Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Erediens: Hand 4:32-37 – Barnabas die Bemoediger (Vrygewigheid) – 24 Julie 2011

Verwelkoming & afk.

Toetrede

Lied 162 U self het ons geroep

Votum

Ps. 16

Seëngroet

Lofsang

Ps. 112 God wat oorvloed het voorsien

Terugvoer Brinks

Gebed

Kindertyd

Gebed

Vonkk 118 U wil geskied op aard. o Heer

Skriflesing

Handelinge 4:32-37

Preek

Prent Hattie May Wyatt

Vroeg 1900

dominee haar huilend buite klein kerkie gekry.

Sy is gevra om terug huis toe te gaan,

want daar was nie plek vir haar nie.

“Ek kan nie Sondagskool toe gaan nie”

het sy huilend vir die predikant gesê.

Hy het haar hand geneem

en haar na ’n klassie geneem.

 

So twee jaar later

het dieselfde dogtertjie ernstig siek geword

en gesterf.

Die predikant is deur haar ouers ontbied.

Toe hy by die vervalle woonstelblok kom,

het hulle hom gevra om hul dogter se begrafnis waar te neem.

Hulle het aan hom ’n kleinerige beursie gegee.

Binne-in was ’n briefie en 57 sent.

In die briefie het die volgende woorde in kinderskrif geskryf gestaan: “Hierdie geldjie

is om die klein kerkie te help

om iets groter te bou

sodat meer kinders daarnatoe kan gaan.”

Vir twee jaar lank het die dogtertjie gespaar aan haar 57 sent!

Die predikant het daardie Sondag

die briefie van die kansel aan sy gemeente voorgelees.

Hy het die gemeente uitgedaag om daarop te reageer.

Dit was net die begin van die 57c se impak….

Binne vyf jaar

is daar toe genoeg geld ingesamel

om ’n nuwe kerk te kon bou.

 

As jy eendag in Philadelphia kom,

gaan besoek gerus die Temple Baptist Church

(die foto op die PowerPoint),

met sy sitplek vir 3,300 mense.

En ook die Temple Universiteit,

waar honderde studente opgelei word.

Kyk goed na die Good Samaritan Hospitaal

en na die Sondagskool sentrum

waar honderde kinders elke Sondag bymekaarkom.

Niemand word ooit meer die deur gewys nie.

 

Binne die Sondagskoolsentrum

sal jy ’n skildery van ’n klein dogtertjie sien.

Dis haar 57 sent

wat God so wonderlik gebruik het.

Ons bietjie word altyd baie in God se hand!

 

Nog iemand wat bydrae so vermenigvuldig:

Barnabas.

 

Weet min van Barnabas.

Hoewel kwartaal gaan sien,

Bybel eintlik relatief baie oor hom praat!

 

Vandag teks:

Leviet.

Beteken kennis OT,

In tempel gewerk,

ondersteunende werk –

liturgiese liedere.

 

Van Siprus –

sal nou-nou,

res van kwartaal,

sien hoe God dit gebruik.

Eerste sendingreis bv daar begin.

 

Maar interessant:

naam eintlik Josef.

 

Maar Barnabas duidelik gawe van bemoediging gehad –

so sterk,

dat bynaam geword!

 

Hier reeds sien,

Barnabas nie iemand suinig met gawes.

Was iemand omgegee,

kon regkry ander bemoedig,

sy gawes,

HOMSELF,

met ander gedeel.

 

Wanneer Gees oor kerk uitgestort,

eerste gemeente gevestig.

Kan dink verwarrende tyd:

nog nie reëls,

struktuur…

hoe werk hierdie Christen-wees ding?

Wat is dit?

Hoe lyk dit?

 

Teks lees,

een van eerste dinge gedoen:

goed met mekaar gedeel,

gesorg niemand gebrek ly.

 

Hierin Barnabas leidende rol gespeel.

Bemoediger verkoop grond,

sodat ander versorg kan word.

 

Interessant enigsins grond hét,

stam van Levi nie mag rond besit.

 

Waarskynlik omdat van Siprus.

So God gebruik hier reeds afkoms –

feit van Siprus is,

beteken kan eiendom besit.

 

Het iets wat kan bydra.

 

Ek dink nie Barnabas presies besef wat doen.

Toe stuk grond verkoop –

dalk nie maklik,

groot impak in lewe –

geen idee gehad impak op kerk.

 

Deur te doen,

wys vir eerste gelowiges

hoe Christen leef,

hoe Christene vrygewig kan wees,

in proses grense oorsteek dié heet en nie het.

 

Vestig heel nuwe waardes,

vreemd aan kultuur van dag.

Waardes deel word DNA van kerk,

sodat Christen-wees vandag,

vrygewigheid impliseer.

 

Hierdie vrygewigheid deel

van ongekende groei kerk.

Geen ander beweging ooit so gegroei.

Versorging.

Slawe.

Deel.

Sien, beleef.

 

Vandag nog deel DNA kerk.

Ek vermoed NGK grootste welsynsorganisasie in land.

Ouetehuise

Kinderhuise

Sopkombuise…

nou-nou terugkom.

 

Maar daardie eerste stukkie grond

Barnabas verkoop,

impak deur eeue,

manier waarop Christene leef,

uitbreiding van geloof.

 

Sien eerste uitkring Barnabas vrygewigheid,

kort hierna reeds.

Direk hierna,

eerste gemeente kies

Griekse weduwees op gelyke voet versorg

as Hebreeussprekende weduwees (Hand 6).

 

Kerk begin praktiese implikasies van vrygewigheid sien,

besef nie net mekaar ondersteun,

ook ander mense,

nie Jode.

 

Vrygewigheid eerste treë

kerk inklusiewe gemeenskap,

oor grense uitreik,

vreemdelinge aan mekaar bind.

 

Ook later Barnabas vb. vrygewigheid,

manier waarop in vrygewigheid oor grense aan mekaar verbind.

Wanneer saam Paulus Antiogië,

begelei gemeente daar

geld insamel gemeente Jerusalem,

toe dié nood beleef,

versorg.

 

Nou kan mens dink,

moet baie hê,

vrygewig te kan wees.

 

Wat op ou end eintlik maar net verskoning.

Ek weet nie Barnabas – dalk vermoënd,

maar waarskynlik nie,

vanweë Leviet.

 

Maar Jesus duidelik gewys,

nie grote van gawe

wat vrygewigheid bepaal,

maar hart waarmee gegee.

 

Al het mens min,

selfs al lei gebrek,

kan steeds vrygewig wees.

 

Verhaal arm weduwee Mark 12:

baie ryk mense baie geld ingooi,

arm weduwee twee muntstukkies.

Was baie min werd.

 

Jesus gesê:

Hierdie arm weduwee

het meer ingegooi

as al die ander mense

wat iets in die offergawekis gegooi het.

Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi,

maar sy het in haar gebrek

alles ingegooi wat sy gehad het,

alles waarvan sy moes lewe.

 

57c kan ‘n geweldige verskil maak!

 

Kontrasteer met Ananias & Safira

grond verkoop,

geld gegee,

gehoop mag.

Gesindheid verkeerd –

lewe gekos.

 

Is nie grootte van gawe,

maar gesindheid van gawe.

 

Nie net geld,

ook tyd

(ons meer kosbaar as geld,

tyd offer dikwels meer soortgelyk arm weduwee offer)

gawes

kennis

kundigheid.

God gebruik ons gewone gawes.

 

Barnabas stuk grond –

een van grootste gelowe in wêreld,

oor millennia,

oor grense heen,

mense versorg.

 

57 c –

massiewe kerk,

universiteit,

hospitaal,

skool…

 

Joernaalblad:

week ernstig dink,

oorweeg.

Wat het wat nie meer nodig het?

Wat dinge verknog?  Kan met minder tevrede wees?

 

Bedelaars gemeente.

Menswaardig, gasvry.

Nie geld.

Geld wat sou gee,

vir ander bediening wel help.  (NB)

Afk.:

Barmhartigheid.

 

Wat is behoeftes gemeenskap?  Hoe kan help?

Geld

Vervoer

kennis

netwerke

toegang tot staatsdepartement,

vaardighede iemand kan leer,

lys oneindig.

 

Hoe roep God jou vrygewig wees?

Stilte

Gebed

Dankoffer

Lied 308 Neem my lewe (staan)

Seën

2 Kor. 9:10-12

Lied 311 Dit wat ons hier ontvang het

 

Huisgodsdiens: 25-31 Julie – Gasvryheid

RUS

Vertel vir mekaar hoe julle in die week wat verby is vrygewig was.  Wat was maklik? Moeilik?  Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand. 9:26-32 lees.  Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal.  As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

 LEEF

  • Vertel vir mekaar wat julle dink gasvryheid beteken.  Het een van julle ‘n storie van iemand wat gasvry was teenoor jou?  Vertel dit vir mekaar.
  • Hoe gaan julle gesin hierdie week “gasvryheid” beoefen?
  • Sondag gaan Nagmaal wees.  Verduidelik vir die kinders wat die Nagmaal is en hoe ons daaraan deelneem (kyk op ons webtuiste by http://bit.ly/pinmKv as jy riglyne vir die gesprek soek).  Besluit saam hoe julle gaan voorberei vir die Nagmaal.
  • Sondag kuier die lidmate van die VGK Bloemendal by ons.  Gesels hoe julle (ons gemeente) spesiaal gasvry teenoor hulle kan wees Sondag.
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op
  • van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

 

Huisgodsdiens: 18-24 Julie 2011 – Vrygewigheid

RUS
Vertel vir mekaar wat die Here vandag / hierdie week in jul lewens gedoen het. Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR
Laat iemand Joh. 6:1-13 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF
Vertel vir mekaar wat vrygewigheid beteken. Het een van julle ‘n storie van iemand wat vrygewig was teenoor jou? Vertel dit vir mekaar.
Maak ‘n lys van goed wat julle nie meer nodig het of nie meer gebruik nie – vir wie kan julle dit gee?
Hoe gaan julle gesin hierdie week “vrygewigheid” beoefen?
Maak ‘n lys van goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

Kleingroepmateriaal: Leef Waarderend – 28 November 2010

Rus

Vertel van ‘n keer toe iemand vir jou erkenning gegee het en vir jou ruimte gemaak het om jouself te wees, al het jy eintlik duidelik anders opgetree as wat van jou verwag sou word.

Hoor

Lees Johannes 12:1-8

Wat in die teks tref jou?  Deel dit met mekaar.

  • Let op hoe anders Marta in hierdie teks optree as in Lukas 10.  Wat het gebeur om hierdie verandering teweeg te bring?
  • “God se stem is altyd ‘n stem van liefde.”  Bespreek.

 Leef

  • Hoe vra die Here van julle om – prakties – waarderend te leef?
  • Watter persoon met wie jy gereelde kontak het, kry die minste erkenning van mense?  Dink aan ‘n manier om iewers in die week iets te doen wat dié persoon sal laat besef dat dit wat hulle doen, waarde het.
  • Waardering vra dat ons opnuut na mekaar sal leer luister.  Opregte belangstelling gee aan mense hulle menswaardigheid terug.  Dink aan iemand wat jy gereeld sien, maar by wie jy verby leef.  Wat sou dit beteken om meer na hulle te luister?  Gaan doen dit by die eerste geleentheid wat jy kry!

(Verwys “Moed om mens te wees” – Elna Mouton e.a.)