Skip to main content

Dag 4 – Hoe dit werk – 12/11/09

Lees Matteus 23:1-39

Jesus noem die Fariseërs 6 keer “huigelaars” – die teenoorgestelde van mense wat met integriteit leef.  Elke keer gaan dit saam met die stelling “Ellende wag vir julle”.

Etiek is ‘n gedefinieerde standaard van reg of verkeerd; moraliteit is die geleefde standaard van reg of verkeerd; Integriteit is om geïntegreerd te lewe, om so te leef dat ons etiek en ons moraliteit ooreenkom.  Om met integriteit te leef, is om ons etiek te kies en daarvolgens te leef.

Die Bybel leer ‘n baie hoë en heilige etiese standaard.  Elkeen wat sê dat hulle ‘n Christen is, sê daarmee dat hulle volgens hierdie Bybelse standaard leef.  So ‘n persoon is verbind tot moraliteit.  Om dan integriteit te hê, beteken dat ons sal lééf met die Bybel se etiek.  Jesus maak dit duidelik dat die slegste keuse is om te huigel.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.