Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Kleingroep-materiaal: Leef Gasvry – 10 Oktober 2010

Rus

Vertel vir mekaar van ‘n keer wat jy ware gasvryheid beleef het. Beskryf wat gebeur het en hoe dit jou laat voel het. As daar mense van verskillende generasies in julle groep is (of as julle die materiaal gebruik vir huisgodsdiens), laat mense van verskillende generasies 2×2 hul verhale met mekaar deel. Laat elkeen dan vir die groep vertel wat hulle by die ander een se verhaal geleer het.

Hoor

webvertel kleurLees Lukas 24:13-25 en Hebreërs 13:1-8
Wat in die teks tref jou, roer jou hart, of verontrus jou? Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.

 

Bespreek:

  • Watter voorbeelde van gasvryheid kan julle in die Emmaus-teks vind? Wat beteken dit vir julle dat Jesus – die gas – die gasheer word?
  • Elizabeth Newman skryf: “While our culture reduces ‘hospitality’ to friendliness and private entertaining, Christian hospitality remains a public and economic reality by which God re-creates us through the places and people we are given.” (Gaan lees meer op ons blog by www.ngkersomerstrand.co.za/blog.) Hoe, dink julle, het die privatisering van gasvryheid Christelike gasvryheid verskraal?
  • As die hele Hebreërs 13:1-8 oor gasvryheid gaan, wat leer dit ons omtrent gasvryheid?
  • Gesels oor die redes waarom ons gasvry is:
  • Omdat God so sê – en so is
  • Omdat ons self vreemdelinge is
  • Omdat die evangelie oor verhoudings gaan
  • Omdat ons mekaar nodig het

Leef

Dink na oor die verskillende sfere waarin julle beweeg en gee vir mekaar praktiese idees hoe ‘n mens gasvry kan wees in elke aspek van jou lewe. Dink veral hoe elkeen van julle gasvry kan wees teenoor iemand van ‘n ander generasie as jou eie.
As julle groepslede almal min of meer van dieselfde generasie is, oorweeg dit om iemand van ‘n ander generasie te nooi om by julle groep te kom kuier. Julle kan bv. ‘n gesamentlike geleentheid met een van Klema se kleingroepe reël – kontak vir Chris by 041 583 3320 vir besonderhede.

Kleingroep-materiaal: 2 Konings 19: 12 September 2010

Lees 2 Konings 19:14-34

Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?

  • Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
  • Waar het jou gedagtes vasgehaak?
  • Deel dit met mekaar.
  • Wat leer die gedeelte julle oor vertroue in ‘n wêreld vol onsekerheid en bedreigings?

Luister na die konteks – waar is ons?

  • Wat is die konteks van die verhaal? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
  • Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – hoe reageer hulle    daarop?
  • Wat is ons konteks?  (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik,     ekonomies)
  • Wat doen dit aan ons – hoe reageer ons daarop?
  • Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?

Luister na God – wat doen God?

  • Waar is God in die verhaal besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) in die verhaal?
  • Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
  • Waar is God in ons konteks besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?
  • Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?

Kleingroep-materiaal – 1 Konings 21 – 29 Augustus – 4 September 2010

Lees 1 Konings 21

Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?

  • Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
  • Waar het jou gedagtes vasgehaak?
  • Deel dit met mekaar.
  • Wat leer die gedeelte julle oor omgee in ‘n wêreld waar daar ongeregtigheid is?

Luister na die konteks – waar is ons?

  • Wat is die konteks van die verhaal? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
  • Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – hoe reageer hulle daarop?
  • Wat is ons konteks?  (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik,     ekonomies)
  • Wat doen dit aan ons – hoe reageer ons daarop?
  • Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?

Luister na God – wat doen God?

  • Waar is God in die verhaal besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) in die verhaal?
  • Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
  • Waar is God in ons konteks besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?
  • Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?

Kleingroep-materiaal – 1 Konings 19 – 15-21 Augustus 2010

Rus

  • Sit gemaklik.  Ontspan.  Konsentreer op jou asemhaling.
  • Dink na oor die afgelope 24 uur.  Wat het gebeur waarvoor jy dankbaar is?  Dank God daarvoor.
  • Wat het gebeur wat vir jou sleg was of jou seergemaak het?  Gee dit vir God oor.
  • Wees stil.  Konsentreer weer op jou asemhaling.  Wag op God, die “fluistering in die windstilte”.

Hoor

Lees 1 Konings 19

  • Dink na:  Wat in die teks tref jou, roer jou hart of verontrus jou? 
  • Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.
  • Hoekom brand mense vandag so maklik uit?  Beleef julle ook die gejaagdheid van die lewe?
  • Wat leer hierdie teks ons daaroor om “tot verhaal te kom”?

Leef

  • Hoe help die dissipline van Sabbat ons om tot verhaal te kom?
  • Hoe kan jy rus in jou lewe inbou?
  • Waartoe roep God jou nou?  
  • Besluit op ‘n gepaste reaksie op God en dra mekaar aan die Here op.

Dag 5 – Efesiërs 4:11-16

Jesus het aan die kerk gawes gegee om haar op te bou en toe te rus.  Dit beteken dat ons elkeen ons plek moet volstaan, t.w.v. ons eie en die kerk se groei. Wanneer die gawes só funksioneer, sal die gelowiges volwassenheid bereik in die eenheid van die geloof en die kennis van Christus.  Dan is Christus ten volle in hulle en hulle in Christus.  Op aarde is gelowiges steeds in wording:  ons groei en ontwikkel. 
Die eerste teken van die “volgroeide mens” is dat dié gelowige so toegerus is in die geloof dat die vals leraars hulle nie sal laat afdwaal of onsekerheid sal bring nie.