Skip to main content

Bybelskool: Lukas en Handelinge – Chris van Wyk

Ons lees die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels.  Geskrywe deur Lukas, die dokter, fokus die evangelie van Lukas op die redding wat Jesus bring vir alle Jode, van die platteland in Galilea tot in die stad Jerusalem.  Sy tweede boek, Handelinge, vertel die verhaal van die redding wat deur die werk van die Gees horisontaal versprei van die stad Jerusalem terug na die platteland, maar dan ook verder na Asië, Afrika, Europa en uiteindelik na die groot stad en magsentrum van daardie tyd, Rome.
Koste: R30 per persoon – almal welkom
{yootooltip title=[Inskrywings] width=[400]}Liesl by die kerkkantoor: 0415835115 – ete R25 pp{/yootooltip}

Bybelskool: Pentateug – Chris van Wyk

Die Pentateug is die verhaal van God wat ingryp in die lewe van mense en veral families. Ons gaan in ses weke die Pentateug deurlees en telkens nadink oor die impak en betekenis wat dié verhaal vir ons lewe het deur te fokus op:

  • die bepalende historiese rol van die vier sleutel gebeure en vier sleutel karakters in Genesis;
  • die intrinsieke verband tussen slawerny, verlossing en openbaring in Eksodus;
  • die helder lig wat offers en die klem op heiligheid op ons verhouding met God en mekaar werp in Levitikus;
  • die uiteenlopende pad wat verskillende generasies met God stap in Numeri;
  • die waarde van ‘n gesprek met die verlede om die hede reg te waardeer en die toekoms raak te kan sien in Deuteronomium.