Doop – Hebreërs 6:1-2
God gee vir ons die doop as ‘n genademiddel wat ons geloof en eenheid versterk. Daardeur word ons met Christus verenig, van sonde gereinig, deel gemaak van die werk van die Gees, ingelyf in die Liggaam van Christus en geroep om te leef as burgers van God se koninkryk.
(Aanddiens teks onder ná oggenddiens se teks)
Toetrede
Vonkk 254 God is hier
Votum en seëngroet
(n.a.v. 1 Petrus 1:1-2)
Lofsang en aanbidding
Vonkk 277, Lied 478, My Pa is die Koning
Kindertyd
Storie (heelwat aangepas): Water, Come Down!
Deur Walter Wangerin
Illustrasies: Gerardo Suzán
1
Ek is die son
Ek is vuur en lig
Ek is die een
Wat gehoor het
Dat jy jou naam gaan kry vandag.
Ek het vir my suster gefluister:
’n kind word gedoop vandag
’n kind gaan naam kry vandag.
2.
Ek is die wolk.
My broer, die son, het vir my gefluister:
’n kind word gedoop vandag
’n kind gaan naam kry vandag.
Van blydskap het ek skoon begin huil.
3.
Ek is die reën
Wat op die dorre aarde val,
Watter wat alles skoon was
En saad laat groei
Nuwe lewe bring
Waar alles dood was.
4.
Ek is die reënboog
Wanneer jy my ook al sien
Herinner ek jou:
God is met jou!
God sal jou nooit laat gaan nie!
Jy is gedoop.
5.
Ek is die water waarin jy gewas is
Die dag toe jy gedoop is
Toe jy jou naam gekry het.
Jou hele familie was daar
Die dag toe die dominee gesê het:
Ek doop jou in die naam van die Vader
En die Seun en die Heilige Gees.
6.
Ek is die water wat op jou voorkop geval het
Drie keer met die woorde wat jou nuut gemaak het
Terwyl almal gelag en gelag het
Die dag toe jy gedoop is
Die dag toe jy deel geword het van die gemeente
Toe jy jou naam gekry het.
7.
En ons almal
In die hemel
En op die aarde
Groet jou nou.
Ons is saam met jou bly.
Jy is gedoop.
Jy het ’n splinternuwe naam
Pragtige pragtige gedoopte:
Jou naam is…
Kind van God!
• Staan by doopvont.
Toe gedoop is,
Nuwe naam gekry:
Kind van God.
Water op kop sê…
Lied gesing?
Pa is Koning van heelal!
Jy is prins/es
Naam: Kind van God
[spat water, vra: wat jou naam? – Kind van God]
Toewyding
Dink vanoggend doop,
Wat beteken.
Nooi vanoggend spesifiek jou doop dink –
Dalk weet niks, nie eers waar, wie – ouers!
Dalk foto’s, stories, familie dooprok iewers in kas.
V: Ons doop is ’n seel dat God ons gered het.
Deur die geboorte, dood en opstanding van Jesus Christus is die magte wat ons bind, verbreek en het God se koninkryk ons wêreld ingekom.
Deur ons doop is ons burgers van God se koninkryk gemaak en vrygemaak van alles wat ons gevange hou.
Kom ons vier vanoggend opnuut hierdie vryheid deur die beloftes wat by ons doop gemaak is te herbevestig.
Vrae vra,
Dink wat God by jou doop jou gegee,
Reageer, ontvang, bely geloof
(responsories)
Liturg: Glo jy in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde?
G: Ja, ek glo.
V: Weet dan dat God ons Vader met jou doop al sy beloftes aan jou toegesê en jou Syne gemaak het.
Glo jy in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here?
G: Ja, ek glo.
V: Weet dan dat Jesus Christus vir jou gesterf het en dat jy die redding wat Hy bewerk het, besit.
Glo jy in die Heilige Gees?
G: Ja, ek glo.
V: Weet dan dat die Heilige Gees in jou woon en vir jou die krag gee om ’n ware dissipel van Jesus te wees.
Jy behoort aan die Here en niks kan hierdie waarheid ooit verander nie.
Amen.
Lied 290 vers 1 (sit)
Skriflesing
Reeks: Christenskap 101
Basics – hoewel Hebreërs eintlik glad nie basiese goed,
Vandag spesifiek herinner wat daardie basiese goed,
Uitdaag aanbeweeg.
Hebreërs 5:11- 6:2
Preek
Hebreër-briefskrywer
(Priscilla)
Herinner nie stilstaan begin,
Basiese goed – moet groei.
Noem dinge wat fondament van geloof is – 101 –
Waarvan een doop,
Vandag oor nadink.
Sê moet aanbeweeg.
Eintlik logies!
Kan nie heeltyd in geloof,
In kerk
Besig wees eerste dinge van geloof.
Moet groei.
Leer ABC op skool –
Liedjie ABC…
Kom op universiteit
Wil in filosofie klas
Elke keer net ABC sing.
Mos onsinnig!
Maar jy moet alfabet leer,
Vroeg in skool loopbaan al,
Nie sodat kan vergeet!
Maar sodat daarvan kan aanbeweeg,
Met kennis van alfabet as fondament,
As vanselfsprekend,
Wat jou help dit wat lees verstaan.
So Hebreërbriefskrywer lys van sulke ABC’s,
Een daarvan doop.
Sê aanbeweeg.
Maar staan vandag juis hierby stil.
Terwyl ook vir mekaar sê,
Wanneer oor doop praat,
Nie besig rocket science van geloof nie –
Hierdie is basics,
Begin.
Doop van wonderlikste geskenke God ons gegee.
Genademiddel
Om geloof en eenheid te versterk.
Hoe ontsettend hartseer
Dat dan juis hieroor is
Mekaar verskil,
Verdeeldheid en skeuring in kerk veroorsaak.
Daarom vanoggend nie kyk na verskille,
Maar waaroor saamstem /konsensus –
As doop basiese van geloof,
Dan vanoggend basiese van doop.
Sakrament
Eerste punt van doop
Is dat sakrament is.
Wat dink jy gebeur by doop?
Vermoed vraag baie van ons nie maklik antwoord.
Waarskynlik ook
Baie van ons sê:
Niks.
Dink aan doop as simboliese handeling,
Teken –
Maar niks regtig fisies in doop gebeur.
Maar wonder van doop
Is dat NIE bloot simbool is.
Is sakrament.
By doop GEBEUR daar is,
Deur doop IS ons
Saam Christus gekruisig, begrawe, opgewek.
Nêrens NT word doop ’n teken of simbool genoem.
Want in doop WORD ons
Met Christus verenig
WORD ons in gemeente ingelyf
WORD sonde agewas.
Wat ook beteken –
En dis so ontsettend NB
Belangrikste ding wat kan sê van doop,
As net een ding onthou,
Onthou dit:
By doop
Is dit God wat handel.
ONS kan nie met Christus verenig
Self in gemeente opneem.
Is GOD wat dit doen.
Ons kyk dikwels vas in wat mense doen by doop:
Grootdoop: mens se geloof
Mens se gehoorsaamheid
Verbondsdoop (ons):
Ouers geloof
Ouers bring
Ouers beloof.
Maar daardie bysake,
Is reaksie op wat gebeur by doop –
Wat GOD doen by doop.
By doop GEBEUR daar iets met mens wat gedoop word.
Doen nie iets nie –
Ontvang iets.
Ons wêreld moeilik te verstaan.
Min misterie.
Wanneer wel misterie,
Afgemaak bygeloof.
Veral ons gereformeerdes:
Wil alles verstaan
Verduidelik.
Sien,
Beredeneer.
Om dan te sê God handel in doop
Is – anders as wat Hebreërbriefskrywer sê! –
Bo ons vuurmaakplek!
Maar nooi vanoggend
Om nie-verstaan eenkant te sit,
In geloof te ontvang wat God in doop vir ons gee.
So wat gebeur in doop?
1. verenig met Christus
Eerste ding doop gebeur
Is dat ons verenig word met Christus.
In jou doop
Word sigbaar gemaak
Dat jy deel is van iets groter as jyself –
Jy is deel van God se werk in die wêreld.
En die middelpunt van daardie werk van God
Is Jesus.
Daarom sê Galasiërs 3:27
Dat ons deur doop met Christus verenig word –
Staan letterlik in Christus ingedoop.
Deur doop
Word ons op só hegte manier aan Jesus verbind
Dat ons met hom vereenselwig word.
Jy behoort aan hom
En hy behoort aan jou.
Hierdie vereenselwiging is hart van Jesus se hele lewe –
Sy bediening
Sy kruisdood
Sy opstanding.
By jou doop sê hy vir jou:
Ek het myself ook vir jou gegee
Ook aan jou verbind.
Alles wat ek kom doen het
Is ook vir jou.
Jy hoef nooit daaraan te twyfel nie.
Jesus gee homself vir die wêreld.
En by jou doop
Word daardie gawe
By jou adres afgelewer.
Jy word, by jou doop,
’n deelnemer aan wat Christus gedoen het.
Paulus brei breedvoerig hierop uit in Romeine 6:
3Of weet julle nie
dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is,
in sy dood [in]gedoop is nie?
4Deur die doop is ons immers saam met Hom
in sy dood begrawe,
sodat, soos Christus
deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader
uit die dood opgewek is,
ons ook so ’n nuwe lewe kan lei.
5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood,
sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.
6Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was,
saam met Christus gekruisig is,
sodat ons sondige bestaan beëindig kon word.
Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
7Iemand wat gesterf het,
is immers vry van die mag van die sonde.
8Ons het saam met Christus gesterwe;
daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.
En Kolossense 2 en 3 nog helderder:
11Deur julle verbondenheid met Hom
is julle ook besny,
nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie,
maar met die besnydenis deur Christus,
en dit bestaan
in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
12Dit het by die doop gebeur
deurdat julle toe saam met Hom begrawe is.
Deur julle verbondenheid met Hom
is julle ook saam met Hom opgewek,
omdat julle geglo het
in die krag van God
wat Hom uit die dood opgewek het.
Christus se lewe en sterwe en opstanding
Word jou lewe en sterwe en opstanding.
Christus se lewe
Bepaal jou lewe en toekoms.
En dit is die hart van die doop:
Die eenheid met Christus,
Die inleiding in ’n nuwe lewe,
’n lewe uit God
En vir God.
Met Jesus verenig word in doop
Beteken nie jy soos druppel water verdwyn.
Veel beter woord “gemeenskap”-
Koinonia.
Verenig met Jesus
Dui op verhouding –
Verhouding waarin alles met mekaar gedeel word,
Jy jouself gee
Met alles wat het en is.
Net soos wat Jesus homself vir jou gee
Met alles wat het en is.
Eenheid met Jesus is nie versmelting.
Maar JOU verhaal
Word ingeweef
In sy verhaal.
En dit is waaraan die doop
– en die nagmaal! –
ons herinner.
Maar ook spesifieke tipe herinner.
Nie herinner in sin
dat Jesus net aanwesig goed duisende jare gelede gebeur.
Nou jy dit onthou,
In jou lewe “toepas”,
Sodat nou werklikheid.
Regte eenheid Jesus
Beteken Jesus nie net gekruisig en begrawe,
Maar opgestaan,
Dat lewende Here deel is van jou lewe
Dat met hom in verhouding staan.
Alles jy het en is behoort aan hom
En alles hy het en is
Behoort hier en nou aan jou.
En vanuit hierdie lewende verhouding
“onthou” jy.
Nie soos wewenaar terugdink troudag,
Nog meer alleen en verlate voel.
Maar eerder soos egpaar saam deur troualbum blaai,
Ou herinnerings deel
En daarmee sê:
Dis hoe ons hier gekom het,
Dit is waar ons verhouding begin het
Dit is wat jy vir my gedoen het en ek vir jou
En dis hoe ons onsself vir mekaar gegee het
Net so gee steeds onsself vir mekaar.
2. Vergifnis van sonde
Water – was skoon!
(Hoekom ek sorg dat daar baie water is wanneer doop)
Regdeur NT – Handelinge, briewe.
O.a. Titus 3:5b (OAV)
maar na sy barmhartigheid
het Hy ons gered
deur die bad van die wedergeboorte
en die vernuwing deur die Heilige Gees
Maar hoe moet mens nou dink oor vergifnis ons ontvang in doop?
Party mense:
Moontlikheid en werklikheid –
Vergifnis in doop is moontlikheid.
Word werklikheid wanneer in geloof ontvang.
Problematies,
Want werk Jesus dan darem yl:
Gebore, gely, gesterf, opgestaan, opgevaar –
Bloot om moontlikheid te skep dat ons dalk verlos kan word.
Klem val dan op ons verantwoordelikheid.
Uiteindelik hang van jou af –
As net werklikheid word wanneer dit glo.
Moet anders hierna kyk:
God skep in Christus nuwe werklikheid,
Nuwe verhouding tussen God en mens.
Dit is nie moontlik joune nie –
Is werklik joune.
Word vir jou geskenk,
Is joune.
Maar jy kan daarop reageer op twee maniere:
Kan glo,
Of nie.
Geloof beteken jy ontvang die werklikheid God jou geskenk,
Ongeloof: jy verwerp dit.
(of ontken of ignoreer)
3. Gawe van Gees
Interessante een waarop nie baie gaan uitbrei,
Juis omdat daar so baie is om te sê!
Bloot sê verband tussen Gees en doop nie beklemtoon NT,
Sien ook bv. Handelinge nie vaste verhouding of volgorde.
Wat wel duidelik,
Dat Gees deur doop werk.
Daarom,
Wanneer praat van wat doop doen,
Gawe van Gees in middel –
Brug tussen eerste twee:
Eenheid Christus
Nuwe lewensoriëntasie
En twee laaste:
Liggaam van Christus en koninkryk.
In doop
Kry ons deel aan werk van Gees.
4. Liggaam van Jesus, kerk
By doop word ons ingelyf in liggaam van Christus,
Kerk,
Deel gemaak van verbond.
In doop nuwe verhouding God
Ook nuwe verhouding mekaar.
Ephesians 4:4–6 (AFR1983)
4Daar is net één liggaam
en net één Gees,
soos daar net één hoop is
waartoe God julle geroep het.
5Daar is net één Here,
één geloof,
één doop,
6één God en Vader van almal:
Hy wat oor almal is,
deur almal werk
en in almal woon.
In doop word ons deel van kerk.
Is hoekom so NB kinders verwelkom,
Saam God aanbid,
Laat tuis voel,
Toelaat ons dien met hul gawes –
Want DOOPlidmate –
Deel van kerk.
Gee ook vir ons sleutel van lewe saam Christus.
Is NIE soos huwelik,
Net twee mense.
Is soos groot,
Lawaaierige,
Uitgebreide,
Familie.
Verhouding met Christus sluit magdom mense in –
Verskille,
Gawes
Voorkeure.
Nie net op eie met Christus leef –
Juis saam hom leer ken,
In eenheid Jesus leef.
Dis hoekom NB aan plaaslike gemeente behoort,
Kleingroepe,
Nie wegbly byeenkomste.
Want in doop ingelyf een liggaam,
Saam Here dien.
5. Geroep tot diens
Doop ook appèl op lewens –
Erken Christus Koning
Regering van lewens hom oorgee.
Met alles dit impliseer en vra –
Roeping om mee te werk aan koms van koninkryk op aarde.
As doop iets is wat God doen –
Heilsmiddel waardeur ingelyf in Christus en kerk –
Dan vra dit ook van ons reaksie –
Om dit in geloof in ontvangs te neem.
Maar nou moet jy mooi hoor:
Hier kom die goeie nuus.
Selfs die geloof
Is nie iets wat ons bydra nie.
God doen alles.
Ons geloof
Is ons “dankie” vir wat God gedoen het.
Nie ons bydrae wat sy werk moet aanvul nie.
Dis nie ’n 50/50 saak hierdie nie.
Nie eers ’n 99/1 verhouding nie.
Ons geloof is “leë” geloof –
Leë hande wat net uit dankbaarheid ontvang.
Natuurlik het ’n verbond twee partye.
God géé dit vir ons.
En ons aanvaar dit.
Maar ons dankie is nie ons bydrae nie,
Dis bloot ons erkenning dat ons niks het net,
Dat God ons in liefde innooi,
Deel maak van Christus,
Van die kerk,
Van die werk van die Gees.
So paar weke terug Hervormingsfees gevier.
Daarom afsluit gedig Neels Jackson,
Doop:
Martin vat aan sy voorkop
as die blitse in sy borskas slaan
en die klipkerk se mure te dun is
om die kommer na buite te ban.Martin vat aan sy voorkop
asof hy die doopwater nog kan voel,
die koel lafenis van God se genade
wat oor sy babagesiggie spoel.Martin vat aan sy voorkop
asof sy oumansvingers wil vat
aan die oeroue beloftes van God
wat met die water oor hom spat.Martin Luther vat aan sy voorkop
en hy voel hoe sy hart bedaar.
(Neels Jackson)
Gebed afsluit is lied koor sing –
Nooi te dink aan jou doop
Dink terug soos blaai deur trou-album
Ontvang wat vir jou gegee is.
Gebed
Vonkk 210 Heer, U Het Die Eerste Woord Gesê (Koor)
Dankoffer
Slotsang
Lied 292
Nooi na seën –
Doopkraan oop.
Kom vorentoe,
Druk hand in doopwater,
Dink weer aan doop,
Aan wat alles deelagtig geword,
Ingelyf in Christus en kerk.
Ontvang wat vir jou gegee is.
Seën
Die Here sal julle seën
en julle beskerm.
Die Here sal tot julle redding verskyn
En julle genadig wees.
Die Here sal julle gebede verhoor
En aan julle vrede gee.
Respons Lied 292 Refrein
Aanddiens Preek
Dele wat nie in oggenddiens was, in italics.
Gift of baptism
Hebreër-briefskrywer
(Priscilla)
Herinner nie stilstaan begin,
Basiese goed – moet groei.
Noem dinge wat fondament van geloof is – 101 –
Waarvan een doop,
Vandag oor nadink.
Sê moet aanbeweeg.
Eintlik logies!
Kan nie heeltyd in geloof,
In kerk
Besig wees eerste dinge van geloof.
Moet groei.
Leer ABC op skool –
Liedjie ABC…
Kom op universiteit
Wil in filosofie klas
Elke keer net ABC sing.
Mos onsinnig!
Maar jy moet alfabet leer,
Vroeg in skool loopbaan al,
Nie sodat kan vergeet!
Maar sodat daarvan kan aanbeweeg,
Met kennis van alfabet as fondament,
As vanselfsprekend,
Wat jou help dit wat lees verstaan.
So Hebreërbriefskrywer lys van sulke ABC’s,
Een daarvan doop.
Sê aanbeweeg.
Maar staan vandag juis hierby stil.
Terwyl ook vir mekaar sê,
Wanneer oor doop praat,
Nie besig rocket science van geloof nie –
Hierdie is basics,
Begin.
Doop van wonderlikste geskenke God ons gegee.
Genademiddel
Om geloof en eenheid te versterk.
Inclusive
Hoe ontsettend hartseer
Dat dan juis hieroor is
Mekaar verskil,
Verdeeldheid en skeuring in kerk veroorsaak.
Mense hieroor stry
Mekaar sê nie regte Christene,
Nie kan saamleef,
Mekaar aanvaar.
So voor gesels oor doop,
Eers ietsie sê oor identiteit:
Ons gemeente waardes.
Heel bo: ons verwelkom almal.
Daarmee sê: inklusief.
Ons is verskillend,
Verskil.
Jy hoef nie altyd alles saamstem ons sê.
Ons glo juis eenheid beteken verskil,
Tog saam.
So gaan vanaand vir julle gereformeerde verstaan doop verduidelik.
As jy uit ander tradisie kom,
Nie daarmee verwerp,
Sê jy nie welkom.
Juis ons verskille ons verryk,
Help mekaar beter verstaan.
In week artikel koerant Nico Koopman:
Om ’n ander se wêreld deur jou eie te ontdek
Dit wie jy is –
Jou etnisiteit, taal, gawes, persoonlikheid, oortuigings –
Is wat jy na tafel bring,
Wat wêreld verryk.
Selfde kerk.
Ons is Geref. Kerk.
Ons oortuigings,
Verstaan van Bybel
En God wil,
Is wat ons na tafel bring,
Hoe wêreld verryk.
So wat vanaand verduidelik
Is wat ons glo oor doop.
Dis wie ons is,
Is waarby ons staan.
Beteken nie mense ander oortuigings verwerp,
Veroordeel –
Sê gewoon wie ons is,
Hoe ons glo.
As jy NG lidmaat,
Dalk nie so seker –
Welkom gesels!
Meeste goed sê,
Alle kerke wêreldwyd saamstem.
Nie so erg kontroversieel!
Sakrament
Eerste punt van doop
Is dat sakrament is.
Wat dink jy gebeur by doop?
Vermoed vraag baie van ons nie maklik antwoord.
Waarskynlik ook
Baie van ons sê:
Niks.
Dink aan doop as simboliese handeling,
Teken –
Maar niks regtig fisies in doop gebeur.
Maar wonder van doop
Is dat NIE bloot simbool is.
Is sakrament.
By doop GEBEUR daar is,
Deur doop IS ons
Saam Christus gekruisig, begrawe, opgewek.
Nêrens NT word doop ’n teken of simbool genoem.
Want in doop WORD ons
Met Christus verenig
WORD ons in gemeente ingelyf
WORD sonde agewas.
Wat ook beteken –
En dis so ontsettend NB
Belangrikste ding wat kan sê van doop,
As net een ding onthou,
Onthou dit:
By doop
Is dit God wat handel.
ONS kan nie met Christus verenig
Self in gemeente opneem.
Is GOD wat dit doen.
Ons kyk dikwels vas in wat mense doen by doop:
Grootdoop: mens se geloof
Mens se gehoorsaamheid
Verbondsdoop (ons):
Ouers geloof
Ouers bring
Ouers beloof.
Maar daardie bysake,
Is reaksie op wat gebeur by doop –
Wat GOD doen by doop.
By doop GEBEUR daar iets met mens wat gedoop word.
Doen nie iets nie –
Ontvang iets.
So wat gebeur in doop?
1. verenig met Christus
Eerste ding doop gebeur
Is dat ons verenig word met Christus.
Galasiërs 3:27 sê
Dat ons deur doop met Christus verenig word –
Staan letterlik in Christus ingedoop.
By jou doop sê Jesus vir jou:
Ek het myself ook vir jou gegee
Ook aan jou verbind.
Alles wat ek kom doen het
Is ook vir jou.
Jy hoef nooit daaraan te twyfel nie.
Paulus brei breedvoerig hierop uit in Romeine 6:3-8
En Kolossense 2 en 3 nog helderder:
11Deur julle verbondenheid met Hom
is julle ook besny,
nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie,
maar met die besnydenis deur Christus,
en dit bestaan
in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
12Dit het by die doop gebeur
deurdat julle toe saam met Hom begrawe is.
Deur julle verbondenheid met Hom
is julle ook saam met Hom opgewek,
omdat julle geglo het
in die krag van God
wat Hom uit die dood opgewek het.
En dit is die hart van die doop:
Die eenheid met Christus,
Die inleiding in ’n nuwe lewe,
’n lewe uit God
En vir God.
2. Vergifnis van sonde
Water – was skoon!
(Hoekom ek sorg dat daar baie water is wanneer doop)
Regdeur NT – Handelinge, briewe.
O.a. Titus 3:5b (OAV)
Maar hoe moet mens nou dink oor vergifnis ons ontvang in doop?
Party mense:
Moontlikheid en werklikheid –
Vergifnis in doop is moontlikheid.
Word werklikheid wanneer in geloof ontvang.
Problematies,
Want werk Jesus dan darem yl:
Gebore, gely, gesterf, opgestaan, opgevaar –
Bloot om moontlikheid te skep dat ons dalk verlos kan word.
Klem val dan op ons verantwoordelikheid.
Uiteindelik hang van jou af –
As net werklikheid word wanneer dit glo.
Moet anders hierna kyk:
God skep in Christus nuwe werklikheid,
Nuwe verhouding tussen God en mens.
Dit is nie moontlik joune nie –
Is werklik joune.
Word vir jou geskenk,
Is joune.
Maar jy kan daarop reageer op twee maniere:
Kan glo,
Of nie.
Geloof beteken jy ontvang die werklikheid God jou geskenk,
Ongeloof: jy verwerp dit.
(of ontken of ignoreer)
3. Gawe van Gees
verband tussen Gees en doop nie beklemtoon NT,
Sien ook bv. Handelinge nie vaste verhouding of volgorde:
Soms eers gedoop, dan Gees gee
Ander eers Gees ontvang, dan doop
Een geval onduidelik.
Wat wel duidelik,
Dat Gees deur doop werk.
So in doop,
Kry deel aan werk van Gees.
4. Liggaam van Jesus, kerk
By doop word ons ingelyf in liggaam van Christus,
Kerk,
Deel gemaak van verbond.
In doop nuwe verhouding God
Ook nuwe verhouding mekaar.
Alles tot dusvêr gesê,
Stem alle Christene mee saam –
Nie spesifiek gereformeerd,
Kerke kinders doop, grootmense doop –
Almal glo BG.
Kerke kinders doop –
Meeste?
Is nie kinderdoop,
Is verbondsdoop.
Ons doop ook volwassenes!
As eers as grootmens tot bekering kom,
Ouers nie gelowiges was,
Sal doop.
Anyway,
Kerke kinders doop,
Sê in doop word deel van kerk,
Ook deel van verbond.
Kerke nét volwassenes doop
Sê verbond het met Jesus weggeval.
Ons sê Jesus ons wat nie-Jode is,
Kom deel maak van verbond Abraham,
Verbond verryk, uitgebrei.
Kyk bv. Rom 4:16:
16Daarom het die belofte deur die geloof,
en dus uit genade,
tot Abraham gekom
sodat dit van krag sou bly
vir sy hele nageslag.
En sy nageslag is nie net dié wat die wet ontvang het nie,
maar ook dié wat glo,
soos Abraham geglo het.
Hy is immers die vader van ons almal,
Galasiërs 3:29
29En as julle aan Christus behoort,
is julle ook nakomelinge van Abraham
en erfgename kragtens die belofte van God.
Kan nog baie daaroor sê,
Punt is:
God met Abraham verbond gesluit,
Sê sal vir hom God wees.
In Jesus ons ook deel gekry daarvan,
Doop is teken,
Soos wat besnydenis voorheen teken was.
Nou kan mens vra
Hoekom nie lees NT dat kinders gedoop.
Twee dinge:
Lees families gedoop.
Waarskynlik ook kinders.
Selfs as nie,
Eerste geslag Christene!
Mense nuut bygekom.
Was nie mense in nuwe verbond ingedoop.
Maar van vroegste tye af
Kerk babas gedoop,
Gebore in nuwe verbond.
Wat bring laaste betekenis doop:
5. Geroep tot diens
Doop ook appel op lewens –
Erken Christus Koning
Regering van lewens hom oorgee.
Hoewel doop iets is wat God doen –
Heilsmiddel waardeur ingelyf in Christus en kerk –
Dan vra dit ook van ons reaksie –
Om dit in geloof in ontvangs te neem.
Maar nou moet jy mooi hoor:
Hier kom die goeie nuus.
Selfs die geloof
Is nie iets wat ons bydra nie.
God doen alles.
Ons geloof
Is ons “dankie” vir wat God gedoen het.
Nie ons bydrae wat sy werk moet aanvul nie.
Dis nie ’n 50/50 saak hierdie nie.
Nie eers ’n 99/1 verhouding nie.
Ons geloof is “leë” geloof –
Leë hande wat net uit dankbaarheid ontvang.
Natuurlik het ’n verbond twee partye.
God géé dit vir ons.
En ons aanvaar dit.
Maar ons dankie is nie ons bydrae nie,
Dis bloot ons erkenning dat ons niks het net,
Dat God ons in liefde innooi,
Deel maak van Christus,
Van die kerk,
Van die werk van die Gees.
En DIT is groot verskil tussen
Verbondsdoop
En geloofsdoop.
Rol van mens
Rol van menslike geloof.
Kinderdoop:
Nog voordat weet,
Vra
Verstaan
Selfs kan aanvaar,
Reik God na jou uit,
Verenig Jesus,
Gee sy liefde vir jou.
Natuurlik jy later sê glo,
Aanvaar –
Maar God gee dit vir jou.
Is iets wat God doen.
As sê moet eers glo
Dan word geloof iets meer
as leë hande waarmee God genade ontvang.
Dan geloof iets wat jý DOEN,
Jou bydrae tot jou redding.
Kan tog nie!
Alles, alles kom van God.
So opsom:
Doop as instelling | Doop as sakrament |
Ons belofte aan God | God se belofte aan ons |
Uitdrukking van gehoorsaamheid | Genademiddel |
Fokus veral op wat ons doen in antwoord op God se genade | Fokus veral op wat God doen om spesifiek aan ons genade te bewys |
God se vroeëre aanbod van genade in Jesus Christus roep ons nou op om gehoorsaam te wees deur ons te laat doop | God se genade wat nou in die doop vir ons gegee word, roep ons op tot gehoorsaamheid in die toekoms |
Die doop is ’n teken wat ons op die evangelie wys | Die doop is ’n teken van die evangelie en ’n seël van ons deelname aan die liggaam van Christus. |
Nou ook vir jou sê:
Daar geen kerk op aarde
Mense meer as een keer doop.
As gedoop
Dan gedoop!
Nie nodig oor te doen.
Enigste manier sommige kerke verbykom mense meer een keer te doop,
Deur verbondsdoop ontken,
Sê is nie doop.
En natuurlik verstaan
Mense graag ervaring wil hê,
Kan nie onthou kinders was!
Maar hoef nie oor te doen.
God het dit gedoen.
Sommige mense:
Jesus as grootmens gedoop
Jesus doop =
Doop van Johannes.
Nie gedoop naam van Vader, Seun, Heilige Gees.
Is tipe “bekeringsdoop”.
Christelike doop iets anders.
Christelike doop meer soos besnydenis:
Insluit verbond.
Sê Jesus nie sonde gehad,
Hoekom dan bekeringsdoop.
Juis –
Jesus nie sonde gehad,
Hoekom dan gekruisig?
Jesus in mense se plek
Deurpad gegaan
Sodat ons nie daardie pad hoef te gaan.
Nog baie kan sê,
Baie mense te sê het in stry hoor hoe en wanneer moet doop.
Maar al wat jy moet weet:
Doop iets wat God doen.
In jou doop God jou deel gemaak Christus,
Deel van kerk
Deel van werk van Gees.
Ontvang!
Vier
Leef.
Doopviering