Skip to main content

Matt 6 – Erediens: Ons Vader (vernuwing & bewaring) – 17 Julie 2011

Ons Vader wat in die Hemel is

Laat u naam geheilig word

Verwelkoming & afk.

Toetrede

Lied 159:1-2 God is hier teenwoordig (staan)

Votum & Seëngroet

Vergeef ons ons oortredings

Wet

Psalm 15

Skuldbelydenis

Lied 231:1 Heilig, heilig, heilig Here (sit)

laat ons nie in die versoeking kom nie

Genadeverkondiging

ROM 8:1

 

Psalm 16 (Krog) Heer, bewaar my (staan)

 

Laat u koninkryk kom

Keraadsvoorstelling

Lied 269:1 God bly met u, waar u ook mag gaan. (sit)

Gebed

Vonkk 118 U wil geskied (Afr., Eng, Afr.) (sit)

Skriflesing

Matteus 6:12-15

 

Preek

Storie word vertel

Spaanse pa en seun

eenmaal kwaai woordewisseling gehad.

Seun van huis af weggeloop.

 

Baie jare lank geen kontak.

Pa egter later so erg verlang,

beriggie koerant Madrid:

Paco,

Pa is jammer.

Kan ons met mekaar praat?

As jy kan sien,

ontmoet my

Saterdag om 12:00

voor die kantore

van hierdie koerant.

Jou pa.

 

Pa Saterdag huiwerig na ontmoetingsplek gegaan.

Het seun berig gelees?

Sal reageer?

Toe opdaag,

800 mans voor koerant kantore saamdrom.

Almal Paco (redelik algemene Spaanse naam),

almal reageer

hoop húlle pa

hand van versoening uitgesteek.

 

Almal gebrand pa’s verenig.

Behoefte vergifnis groot.

 

Interessant hierdie gebed,

weer,

“ons”.

 

Net soos brood-gebed

hierdie nie gebed deur enkelinge gebid.

Vier keer “ons”.

 

So met hierdie gebed

bring eie oortredinge na God toe,

maar ook oortredinge van gesinne,

skuld van ons kerke,

ons eie en ander volke,

regerings,

ganse mensdom.

 

Wanneer sê “ons”,

soos klippie indam gooi –

rimpelings gaan al verder.

 

Wanneer hierdie gebed bid,

bely skuldverbondenheid –

ons is aan mekaar verbind

in ons skuld,

in ons sondigheid.

 

Deur hierdie gebed te bid,

deur skuldverbondenheid te erken,

word

bose kringloop van

wedersydse

verwyte

en beskuldigings

deurbreek.

 

Natuurlik nie so maklik te bid!

Van moeilikste taal enige van ons kan aanleer –

vergeef ons ons oortredinge –

daarmee ook MY oortredinge,

MY sonde bely.

 

Veel makliker

en veiliger,

skuld te verplaas –

iemand anders se skuld,

ek nie verantwoordelik

ek eintlik maar slagoffer.

 

Huwelik – gee skuld mekaar

werk – sondebok

politiek – konserwatiewes, liberales, party…

 

Bose kringloop van sonde,

van skuldprojeksie.

Kan vra:

enigsins moontlik uit te tree?

Antwoord natuurlik:

Nee.

Is nie vir jou moontlik

uit kringloop van skuld te breek.

 

Maar Jesus kan kringloop verbreek.

Hy haal ons daaruit.

Hierdie gebed

is in Christus

reeds verhoor.

Die kringloop IS deurbreek.

 

En in proses

kom skep Jesus nuwe kringloop:

kringloop van vergifnis.

 

Hy is groot Vryspreker

wat proses

van vergifnis aan gang sit.

 

Sou tekste van vanoggend kon lees,

(baie doen)

dink ons vergifnis van ander

voorwaarde vergifnis God ons.

Of mate waarin ander vergewe,

mate waarin God ons vergewe.

 

Is nie wat sê.

Verwoord nuwe kringloop,

kringloop van vergifnis:

 

Wie vergewe is,

vergeef ander;

wie ander vergewe,

word vergewe.

 

Om te kan vergewe,

kom altyd iewers vandaan –

vermoë te vergewe,

gebore uit vergifnis ontvang.

Bereidheid te vergewe

kom nie uit self –

is produk van genade ons reeds ontvang.

 

Teoloog Thielicke gesê

kringloop van vergifnis

soos afloswedloop:

vergifnis moet,

soos stokkie in afloswedstryd,

aanmekaar aangegee word.

is aard van wedstryd –

wie nie stokkie aangee,

is nie deel van wedstryd.

 

Vergeef ons ons oortredings

soos ons ook die vergewe

wat teen ons oortree

EN laat ons nie in die versoeking kom nie…

 

Direk ná gebed vergifnis,

gebed teen versoekings –

eintlik deel selfde gebed – EN.

 

Wat is hierdie versoeking?

 

Nie maar net ‘n uitdagingtjie,

nie te veel sjokolade te eet,

kar koop eintlik nie kan bekostig…

 

Versoeking hier ter sprake,

is versoeking om nie meer

uit die vergifnis te leef nie.

Vra bewaar te word

versoeking God vergifnis

ongedaan te maak

eie onvergewensgesindheid.

 

Om uit kringloop van vergifnis te klim

deel te raak

kringloop van verwyte

en skuld.

 

Want sien,

net omdat vergewe is,

beteken nie dat nie versoekings is!

 

Gedurigdeur versoekings

ons wil weglok

van genade

en vergifnis

waaraan ons deel het.

 

So gebed versoekings

twee goed:

waak teen MISBRUIK vergifnis

vra VOLHARDING vergifnis.

HET vryspraak Christus ontvang.

Nie versoeking

pleit geen millimeter sal afwyk

van vergifnis ontvang het.

 

Luther:

Mens kan nie keer

voëls oor jou kop vlieg nie,

maar jy kán keer

dat hulle nesmaak in jou hare!

 

Kan nie versoeking vermy nie,

maar kán keer

dat nie daaraan oorgee.

 

Deur bid vergifnis,

nie versoeking,

erken eie weerloosheid versoeking,

ingebore geneigdheid tot sonde.

 

Versoekings natuurlik nie God se “skuld”.

Kom van duiwel,

wêreld,

meestal:  eie sondige natuur.

God versoek ons nie.

Jak 1:13-14:

Iemand wat in versoeking kom,

moet nooit sê:

“Ek word deur God versoek” nie;

want God kan nie verlei word nie

en self verlei hy niemand nie,

maar ‘n mens word verlei

deur sy eie begeertes

wat hom aanlok

en saamsleep.

 

Wat ons moet hoor,

is dat God raad het met versoeking.

 

Daar is boosheid in die wêreld –

is werklikheid.

 

Maar met hierdie gebed

erken ons

Christus reeds verlos HET,

kruis gesê

Dit is volbring.

God is sterker

enige Bose of boosheid

of versoeking

ons pad mag kruis.

 

Hierdie laaste gebed

op rand van werklikheid –

van wat aan een kant is,

aan ander kant óók is

(alreeds en nog nie),

bid:

Here,

dit is so.

Laat dit tog nou so wees,

volledig

en vir altyd.

 

Hierdie gebed beur vorentoe

om wen-lint te breek

einde van geloofswedloop.

 

Dink nie veel van ons naam Paco.

 

Maar wat jou naam ook al is,

ons is verlore kinders

wat met ons hemelse Pa herenig is,

wat deur die vader omhels is.

 

Nou hardloop,

soms raak moeg,

struikelblokke op pad –

maar versekering God beskerming.

 

Gee ons vandag ons daaglikse brood

Gebed

Dankoffer

Lied 286 Here God van Liefde

Seën

Halleluja

Matt 6 – Erediens: Ons Vader (lewensbehoeftes) – 10 Julie 2011

ONS VADER WAT IN DIE HEMEL IS

Verwelkoming & Afk.

Toetrede

Lied 169 (Hymn 9) Heilig, Heilig, Heilig (sit)

Votum

Wees altyd bly

in die Here!

Ek herhaal:

Wees bly!

Wees inskiklik teenoor alle mense.

Die Here is naby.

Seëngroet

 

LAAT U NAAM GEHEILIG WORD

Lofsang

Lied 188 (Hymn 11) Kom dank nou almal God (staan)

VERGEEF ONS ONS OORTREDINGE… LAAT ONS NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE

Wet

Fil. 4:8-9

 

Dink week verby –

waarop gedagtes gerig?

Wat gedoen?

 

Stil gebed

Oorgawe

Here is naby –

sal sorg.

Bely glo deur sing:

 

Lied 577 (Hymn 18): 1, 2 en 5 Die Heer, my herder, sorg vir my (sit)


LAAT U KONINKRYK KOM, U WIL GESKIED

Doop

Ps 134

GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD

Gebed

Skriflesing

Matt 6:25-34; 11

Preek

Mini-reeksie Ons Vader –

vandag:  daaglikse brood.

Eerste sg “ons-bedes”.

Ons Vader 6 bedes –

eerste 3 U –bedes:

Naam, koninkryk, wil.

Ons bedes:

brood, vergifnis, bewaring.

Brood fisieke behoeftes,

vergifnis geestelike behoeftes.

Is so dat God ons graag met ons behoeftes help –

is nie vreemde,

veraf God,

niks van ons wil weet,

reeds gesê:

nie nodig arm te draai

kry vir ons te sorg.

 

God is vader ons liefhet,

graag vir kinders gee wat nodig.

 

Enkele tekste:

 

Ps 145:14-16

Die Here help almal op

wat geval het.

Hy ondersteun dié wat bedruk is.

Die oë van almal

is op U gerig,

en U gee hulle kos

op hulle tyd.

U maak u hand oop

en skenk u guns

in oorvloed

aan al wat leef.

 

Matt 7:9-11

Watter mens onder julle

sal vir sy seun ‘n klip gee

as hy brood vra,

of ‘n slang

as hy vis vra?

As julle wat sleg is,

dan weet om vir julle kinders

goeie dinge te gee,

hoeveel te meer

sal julle Vader wat in die hemel is,

goeie gawes gee

aan dié wat dit van Hom vra?

 

 

 

 

Hand 14:16-17

Hy het … bekend gemaak

dat dit Hy is

wat die goeie dinge gee:

Hy het vir julle reën

van die hemel af gegee

en gereelde oeste;

Hy het julle volop kos gegee

en julle gelukkig gemaak.”

 

Fil 4:6

Moet oor niks besorg wees nie,

maar maak in alles

julle begeertes

deur gebed

en smeking

en met danksegging

aan God bekend.

 

Rom 8:31-32

(verlede week votum:)

Wat is nou ons gevolgtrekking

oor al hierdie dinge?

Dít:

God is vír ons,

wie kan dan teen ons wees?

Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,

maar Hom oorgelewer

om ons almal te red.

Sal Hy ons dan nie al die ander dinge

saam met Hom

uit genade skenk nie?

 

God weet dat fisieke behoeftes het,

wil daarmee help.

 

Word in Ons Vader genoem

VOOR geestelike behoeftes!

God weet soms so bekommerd raak

oor gewone, daaglikse goed,

dat hy daaraan aandag gee,

voor kom by geestelike behoeftes.

 

Wat moet hoor is:

  • God ons liewer as ons hom.
  • Gee vir ons meer om as ons vir hom.
  • Meer gereed ons te antwoord as ons is hom te praat.
  • Meer gereed te help as ons is te vra.

DIT is God.

 

Maar nou weet tog almal,

God nie altyd vir ons alles gee waarvoor vra.

NB mooi kyk na woorde hierdie gebed,

elke woord is sleutel

ons behoeftes & God sorg verstaan.

 

BROOD

Moet ernstig opneem –

nie terloops Jesus praat brood.

 

Beteken natuurlik meer as net droë brood –

sekerlik darem ook groente, vrugte.

Dalk selfs meer:

Luther & Calvyn in kommentare:

al noodsaaklike behoeftes nodig.

 

Maar tog ook iets sobers –

brood.

Nie koek, kreef, kaviaar.

Brood.

 

Wanneer fisieke behoeftes na God neem,

versigtig wees welvaarstsgeloof,

God se seën hoofsaaklik materieël.

 

God gee wat ons nodig –

soms selfs koek –

maar nie oordadigheid in God voorsiening,

nie vermorsing.

Soberheid,

eenvoud.

 

Tweede woord,

dalk belangrikste:

ONS.

 

Hierdie klein woordjie

maak van hierdie sinnetjie in gebed

een van radikaalste sinne in Bybel.

 

Jesus sê nie:

bid MY brood,

Jesus MY voorsien –

Tweede Wêreldoorlog – bomme op ander deel van London

(soortgelyke storie oes in Oos-Kaap, natuurramp elders wêreld God antwoord).

 

God is ONS Vader.

Daarom gebed: ONS daaglikse brood.

 

Oppas nie soveel vir self vra,

dat nie genoeg oor is vir ander.

 

Interessante ding aan God sorg:

God gee wat nodig –

maar stuur dit dikwels via iemand anders.

HET beloof alles gee wat nodig –

maar kies om ons saam te bind,

deur pakkies waarvoor ons vra,

nie altyd direk vir ons te gee.

Soms gee iemand anders,

sodat hulle vir ons kan gee.

 

Beteken natuurlik

dat ek goed wat mis in lewe,

dikwels by ander kan vind.

Daarom by ander moet uitkom,

as wil kry.

 

Maar ander kant nog meer relevant vir ons:

God soms vir ons baie gee,

pakkie gee,

nie aan ons behoort,

nie vir ons bedoel –

aan ons gegee,

om ons te verbind aan ander,

SODAT ons kan help

ander daaglikse brood ontvang.

 

Johan Cilliers:

Die brood op ons bord

behoort ook aan ons naaste.

Daardie brood wat jy nie alles kan eet nie,

wat jy weggooi omdat dit muf begin word,

het van die bein af nie aan jou alleen behoort nie.

Die klere in jou klerekas

wat jy nie meer dra nie,

is vir iemand anders gemaak.

 

Wie bid

“gee ONS…”

verklaar daarmee inderdaad

dat hulle ook ‘n verantwoordelikheid het

om aan ander te gee

en gryp nie meer selfsugtig nie.

 

[Bedelaars?]

 

Derde woord:

Daagliks

 

Griekse woord hier gebruik,

geleerdes nog steeds nie seker wat presies beteken.

Kom net hier in NT voor –

ook buite Bybel nie so gereeld.

 

Waarskynlik beste vertaal:  NODIGE.

 

Kan bid vir wat nodig is.

Woordjie “genoeg” verduidelik ook mooi –

ons kan vra vir genoeg,

nie te veel

of oordaad nie.

 

Ook vir ons nogal moeilik –

leef in kapitalistiese kultuur,

alles saamspan ons oortuig

moet nog en nog en nog hê.

Meer en meer

en groter.

 

Begin geluk daarin soek.

En omdag nie gelukkig maak,

nie holte in binnekant kan vol maak,

soek net nog.

 

Daarom bid vir NODIGE brood,

sodat ook vry kom

gejaag na goed,

waansinnige dwaling dat geluk in goed kan vind.

 

Laaste woord:

VANDAG

 

Ervaring my lewe,

God sorg –

maar God sorg nie eintlik vooruit nie.

 

Want God wil hê ons HOM vertrou,

nie die goed vir ons gee.

 

Onthou storie manna woestyn –

Volk honger, niks te eet –

God voorsien.

Nie bêre,

sal elke dag voorsien.

 

In proses leer geloof,

vertroue.

Te veel brood,

sakke vol manna,

skure vol koring,

kaste vol klere,

bankrekening vol geld,

kan maklik verlei

te dink Here nie regtig meer nodig –

soos ryk dwaas Luk 12.

 

Hoef nie bekommerd dte wees kos,

klere –

God weet wat nodig,

sal voorsien.

 

Afsluit

Craig Blomberg boek,

hoe Christene materiële besittings moet benader.

 

Besittings groot deel van lewe –

almal leef daarmee saam, of min of baie.

Hoe daaroor dink?

 

Blomber 5 stellings:

1.  Materiële besittings

is goeie gawes

Here mense gee te geniet.

 

2.  Materiële besittings terselfdertyd

van gevaarlikste wapens

in hand van Bose,

omdat mense se harte van God kan wegdraai.

 

3.  Een van duidelikste tekens van geredde lewe

is bekering

op vlak van besittings –

rentmeesterskap.

 

4.  2 Kor 8,

Volgens Blomberg,

soms oordaad rykdom

EN oordaad armoede –

te ryk EN te arm.

Albei onhoudbaar.

Beteken nie almal ewe veel –

maar perke sal wees aan oordaad –

albei kante toe.

 

5.  Bybel bevestig

ons houding geld en besittings

diep, diep geestelike saak.

GEBED

Elke keer Lied 278

  • Daaglikse Brood
  • ONS
  • Stil gebed

Dankoffer

 

Slotlied

Lied  284: 1 & 3 Laat Heer u vrede deur my vloei (staan)

Seën

Moet oor niks besorg wees nie,

maar maak in alles

julle begeertes

deur gebed

en smeking

en met danksegging

aan God bekend.

En die vrede van God

wat alle verstand te bowe gaan,

sal oor julle harte

en gedagtes

die wag hou

in Christus Jesus.

Lied 268 Laat Heer u seën

Amen

Matt 6 – Erediens: Ons Vader (droom en oorgawe) – 2 Julie 2011

ONS VADER WAT IN DIE HEMEL IS

Verwelkoming & Afk.

Toetrede

Lied 528:1 Leer my u wil, Heer (sit)

Votum

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge?

Dit:

God is vir ons,

wie kan dan teen ons wees?

Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,

maar hom oorgelewer

om ons almal te red.

Sal hy ons dan nie al die dinge

saam met hom skenk nie?

Seëngroet

 

LAAT U NAAM GEHEILIG WORD

Lofsang

Lied 500 God’s dade is volmaak en goed (staan)

LAAT U KONINKRYK KOM, U WIL GESKIED

Gebed

Ps. 25:2       (sit)

 

Skriflesing

Matteus 6:10

laat u koninkryk kom;

laat u wil ook

op die aarde geskied,

net soos in die hemel.

Preek

Mini-reeksie Ons Vader

Vanoggend:

Gebed as droom

en oorgawe

God koninkryk,

God wil.

 

Eerstens net eers helder maak wat bedoel wanneer praat

“God koninkryk”.

Natuurlik bedoel hemel,

kyk vorentoe,

uitsien wederkoms.

 

Maar God koninkryk ook baie meer as dit,

hedendaagse realiteit.

 

Ps. 24:1:

Die wêreld

en die wat daarop woon,

behoort aan die Here.

 

Daar is geen plek in die heelal

waar God se koninkryk nog NIE gekom het nie,

geen plek waar God nie regeer nie.

 

Jesus boodskap juis

God koninkryk HET naby ons gekom

(Matt 4:17)

God koninkryk IS hier by ons

(Luk. 17:21).

 

God koninkryk is hier.

Maar God ook besig sy koninkryk te vestig.

 

Teoloog Helmut Thielicke:

koninkryk van God

soos veelkleurige brandglas vensters in kerk.

 

Loop buite omgebou,

sien net die besonder grys kleur van die ruite,

nie lekker sien verroes,

vuil –

of kunswerke.

 

Maar wanneer binne kerk kom,

begin vensters gloei

en die hele Bybelse geskiedenis

kry rondom jou lewe.

 

Selfde koninkryk van God –

word sigbaar

wanneer mens DAARBINNE is.

 

Is hoekom ons bid

“laat u koninkryk kom.”

God koninkryk reeds hier,

in gebed gaan oë oop,

sodat koms van God koninkryk in wêreld kan sien.

 

Dis hoekom sommige sê gebed is droom / visioen –

wanneer bid,

kan in geestesoog God plan vir wêreld sien.

 

Kyk deur God se oë na lewe

en sien hoe wêreld van hom kán lyk,

sien wat hy van hierdie wêreld gaan maak,

reeds besig is te maak.

Sien hoe hy besig is koninkryk te laat kom.

Maar daar’s interessante ding

aan manier waarop God koninkryk laat kom.

 

Ons dink God

met een groot daad of woord

koninkryk tot stand gaan bring.

 

Maar God doen anders.

Besluit om ONS deel te maak

van die uitvoering van sy plan.

 

God laat sy koninkryk kom

deur honderde duisende mense te gebruik –

net daar waar hulle woon en werk,

daar waar hulle sy wil vir hul lewens soek

en dit doen.

 

Bybel sê selfs wanneer iemand beker koue water gee,

laat kom ons die koninkryk.

 

God se koninkryk kom

daar waar God se wil geskied.

M.A.W.

daar waar ons ons wil gaan God oorgee,

ons wil by syne laat inpas.

 

Wat ons bring by volgende deel Ons Vader:

Laat U wil geskied.

Eerste ding daaroor moet sê,

is dat God wil het –

vir elkeen van ons se lewens

‘n baie spesifieke

en duidelike

doel het.

 

Natuurlik “algemene” wil vir wêreld,

soos wat in Woord vind,

maar ook spesifieke wil en plan

elkeen van ons.

 

God roep ons

om op spesifieke manier

in spesifieke omstandighede

deel in koms van koninkryk.

 

Maar,

(dis tweede ding ons vir mekaar hieroor moet sê):

Ons elkeen self ook spesifieke plan vir ons lewe.

 

Storie arm skotse vrou

platteland van dorpie tot dorpie geloop

garing, knope & skoenveters verkoop.

 

elke keer kruispad kom,

gebid God wil vra.

Skotse weergawe van “Doen slegs U wil, Heer” gesing,

stok met lint aan in lug gegooi.

 

Rigting waarin punt lê,

help bepaal watter koers loop verkope doen.

 

Eendag iemand op haar afgekom,

stok oor en oor in lug gegooi.

elke keer op grond val,

skud kop,

mompel,

gooi weer.

 

Persoon vra, antw.:

Die stok bly wys na links,

en ek wil regs gaan!

(waar ryker mense gewoon)

 

By hierdie punt

vind ons die wortel van sonde.

Sonde begin wanneer mense dink weet beter as God,

wanneer Eva Adam sê:

As ons van die boom WIL eet,

dan gaan ons.

 

Ons dink dikwels

kan maar met lewe en planne aangaan soos il,

as by regtig NB goed kom,

sal God ons keer verkeerde goed te doen.

Maar hierdie is dan nou weer die Skeinat deel,

wat jy maar net moet weet,

saam met die feit dat God se koninkryk orals is en orals kom:

God se wil geskied nie altyd outomaties nie.

 

God laat homself en sy planne

soms deur ons blokkeer.

Ons kan in God se pad staan.

 

God dalk baie goeie plan vir ons,

baie probleme sou keer of oplos –

maar as ons nie wil hoor nie,

sal God ons toelaat eie kop te volg.

Al is dit nie sy wil nie.

 

Dink bv ryk jong man

(Mark 10:17-22),

vertel Jesus hom liefgekry.

Maar wanneer hy nie God plan vir lewe wil aanvaar,

wegstap…

keer Jesus hom nie.

 

Help ons ook om te dink aan God se oordeel – eindoordeel.

Bybel duidelik – Jesus straf vir ons sondes gedra.

Straf wat daar vir ons moes wees,

was op Jesus.

Daar is nie meer straf oor

vir ons wat aan hom behoort nie.

Wat gaan gebeur aan einde,

is dat God ons gaan oorgee aan ons eie wil.

 

En DIS hoekom ons bid

“laat u wil geskied”

(en hoekom hele Ons Vader gebed as geheel sien,

omdat gebed om God wil,

ook deel van gebed nie versoeking kom,

verlos van Bose).

 

Wanneer ons bid “laat u wil geskied”

vra ons eintlik

dat God ons van ons eie wil sal bewaar –

dat God ons nie sal oorgee aan ons eie planne nie,

dat ons nie in God se pad sal staan nie,

nie God se wil sal keer nie.

 

En daarom is die gebed

“laat u koninkryk kom

laat u wil geskied”

in wese oorgawe.

 

Tradisie hart vir Jesus gee,

tot bekering kom –

baie van ons datum.

 

Maar eintlik kom elke keer wat bid,

tot bekering,

gee elke keer weer hart vir Jesus.

 

Want elke keer wat bid,

bely sonde – eie wil.

gee lewe oor aan God,

bid dat SY wil geskied.

 

In ons saambid vanoggend,

laat dit dan ons fokus wees –

bekering.

 

Bekering van eie planne,

eie idees,

eie voorkeure,

eie WIL.

 

Oorgawe van lewe,

van wil,

aan God.

 

LAAT ONS NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE, VERLOS ONS VAN DIE BOSE

Gebed

Vonkk 118 (Afr. & Eng.) Laat U wil geskied

GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD

Voorbidding

 

Dankoffer

AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK, KRAG EN HEERLIKHEID

Slotlied

Lied  266 Ons Vader                                                        (staan)

Seën

Vonkk 118 (Afr.) Laat U wil geskied (staan)

Lukas 18 – Erediens: Ons Vader (Gebed & Geloof) – 26 Junie 2011

LAAT U NAAM GEHEILIG WORD

Verwelkoming &Afk.

Toetrede

Lied 171 Heilig, Heilig, Heilig (sit)

Votum

Ons Vader wat in die hemel is

laat U Naam vanoggend

deur ons saamwees geheilig word,

laat U koninkryk kom,

hier vanoggend in hierdie erediens.

Voed ons met u Woord

en vergeef ons ons oortredinge

soos ons ook dié vergewe

wat teen ons oortree.

En laat ons nie in versoeking kom nie,

maar verlos ons van die Bose.

Amen

Seëngroet

Lofsang

Lied 190 Grote God aan u die eer (staan)

LAAT U KONINKRYK KOM

Toewyding

Luister Fil. 4:4-9

Lied 517 (sit)

Gebed

Skriflesing

Lukas 18:1-8 &

Matt. 6:5, 7-9

Preek

Belangrik wanneer kyk Jesus oor gebed geleer,

kyk Ons Vader.

Ook ander belangrike dinge gesê –

een daarvan gedeelte Luk. 18,

onregverdige regter.

 

Baie NB deel oor gebed –

wys juis hoe gebed “werk”.

Maar ons geneig gedeelte te lees,

dink God soos regter.

 

Ek grootgeword,

ouers iets vra,

sê nee,

is finale antwoord.

Wanneer weer vra,

is antwoord pak slae.

Was altyd my vreemd,

kinders miskien nie so streng ek grootgeword,

vra, nee, weer vra…

gaan antwoord verander as genoeg aangaan?

 

Maar soms dink so oor gebed –

gebed soort aanslag op God,

ons op sy troon loods,

hom in bepaalde rigting probeer druk –

byna forseer.

 

Ons het prentjie van rigting waarin ons dink God moet beweeg,

probeer deur gebed God in daardie rigting beweeg.

 

In proses vorm in kop beeld van God

as stram,

byna onbeweeglik,

hard, ongevoelig.

Moet in gebed god so bietjie sagmaak,

totdat hy ingee,

doen wat ons vra.

 

Dis nie wat gebed is,

is nie hoe God is!

 

Gelykenis Luk. 18,

sg “kontras gelykenis”.

God is juis NIE soos hierdie regter.

 

Kyk weer,

v7:

7Sal God dan nie

aan sy uitverkorenes,

wat dag en nag tot Hom roep,

reg doen nie?

Sal Hy hulle lank laat wag?

 

Jesus sê:

as hierdie onregverdige regter ingee en vrou help –

hoeveel te meer sal Here,

wat ons liefhet,

nie hoor as ons bid,

en vinnig kom help nie!

 

Jesus sê selfde in aanloop tot Ons Vader.

God weet wat ons nodig het.

Het nie nodig sy arm te draai.

 

Wat eintlik beteken,

aan een kant,

dat God nie ons gebede nodig het.

Hy weet wat ons nodig het,

en hy gee dit in elkgeval vir ons –

dink al goed jy het,

nie voor gevra,

alles God jou mee seën.

 

Luther gesê

ons dink probleem met gebed,

ons bid, god nie hoor.

Regtige probleem,

wanneer agterkom God gebed eintlik nie nodig

om hom te beïnvloed –

hy so goed is

dat hy jou sal liefhê

vir jou sal sorg,

selfs al vra jy hom nie eers om dit te doen nie!

 

Gebed is nie om God se arm te draai nie.

 

So hoekom dan bid?

As God elkgeval weet wat nodig het,

elkgeval gee?

 

Eerste rede waarom gebed so NB,

is dat ons terwyl bid,

vir God leer ken,

agterkom wie God regtig is.

 

Soos wanneer saam met vriende kuier –

leer beter ken.

 

Terwyl bid,

sien kante van God waarvan nie geweet,

sien dat hy anders as ons gedink –

meer is,

groter as wat ons kan voorstel.

 

Terwyl bid,

ontdek dat God ons Vader is.

Ons algemeen,

hoor amper nie –

vir skrifgeleerdes skokkende ding Jesus sê –

God is eenvoudig te groot,

te heilig,

“Vader”-

eintlik “pappa” te noem.

 

Wanneer bid,

ontdek o.a. dat hierdie groot,

heilige God,

ons pappa is.

 

Tweede rede waarom bid,

is omdat ons deur gebed

nie net vir God leer ken nie,

maar ook sy wil leer ken.

 

Bid onsself as’t ware in God se wil in.

 

Terwyl bid,

ontdek dat bid

tot ONS Vader –

gaan oë oop mense rondom jou,

sien hul behoeftes raak,

tree vir hulle in.

 

Oë gaan oop vir God koninkryk rondom ons,

sien waar God werk –

sien ook plekke waar God koninkryk nié gekom het nie,

hoor God roepstem

deel te neem aankoms van koninkryk,

veral plekke waar nog nie tekens van koninkryk is.

 

So bid,

nie omdat dit iets aan God doen,

maar omdat iets aan ons doen,

omdat ons vorm,

ONS verander.

 

Netnou gesê God het nie ons gebede nodig.

Tog skrif helder dat moet bid,

EN dat gebed letterlike, reële, voelbare invloed het.

 

Jak 4:2:

Julle kry nie,

omdat julle nie bid nie.

 

Luk. 11:9

Vra

en vir julle sal gegee word.

 

1 Tes 5:17

Bid gedurig.

(OAV:  Bid sonder ophou)

 

Hoewel God nie gebede nodig het,

hoewel God elkgeval vir ons sorg,

hoor God ons gebede

luister na ons gebede –

en het ons gebede ‘n invloed!

 

Skeinat onnie:

wanneer nie verstaan,

“een van daai dinge wat jy maar net moet weet”.

 

Geloof nog erger as skeinat!

Dinge wat nie verstaan,

maar net moet weet.

 

Gebed:

God het nie gebede nodig,

sal elkgeval doen wat nodig en reg is.

Maar God luister na ons gebede,

ons gebede het invloed op wat gebeur.

Ons gebede kan ‘n verskil maak!

 

Coenie Burger sê dat ons

die gewillige God

se goeie wil

as’t ware in versnelling kan bring

met ons gebede,

sodat die wonderlike gawes van God se koninkryk,

wat hy vir ons wil gee,

vinniger en gouer

‘n werklikheid op aarde kan word.

 

Wanneer bid,

God beter leer ken,

ook God wil ken,

dan binne God wil bid,

dan is ons gebede

soort versterking van God se wil.

 

Britse Christen-wetenskaplike

sir John Polkinghorn,

eendag gesê gebed werk amper soos laserlig.

 

Hy verduidelik mens kry twee soorte lig:

gewone lig,

donker plekke verlig.

Laserlig,

soort krag uitoefen.

Albei bevat basies selfde molekules,

maar verskillend gerangskik.

 

Lig wat vir ons lig verskaf,

scattered light.

Is ligmolekules wat deurmekaar

in ‘n buis rondhardloop

en sodoende effek van lig gee

waar mee ons sien.

 

Laserlig,

sê Polkinghorn,

het krag,

kan impak maak,

maar is basies nie anders as lig in gloeilamp nie.

Selfde molekules,

maar waar lig molekules deurmekaar hardloop,

het laserlig s’n in lyn gekom met mekaar.

 

En dis waar vergelyking met gebed lê:

God se wil

kom in versnelling,

oefen krag uit,

wanneer klomp mense se wil

nie meer hot en haar rondhardloop nie,

maar bewustelik

in lyn gebring word

met God se wil.

Dan kan wonderlike dinge begin gebeur!

 

Afsluiting aanhaling Dirkie Smit:

As ons ons node

en behoeftes

in gebed

voor God bring,

ja,

soms klaend,

smekend,

vol angs,

kom ons paniekbevange harte

tot rus

deur die vrede

wat alle verstand

en logika

te bowe gaan –

en hoevele kan nie daarvan getuig nie?

 

“As die sirenes loei

en ons ons kinders teen die bors vasdruk

en afhardloop in die bomskuilings,”

so skryf Helmut Thielicke

in ‘n preek

tydens die Tweede Wêreldoorlog in Stuttgart,

terwyl die bomme letterlik val,

“fluister net ‘n oomblik in jou hart:

‘Die Vader weet, die Vader weet.’

Dan sal jul gebede verander

van die beangste geskreeu

van paniekbevange mense

na die stem van kinders

wat met hul goeie Vader praat.”

 

Voorbidding

GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD

Dankoffer

Slotlied

Lied 266 (Ons Vader) staan

WANT AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK

Seën

Lied 312

Numeri 11 – Erediens: Pinksterfees – 12 Junie 2011

Verwelkoming & Afk.

Pinkster-Sondag

Sakkie & Sieg

Lied 436 (staan)

Votum

Handelinge 2:1-11

Lied 444 (sit)

Seëngroet

Getuienisse Pinkster

Danksegging reën

Lofsang

Lied 450 (staan)

Gebed – Lied 442:1 (sit)

Preek

Hoe voel jy oor verrassings?

Wie hou van verrassings?

 

Sommige mense mal oor verrassings –

hoe meer verrassings in dag, hoe beter.

 

Ander haat verrassings.

Gooi hele dag omvêr.

Het alles mooi beplan gehad,

verrassings beteken alles nou deurmekaar.

 

Ek nie vreeslik gestruktureerd –

kan maklik dag in nuwe rigting,

nuwe goed doen.

Maar hou nie van verrassings!

Nie soseer omdat planne omvêrwerp,

maar omdat bang gaan teleurgestel –

verrassing nie lekker,

nie iets waarvan hou.

 

Verrassing natuurlik,

per definisie,

iets wat gebeur waarvoor ons nie beplan,

nie kan antisipeer.

Weet dis verrassing,

presies omdat onverwags is.

 

Numeri 11 lees van so verrassing.

(Ingewikkelde teks,

baie vrae –

Joernaalblad)

 

Israeliete in woestyn.

Om een of ander rede begin kla nie vleis –

vreemd, want in Egipte ook nie vleis!

Net mooi laaste strooi vir Moses,

nou genoeg gehad hierdie spul mense so kla!

Gaan na Here toe,

gooi klassieke tantrum:

Arme ek,

hoekom ek so sleg behandel,

hierdie spul nie my kinders

dat ek hulle moet versorg!

 

Interessant,

Here luister na Moses,

help Moses –

sê Moses nog 70 leiers kies

én dat vir volk sal vleis gee.

 

Moses effens skepties,

kan nie sien so iets gaan gebeur.

God:

Dink jy Ek het nie die mag nie?

Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.

 

24Moses het vir die volk gaan vertel

wat die Here gesê het.

Hy het sewentig leiers van die volk

bymekaar laat kom

en hulle rondom die tent laat staan.

25Die Here het toe in die wolk afgekom,

met Moses gepraat

en ’n deel van die Gees wat op Moses was,

op die sewentig laat kom.

Toe die Gees op hulle kom,

het hulle as profete begin optree,

maar daarna nie meer nie.

⇨26Twee van die manne

onder dié wat opgeskryf was,

het nie na die tent toe uitgegaan nie,

maar het in die kamp agtergebly.

Die een se naam was Eldad

en die ander s’n Medad.

Terwyl die Gees op hulle gerus het,

het hulle in die kamp as profete opgetree.

27’n Jongman het toe gehardloop

en vir Moses gaan vertel:

“Eldad en Medad

tree as profete op in die kamp!”

28Josua seun van Nun,

van jongs af Moses se assistent,

het gesê:

“Laat hulle tog ophou, Meneer!”

29Maar Moses sê vir hom:

“Bekommer jy jou oor my posisie?

Ek sou wou wens

dat die hele volk van die Here profete was,

en dat Hy sy Gees op almal mag lê.”

30Daarna het Moses

en die leiers

na die kamp toe teruggegaan.

 

Interessant hier,

is manier waarop Gees rondom plan,

struktuur werk.

Weet mos nou hoe gaan werk:

kom by tent bymekaar,

leiers kry Gees.

 

Maar dan werk die Gees buite dit ook!

Onverwag!

Verrassend.

 

Mense sommer omgekrap.

Josua:

“Laat hulle tog ophou!”

 

Want dit pas nie in op manier hulle dink Gees veronderstel te werk.

Daar’s immers sekere reëls,

sekere strukture,

leiers.

 

Ons vier vandag Pinksterfees.

Moses wens:

Ek sou wou wens

dat die hele volk van die Here profete was,

en dat Hy sy Gees op almal mag lê.”

waar geword.

 

Beteken Gees nie meer oor beperkte groepie leiers uitgestort,

maar oor kerk,

oor elke enkele gelowige

gedoop in die Naam van die Vader, Seun, Heilige Gees.

 

Deur eeue,

millennia,

vandag nog,

sien dat Gees op verrassende,

onverwagse maniere werk.

 

Baksteenprojek.

Ouderlingeraad.

Hoeveel babatjies vanoggend hier, nie hier moes wees.

Huwelike nie moes hou.

Tog hier,

want Gees werk op onverwagse,

verrassende maniere.

 

Wanneer Gees begin werk,

  • word normale gang versteur,
  • verloor leiers hul houvas op gesag
  • mense in algemeen verloor beheer.

 

Daar is altyd ‘n element van vreemdheid

en onvoorspelbaarheid

wanneer die Gees werk.

 

Praat deesdae van onvoorspelbare (aanpassende) verandering –

discontinuous change.

As een ding is onvoorspelbare verandering,

dan is werk Gees.

 

Voorspelbare verandering

verandering wat verwag,

kan voorberei:

baba grootword,

skool toe,

universiteit…

Tegniese verandering.

Kan bestuur, beheer.

 

Onvoorspelbare verandering

uit aard van saak heeltemal onvoorsien,

kan niks doen te help beheer of bestuur.

Diep verandering wat niks onaangeraak laat.

 

Gees se werk is onvoorspelbaar,

onbeheerbaar,

verrassend,

kragtig.

 

Belydenisgroep – geen beweging, groei, hoe kan ek help?

Een sê was Kensington, hoe help?

Kensington:  hou basaar, soek hulp!

 

Ons kan nie voorspel hoe en wanneer Gees gaan werk,

kan nie laat werk –

kan wel gereed wees wanneer begin werk!

 

Hoe gereed wanneer Gees begin werk?

Eerder:  hoe neem deel aanwerk van Gees?

 

Eerstens:

Verwag dat Gees gaan werk –

op onverwagse, onvoorspelbare manier.

 

Siegfried – Franse vrou – hoe begin geloof –

Niemand God vra self openbaar,

hy nie gedoen.

 

Mens dink:  sjoe, waagmoedig!

Wat as God NIE doen.

Maar feite is:  Gees gáán werk.

Waarskynlik anders ons verwag –

maar gaan.

 

Tou span Pinkster –

Hendrik – ongeloof –

moes toue afhaal.

 

Dalk dit een ding God vandag vir ons sê:

ons moet verwag dat sal werk.

Natuurlik, is mense, gaan idee hê van hoe goed gaan werk,

verwag –

en Gees waarskynlik op ander manier ingryp!

Maar hy gaan.

 

Goeie voorbeeld iemand nie Here dien,

jy bid.

Bid, hoop, wil regtig hê –

maar dink nie regtig kan gebeur.

Kan so iemand regtig verander?

 

So mooi iemand in week

iemand anders jare gebid,

tot bekering gekom!

Bitterlik bly –

en bang om te glo.

Is dit regtig?

Kan dit wees?

Kan almal identifiseer daardie gevoel –

Verwag Gees gaan werk,

wanneer hy dit dan wel doen,

onseker…

is dit nou regtig?

gaan dit hou?

nie net my verbeelding?

 

Tweedens:

Hou jou oë oop vir die werk van die Gees!

Geloofsonderskeiding.

 

Iemand vergelyk atoombom Hiroshima,

atoom kragsentrale om die draai.

Atoombom binne sekondes hele stad vernietig,

70 000 mense dood,

nog 70 000 ernstig beseer.

Meer krag as 20 000 ton TNT.

 

Reaktor om die draai staan maar net daar,

klein.

 

Maar selfde krag.

om te glo het minder krag

omdat nie so duidelik sigbaar,

sou onnosel wees.

 

Werk van Gees

nie altyd soos die van atoombom.

Soms saggies,

nie stormwind,

maar sagte briesie.

 

Beteken dat kyk –

deur besig te wees met Woord –

SAAM besig woord,

want in proses word ons gevorm

en hervorm

om werk van Gees raak te sien.

 

Bestuursraad vorige vergadering,

Lees Fil. 4 soos by elke vergadering –

Gees maak nuwe werklikhede oop,

ontdek nuwe dinge,

word omvorm –

en aan mekaar verbind.

 

Beteken ook oë oop vir konteks,

vir wat om ons aangaan,

ook daarin werk van Gees raak te sien.

 

Verlede jaar stakings hospitale ens.,

meeste ons:  ja sien, tipies.

Een dominee:  Here roep kerk te wees wie is – diensbaar.

Organiseer gelowiges,

ons almal gaan help, maar hospitale skoon.

 

‘n Lidmaat ry deur area,

sien kinders rondstaan,

nie in skool,

nie kos,

nie versorg…

begin sopkombuis,

gee vandag 2x week

vir meer as 350 kinders kos,

kliniek bedryf in area.

 

Lutherse predikant,

Dan Mangler,

vertel het Shetland skaaphond naam Amber.

Vreeslik lief winderige dae –

maak nie saak hoe winderig,

op gras voor huis gaan staan,

gekyk in rigting wind waai,

neus in lug gesit –

in honde hemel!

Niks anders saak gemaak.

 

Sien,

moes op werf bly,

Lewe was beperk tot dit wat in onmiddellike omgewing gebeur.

 

Maar wanneer met neus in wind staan,

kon verlustig in reuke wat wind bring.

Wind ervarings gebring van heel nuwe wêreld –

reuke van bome en blomme,

eekhorings en hase,

varke,

koeie,

skape.

 

Pinkster is die wind

wat verrassende ervarings bry

heeltemal buite eie vermoë.

 

Vanoggend saam Nagmaal.

Maaltyd wat Jesus ons gegee

om ons te help onthou:

Onthou dat hy vir ons aan kruis gesterf, ook opgestaan, nou lewe.

 

Brood laat ons dink aan swaarkry en dood van Jesus aan kruis.

Wyn laat dink aan bloed van Jesus aan kruis gevloei.

 

Wanneer brood en wyn gebruik,

sê ons almal saam vir die Here

dat ons sy kinders is.

 

Sê ook daarmee dat ons glo

dat eendag saam met Jesus in hemel gaan wees.

 

Daarom bly wanneer Nagmaal gebruik,

sien uit na hoe eendag gaan wees

en sê vir Here dankie vir alles hy vir ons gedoen.

 

Kom ons staan nou op

en sê vir die Here

en vir mekaar

wat ons glo.

Geloofsbelydenis

 

Tafel gereed,

mense saam gaan sit, vorentoe.

Gebed:  Lied 442:2 (sit)

Uitdeel van tekens

Instelling & gebruik

Dankgebed

Dankoffer

Lied 440:1, 2 & 4 (staan)

Seën

Lied 313

Johannes 17 – Erediens: “All sorts” – 29 Mei 2011

Votum & seëngroet

Jesus gesê:

Waar twee of drie in my Naam saam is,

daar is Ek by hulle.

(Matt. 18:20)

Jesus hier,

daarom groet in sy naam:

Genade en vrede!

Verwelkoming

Welkom

Groet mekaar – iemand jonger & iemand ouer

Verjaarsdae

Sang

Kombineer Lied 164 & Flam 184 – Ons is almal hier tesaam

Afkondigings

Lofsang

Vonkk 110 Saam wil ons die Here

Flam 105 Hy’s die Een wat ek liefhet

Doopformulier

Lied

Flam 119 Ons aanvaar jou met die liefde

Aansteek van doopkers en gelukwensing.

Gebed

Skriflesing

Johannes 17:20-26

Geleerdes eens Joh. 17 klimaks Evangelie Johannes –

klimaks en skarnier:

Boek opbou tot hier,

hier klomp goed bymekaarkom,

Ø einde van deel waar Jesus afskeid neem dissipels,

Ø enkele ure voor dood.

 

So een van laaste goed Jesus doen voor doodgaan,

as’t ware einde van afskeid,

dus baie NB.

Vorige hff, Jesus praat met diss.

Nou bid:

Bid eers oor eie werk,

dat verheerlik sal word.

 

Dan vir diss.

 

Dan vir mense deur diss. werk tot bekering kom –

dus vir kerk deur eeue –

vir ons.

 

Julle geweet Jesus bid vir ons?

Baie belangrik.

Luister Jesus vir ons bid:

 

Joh 17:20-26

Preek

(Al kinders vorentoe.)

[staan in groepe / plak kolle]

Wie hou van licorice all sorts?

Wie nie?

Wie hou van watter soort /nie?

Wie het boetie?

Sussie?

Enigste kind?

 

Sien verskil baie.

Wonder wie’s in – wie nie?

Gaan bietjie daaroor gesels,

ek vir julle vertel wie in /wie nie –

mooi luister!

[kinders gaan sit]

 

Terwyl gaan sit,

gemeente:

Wie hou van licorice all sorts?

Wie nie?

Wie hou van watter soort /nie?

Rugby ondersteuners…

 

Gesê teks gelees klimaks,

spilpunt Johannes.

 

Jesus besig ons te bid.

Hoe voel wanneer iemand vir jou bid?

(gesels)

  • troos
  • kwesbaar
  • dankbaar
  • geëerd
  • nederig
  • ongemaklik maar waarderend
  • asof iemand regtig omgee

 

Voel al hierdie goed wanneer iemand vir jou bid –

meer nog wanneer Jesus –

God SELF –

vir jou bid!

 

So as Jesus – God – vir ons bid,

dan wat bid,

duidelik baie belangrik.

Kan weet wat regtig vir God saak maak,

as hoor wat hy vir ons bid.

 

So waarvoor bid Jesus?

Jesus bid dat sy kinders een sal wees.

Dat ons hier –

alle gelowiges wêreld –

een sal wees.

 

Duidelik baie belangrik –

want Jesus bid.

Laaste ding Jesus bid voor sterf,

hoe afskeid afsluit.

 

Ook in res van Bybel,

res van Joh. belangrik:

15:1-17 wingerdstok en lote –

soos plant,

Jesus stomp,

ons almal stokkies van een plant,

selfde sap deur ons beweeg.

 

So belangrik,

sien in hierdie teks,

dat kerk geloofwaardigheid op spel!

 

“Geloofwaardig” groot woord,

beteken mense net sal glo wat ons hulle van Jesus vertel,

as ons met mekaar een is.

 

Weer kinders vra:

Wie blou oë?

Bruin oë?

Groen oë?

Ons verskil!

 

Maar baie NB hier raaksien:

Hierdie gebed Jesus,

hierdie belangrikste van belangrike goed –

dat een sal wees –

is NIE opdrag –

is gebed.

 

Jesus sê nie ons moet een word nie,

ons moet hard werk een te wees nie –

hy bid dat ons een sal wees.

 

En hoekom sal God dan nou nie sy eie gebed beantwoord nie?

 

Wat beteken dat ons een IS.

 

Nogal moeilik te sê,

wanneer soveel goed so duidelik vir ons sê nié een is:

wie hou orrelmusiek?

Justin Bieber?

Barney?

 

Vraag is dan,

wat ons een maak?

 

Jesus:

22Die heerlikheid wat U My gegee het,

het Ek ook aan hulle gegee,

sodat hulle een kan wees

net soos Ons een is:

 

So Jesus heerlikheid maak ons een –

Wat is hierdie heerlikheid Jesus?

 

Geleerdes allerhande teorieë.

Jesus heerlikheid in lyding en sterwe,

opstanding.

 

Maar selfs nog voor dit,

begin Johannes:

1:14
Ons het sy heerlikheid gesien,

die heerlikheid

wat Hy as die enigste Seun van die Vader het,

vol genade en waarheid.

 

Jesus heerlikheid,

feit dat Seun van God is –

dat God sê:

hierdie is my Seun.

DIS Jesus se heerlikheid.

 

En dieselfde heerlikheid Jesus ons gegee:

maak ons kinders van God.

 

Jesus God se seun.

Ek God se dogter,

jy God se seun,

Anri God se dogter,

Arjan God se seun…

Jesus maak ons God se kinders.

 

Ons is mekaar se boeties en sussies,

ons is deur Jesus mekaar se kinders –

ons IS EEN.

 

As jy by plek kom –

vêr in wêreld (Europa),

ontmoet iemand – gelowige –

onmiddellike konneksie,

voel onmiddellik:  een van ons!

Winkel.

Haarkapper (gospel musiek) – voel welkom, een van hulle.

 

Ons is een,

want Jesus kinders.

  • Wie hou van licorice all sorts?
  • Wie nie?
  • Wie hou van watter soort /nie?
  • Wie het boetie?
  • Sussie?
  • Enigste kind?
  • Rugby ondersteuners…
  • Wie blou oë?
  • Bruin oë?
  • Groen oë?
  • wie hou orrelmusiek?
  • Justin Bieber?
  • Barney?

Wie kinders van God?

All sorts – EEN.

 

Ons IS een.

 

Voetnoot:

Beteken dat grense is –

sou kon sê nie almal wêreld is een.

Kinders van Jesus is een –

mense nie kinders Jesus, nie deel van ons.

Maar wanneer probeer besluit wie kinders van Jesus,

wie nie,

dan moeilikheid.

 

Dan meeste van ons besluit:

mense soos ek is, is kind van Jesus.

Mense nie soos ek,

nie kind van Jesus:

 

Mense wat in tale praat,

mense wat kinderdoop glo,

mense wat hande in lug steek wanneer sing…

 

Dan vat ons pakkie all sorts,

pluk elke lekkertjie uitmekaar,

kan niks nie al geure en kleure geniet.

 

Daar is grense –

maar nie vir ons besluit wat grense is.

Oordeel kom ons nie toe.

 

Maar is so dat nie altyd soos een VOEL,

en dat ander nie altyd eenheid kan sien.

 

Uit teks duidelik NB dat ander eenheid kan sien.

Probleem is,

ons dink eenheid beteken eendersheid.

 

Kyk pakkie all sorts,

besluit “nee, so kan dit darem nie werk nie”.

so bont, verskillende smake, verskillende teksture…

begin uitmekaarhaal,

in hopies sorteer (licorice, pink, wit, kraletjies)…

besluit nét hierdie soort is reg,

res is verkeerd.

 

Storie vertel ma seun as polisie-offisier uitpasseer.

Jong polisiemanne en –vroue netjies in gelid

voor skare verby marsjeer,

maar o wee,

ma se seun uit pas.

 

Ma mense rondom haar:

kan jy glo!

My seun enigste een wat in pas is!

 

Dink om een te wees,

moet hou van selfde musiek,

selfde styl erediens,

selfde manier bid,

lees,

selfde dink oor goed soos doop…

 

Maar IS een.

EN is all sorts.

(vra weer vrae)

God so bedoel.

 

Jesus bid wêreld glo wanneer eenheid sien.

As ons almal selfde is, selfde dink, selfde doen –

een is –

hoekom sal wêreld glo?

Tog niks vreemds daaraan!

 

Maar wanneer ons verskil –

soms erg verskil,

baie verskil,

fundamenteel verskil –

en steeds SIGBAAR een is,

dan móét wêreld stilstaan,

kopkrap,

vra:  wat gaan hier aan?

Hoe kry hulle dit reg?

 

Ons IS een.

Daarom moet ons so leef dat wêreld eenheid kan sien.

Beteken nie is selfde –

bly all sorts –

maar so leef wêreld sien kom uit een pakkie.

Wat beteken dit?

Johannes 13:34-35

Ek gee julle ‘n nuwe gebod:

julle moet mekaar liefhê.

Soos Ek julle liefhet,

moet julle mekaar ook liefhê.

As julle mekaar liefhet,

sal almal weet

dat julle dissipels van My is.”

 

Ons IS een.

Manier leef dat wêreld eenheid kan sien,

is deur mekaar lief te hê.

 

Beteken nie soos Sakkie maak,

mense aanhits,

maar dat streef in vrede saamleef,

al verskil ons.

Ruimte maak mekaar,

ook verskille.

 

Al verskil van jou –

hou jy van licorice,

ek hou nie eintlik van licorice,

gaan steeds ruimte maak vir jou om licorice te eet,

terwyl jy vir my ruimte maak sagte wit goedjies te eet.

 

Sukkel.

Sukkel, want fokus op verskille,

in stede fokus op God.

 

Kan regkry eenheid te leef,

lief te hê,

wanneer nie fokus op verskille,

maar fokus op eenheid wat daar IS.

 

Wanneer ons saam Here aanbid,

saam Bybel lees,

saam bid,

vir mekaar stories vertel van wat God in ons lewe gedoen –

dan verskyn die eenheid wat reeds tussen ons is,

word versterk.

 

Ons uitdaging gelowiges,

elkeen van ons:

nie vashaak goed waaroor verskil,

nie daarom fikseer,

fokus maak van ons saamwees –

maar eerder saam fokus op Here.

 

Ons gemeente:

vreugde lewe,

liefde dien,

vanuit vaste geloofsverbintenis Jesus Christus ons Hoof.

 

Kom ons kom saam in ons gedeelde geloofsverbintenis

Jesus Christus ons Hoof,

ons fokus daarop –

dan sal ons ook saam vreugde lewe,

saam liefde dien.

Gebed

Pinkster

Dankoffer

Kinders kom kry All Sorts –

kinders dankoffer opneem,

na diens.

Ø (Speel Prophet – Jesu)

Slotlied

Heelparty goed liedboek én Flam – soos ons is almal hier tesaam.

Afsluit lied ook albei, melodie verskil – sing lekker deel jy ken,

probeer vinnig bykom deel jy nie ken, saam sing.

Sluit af Lied 478/Flam 66

Op vaste fondamente –

Lied Luther geskryf deel van reformasie.

Seën

 

CD: Vertikaal (Stil) – Ons is U liggaam