Matt 6 – Erediens: Ons Vader (lewensbehoeftes) – 10 Julie 2011
ONS VADER WAT IN DIE HEMEL IS
Verwelkoming & Afk.
Toetrede
Lied 169 (Hymn 9) Heilig, Heilig, Heilig (sit)
Votum
Wees altyd bly
in die Here!
Ek herhaal:
Wees bly!
Wees inskiklik teenoor alle mense.
Die Here is naby.
Seëngroet
LAAT U NAAM GEHEILIG WORD
Lofsang
Lied 188 (Hymn 11) Kom dank nou almal God (staan)
VERGEEF ONS ONS OORTREDINGE… LAAT ONS NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE
Wet
Fil. 4:8-9
Dink week verby –
waarop gedagtes gerig?
Wat gedoen?
Stil gebed
Oorgawe
Here is naby –
sal sorg.
Bely glo deur sing:
Lied 577 (Hymn 18): 1, 2 en 5 Die Heer, my herder, sorg vir my (sit)
LAAT U KONINKRYK KOM, U WIL GESKIED
Doop
Ps 134
GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD
Gebed
Skriflesing
Matt 6:25-34; 11
Preek
Mini-reeksie Ons Vader –
vandag: daaglikse brood.
Eerste sg “ons-bedes”.
Ons Vader 6 bedes –
eerste 3 U –bedes:
Naam, koninkryk, wil.
Ons bedes:
brood, vergifnis, bewaring.
Brood fisieke behoeftes,
vergifnis geestelike behoeftes.
Is so dat God ons graag met ons behoeftes help –
is nie vreemde,
veraf God,
niks van ons wil weet,
reeds gesê:
nie nodig arm te draai
kry vir ons te sorg.
God is vader ons liefhet,
graag vir kinders gee wat nodig.
Enkele tekste:
Ps 145:14-16
Die Here help almal op
wat geval het.
Hy ondersteun dié wat bedruk is.
Die oë van almal
is op U gerig,
en U gee hulle kos
op hulle tyd.
U maak u hand oop
en skenk u guns
in oorvloed
aan al wat leef.
Matt 7:9-11
Watter mens onder julle
sal vir sy seun ‘n klip gee
as hy brood vra,
of ‘n slang
as hy vis vra?
As julle wat sleg is,
dan weet om vir julle kinders
goeie dinge te gee,
hoeveel te meer
sal julle Vader wat in die hemel is,
goeie gawes gee
aan dié wat dit van Hom vra?
Hand 14:16-17
Hy het … bekend gemaak
dat dit Hy is
wat die goeie dinge gee:
Hy het vir julle reën
van die hemel af gegee
en gereelde oeste;
Hy het julle volop kos gegee
en julle gelukkig gemaak.”
Fil 4:6
Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles
julle begeertes
deur gebed
en smeking
en met danksegging
aan God bekend.
Rom 8:31-32
(verlede week votum:)
Wat is nou ons gevolgtrekking
oor al hierdie dinge?
Dít:
God is vír ons,
wie kan dan teen ons wees?
Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,
maar Hom oorgelewer
om ons almal te red.
Sal Hy ons dan nie al die ander dinge
saam met Hom
uit genade skenk nie?
God weet dat fisieke behoeftes het,
wil daarmee help.
Word in Ons Vader genoem
VOOR geestelike behoeftes!
God weet soms so bekommerd raak
oor gewone, daaglikse goed,
dat hy daaraan aandag gee,
voor kom by geestelike behoeftes.
Wat moet hoor is:
- God ons liewer as ons hom.
- Gee vir ons meer om as ons vir hom.
- Meer gereed ons te antwoord as ons is hom te praat.
- Meer gereed te help as ons is te vra.
DIT is God.
Maar nou weet tog almal,
God nie altyd vir ons alles gee waarvoor vra.
NB mooi kyk na woorde hierdie gebed,
elke woord is sleutel
ons behoeftes & God sorg verstaan.
BROOD
Moet ernstig opneem –
nie terloops Jesus praat brood.
Beteken natuurlik meer as net droë brood –
sekerlik darem ook groente, vrugte.
Dalk selfs meer:
Luther & Calvyn in kommentare:
al noodsaaklike behoeftes nodig.
Maar tog ook iets sobers –
brood.
Nie koek, kreef, kaviaar.
Brood.
Wanneer fisieke behoeftes na God neem,
versigtig wees welvaarstsgeloof,
God se seën hoofsaaklik materieël.
God gee wat ons nodig –
soms selfs koek –
maar nie oordadigheid in God voorsiening,
nie vermorsing.
Soberheid,
eenvoud.
Tweede woord,
dalk belangrikste:
ONS.
Hierdie klein woordjie
maak van hierdie sinnetjie in gebed
een van radikaalste sinne in Bybel.
Jesus sê nie:
bid MY brood,
Jesus MY voorsien –
Tweede Wêreldoorlog – bomme op ander deel van London
(soortgelyke storie oes in Oos-Kaap, natuurramp elders wêreld God antwoord).
God is ONS Vader.
Daarom gebed: ONS daaglikse brood.
Oppas nie soveel vir self vra,
dat nie genoeg oor is vir ander.
Interessante ding aan God sorg:
God gee wat nodig –
maar stuur dit dikwels via iemand anders.
HET beloof alles gee wat nodig –
maar kies om ons saam te bind,
deur pakkies waarvoor ons vra,
nie altyd direk vir ons te gee.
Soms gee iemand anders,
sodat hulle vir ons kan gee.
Beteken natuurlik
dat ek goed wat mis in lewe,
dikwels by ander kan vind.
Daarom by ander moet uitkom,
as wil kry.
Maar ander kant nog meer relevant vir ons:
God soms vir ons baie gee,
pakkie gee,
nie aan ons behoort,
nie vir ons bedoel –
aan ons gegee,
om ons te verbind aan ander,
SODAT ons kan help
ander daaglikse brood ontvang.
Johan Cilliers:
Die brood op ons bord
behoort ook aan ons naaste.
Daardie brood wat jy nie alles kan eet nie,
wat jy weggooi omdat dit muf begin word,
het van die bein af nie aan jou alleen behoort nie.
Die klere in jou klerekas
wat jy nie meer dra nie,
is vir iemand anders gemaak.
Wie bid
“gee ONS…”
verklaar daarmee inderdaad
dat hulle ook ‘n verantwoordelikheid het
om aan ander te gee
en gryp nie meer selfsugtig nie.
[Bedelaars?]
Derde woord:
Daagliks
Griekse woord hier gebruik,
geleerdes nog steeds nie seker wat presies beteken.
Kom net hier in NT voor –
ook buite Bybel nie so gereeld.
Waarskynlik beste vertaal: NODIGE.
Kan bid vir wat nodig is.
Woordjie “genoeg” verduidelik ook mooi –
ons kan vra vir genoeg,
nie te veel
of oordaad nie.
Ook vir ons nogal moeilik –
leef in kapitalistiese kultuur,
alles saamspan ons oortuig
moet nog en nog en nog hê.
Meer en meer
en groter.
Begin geluk daarin soek.
En omdag nie gelukkig maak,
nie holte in binnekant kan vol maak,
soek net nog.
Daarom bid vir NODIGE brood,
sodat ook vry kom
gejaag na goed,
waansinnige dwaling dat geluk in goed kan vind.
Laaste woord:
VANDAG
Ervaring my lewe,
God sorg –
maar God sorg nie eintlik vooruit nie.
Want God wil hê ons HOM vertrou,
nie die goed vir ons gee.
Onthou storie manna woestyn –
Volk honger, niks te eet –
God voorsien.
Nie bêre,
sal elke dag voorsien.
In proses leer geloof,
vertroue.
Te veel brood,
sakke vol manna,
skure vol koring,
kaste vol klere,
bankrekening vol geld,
kan maklik verlei
te dink Here nie regtig meer nodig –
soos ryk dwaas Luk 12.
Hoef nie bekommerd dte wees kos,
klere –
God weet wat nodig,
sal voorsien.
Afsluit
Craig Blomberg boek,
hoe Christene materiële besittings moet benader.
Besittings groot deel van lewe –
almal leef daarmee saam, of min of baie.
Hoe daaroor dink?
Blomber 5 stellings:
1. Materiële besittings
is goeie gawes
Here mense gee te geniet.
2. Materiële besittings terselfdertyd
van gevaarlikste wapens
in hand van Bose,
omdat mense se harte van God kan wegdraai.
3. Een van duidelikste tekens van geredde lewe
is bekering
op vlak van besittings –
rentmeesterskap.
4. 2 Kor 8,
Volgens Blomberg,
soms oordaad rykdom
EN oordaad armoede –
te ryk EN te arm.
Albei onhoudbaar.
Beteken nie almal ewe veel –
maar perke sal wees aan oordaad –
albei kante toe.
5. Bybel bevestig
ons houding geld en besittings
diep, diep geestelike saak.
GEBED
Elke keer Lied 278
- Daaglikse Brood
- ONS
- Stil gebed
Dankoffer
Slotlied
Lied 284: 1 & 3 Laat Heer u vrede deur my vloei (staan)
Seën
Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles
julle begeertes
deur gebed
en smeking
en met danksegging
aan God bekend.
En die vrede van God
wat alle verstand te bowe gaan,
sal oor julle harte
en gedagtes
die wag hou
in Christus Jesus.
Lied 268 Laat Heer u seën
Amen