Skip to main content

Bybelskool – Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011

Dit begin 19 Oktober in die ARK 18:30-19:30 en duur 7 weke tot 29 November.  Ons behandel die eerste Psalmboek, Psalms 1 tot 41.  In die proses gaan ons leer hoe om die Psalms in ons eie persoonlike geestelike lewe te gebruik.  Skryf in by die kerkkantoor om weekliks in die lees van die Psalms begelei te word (0415835115) sowel as by die webtuiste Bybelskool om die bydraes daaroor elke weeksdag per e-pos te ontvang. Chris van Wyk.

Bybelskool oor Barnabas – 3de kwartaal 2011

BYBELSKOOL

Dit begin 20 Julie in die ARK 18:30-19:30 en duur 10 weke tot 21 September.  Ons behandel die boek Barnabas – ‘n Nuwe manier van leef.  Dit fokus op die Bybelse karakter Barnabas in die boek Handelinge, sowel as op 10 geestelike gewoontes.  Ons gaan in groepe die Bybelstudies behandel en gesels oor die inoefening van die geestelike gewoontes. Skryf in by die kerkkantoor. Koste R65 vir die Bybelstudieboek. Chris van Wyk.

BYBELSKOOL.COM

Dit begin 21 Julie op die Internet.  Ons lees Lukas se evangelie en die Handelinge van die apostels deur.  Laaste bydrae DV 28 September.  Alle lidmate kan hierdie dagstukkies lees.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.  Chris van Wyk.

TENNIS EN DIE BYBELSKOOL

Het jy iets wat jy as so half “heilig” beskou? Iets waarmee niemand eintlik moet intervere nie? Ek het so iets. Dis ‘n Woensdagmiddag, want dan  speel  ek tennis. Sonder om te vêr in die verlede in terug te gaan,  so iets oor die manne wat saam speel. Tussen vyf van ons kom ons die laaste vyftien jaar elke Woensdag op die baan bymekaar. Ons gemiddelde ouderdom het nou sewentig geslaan. Desnieteenstaande  suiker, kanker, hoë bloeddruk, heup- en knie-vervangings, swak sig en hardhorendheid foeter ons mekaar weekliks met ‘n toegewyde passie op,  net om na die tyd ons vergeselde lywe met ‘n biertjie of drie te versterk en alle kwade gevoelens wat daar mag ontstaan het weens swak roepe en verkeerde tellings uit die gestelle  uit te spoel.

Hoekom vertel ek dit vir jou ? Op ‘n Woensdagmiddag volg ‘n Woensdagaand en Woensdagaand is Bybelskool.  In my toestand nie die beste plek om heen te gaan nie. Om vir ‘n uur te gaan konsentreer en intelligent te probeer lyk met ‘n gebroke vlees en ‘n amper onwillige gees is ‘n tall order.

Lees verder by die Bybelskool!

Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie

Ons lees die boek Jesaja in die eerste kwartaal.  In die gemeente van Somerstrand word dit gekombineer met ‘n Bybelstudie- en preekreeks.  Lidmate kan hulle in die week vooraf óf by ‘n Bybelstudiegroep óf in die Bybelskool ingrawe in die fokusteks vir die Sondag en bydraes maak, voor ons saam gaan luister na wat God vir die gemeente sê.

Leesplan

Ons begin Donderdag 20 Januarie met die inleiding en oriëntering op die boek Jesaja sowel as die lees van hoofstukke 1-6.  Die eerste byeenkoms in die gemeente is Woensdag die 26ste Januarie 2011 18:30.

Datum Teks Byeenkoms 18:30
20-26/1 Jesaja 1-6 26/1
27/1-2/2 Jesaja 7-12 2/2
3-9/2 Jesaja 13-27 9/2
10-16/2 Jesaja 28-35 16/2
17-23/2 Jesaja 36-39 23/2
24/2-2/3 Jesaja 40-48 2/3
3-9/3 Jesaja 49-55 9/3
10-16/3 Jesaja 56-61 16/3
17-23/3 Jesaja 62-66 23/3
24-30/3 Jesaja in die NT 30/3

Registrasie

Enigiemand is baie welkom om in te skakel. 

  1. Registreer by die regterkantse module op die tuisblad by Bybelskool – Registrasie / TEKEN IN (of klik hier vir die direkte skakel) – en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur. 
  2. Registreer by die kerkkantoor (0415835115) as jy die byeenkomste Woensdagaande gaan bywoon.

Registrasie en inskakeling is gratis. 

Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra.  Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik.  Ek antwoord graag.

Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk:

Didage: Bybelskool – 4de kwartaal 2010 – Chris van Wyk

Hierdie kwartaal fokus ons op Galasiërs, Romeine en Rut.  

Soos altyd, sal ek weekliks ‘n bydrae by die webtuiste lewer.  Die nuwe adres is: www.bybelskool.com.  Enige gemeentelid is welkom om te registreer en daagliks my bydraes as dagstukkies te gebruik.  Die eerste bydraes begin 7 Oktober, met die eerste byeenkoms 13 Oktober om 18:00.  Dit is gratis.  Skryf in by die kerkkantoor.