Skip to main content

Bybelskool – 3de kwartaal 2010 – Chris van Wyk

Hierdie kwartaal fokus ons op Paulus se eerste vier briewe: 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs.  Ek beplan om in die eerste sessie eers die verhaal van die twee gemeentes in Handelinge te hanteer, om uit daardie hoek dan weekliks na Paulus se briewe te kyk.  Dit laat ‘n mens die briewe met baie meer perspektief lees.

Soos altyd, sal ek weekliks ‘n bydrae by die webtuiste lewer.  Die nuwe adres is: www.bybelskool.com.  Enige gemeentelid is welkom om te registreer en daagliks my bydraes as dagstukkies te gebruik.  Die eerste bydraes begin 21 Julie, met die eerste byeenkoms 28 Julie18:30.  Dit is gratis.

Bybelskool oor die evangelie van Markus

Die motto van die Bybelskool

“Let the word of Christ – the Message – have the run of the house.  Give it plenty of room in your lives.  Instruct and direct one another using good common sense.  And sing, sing your hearts out to God!” Kol 3:16 in The Message.

Hierdie woorde van Eugene Peterson verwoord op ‘n besondere manier hierdie Bybelskool se motto:

Om in die Woord te Woon.

My passie is om die skatte van die Woord só oop te sluit vir mense dat hulle daarvan ‘n woonplek maak, ‘n ruimte waarbinne hulle God ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op hul reis deur die wêreld raak.

Die evangelie van Markus

Die afgelope jaar of wat het ons nou al deur die Pentateug gewerk, die eerste 5 boeke van die Bybel; ons het die evangelie van Lukas saam met die Handelinge van die Apostels deurgelees, weer ‘n draai gemaak in die Ou Testament en Josua, Rigters en 1 en 2 Samuel (kyk na die vorige kwartaal se posts by die blog) deurgelees.

Hierdie kwartaal het ek gekies om die evangelie van Markus te neem en dit saam met julle deur te lees, maar op ‘n baie spesifieke manier.  Ek wil dit lees in vergelyking met die ander evangelies, sodat aan die een kant die boodskap van Markus nog meer spesifiek kan uitstaan, maar aan die ander kant ‘n mens ook ‘n waardering begin kry vir die wyse waarop die ander evangeliste dieselfde gegewens geneem het en ander beklemtonings en nuanses daaraan gegee het.

Lees hier meer oor die Werkswyse en Hulpmiddels

Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel

Ek begin op 21 Oktober 2009 met ‘n 7 weke Bybelskool oor die boek van 1 & 2 Samuel.

Ons gaan kyk na die verhaal van Samuel, Saul en Dawid aan die hand van 4 hoofperspektiewe.

1.  As ‘n verhaal van oorgange:

  • van die laaste rigter na die eerste koning;
  • van ‘n koning wat sy eie pad volg na ‘n koning wat aan God gehoorsaam is;

2.  As ‘n verhaal wat fokus op die ware aanbidding van God:

  • waarin Jerusalem en die Ark ‘n belangrike rol speel.

3. As ‘n verhaal wat fokus op ware leierskap:

  • Die storie van die konings is die storie van die volk. Wat met hom gebeur, het ‘n direkte impak op die volk.  Daar is maar net een manier  om leierskap te beoefen, en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.

4.  As ‘n verhaal wat wys hoe karakter werk:

  • Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
    • Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
    • Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd af tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets. Daarbenewens tree hy op as leier van die eerste profeteskool.
    • Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
    • Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.

Program

Week 1 – 1 Samuel 1-7
Week 2 – 1 Samuel 8-15
Week 3 – 1 Samuel 16-23
Week 4 – 1 Samuel 24-31
Week 5 – 2 Samuel 1-7
Week 6 – 2 Samuel 8-13
Week 7 – 2 Samuel 14-24

Ek beplan om self die teks in my stiltetyd te lees en my insigte hier te publiseer. Kom kuier elke weeksdag hier – vir 7 weke van die 22ste Oktober af – om saam te gesels.

Bybelskool: Josua, Rigters, Rut – Chris van Wyk

Josua, Rigters en Rut is die verhaal van God se getrouheid aan sy beloftes ten spyte van die volk se ongehoorsaamheid.  In 8 weke gaan ons die drie boeke deurlees en telkens nadink oor die impak en betekenis wat dié verhaal vir ons lewe het deur te fokus op:

  • die getrouheid van God deur die Intog in die Beloofde land as vervulling van sy beloftes aan die aartsvaders, die “heilige oorlog” wat God deur sy volk voer teen die afgodediens in die land, en die uiteindelike rus wat Hy gee vir sy volk met die verdeling van die land onder die 12 stamme, wat uitmond in die verbondsverbintenis van die volk om God alleen te dien – Josua;
  • die eindelose geduld wat God het met sy volk wat telkens vergeet van die vorige verlossingswerk van God, gestraf word vir hulle ongehoorsaamheid deur oorlog, en die herstel wat God bewerk deur uitgesoekte leiers as hulle weer hulle toevlug tot Hom neem – Rigters;
  • die wonderlike verhaal van 3 mense, Naomi, Rut en Boas, wat in ‘n tyd van groot ontwrigting lojaal gebly het aan God – Rut

Koste: R30 per persoon – almal welkom
{yootooltip title=[Inskrywings] width=[400]}Liesl by die kerkkantoor: 0415835115 – ete R25 pp{/yootooltip}