Matt 6 – Erediens: Ons Vader (droom en oorgawe) – 2 Julie 2011
ONS VADER WAT IN DIE HEMEL IS
Verwelkoming & Afk.
Toetrede
Lied 528:1 Leer my u wil, Heer (sit)
Votum
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge?
Dit:
God is vir ons,
wie kan dan teen ons wees?
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,
maar hom oorgelewer
om ons almal te red.
Sal hy ons dan nie al die dinge
saam met hom skenk nie?
Seëngroet
LAAT U NAAM GEHEILIG WORD
Lofsang
Lied 500 God’s dade is volmaak en goed (staan)
LAAT U KONINKRYK KOM, U WIL GESKIED
Gebed
Ps. 25:2 (sit)
Skriflesing
Matteus 6:10
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook
op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Preek
Mini-reeksie Ons Vader
Vanoggend:
Gebed as droom
en oorgawe
God koninkryk,
God wil.
Eerstens net eers helder maak wat bedoel wanneer praat
“God koninkryk”.
Natuurlik bedoel hemel,
kyk vorentoe,
uitsien wederkoms.
Maar God koninkryk ook baie meer as dit,
hedendaagse realiteit.
Ps. 24:1:
Die wêreld
en die wat daarop woon,
behoort aan die Here.
Daar is geen plek in die heelal
waar God se koninkryk nog NIE gekom het nie,
geen plek waar God nie regeer nie.
Jesus boodskap juis
God koninkryk HET naby ons gekom
(Matt 4:17)
God koninkryk IS hier by ons
(Luk. 17:21).
God koninkryk is hier.
Maar God ook besig sy koninkryk te vestig.
Teoloog Helmut Thielicke:
koninkryk van God
soos veelkleurige brandglas vensters in kerk.
Loop buite omgebou,
sien net die besonder grys kleur van die ruite,
nie lekker sien verroes,
vuil –
of kunswerke.
Maar wanneer binne kerk kom,
begin vensters gloei
en die hele Bybelse geskiedenis
kry rondom jou lewe.
Selfde koninkryk van God –
word sigbaar
wanneer mens DAARBINNE is.
Is hoekom ons bid
“laat u koninkryk kom.”
God koninkryk reeds hier,
in gebed gaan oë oop,
sodat koms van God koninkryk in wêreld kan sien.
Dis hoekom sommige sê gebed is droom / visioen –
wanneer bid,
kan in geestesoog God plan vir wêreld sien.
Kyk deur God se oë na lewe
en sien hoe wêreld van hom kán lyk,
sien wat hy van hierdie wêreld gaan maak,
reeds besig is te maak.
Sien hoe hy besig is koninkryk te laat kom.
Maar daar’s interessante ding
aan manier waarop God koninkryk laat kom.
Ons dink God
met een groot daad of woord
koninkryk tot stand gaan bring.
Maar God doen anders.
Besluit om ONS deel te maak
van die uitvoering van sy plan.
God laat sy koninkryk kom
deur honderde duisende mense te gebruik –
net daar waar hulle woon en werk,
daar waar hulle sy wil vir hul lewens soek
en dit doen.
Bybel sê selfs wanneer iemand beker koue water gee,
laat kom ons die koninkryk.
God se koninkryk kom
daar waar God se wil geskied.
M.A.W.
daar waar ons ons wil gaan God oorgee,
ons wil by syne laat inpas.
Wat ons bring by volgende deel Ons Vader:
Laat U wil geskied.
Eerste ding daaroor moet sê,
is dat God wil het –
vir elkeen van ons se lewens
‘n baie spesifieke
en duidelike
doel het.
Natuurlik “algemene” wil vir wêreld,
soos wat in Woord vind,
maar ook spesifieke wil en plan
elkeen van ons.
God roep ons
om op spesifieke manier
in spesifieke omstandighede
deel in koms van koninkryk.
Maar,
(dis tweede ding ons vir mekaar hieroor moet sê):
Ons elkeen self ook spesifieke plan vir ons lewe.
Storie arm skotse vrou
platteland van dorpie tot dorpie geloop
garing, knope & skoenveters verkoop.
elke keer kruispad kom,
gebid God wil vra.
Skotse weergawe van “Doen slegs U wil, Heer” gesing,
stok met lint aan in lug gegooi.
Rigting waarin punt lê,
help bepaal watter koers loop verkope doen.
Eendag iemand op haar afgekom,
stok oor en oor in lug gegooi.
elke keer op grond val,
skud kop,
mompel,
gooi weer.
Persoon vra, antw.:
Die stok bly wys na links,
en ek wil regs gaan!
(waar ryker mense gewoon)
By hierdie punt
vind ons die wortel van sonde.
Sonde begin wanneer mense dink weet beter as God,
wanneer Eva Adam sê:
As ons van die boom WIL eet,
dan gaan ons.
Ons dink dikwels
kan maar met lewe en planne aangaan soos il,
as by regtig NB goed kom,
sal God ons keer verkeerde goed te doen.
Maar hierdie is dan nou weer die Skeinat deel,
wat jy maar net moet weet,
saam met die feit dat God se koninkryk orals is en orals kom:
God se wil geskied nie altyd outomaties nie.
God laat homself en sy planne
soms deur ons blokkeer.
Ons kan in God se pad staan.
God dalk baie goeie plan vir ons,
baie probleme sou keer of oplos –
maar as ons nie wil hoor nie,
sal God ons toelaat eie kop te volg.
Al is dit nie sy wil nie.
Dink bv ryk jong man
(Mark 10:17-22),
vertel Jesus hom liefgekry.
Maar wanneer hy nie God plan vir lewe wil aanvaar,
wegstap…
keer Jesus hom nie.
Help ons ook om te dink aan God se oordeel – eindoordeel.
Bybel duidelik – Jesus straf vir ons sondes gedra.
Straf wat daar vir ons moes wees,
was op Jesus.
Daar is nie meer straf oor
vir ons wat aan hom behoort nie.
Wat gaan gebeur aan einde,
is dat God ons gaan oorgee aan ons eie wil.
En DIS hoekom ons bid
“laat u wil geskied”
(en hoekom hele Ons Vader gebed as geheel sien,
omdat gebed om God wil,
ook deel van gebed nie versoeking kom,
verlos van Bose).
Wanneer ons bid “laat u wil geskied”
vra ons eintlik
dat God ons van ons eie wil sal bewaar –
dat God ons nie sal oorgee aan ons eie planne nie,
dat ons nie in God se pad sal staan nie,
nie God se wil sal keer nie.
En daarom is die gebed
“laat u koninkryk kom
laat u wil geskied”
in wese oorgawe.
Tradisie hart vir Jesus gee,
tot bekering kom –
baie van ons datum.
Maar eintlik kom elke keer wat bid,
tot bekering,
gee elke keer weer hart vir Jesus.
Want elke keer wat bid,
bely sonde – eie wil.
gee lewe oor aan God,
bid dat SY wil geskied.
In ons saambid vanoggend,
laat dit dan ons fokus wees –
bekering.
Bekering van eie planne,
eie idees,
eie voorkeure,
eie WIL.
Oorgawe van lewe,
van wil,
aan God.
LAAT ONS NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE, VERLOS ONS VAN DIE BOSE
Gebed
Vonkk 118 (Afr. & Eng.) Laat U wil geskied
GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD
Voorbidding
Dankoffer
AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK, KRAG EN HEERLIKHEID
Slotlied
Lied 266 Ons Vader (staan)
Seën
Vonkk 118 (Afr.) Laat U wil geskied (staan)
Trackback from your site.