Author: Chris van Wyk
Blydskap en Lyding? – Ps 107:1-3, 17-22 – 22-28 Mrt 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Blydskap en Lyding? – Ps 107:1-3, 17-22 – 22-28 Mrt 09
Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09
Kindertyd
Luister julle maklik?
Sê nou jou ma sê – maak jou kamer aan kant en sit al jou klere in die kas?
Sê nou sy sê – kom help my gou skottelgoed was?
Sê nou sy sê – daar is koek op die tafel?
Dan sit jy mos jou spesiale ore aan!
Dan luister ons met alles wat ons kan.
Nou ek wil julle vertel van ‘n man wat dit geleer het toe hy al ‘n groot man was.
Sy naam was Naäman
Eerste skyfie – hy was ‘n belangrike man – hoof van die weermag van die Arameërs
Tweede skyfie – hy was melaats
Derde skyfie – daar was ‘n jong dogtertjie in sy huis, wat ‘n slaaf was. Sy vertel vir hom van die profeet Elisa in Samaria in Israel wat kan bid vir hom, dan sal hy gesond word.
Vierde skyfie – hy besluit om te gaan met baie geld en klere
Vyfde skyfie – groot was sy verbasing toe die profeet hom nie eers wil sien nie, en vir hom sê hy moet hom sewe keer in die Jordaan gaan was.
Sesde skyfie – O en hy wou dit nie doen nie – tot sy amptenare vir hom sê: sit jou spesiale ore aan. Hulle sê, sê nou hy het iets moeiliks gevra, sou jy dit dan nie gedoen het nie? Nou het hy iets eenvoudigs gevra, hoekom sou ‘n mens nou nie dit wil doen nie! En wat doen Naäman? Hy sit sy spesiale ore aan en hy luister.
Sewende skyfie – hy duik in en na sewe keer is hy silwerskoon gesond, sy vel was soos ‘n klein seuntjie s’n.
Spesiale ore help!
Teks
12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13 Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.
Woordverkondiging
Ek lees die Bybel al van laerskool dae af. Dit is ná my voorskoolse dae met die Kinderbybel en sy prente.
Ek help mense om die Bybel te lees van my hoërskool dae af.
En dit is nie so maklik as wat ‘n mens dink nie.
Om my te help is ek blootgestel aan ‘n verskeidenheid akademiese dissiplines in my studies – Grieks, Hebreeus, Aramees, tekskritiek, vertalingstegnieke, Ou Testament Teologie, Nuwe Testament Teologie, Dogmatiek en al die voortvloeiende vakke wat meer op ‘n praktiese vlak lê, liturgiek, gemeentebediening, jeug, pastoraat, ens.
En julle sal weet dat ek baie keer van dié insigte invleg in my hulp aan mense om die Bybel te lees, ook by die Bybelskool.
En dit is goed om te weet hoe die Bybel in mekaar steek. Dit is goed om te weet wat die spesifieke woord is wat in ‘n vers gebruik word, want dan keer dit dat jy verkeerde interpretasies maak. Dwaling het immers net een vers, en soms net ‘n frase of ‘n woord in ‘n vers nodig wat verkeerd gelees word! En niemand van ons wil tog doelbewus dwaal nie, of ten minste die meeste van ons.
En dié manier van Bybel lees is ‘n ou tradisie. Dit kom van die skool van Antiochië af uit die eerste eeue. Dit is die stad waar Paulus gewerk het en vanwaar af hy sy sendingreise gedoen het. Dit was vir die Antiochiërs ontsettend belangrik om die regte grammaties-histories betekenis van ‘n teks vas te stel, want het hulle geglo, dit help dat ‘n mens presies weet wat ‘n teks sê en dan kan jy reg daarop reageer.
Calvyn het dit die sensus simplex genoem – die plein, eenvoudige betekenis van ‘n teks. ‘n Mens kan dit ook ‘n informatiewe lees van die teks noem.
Informatiewe lees
Ek het van hierdie tipe inligting oor die teks in die joernaal gesit.
Kom ons kyk kortliks daarna:
Oorhoofs: Die teks gaan oor die effektiwiteit en deurdringendheid van die Woord van God
Twee temas: 1) wat die Woord doen , 2) wat ons moet doen.
Die eerste word uitvoerig beskryf – die tweede in 5 kort Griekse woorde aan die einde opgesom: “aan Hom moet ons rekenskap gee”.
Agtergrond: Die teks sluit aan by die verhaal van Israel wat God se Woord verontagsaam het in die woestyn (Psalm 95 vertel dit poëties: die ongehoorsaamheid by Massa en Meriba toe hulle in opstand gekom het teen die Here oor hulle gebrek aan water – hulle kon net nie hulleself so ver kry om die Here te vertrou dat Hy vir hulle sal sorg nie).
En die Hebreër skrywer sê: moenie in dieselfde strik trap van opstand en ongehoorsaamheid as hulle nie! Hierdie Woord van God is ‘n swaard met twee snykante – maar nie saak wat jy doen nie, sny gaan hy jou sny, as hy ongehoorsaam is! En daarby is daar sy oë wat alles sien – letterlik oral!
So die skrywer probeer vir ons wys dat die Woord kan doen en eintlik sê hy, die Woord kan doen wat niks anders kan nie – daar is niemand wat daarteen bestand is nie – jy kan dit verontagsaam, maar jy kan dit nie keer nie.
Nou as jy dit weet – dan kan jy ‘n bietjie dieper kyk na wat die teks sê, die Woord doen.
Die skrywer sê, dit is lewend (persoonlik) en dit is kragtig (energiek).
En dit werk persoonlik en energiek in op drie aspekte van ons menswees:
Dit raak ons identiteit:
Die skrywer praat hier van die woord wat in dring tot by die skeiding van siel en gees – daarmee wil hy sê: die woord skei dinge wat ons soms dink is onskeibaar, dinge in ons binne-wêreld, daar waar ons persoonlikheid en ons geestelike aanvoeling setel. Kortom: God se Woord dring deur tot in die plek waar ons identiteit is, ons mens-wees, ons ervaring van wie ons is, die kontakpunt met die wêreld en met God – en dit help ons onderskei wat in ons van God is en wat nie.
Dit raak ons energie punte:
Die woord dring deur tot die skeiding van gewrigte en murg. Die twee, gewrigte en murg, is altwee liggaamseienskappe wat met krag te make het, die een bring die boodskappe van die brein an die ledemate, die ander sorg dat daar beweging kan wees, deur beweging toe te laat vir die spiere en ledemate. En die skrywer sê daarmee, dat niks die krag van die Woord kan troef nie – dit dring deur tot dít wat ons energie gee, dit wat ons in beweging bring, en doen sy werk – en dit help ons onderskei waar die energie van God ons heen neem.
Dit raak ons diepste motiveringe:
Die skrywer sê die Woord beoordeel die bedoelings en gedagtes van ons hart. Met gedagtes bedoel hy ons intellektuele kapasiteit en met bedoelinge het in gedagte dié dinge wat ons motiveer, die dinge van ons hart. Kortom, die Woord dring deur tot ons diepste motivering, dit wat ons sin en betekenis en motivering gee om te lewe – en dit help ons onderskei wat agter die dinge sit wat ons doen en help ons om opreg en eg te wees.
En die boodskap is, God se Woord penetreer en ontmasker en beoordeel en onderskei wat reg en goed is van wat sleg en boos is – en niks kan dit keer nie.
En wat ons moet doen?
Ons moet rekenskap gee (logos) aan dié God. (“aan Hom ons die rekenskap” – letterlik)
In terme van ons tema: ons moet sê: Ek sal luister.
Formatiewe lees van die Bybel
Die probleem is net, dat só ‘n Bybel lees nou ook weer nie so eenvoudig is nie. As ek presies weet wat die teks sê, is dit nog net die eerste deel van die proses van verstaan. Om regtig te kan hoor, moet die teks in my lewe inkom en my lewe verander. En ten spyte van die hoop dat mense met ‘n regte lees van die teks dit ook sal regkry om dit te doen, het die hoop baie keer beskaam.
En die gevaar is natuurlik lewensgroot dat ons so besig raak met ‘n teks, so ingegrawe daarin, dat ons half begin dink, ons beheer die teks, ons het die teks onder die knie, ons kan met dit maak wat ons wil.
En dan luister ons nie meer na die teks nie. Ons laat die teks luister na ons!
Nee, wat ook nodig is, is ‘n formatiewe lees van die Bybel, ‘n geestelike lees.
Dit is iets wat ‘n ander groot skool uit die eerste eeue geleer het, die skool van Alexandrië. Hulle het geleer dat die teks ‘n geestelike impak in ons lewe wil maak, dat die teks besig wil raak met ons, dat God besig wil raak met ons. En daarvoor moet jy nie net bly by die plein betekenis van die teks nie – dit bly altyd daar as ‘n korrektief. Maar jy moet vra, nou maar wat beteken dit vir my? Wat moet ek hiermee maak? Wat wil die Here hierdeur vir my sê? Hoe maak dit my pad vorentoe meer duidelik?
Calvyn het ook hierby aangesluit en dit genoem die usus van die teks, die praktiese of geestelike waarde van die teks.
En met al my studies en al my leeswerk en al my praktiese ondervinding, weet ek vandag dat albei dié aspekte belangrik is – ‘n mens moet weet wat die sensus simplex is en jy moet vra wat is die usus, die praktiese nut hiervan vir my, informatief en formatief.
En ek moet bely, ons kerk het meer klem gelê op die eerste, die informatiewe lees van die Bybel, vir baie lank en selfs dié mense wat meer geestelik wou lees, afgekraak!
Daarom dat ons half vandag wil oorhel en sê, nee, genoeg informasie, vorm my Here, Ek sal Luister.
En dit is waarmee ek vandag vir ons wil help, om só te kan luister dat dit jou lewe aanraak en jou lewe vorm. Die informasie bly belangrik, daarom het ek daarmee begin, maar dit gaan vanoggend oor die tema: “Ek sal luister”, en gaan oor die oproep dat jy sal toelaat dat die Woord jou vorm.
Om jou te help om só vormend na die Bybel te luister wil ek twee aspekte van luister beklemtoon.
Kom ek begin met ‘n metafoor: Die Bybel is soos water.
- Jy voel die water as jy induik en dit jou hele liggaam nat maak.
- Jy kan die water beskryf as H2O en jy kan sê dit is helder of troebel, maar jy kan dit net ervaar as jy daarin induik of daarvan drink.
Kom ek pas dit toe op Bybel lees en luister en verduidelik die twee aspekte van luister:
- Die eerste is: dat ‘n mens die Bybel nadenkend moet lees – en dit help om te bly by een woord of een frase TOTDAT jy dit verstaan en jy dit gehoor het. Dit is soos om in te duik in die water en daarin rond te swem om dit te geniet.
- Die tweede is: dat ‘n mens die Bybel persoonlik moet lees – wat wil God VIR MY in hierdie gedeelte sê. En net te konsentreer op dit wat jou tref of ontstel of bemoedig of uitdaag – en ek kan dit nie vir jou doen nie, en jy kan dit nie vir my doen nie. Ons kan vir mekaar tekste gee wat ons voel die Here op ons hart lê, maar ons kan nie bepaal wat persoonlik sal gebeur met die lees en luister van die teksgedeelte nie. Dit is soos die water metafoor: ek kan nie vir jou induik in die water nie.
Só ‘n lees van die Bybel neem dus meer van ons as ons intellek, dit is direk, dit is reflekterend, dit is persoonlik dit is ‘n wag op die ervaring van God se aanraking diep binne ons lewe.
Om só te kan lees, veronderstel ‘n verhouding met God. Dit veronderstel dat jy in Hom glo, nie as ‘n vêraf Skepper God nie, maar as ‘n naby persoonlike God. Dit veronderstel dat jy op Hom vertrou.
En nie een van die dinge, ‘n verhouding, geloof, vertroue, is iets wat jy kan verstaan of beleef deur ‘n aantal boeke daaroor te lees nie. As jy nie in ‘n verhouding met God is nie, dan sal jy dit nie ervaar of verstaan nie. As jy nie glo in God nie, dan sal jy geloof nie ervaar of verstaan nie. As jy nie vertrou op God nie, sal jy vertroue nie ervaar of verstaan nie.
En dan is jou eerste opdrag – om in ‘n verhouding met God te kom, om in Hom te begin glo, en om op Hom te begin vertrou.
Hoe kan ek dus die Bybel nadenkend en persoonlik lees, sodat ek kan luister en die Woord my lewe kan verander?
Die eerste en belangrikste is:
MAAK ‘N GEREELDE AFSPRAAK EN HOU DAARBY.
Dit is wanneer ‘n mens tyd spandeer met God en met die Bybel dat jy sy stem sal hoor. As jy nie in water induik nie, sal jy dit nie ervaar nie. Petersen vertaal Matt 11:28-30 in The Message as volg: “Walk with me and work with me – watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace . .. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” O hoe wens ek, ek kan elkeen van julle hiermee help – en in Staying in Touch en die Spiritual Disciplines help ons mos mense hiermee – maar dit is uiteindelik iets wat jy self moet begin.
Die tweede is:
LEES DIESELFDE TEKS ‘N PAAR KEER EN LUISTER VIR ‘N PERSOONLIKE WOORD.
Daar is die wonderlike belofte van Jesus, dat elkeen wat soek, sal vind, en elkeen wat klop, vir hom sal oopgemaak word, en vir elkeen wat vra, sal gegee word. Dit kan ‘n woord wees of ‘n frase of die gedagte van die hele gedeelte.
Gister oggend het ek ‘n teks gelees in die Psalms waarin ek ‘n woord gehoor het wat eintlik die teenoorgestelde was as wat die situasie van Dawid was – en dit was helend om God se aanraking via die teks te kry, al was dit selfs nie eers in die direkte woorde geleë nie.
En in hierdie teks het die rede vir die ongehoorsaamheid van die Israeliete my getref: dat hulle hulleself nie sover kon kry om God te vertrou nie. Dit het my lewe op verskillende vlakke aangespreek.
Die derde is:
BLY IN DIE TEKS TOTDAT JY ‘N PERSOONLIKE WOORD HOOR.
Hierdie stap is miskien die moeilikste as ‘n mens begin, omdat jy half simpel kan voel, en half kan voel, maar is dit so eenvoudig, en wat as ek verkeerd hoor. Ek onthou in Staying in Touch, Bly in Voeling, hoe half huiwerig mense dinge die eerste of tweede keer deel – “ek weet nou nie of ek reg gehoor het nie” – en hoe dít verander in ‘n ontspanne vrymoedige wandel met die Here.
Die vierde is:
DINK NA OOR DIE PERSOONLIKE WOORD TOT DIT BEGIN LEWE IN JOU EN JOU VOLMAAK VAN BINNE.
Dit is iets wat jou hele menswees, intellek, hart, gees, wil en gevoel betrek.
- Soms inspireer die struktuur van ‘n boek my só ongelooflik -bv. Lukas wat sy verhaal in drie dele in sy evangelie vertel, die begin van die evangelie in die platteland, die omvattende reis na Jerusalem wat uitmond in die verhoor in Jerusalem, en in Handelinge dieselfde drie dele, die begin van die verspreiding van die evangelie in die platteland, die omvattende 3 sendingreise van Paulus uiteindelik op pad na Jerusalem en dan die verhoor in Jerusalem en uiteindelik in Rome.
- Soms die emosie van ‘n Dawid wat skreeu om hulp van sy vervolgers soos in gister se Psalm (35), of
- die uitdaging van ‘n Maria, moeder van Jesus, “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Luk 1:38) – soos ek onlangs in ‘n boek oor haar gelees het.
Geen wonder dat van ‘n hele paar profete gesê word dat hulle die Woord geëet het, Johannes op Patmos (Open 10:10 “Ek het dit … opgeëet. In my mond was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit insluk, het my maag bitter geword.” ), Jeremia (15:16 – “Ek het u woorde verslind”), Esegiël (3:3 “Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond”).
Die vyfde is:
REAGEER IN GEBED EN LEWENSTYL OP DIE PERSOONLIKE WOORD.
God wil met ons in ‘n verhouding staan, waarin Hy praat en ons praat, waarin Hy opdragte gee en ons gehoorsaam, waarin Hy vir ons sê Hy het ons lief en ons dit vir Hom terugsê, waarin Hy ons bemoedig en ons daarop reageer.
Die sesde is:
LAAT DIE BYBEL JOU GESPREK MET GOD BEPAAL.
Daarom is dit so nodig om ‘n gereelde tyd met God te spandeer. Sodat soos jy deur die Psalms werk of deur ‘n evangelie of deur ‘n historiese boek in die Ou Testament God jou begin begelei. Ek kan onomwonde verklaar, God lei deur enige deel in sy Woord en uit enige woord daarin. Al wat nodig is dat jy jouself sistematies daaraan blootstel. Die wonder is dat die Woord dan so lewendig en kragtig raak dat dit soos ‘n elektriese draad is – jy weet daarvan as jy daaraan raak!
Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Hebr 13 – Son 1 Maart 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Hebr 13 – Son 1 Maart 09
Verwelkoming
Kinders blomme
Toetrede Lied 164
Votum & Seëngroet
Lofsang Psalm 23 & Lied 523
Gebed Lied 253 (sit)
Skriflesing Hebreërs 13:1-6
Prediking
Reeks Geestelike Gewoontes –
Verlede week geregtigheid as manier Chr liefde beliggaam.
Vandag: gasvryheid as manier lewe met ander deel.
Daarom teks:
2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie,
want deur gasvry te wees,
het sommige mense
sonder dat hulle dit geweet het,
engele as gaste gehuisves.
Bekende storie van Leo Tolstoy oor Vader Panov.
Ons gemeente hawe –
Manier sê gasvry.
Afrikaanssprekendes – Suid-Afrikaners,
Gasvryheid lê na aan hart –
Is wêreldbekend.
Ontvang graag mense in huise,
Eet graag saam.
Maar veels te oppervlakkig om dissipline
Of deug van gasvryheid te wees.
Gasvryheid is meer as om mense in huis te ontvang.
Gasvryheid gaan juis oor vreemdelinge,
Manier wat vreemdelingskap oorkom.
Gasvryheid is om veilige ruimte om ons te skep
Waar ander mense God se gasvryheid,
God se verwelkoming kan beleef.
Vertel verhaal van Charlie.
Charlie een van dáárdie kinders.
Kategete kon net nie beheer.
Tyd kom vir Kersopvoering,
Besluit wys vir Charlie eenvoudige rol te gee.
So word Charlie herbergier.
Beteken sê 3 keer: Geen plek nie!
Aand van Kersspel twee kinders aangetrek Maria en Josef kom in.
Geen plek nie! sê Charlie.
Paartjie klop tweede keer.
Geen plek nie, herhaal Charlie.
Toe selfs harder aan deur klop,
Desperaat blyplek,
Pleit by herbergier:
Asseblief, is daar geen blyplek nie?
Waarop Charlie nie meer kan hou, sê:
Ag, hoekom slaap julle nie vanaand in my kamer nie?
Gevaar met beeld soos hawe,
Dat nie gasvry,
Maar juis eksklusief,
Afsluit –
Branders uithou,
Muur raak wat wêreld buite daar buite hou,
Terwyl hier binne veilige ruimte vir onsself.
Daarom ons sê hawe wat versorg en STUUR.
Want gasvryheid beteken nie net mense na ons toe kom,
Maar dat ons uitgaan,
Nie net mense gasvry ontvang,
Maar ook gasvry leef,
Gasvrye ruimte om self skep oral waar gaan.
Gasvryheid in die Bybel
Gasvryheid baie NB hele Bybel.
Anders as wat ons dit ken.
In ons kultuur konsep gasvryheid baie van krag verloor.
OT & NT wys baie ernstig was oor vreemdeling verwelkom.
Meer as dit:
Gaste is eintlik kosbare geskenke
Ons lewens verryk.
Abraham ontvang drie vreemdelinge,
Eintlik Here wat aankondig Sara seun sal hê.
(Gen. 18:1-15)
Weduwee van Sarfat vir Elia kos en blyplek gee
Hy man van God
Haar help met oorvloed olie en meel
En kind uit dood opwek
(1 Konings 17:9-24)
Emmausgangers nooi vreemdeling uit,
Wat dan self gasheer word –
En Jesus is
(Lukas 24:13-35)
Wat God wil hê (verlede week)
6 Is die vas wat Ek wil hê,
nie dít nie:
om dié wat onregverdig gevange gehou word,
te bevry,
om die juk wat op mense druk,
af te haal,
om verdruktes vry te maak,
om elke juk te breek?
7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,
van jou brood gee nie,
dat jy aan die armes
en die dakloses
‘n blyplek gee nie,
dat wanneer jy iemand sonder klere sien,
jy vir hom klere gee nie,
dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
(Jesaja 58)
1 Tim 3 oa vereiste van ouderling = gasvry wees.
(Ook Titus 1:8)
Wanneer Timoteus praat van weduwees,
Sê weduwee moet bekend wees dat vreemdelinge gehuisves het.
(1 Tim 4:15)
Petrus sê moet gasvry teenoor mekaar wees sonder om te kla.
(1 Pet 4:9)
Hierdie gasvryheid natuurlik nie net letterlik vreemdeling in huis ontvang –
Hoewel dit ook nie afskeep –
Maar gaan oor houding teenoor ander mense,
Wat op verskillende maniere sigbaar is.
Dubbelsinnige gevoel teenoor vreemdelinge
Maar moet ook eerlik wees met mekaar as praat oor vreemdelinge:
Ons gevoel teenoor vreemdelinge nie sommer dadelik positief,
Maar eintlik heel dubbelsinnig.
Teks vandag sê
ek ken geen vrees nie:
wat kan ‘n mens aan my doen?”
Maar eerlik moet wees,
Vrees sentrale deel van lewe geraak.
Kan aan allerhande dinge dink mens aan ons kan doen.
Ursula vertel iemand aan haar ma deur klop,
Ingenooi,
By kombuistafel gesit en eet.
Vandag nie eers daarvan droom bedelaar in huis te laat inkom.
Woord ons land bekend: xenofobia,
Letterlik vrees vir vreemdeling –
By ons sommer haat geword.
Interessant NT woord vir gasvryheid:
Philoxenos –
I.p.v. xenophobia,
Philosxenos –
Letterlik liefde teenoor vreemdeling.
Iemand ook gesê al woorde met hierdie stam – xen –
Kan óf beteken vreemdeling of buitelander
Of gas of vriend.
Selfde woord kan albei beteken.
Leef in huise met hoë mure,
Rye slotte,
Hekke,
Tralies voor vensters.
Alles te sê:
Bly uit!
Dubbelsinnige gevoel,
Want meeste van ons gee beslis om.
Wil graag armes,
Eensames
Verwerptes,
Dakloses help.
Daarom dikwels met skuldgevoel
Wanneer vreemdeling aan deur klop en kos vra –
Of aan venster by robot klop.
Bêre jou handsak onder jou sitplek,
Sluit jou deur.
Mense wat vir ons onbekend is,
Wat dalk ‘n ander taal praat
Of ‘n ander kleur is,
Ander tipe klere dra
Dalk ander gewoontes het as ons,
Maak ons bang –
En dalk selfs vyandig.
Maar dit hoef regtig nie so dramaties te wees nie.
Vrees en vyandigheid beïnvloed nie net ons verhouding met
Bedelaars en
Vreemdelinge in sentraal nie.
Ons wêreld so vol kompetisie,
Dat klasmaats,
Spanmaats,
Kollegas,
Almal deel raak van vrees en vyandigheid.
Plekke bedoel mense bymekaar te bring –
Klaskamer, sportveld –
Raak plekke van vyandigheid.
Gasvryheid is om teen hierdie vrees en vyandigheid te kies.
Gasvryheid is om verwelkomende ruimtes te skep
Gasvryheid is letterlik wat woord sê:
Vryheid van die gas.
Gasvryheid is om vry, vriendelike ruimtes rondom jouself te skep
Wat mense innooi en laat tuis voel
Sonder om hulle te bind aan jou gewoontes en verwagtings.
As ouers kom kuier – TV, etenstye.
Ook ons lewenswyse.
Gasvryheid is om ruimte te skep
Waar vreemdelinge kan inkom
En vriende kan word.
Baie vlakke waarop hierdie gasvryheid beoefen.
NIE net vreemdelinge in huis innooi.
Gaan oor ruimte wat om onsself skep,
Manier van menswees tussen vreemdelinge.
(Nouwen blog:
Gasvryheid ouers teenoor kinders;
Onderwysers / dosente en leerders / studente
Genesers en pasiënte)
(Storie my gehelp verstaan wat gasvryheid beteken:)
Chris Robbeneiland –
Vreemdelinge sit by “men of God”.
Veilige ruimte op Robbeneiland,
Weet welkom, aanvaar,
Iemand sal opstaan –
Was nie almal Christene!
Gasvryheid is om die mense raak te sien met wie elke dag in kontak –
Kinders, eggenoot, ouers, boetie/sussie
By werk
Langs pad
Garage
Winkel…
Baie van ons lewens so haastig,
Vergeet dat God deur ons mense wil bereik,
Hardloop deur lewe
Sonder om eers mense raak te sien ons pad kruis.
Gasvryheid almal raak sien
elkeen te behandel asof engel
Bevestig eerder as beskaam.
Belangstel.
Storie van Ma in Somerset Mall
Gaan nie goed met haar.
(Moslem Ramadan – groet, ken op naam;
Vreemde vrou in koffiewinkel)
Week weer gedink aan waardes van luisterseisoen:
Leerbaarheid
Vertroue
Deernis
Openheid.
Kon goedskiks opsomming van waardes onderliggend dissipline van gasvryheid.
Want gasvryheid veilige ruimte skep
Mense raakgesien word
Welkom voel
Aanvaar / bevestig voel
Tuis kom.
Elkeen van ons kan dit doen –
In huise
Werk
Teenoor mekaar
Teenoor “vreemdelinge” in ons buurt.
JOERNAAL
Dink na oor jou kontak met mense die laaste week.
Lys almal wat jy kon groet.
Omkring een of twee persone wat jy ervaar die Here jou na toe terugstuur.
Sendelinge Terugvoer
Ons gemeente: elkeen van ons gestuurd,
Ook sturend
Daarom ons mense uitgestuur gasvry te gaan wees vir vreemdelinge in wêreld.
Steeds verantwoordelikheid teenoor hulle –
Gasvry te wees vir hulle.
• Lourens
• Wolmarans
• Evelyn
• Brinks
• Zithulele
• Elspeth
BID
Dankoffer
• Gasvryheid – offers
• Kinders bring geld vir Thandusana (kan later nog.)
Koor Lied 298 en 303
Nagmaal
Kan net gasvry wees
As self gasvryheid beleef –
Ande aanvaar as self aanvaarding beleef het,
Tuiskom as self tuisgekom.
Daarom nooi vanoggend die Here Jesus self se gasvryheid beleef.
Jesus self hierdie tafel gedek,
Ons uitgenooi na hierdie maal.
Lees in 1 Kor 11:
Die Here Jesus het
in die nag waarin Hy oorgelewer is,
brood geneem en,
nadat Hy God daarvoor gedank het,
het Hy dit gebreek en gesê:
“Dit is my liggaam;
dit is vir júlle.
Gebruik dit tot my gedagtenis.”
25 Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê:
“Hierdie beker is die nuwe verbond,
wat deur my bloed beseël is.
Gebruik dit,
elke keer as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis.”
26 Elke keer as julle van hierdie brood eet
en uit die beker drink,
verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Deur saam aan hierdie tafel te sit,
Beleef die gasvryheid van Christus,
Bevestig en herinner
Dat hy ons aanvaar, verwelkom,
Ons aan hom behoort en veilig by hom.
Natuurlik ook saam aan tafel sit,
Word ook aan mekaar verbind.
Deur saam hierdie maaltyd Christus vir ons voorberei geniet,
Word ook ons band met mekaar versterk.
Sien saam uit na beloofde maaltyd,
Bruilofmaal van Lam.
Tafel voorberei, mense voor sit,
Kinders help uitdeel:
Lied 302
DANKGEBED
Gasvryheid hier ontvang
Tafel gesit –
Neem uit,
Deel met almal in kontak:
Lied 486
Seën
Lied 314