Skip to main content

Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30

Geheue

Ons praat geheue vanaand, meer spesifiek daardie gevoel wat ’n mens soms het, “ek kan nie meer nie”.  My kop wil bars.  Ek kry sommer so ’n lam gevoel as ek na my dagboek kyk.  My “to-do” lysie raak al hoe langer en kortpaaie help net nie meer nie.  Daar is soveel boeke wat ek nog wil lees, flieks wat ek wil kyk, plekke waar ek wil uitkom.  Maar, die e-posse in my Inbox raak net nie minder nie.  En ek kan nie byhou by al die bydraes van my meer as 600 vriende op Facebook, 450 op LinkedIN, 274 op Twitter …  Hoe kom ek by alles uit?!

Continue reading

Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid”

Dit is voorwaar ’n pragtige gesig om ganse in ’n V-formasie te sien vlieg. Dit is egter nie om dowe neute dat hulle só vlieg nie.  Navorsing het getoon dat die geklap van hulle vlerke ’n opwaartse lugstroom, ’n spiraal draaikolk, veroorsaak wat die ganse opdruk wat in die V-formasie volg.  Trouens, hierdie “spanwerk” kan ’n swerm ganse tot 71% verder laat vlieg as wat hulle dit alleen kan regkry, sê navorsers.

  • Daarom dat ganse wat per ongeluk uit formasie beweeg alles in die stryd werp om weer in gelid met die ander te kom, anders sal hulle dit nooit maak om op hulle eie die groot afstande af te lê wat nodig is om in ’n warmer klimaat te kom nie.
  • Die ganse neem ook beurte om die harder werk aan die voorpunt van die V-formasie te doen, sodat die las gedeel kan word en ’n deel van hulle die tyd kan gebruik om uit te rus tot hulle self weer aan die voorpunt die swerm se reikafstand kan vergroot.
  • Daar is selfs ’n teorie dat ganse nie net hulle hees gesnater (Engels: honking) gebruik om hulle plek in die formasie vir die ander aan te dui, sodat die V-formasie behoue bly nie, maar dat hulle deur hulle gesnater mekaar aanmoedig om net hulle beste te lewer.
  • Dit is immers ook waar van ganse dat as een agterraak weens siekte of ongesteldheid, twee ganse sal terugval en by die agtergeblewene sal bly totdat hy of sy óf weer saam met hulle in formasie kan vlieg of doodgaan.

Verstommende voëls – en ’n voorbeeld vir die gemeenskap van gelowiges van hoe ons saam dit verder bring as wat elkeen in die kerk net sy eie kop volg.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Verwelkoming

Continue reading

Relationship status: It’s complicated – Genesis 38

Hoekom is dit so ingewikkeld?

relationship-status1Facebook – of Vuisboek of Bakkiesboek soos sommige sê – kan jou nogal laat kopkrap.  Veral as jy jou relationship status moet beskryf.

Wat kies jy nou van die nege opsies om jou verhoudingslewe te beskryf?

Dit is seker maklik om iets soos married of in a relationship of engaged te kies, as jy in ’n vaste verhouding met iemand is, maar maak enige van die ander opsies enige sin?

Continue reading

Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens

Uitgestelde verwagting

Kinders wat kan wag op beloning, doen beter op skool en vaar oor die algemeen beter in die volwasse lewe wat wag.

Hierdie beginsel is deur Walter Mischel van Stanford Universiteit bewys in ‘n eksperiment wat in 1970 met vierjariges gedoen is – iets wat nou ook al in TV advertensies gebruik is. Hy het ‘n vierjarige alleen in ‘n vertrek gelaat met ‘n malvalekker (“marshmellow”) en ‘n klokkie. Indien die kleinding die klokkie lui, kom Walter dadelik terug, en die kind eet die malvalekker. Indien die kleinding kon wag dat Walter uit eie keuse terugkom, kry hy of sy ‘n ekstra lekker.

In video’s van die eksperiment, kan jy die kinders sien wriemel, wikkel, bene swaai, hulle oë toedruk, en op hulle hande sit. Hulle is desperaat om selfbeheersing toe te pas.  Hulle wil meestal regtig wag om liewer twee lekkers te kry. Hulle optrede het sterk verskil. Sommige kon nie uithou nie, en het die klokkie binne ‘n minuut gedruk. Ander kon tot 15 minute uithou.

Die kinders se verdere ontwikkeling is deur die navorser opgevolg. Diegene wat langer kon wag, het hoër punte op skool behaal. Hulle het toelating tot beter opvoedkundige inrigtings verkry, en het meer as volwassenes bereik. Die kinders wat die klokkie die gouste gelui het, het ‘n hoër persentasie boelies opgelewer. Hulle is tien jaar later swakker deur ouers en onderwysers geëvalueer, en was teen ouderdom 32 meer geneig om dwelmverwante probleme te hê.  Dit was ook opmerklik dat die teenwoordigheid van ’n vader-figuur ’n beduidende rol gespeel het in die vermoë om te kan wag – waar gesinne dus albei ouers gehad het, het kinders beter gedoen.

Walter Mischel se gevolgtrekking is dat kinders moet leer dit is beter om vir die toekoms te werk, voor te berei en op te offer, eerder as om vir onmiddellike bevrediging van behoeftes te lewe.

Die toekoms is belangriker as wat mens in die hitte van die oomblik mag besef.

Continue reading

Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18

Die migrasie van skoenlappers

Elke herfs migreer twee groot kolonies monarg skoenlappers van die Rocky berge in Noord-Amerika na warmer dele van die kontinent.  In die lente trek hulle weer terug na die Rocky berge.  Die een kolonie migreer van die westekant van die Rocky berge na die kus van Kalifornië en weer terug. Die ander kolonie migreer nog verder van die oostekant van die Rocky berge in Suid-Kanada na die woude naby die stad Mexico, ’n afstand van byna 4000 km en dan weer terug in die lente. Elke jaar, sonder uitsondering, vir eeue lank reeds.

Wat dié reis regtig merkwaardig maak, is dat die skoenlappers wat dié reis in die herfs onderneem, tussen drie en vyf generasies verwyder is van die skoenlappers wat in die lente teruggekeer het.  Hulle onderneem dié migrasie dus elke jaar sonder ’n leier of selfs enige ander skoenlapper wat die pad ken, en dit sonder ‘n roetekaart.

Navorsing het bepaal dat die monarg skoenlappers ’n genetiese “son-kompas” op hulle antenna gebruik om hulle rigting te bepaal, sowel as ’n genetiese “interne horlosie” wat hulle help om aanpassings te maak deur die loop van die dag sodat hulle koers kan hou in ’n  suidelike of suid-westelike rigting.  Om die waarheid te sê, wanneer die skoenlappers se dag-en-nag siklus in ’n laboratorium verander word, vlieg hulle daarna in ’n verkeerde rigting weens die effek wat ons ken as “jet-lag”![1]

Ons interne-horlosie is die Gees van God

In die geestelike lewe, het ons ook nodig om onsself voortdurend te oriënteer om koers te hou.  Daar is baie uitdagings wat ons van koers af kan neem:

  • Invloede van buite af: ons vriende se gedrag, ons familie se waardes, die media se drome, die tydsgees se wêreldbeeld;
  • Invloede van binne af: ons beheptheid met besit, begeerte, baasskap – of te wel gierigheid, wellus en mag (sommige sê trots).

Anders as skoenlappers het ons as Christene egter nie genetiese biologiese instrumente om ons rigting mee te bepaal nie.  Ons hou nie as’t ware vanself koers nie.  Ons rigting hang af van ’n geestelike realiteit: die bewussyn van die Gees van die Here wat op ons is, soos Jesus hier in Lukas 4 reg aan die begin van sy bediening vir ons sê.

Ons interne-horlosie is net soos dit met Jesus was, die Gees van God.


 

[1]Sherry Seethaler, Curious Folks Ask 2: Our fellow creatures, our planet, and beyond.  Barbara Kingsolver gebruik dié moontlikheid tot verandering van hulle vlugpatrone as storielyn in haar boek Flight Behavior …

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19

Hy staan verflenterd en verwese voor my deur, die tande klap op mekaar van die koue en ontbering, die trane die rol oor sy papnat lyfie. Stotterend kom dit uit, terwyl die wolke nog swaar is van die nag se reën: “Kan ek nie net ‘n week of twee hier bly nie? Ek het nooit geslaap nie. Ek is só koud.”

Ná ‘n warm stort, ‘n bak oats, twee piesangs en toegevou in hopelooslik te groot klere, ontvou die storie. Skaars standerd drie gemaak, gestremd, weggegooi hier by die see vir sy disability kaart, reeds 22 jaar oud maar geen heenkome meer nie. Broer wil hom nie hê nie, het in elk geval nie werk nie, ma het weggeloop, het nooit sy pa geken nie. Sê vir my “pa” …

Tien oproepe later neem ek hom MES toe hier in PE. Hy kry daar ‘n bed, kos, klere, assessering, en die moontlikheid van beskermde arbeid. Sien hom weer Maandag.

My hart was seer Vrydag. Hoeveel van hulle is daar nie in ons land nie? Ek het die middag op my bed gaan sit en peins en bid, net dié refrein in my gedagtes: “Mag die Here tog mense se harte aanraak in hierdie land van ons om ‘n verskil te maak, dat die genadejaar van die Here vir meer mense kan aanbreek.”

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS (Word en PowerPoint ingesluit)

Continue reading