- Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Kyk hoe vertaal Die Nuwe Testament vir Kinders die teks. Wat verstaan julle anders of beter as julle na hierdie vertaling kyk?
Glo in My. Kry julle baie swaar? Is julle moeg gesukkel om by God uit te kom? Ek kan help! Kom rus by My. Ek maak dit glad nie moeilik om in God te glo nie. Omdat Ek regtig vir julle omgee, is julle veilig by My. Ek sal my arms om julle sit en julle styf vashou. Ek maak die lewe weer lekker.
- Gesels oor hoe hierdie teks waar kan wees ook wanneer dit met ’n mens sleg gaan en alles nie lekker voel nie.
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Sing die ou Jeugsangbundel 29:
Ek was eensaam en verlaat | Al was mense rondom my | Daar was niemand wat my verstaan | Maar U Woord kom toe helder na my:
Refrein: “Kom na my toe | Almal wat moeg en oorlaai is | Kom na my toe | Ek gee rus” | Toe ek opstaan en, nog verward | my hand in Syne lê | Kry die lewe sin | En vind ek rus in Hom
GESEËN OM TE SEËN
- Volgende week is Avontuurweek! As julle in PE is, klik hier om te registreer.
- Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
huisgeloof, Huisgodsdiens, jeugsangbundel, juk, kom na my toe, Matteus 11