Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

13-19 Mei Elia en Elisa

Volgende week (19-23 Mei) is Pinkster.  Dan woon almal saam Pinkster by.  Ons werk dus met die huisgodsdiens vooruit met 26 Mei se skrifgedeeltes.

RUS

  • Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Ons lees hierdie week die teks vir 26 Mei.  Volgende Sondag, 19 Mei, begin Pinkster.  Daardie week woon die hele gesin saam Pinkster by!

Lees Hoofstuk 15 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Elia (1 Konings 17-18) en Elisa (2 Konings 2, 5) uit enige kinder-vriendelike Bybel.  Daar is so baie verhale, julle kan dalk elke aand van die week ’n ander storie lees.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Wat leer Elia se goeie tye (oorwin Baälprofete) en slegte tye (woestyn) julle van geloof?
  • God praat met Elia die stilte.  Hoe praat God vandag met ons?  Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy al die stem van die Here gehoor het.  Hoe kan ons seker maak dat ons hom hoor en na hom luister?

 

LEEF

God het vir Elia en Elisa gehelp.  Hy sal jou ook help.  Vertel vir mekaar waarvoor jy veral nou die Here se hulp nodig het.  Bid vir mekaar dat die Here julle meet daardie goed sal help.

 

  • Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?  Jy kan bv. ander seën deur vir hulle te bid.  Vir wie gaan jy spesiaal hierdie week bid om hulle te seën?  Wat gaan jy vir hulle bid.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster en Kinderpinkster wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.

Hemelvaart 2013

HEMELVAARTDIENS 9 Mei 2013

Aanvangswoord

Soos ‘n blom

na die son draai;

Soos riviere

na die see loop;

Soos ‘n boom

na die hemel opreik;

Soos skape

agter hulle herder aanloop –

So rig ons ons hart op die Here.

Rig julle hart op die opgestane Here!

Video In Christ Alone 

Seëngroet

Liturg: 

Genade

en vrede

van een Skepper-God

Gemeente:  van alle sienlike en onsienlike dinge.

L:  Genade

en vrede

van een Here,

Jesus Christus,

Lig uit Lig,

G:  wat sit aan die regterhand van die Vader.

L:  Genade

en vrede

van die Heilige Gees,

G:  Wat ons Here en Lewendmaker is. 

Amen.

Loflied    

In Ressurectione Tua 

Koninkrykslitanie:

Liturg:  In alle plekke van konflik…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elke geweldenaar…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elke politikus…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elke slagoffer van misdaad… 

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat honger ly…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elke daklose…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat wanhoop…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat siek is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat gemolesteer is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat verslaaf is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen met skuld wat nie betaal kan word nie…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat eensaam is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat bang is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van elkeen wat terneergedruk is…

Gemeente:  Laat u koninkryk kom.

L:  In die hart van die wêreld…

Lied Dona Nobis Pacem (3:16 | 3:17)

Epiklese

Ons juig in U, onse Here.

Dis U wat hemelvreugde bied.

Ons sing u Naam ter ere.

U het waarlik opgevaar.

Daarom weet ons:  u Woord bly ewig waar.

U is ons Hoof en Here.

U maak nou vir ons plek gereed

by God, ons Heer en Vader,

en deur U offer kan ons weet,

dat ons ook nou tot God mag nader!

Help ons, Here,

lei ons na die Vader.

Amen

(N.a.v. Lied 426)

Skriflesing

Handelinge 1:6-11 

Psalm 93  

Efesiërs 1:15-23

Lukas 24:44-53

Lied Exaltabo 3:2 (1:59)

Oordenking

Vandag staan ons so saam met die dissipels

En staar stip na die hemel.

En soos die dissipels

Wonder ons seker nog steeds:

Wat presies het nou hier gebeur?

Wat nou?

Vir die antieke kerk

Was hemelvaart ’n baie belangrike feesdag –

En die feit van Jesus se hemelvaart is ingesluit

In van die vroegste geloofsbelydenisse.

Want hulle het in die hemelvaart

Die belofte gesien

Van groot dinge wat kom!

Jesus se hemelvaart

Merk die einde van Jesus se bediening op aarde,

Maar ook die begin van ’n nuwe periode,

’n tyd waarin Jesus se verhouding met ons

Nie beperk is deur die grense van tyd en ruimte nie.

Volgens Calvyn

Is daar drie “voordele” tot Jesus se hemelvaart:

Deurdrenk van krag

Deur die hemelvaart

Ervaar ons

Dat Christus ons

Vul,

Deurdrenk,

met krag.

Ef. Teks gelees:

Dieselfde krag waarmee Christus uit dood opgewek,

Krag wat God in ons uitoefen.

Calvyn visualiseer Jesus,

Verhoog,

Verheerlik,

Waar sit aan regterhand van God,

Waar hy sy kinders

Oorlaai met geestelike rykdom.

Advokaat en intersessor

Weens die hemelvaart

Het gelowiges ook in Christus

’n konstante advokaat

en intersessor,

iemand wat vir ons die pad oopmaak,

vir ons toegang tot God se troon bewerkstellig. 

Calvyn stel vir Jesus as ’n tipe

Heilige afleiding voor,

Wat God se oë weglei

Van ons sonde af.

Jesus pleit vir ons by God,

Hy oorreed sy Vader om gunstig na ons te kyk,

Sodat ons niks het om te vrees nie.

Inhuldiging van koninkryk

Derdens sê Calvyn

Dat Jesus se hemelvaart

Vir ons die weg oopgemaak het

In die hemelse Koninkryk in.

Die hemelvaart is niks minder nie

As die inhuldiging van die koninkryk van God nie –

’n nuwe era

Waaraan ons deel het.

Jesus hemel toe

En hemel aarde toe –

God se regering

Alle aardse grense

En beperkinge

Deurbreek.

Koninkryk het aangebreek –

Jesus regeer.

Ingetrek in die hart van God

Maar in wat sekerlik sy mees treffende kommentaar op die hemelvaart is,

Sê Calvyn:

Aangesien Christus die hemel ingegaan het

 in ons vlees,

Asof in ons naam

Dan is dit ook so

Dat ons op ’n manier

Reeds by God sit

In Christus.

In Jesus se hemelvaart

Is ons (mense se) menslikheid –

Ons “vlees”

Opgeneem in die diepte van God se hart.

Dit is besondere goeie nuus vir ons

En vir die hele wêreld.

Dit beteken dat God ons dieper waardeer

Liewer het

As wat ons ooit gedroom het.

Dit beteken dat God ons brose,

Gebroke menslikheid

In Christus sal verander.

Dit beteken dat die

Vlugteling

Die mishandelde kind of vrou

Die slagoffer van geweld

Die een wat alleen in ’n groot huis ronddwaal,

Die wat met depressie worstel

Die wat hul eie gevoel van waarde verloor het,

Die wat siek is,

Almal wat deur ’n moeilike tyd gaan –

Deel is van God.

En so gaan die lewe voort:

Ons groei en verander.

Ons trek van een plek na ander.

Ons beleef siekte en geweld.

Ons leef met die pynlike ritme van lewe en dood.

Ons maak foute,

Doen sonde.

Maar deur dit alles

Kan hierdie prentjie ons dra:

Die prent

Van ons menslikheid

Wat deur Jesus

In God opgeneem word.

Sodat daardie brose menswees van ons,

Daardie elke dag se stories,

Nóú aan God se sy geleef word.

Tuiskoms

So Jesus se hemelvaart gee vir ons ’n huidige realiteit om mee te leef.

Maar dit gee ook vir ons ’n toekoms,

Iets om na uit te sien:

Die menslikheid wat opgeneem is na die regterhand van God,

Keer in heerlikheid weer tot ons terug.

Die wêreld waarin ons leef,

Word konstant verander,

God is die hele tyd besig om te kom.

Reg en geregtigheid

Kom aangerol

Soos water,

Om Amos se beeld te gebruik.

Christus se weggaan

Lei uiteindelik

Vir elkeen van ons

Tot tuiskoms –

Tuiskoms in ’n lewe

Gevul met die volheid van Christus.

Daarom vier ons vandag hemelvaart:

Ons vier die nuwe geestelike krag

wat elke dag op ons uitgegiet word.

Ons vier die intersessor en advokaat

wat God oortuig

om met guns na ons te kyk

en ons sonde te vergewe.

Ons vier die koninkryk van God wat naby gekom het.      

En ons vier die feit dat ons,

Ten spyte van swaarkry en sonde,

Nou deur God vasgehou word.

Gebed

Geloofsbelydenis van Nicéa

Seën

Salomo – die koning wat alles gehad het

Votum                  
Ps 136
Seëngroet
Lofsang                
Lied 286 Here God van liefde (staan)
Psalm 111 vv1 en 4 Keerverse almal, vers 1 vroue, vers 4 mans (sit)
Oorsig die storie
video
Kindertyd (Groet & verwelkoming)
Fliek Aladdin gesien – 
Kry lamp, vryf
Genie – drie wense.
Mag nie wens dat alle wense waar word!
Wat sou jy wens?
Bak roomys nooit opraak
Baie geld
Almal altyd van jou hou?
Storie – is nie regtig genies!
Lees Bybel God aan Salomo in droom verskyn – 
Ook gesê kan wens.
Wat gevra?
Wysheid.
Wysheid = weet wat reg en verkeerd,
Na regte mense luister
Hoef nie droom van genie – 
Kan soos Salomo vra vir wysheid

Epiklese Gebed
Skriflesing  & Preek
Besig Storie – 
Alles eintlik Jesus se storie.
Vandag:  Salomo.
Gaan vandag deur storie Salomo gaan,
Effens ander lens as ons gewoond – [new exodus theology]
Ook vra waarde ons vandag hierdie storie te hoor – 
Stick with me!
Voor Salomo,
Gaan net so paar hoofstukke terug – 
Die hoofstuk keerpunt in Israel verhaal,
Begin van volk.
Berg Sinai – 
Volk slawe,
God hoor roep,
Bevry.
By Sinai – 
Gee grondwet – 
Sê wie God is,
Sê soek “lyf”- 
Priesters, God verteenwoordig,
So leef dat wêreld kan sien wie en hoe God is.
Gee wet,
Waarmee sê:
Dis hoe leef op manier
Wêreld kan sien wie en hoe God is – 
Wie en hoe God is = 
• God wat roepstem van onderdrukte hoor,
• God wat bevry.
Gesê al wette – 
Nie net 10 gebooie – 
Wys iets van hierdie hart van God,
Wat roepstem van onderdrukte hoor
En bevry.
Reis deur woestyn,
Neem beloofde land in,
Eers regeer deur Rigters,
Dan Saul koning,
Later Dawid,
Vandag:  Dawid seun Salomo.
Lees besoek Koningin Skeba:
1 Konings 10:1-9
OAV meer akkuraat:
Hy u as koning aangestel 
om reg en geregtigheid te doen.
Is presies waaroor Sinai gegaan!
Kry idee dat Skeba getuig
Opdrag Sinai word uitgevoer:
Israel teken van reg en geregtigheid – 
Is tog wie God is!
Wêreld sien – Skeba kom kyk! 
Skeba verstaan
God Salomo geseën 
Om te seën – 
Om gebruik
Reg en geregtigheid te doen,
Te wys wie en hoe God is.
God vir Salomo al die wysheid
En rykdom
En mag gegee,
Sodat Salomo kan doen
Wat God doen – 
Omsien na armes
Swakkes,
Kwesbares
Die wat lei onder ongeregtigheid.
Maar kom kyk bietjie nader
Na reg en geregtigheid
In Salomo koninkryk.
Hoe het Salomo sy seën gebruik om te seën?
Hoe sy wysheid, rykdom en mag gebruik?
Want soos enige iemand wat deur God geseën word – 
Of net klein bietjie
Of oorvloedig,
Kan een van twee rigtings gaan:
Kan seën gebruik om om te sien na kwesbares.
Of kan seën gebruik om eie mag en rykdom te vermeerder.
Bybel vertel die storie van Salomo se seën:
1 Kon 9:15
Vir die bou van die huis van die Here 
en die paleis, 
die terras 
en die muur van Jerusalem, 
en vir die herbou van die stede 
Hasor, Megiddo en Geser 
het koning Salomo 
van dwangarbeid gebruik gemaak.
Dwangarbeid.
Fensie woord vir slawe.
Salomo gebruik SLAWE om God se tempel te bou.
Hoe ironies is dit?
Die God wat geroep van slawe hoor,
Bevry – 
Opdrag gee om selfde te doen – 
Gebruik SLAWE God tempel te bou.
Maar die probleem is nie net WIE hy gebruik vir sy bouprojekte nie – 
Dis ook WAT hy bou.
en vir die herbou van die stede 
Hasor, Megiddo en Geser 
Maklik oor die stede se name te lees,
Mis wat onder die oppervlak aangaan:
Hasor, Megiddo en Geser
Is militêre basisse.
Megiddo is vallei noord van Israel – 
Waar Afrika, Europa en Asië ontmoet.
Strategiese posisie,
Om minste te sê!
Megiddo
Is waar ons woord vir Armageddon vandaan kom.
Salomo gebruik sy massiewe hulpbronne
Om militêre basisse te bou
Om sy massiewe hulpbronne te beskerm.
Maar dit eindig nie daar ie.
Lees 1 Kon 10:26:
26Salomo het ’n mag van strydwaens 
en ruiters bymekaargebring. 
Hy het veertien honderd strydwaens 
en twaalf duisend ruiters gehad. 
Hy het hulle gestasioneer 
in die strydwaposte 
en by die paleis in Jerusalem. 
28Perde is vir Salomo uit Egipte en Kewé ingevoer.
 Die handelaars wat deur die koning aangestel is, 
het hulle daar gaan koop 
vir die prys waarop ooreengekom is.
29Om ’n wa uit Egipte in te voer, 
het net minder as sewe kilogram silwer gekos, 
en ’n perd ongeveer een en ’n driekwart kilogram. 
Dieselfde pryse is aan die Hetitiese 
en die Aramese konings betaal. 
Die invoer het deur bemiddeling
 van die handelaars geskied.
Perde?
Strydwaens?
Presies dieselfde goed waarmee die Egiptenare destyds
Agter die bedremmelde groepie slawe aangejaag het.
Strydwaens en perde – 
Die tenks en vegvliegtuie van sy tyd.
Ingevoer van waar?
Egipte.
Salomo
Het die Egipte van sy tyd geword.
N.A.V. laat lyk asof strydwaens en perde 
by konings van Hettiete en Arameërs gekoop.
OAV:  UITGEVOER.
Salomo nie net wapens gekoop.
Het wapens VERKOOP.
Kan sekerlik sê
Dis manier reg en geregtigheid te handhaaf – 
Onseker kan sê is hoe reg en geregtigheid DOEN –
Maar daar was vrede – 
Want wie gaan nou skoor soek met ou
Wat vinger op rooi knoppie het?
Maar is dit
Om die stem van die onderdrukte te hoor?
Om mense te bevry?
Om om te sien na die weduwee, die wees, die vreemdeling?
Maar nog is dit het einde niet!
Lees in Bybel 
Salomo 700 vroue gehad,
300 byvroue.
Ons moeilik dit te hoor sonder “hur hur hur”.
Maar kanse goed Salomo meeste van hierdie vroue nooit besoek.
Was transaksies – 
Verdrae tussen hom en bure.
Trou met naburige volk – 
Volk seker Salomo gaan nie rooi knoppie in hul rigting druk,
Gaan nie aanval, vernietig.
Salomo seker
Hulle sal hom nie ondergrawe,
Sal ondersteun.
Onthou daardie groepie bevryde slawe
Aan voet Sinai?
Wet God hulle gegee?
Wet wat sê HOE moet wees,
Sodat vir God lyf kan wees,
Nasies kan sien wie en hoe hy is?
Net gou een van daardie wette lees:
Deut. 17:14-17
14“Wanneer jy in die land kom 
wat die Here jou God vir jou sal gee,
 en jy dit in besit geneem het 
en daarin woon, 
sal jy sê: 
‘Ek wil ’n koning oor my aanstel. 
Elke nasie in my omgewing het ’n koning.’
15Stel dan tog die koning aan 
vir wie die Here jou God kies. 
Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. 
Jy mag nie ’n uitlander,
 iemand wat nie uit jou volk is nie, 
as koning aanstel nie. 
16Hy mag nie baie perde aanhou nie, 
en hy mag ook nie die volk na Egipte toe laat teruggaan
 om vir hulle baie perde aan te skaf nie. 
Die Here het vir julle gesê:
 ‘Julle mag nooit weer daarheen teruggaan nie.’
17Die koning mag ook nie baie vrouens hê nie, 
sodat hy nie aan die Here ontrou word nie. 
Hy mag ook nie sy silwer en goud te veel laat word nie.
Paar generasies later,
Salomo:
Baie perde?
Ongetwyfeld!
By Egipte gekry?
Jip.
Baie vroue?
UH…
Te veel silwer en goud?
Wel…
1 Kon 10:14
N.A.V. interpreteer: 
 Salomo se jaarlikse inkomste aan goud 
het sowat drie en twintig ton beloop
OAV – en Engelse vertalings:
EN die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses-honderd-ses-en-sestig talente goud,
Nie totale inkomste – 
Nog baie ander bronne,
Ander goed soos silwer.
Maar redakteur Konings,
Glip hierdie stukkie inligting hier tussen-in:
666 talente goud.
Iets is baie, baie verkeerd.
Want wanneer God jou seën,
Kan dit een van twee rigtings gaan:
Jy kan die seën gebruik
Om om te sien na die weduwees, wese, vreemdelinge – 
Kwesbares, onderdruktes;
Of kan seën gebruik,
Eie koninkryk te vermeerder.
Gevolg Salomo se koninkryk,
Is dat wegdwaal van God – 
Dat hierdie man,
Gawe van wysheid van God,
Dwaasste ding denkbaar doen.
In week gesels oor eiland van Life of Pi – 
Na lang tyd alleen op boot met tier,
Kom Pi op Alge Eiland.
Dink dis redding – 
Hier is rus,
Kos.
Kan so maklik daar bly!
Maar kom mettertyd agter
Eiland mens-etende alge – 
As daar bly,
Gaan hom opeet.
Maar eiland tog nie NET sleg – 
As eiland nie daar was,
Sou doodgaan van honger!
Eiland red lewe.
Maar as op eiland sou bly,
Sou sterf.
My laat dink aan hierdie teks.
Al Salomo se wysheid, rykdom – 
Kom van God af.
Is seën.
Maar is bedoel om gebruik te word
Om ander – 
Volk,
Omliggende volke,
Kwesbares – 
Te seën.
Wanneer vasgehou word vir self,
Word juis seën
Instrument van ondergang.
Dink dis belangrike insig ons te hoor – 
Dat God ons seën 
OMDAT hy wil hê
Ons ander moet seën.
Seën is bedoel oor te loop,
Ander te versorg.
Nie net vir self hou.
Natuurlik,
Wanneer seën net vir self hou,
Dan word bron van angs – 
Want dan vrees gaan verloor.
Dink net met hoeveel spanning loop ons elke dag rond,
Omdat goed naarstig vasklou,
Probeer keer dat ander by ons goed uitkom,
Keer dat ons dit gaan verloor,
Keer dat iemand anders ons gaan uitoorlê,
Transaksie gaan kry,
Beter gaan doen as ons – 
Bekommer onsself siek.
Maar as deel,
Word bevry,
Vrygemaak van angs.
Maar hier nog ding in verhaal Salomo
Waarmee ek dink dit NB af te sluit:
Die Here twee keer aan Salomo verskyn
Uitdruklik beveel
Nie ander Gode mag dien nie.
1 Kon 11:9:
Die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam 
omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie.
11Daarom het die Here nou vir hom gesê: 
“Omdat dit so is 
dat jy jou nie hou aan my verbond 
en aan die voorskrifte wat Ek jou gegee het nie, 
sal Ek die koningskap van jou afskeur 
en vir ’n onderdaan van jou gee. 
12Ter wille van jou vader Dawid
 sal Ek dit wel nie tydens jou lewe doen nie, 
maar Ek gaan dit tydens jou seun se lewe doen. 
13Ek sal ook nie die hele koninkryk wegneem nie, 
maar ter wille van my dienaar Dawid 
en ter wille van Jerusalem wat Ék uitverkies het, 
gaan Ek een stam vir jou seun laat oorbly.”
Toe ek dit lees,
Gewonder of dit vandag nog werk – 
Of hierdie troos is vir ouers?
As jy verhouding met God het,
Jou kind op verkeerde pad – 
Kan vir Here sê – 
Ter wille van verhouding ons het – 
Moenie my kind straf?
In week vraag by selgroep gevra,
Hulle gehelp om lyn terug te bring van die storie – 
Wat, wanneer alles gesê is, 
Jesus se storie is.
Vier hierdie week Hemelvaart – 
Sê Jesus sit aan regterhand van God,
Dat Jesus vir ons intree by God.
Wanneer ons droogmaak,
Jesus sê vir Vader – 
Ter wille van my verhouding met haar – 
Moet haar nie straf nie.
God kyk na ons,
Na die manier wat ons sy seëninge misbruik,
Sê:  ter wille van my seun
Sal ek julle nie straf nie.
Wat, terloops,
Dan natuurlik ook beteken
Ouers van gedoopte kinders
Kán sê – 
Ter wille van wat Jesus vir kind gedoen het – 
Wees hulle genadig.
Want uiteindelik,
Maak nie saak waarmee ons geseën word
En hoe ons daardie seën gebruik
Of misbruik nie – 
Ons is geseën met die kruis,
Bevestig in die water van die doop – 
Ons is God se kinders.
Daar is dan nou geen veroordeling 
Vir dié wat in Christus Jesus is nie
(Rom 8:1).
Uiteindelik is dit die finale seën waarmee ons leef,
Die belangrikste realiteit,
Tussen al ons angs
En al ons gesukkel
En al ons mislukkings deur:
Ter wille van Jesus:
Daar is dus nou geen veroordeling
Vir die wat in Christus Jesus is nie.
Voorbidding
Dankoffer
Toewydingsgebed
Slotsang               
Lied 489 vv 1 en 3 Waak Christen, staan in die geloof (staan)
Seën
Respons Lied 313

6 tot 12 Mei Die Koninkryk Deel in Twee

RUS

  • Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

    HOOR

Lees Hoofstuk 14 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van die koninkryke wat skeur (1 Konings 14-15) uit enige kinder-vriendelike Bybel (of lees van Koning Asa in 1 Konings 15:9-24).

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Israel se konings het hulle op dwaalspore gelei, sodat hulle nie meer vir God gedien het nie.  Wie is leiers wat jy volg?  Hoe kan ’n mens weet dat ’n leier jou nie op ’n dwaalspoor lei nie?
  • Koning Asa het uit sy oupa se foute geleer.  Hoe kan ons uit ons en ander se foute leer?

 

LEEF

  • Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?  Jy kan bv. ander seën deur vir hulle te bid.  Vir wie gaan jy spesiaal hierdie week bid om hulle te seën?  Wat gaan jy vir hulle bid.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster (en Kinderpinkster) wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.

29 April tot 4 Mei Die Koning wat alles gehad het

RUS 
•Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 

Lees Hoofstuk 13 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Salomo (1 Konings 1-11) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Gesels oor wat wysheid en onderskeidingsvermoë is en hoe dit verskil van kennis.
•Hoe raak ’n mens wys?  Wat kan jy doen om wyser te word?
•Salomo het goed begin, maar uiteindelik het hy geswik voor versoekings.  Verduidelik vir mekaar wat ’n “versoekings” is en laat elkeen voorbeelde noem van versoekings wat hulle self moet weerstaan.  Gesels oor wat julle alles kan doen om seker te maak julle bly sterk staan teen versoekings.
LEEF 
•Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster (en Kinderpinkster) wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.

Dawid – Van Skaapwagter tot Koning

Verwelkoming & Afk.
Toetrede 
Lied 164 Ons is almal hier tesaam (staan)
Votum
In Psalm 131 sê Dawid
Ek lê nie wakker
oor groot dinge nie, 
dinge waaraan ek niks kan doen ie.  
Ek het rus en kalmte gevind.  
Soos ’n kindertjies by hul mammas
 tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.  
Wag op die Here, Israel, 
nou en vir altyd.
Seëngroet
•Uitnodiging vanoggend nie te bekommer oor goed niks aan kan doen,
•Rus, kalmte te vind by God,
•Op hom te wag,
Wete dat hy ons hier wil ontmoet.
Daarom groet in sy Naam:
Genade en vrede vir elkeen van ons.
Lofsang
Lied 212  Loof die Heer, hy is goed (staan)
Lied 205:1-2 Bring lof aan die Vader (sit)
Kindertyd
Ken verhaal Dawid en Goliat – 
Goliat reus, Dawid jonk.
Moes baie moeilik gewees.
God se hulp nodig gehad – 
Kan nie op eie doen,
 
Henry – omstoot, nie seermaak.
 
Onmoontlik!
Partykeer goed in lewe,
Soos reus wat moet omstoot – 
Onmoontlik!
 
Verhaal Dawid leer,
Hoef nie bang te wees,
God sal help. 
 
God help ons
Wanneer ons dink iets is onmoontlik – 
Kan selfs reus plattrek.
 
Gebed
Skriflesing
Psalm 78:70-72
 
Preek
So kyk vanoggend eerste deel verhaal van Dawid.
 
Verlede week Samuel.
NB onthou – volk aanvanklik nie koning gehad.
God wou ook nie hê moet koning hê – 
Moet na God luister.
 
Volk dring aan,
God gee Saul.
 
Saul aanvanklik goeie koning – 
Koning luister na God,
So God regeer steeds,
Deur koning.
 
Mettertyd Saul begin dink hy nie God nodig,
Ongehoorsaam.
 
God verwerp Saul as koning,
Stuur Samuel nuwe koning te gaan salf.
Stuur na ou genaamd Isai.
Isai bring seuns.
(weet nie is om koning te salf – 
Dink is vir offer-fees)
 
1 Samyel 16:6-13, NLV
6Toe [Isai en seuns] daar aankom, 
kyk [Samuel] na [Isai se seun] Eliab en dink: 
“Dis sekerlik die Here se gesalfde!” 
7Maar die Here sê vir Samuel: 
“Moenie volgens voorkoms 
of grootte 
of liggaamsbou oordeel nie, 
want Ek het hom nie gekies nie. 
Die Here neem nie besluite soos mense nie! 
Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, 
maar die Here kyk na die binnekant.”
8Toe roep Isai vir Abinadab 
en laat hom voor Samuel verbyloop, 
maar Samuel sê: 
“Dis ook nie die Here se keuse nie.” 
9Daarna roep Isai vir Samma, 
maar Samuel sê: 
“Hierdie een het die Here ook nie gekies nie.” 
10Sewe van Isai se seuns 
is so aan Samuel voorgestel, 
maar Samuel sê vir Isai: 
“Die Here het nie een van hulle gekies nie.” 
11Daarom vra hy:
 “Is hierdie al jou seuns?”
“Die jongste is nie hier nie,” 
antwoord Isai. 
“Hy pas die skape op.”
“Stuur iemand om hom te gaan haal,” sê Samuel.
 “Ons kan nie eet voordat hy ook hier is nie.”
12Isai het so gemaak 
en hom laat roep. 
Hy was rooierig van voorkoms, 
aantreklik met mooi oë. 
Uiteindelik sê die Here: 
“Dis die regte een. 
Salf hom.”
13Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, 
neem Samuel die olie wat hy saamgebring het 
en gooi dit uit op Dawid se kop. 
Van toe af
 het die Gees van die Here 
kragtig in [Dawid] gewerk. 
 
Sien res van verhaal,
Mense sien nie aanvanklik potensiaal koning in Dawid raak nie!
 
Wanneer Dawid opdaag op slagveld Filistyne,
Oudste broer Eliab raas – 
Hoekom los kleinvee op veld?
Is vermetel in kwaadwillig!
 
Saul sien Dawid aanvanklik as musikant,
Geen bedreiging.
 
Goliat dink is grap.
 
Maar God sien anders.
 
Die Here neem nie besluite soos mense nie! 
Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, 
maar die Here kyk na die binnekant.”
 
Ons weet dit!
 
Maar dalk nodig soms herinner te word – 
God kyk anders as mense.
God sien potensiaal waar ons vaskyk in ander goed.
 
Weet nie wat presies is wat God sien – 
Teks opeenhoping woord “sien” – 
Maar weet is iets aan binnekant,
In hart – 
Nie uiterlike.
 
Ons dalk nodig om herinner te word
Op twee vlakke:
 
Eerstens oor manier waarop ons mense oordeel.
Duidelik tussen kinders,
Maar by grootmense steeds daar – 
Dalk net meer subtiel:
 
Kyk na mense,
Besluit of goed of sleg,
Of van hou of nie,
Op grond van 
•Goed in sport
•Regte brand klere
•Regte plek woon
 
Ou wat by robot staan en bedel
Kind wat…
 
“Searching for Sugarman”- 
Verhaal van musikant Rodriguez – 
Superster in SA,
Ons almal al sy musiek gehoor!
 
Gaan soek hom,
Vind as ambagsman in VSA,
Geen idee van sukses – 
Album of twee uitgegee,
Nie baie suksesvol, – 50 eerste album, “6” in VSA verkoop.
Aangegaan gewone,
Alledaagse lewe.
 
Wanneer vriende, kollegas in VSA hoor
Dat eintlik superster in SA,
Lag – 
Glo nie,
Dink hy jok!
Verbeelding,
Oordryf – 
Is sommer net gewone ou Rodriguez wat elke dag saam met ons werk,
In armoede leef – 
Niks spesiaal!
Beslis nie superster!
 
Dogter sê iets in lyn van:
People don’t think that poor people can have beautiful souls.
 
Ons dikwels na mense kyk,
Net uiterlike sien,
Ons maatstaf sukses of nie – 
En nie die beeldskone siel raaksien.
Een interessante ding hier oor Dawid – 
Was waarskynlik 16 toe gesalf!
 
[praat met volwassenes:]
Ons dikwels geneig jongmense onderskat – 
Hulle kan nie leiding neem,
Ons kan nie by hulle leer,
Kan nie woord by hulle ontvang.
 
Maar Gees van God kan ook kragtig in kinders se lewens werk,
Kan hulle ook gebruik.
 
Daarom NB dat ons hulle ook respekteer,
Oop wees vir stem van God deur hulle.
 
En uitkyk vir potensiaal in mense rondom ons – 
Jongmense – 
Help dit bereik.
 
Vir hulle Jonatan wees – 
Wat self moes koning wees!
Pa Saul sou opvolg.
Maar potensiaal in Dawid raaksien,
Help te bereik.
 
Selfde potensiaal in ander sien,
Help bereik.
 
Dalk soms ten koste van self – 
Maar dan jou potensiaal nie koning te wees,
Maar ander help koning word!
 
So, ons moet kennis neem God anders kyk,
Omdat dit manier wat ons kyk
Moet temper:
Sagter oë kyk na jongmense/kinders
Ouer mense
Veral mense wat ons dink op manier nie goed genoeg,
Nie belangrik genoeg,
Suksesvol
Talentvol
Genoeg
 
Soek vir potensiaal in ander – 
Veral in die wat ons voel nie onmiddellik sigbaar.
 
Maar tweede rede waarom kennis neem dat God anders kyk – 
Eerstens sodat self anders kan kyk na ander mense.
Maar tweedens omdat soms nodig dat anders kyk na self.
 
Grootgemaak nederig te wees.
Is goed en reg.
 
Maar wanneer nederigheid verhoed
Potensiaal bereik,
Doen waarvoor God jou op aarde geplaas,
Dan moet jy anders kyk!
 
God elkeen van ons spesiale roeping hier op aarde geplaas – 
Elkeen van ons gebore potensiaal daardie ding vir God te doen.
Soms kyk so vas in eie beperkinge,
Dat nie volle potensiaal leef God ons geskape.
 
Nie genoeg geld.
Nie genoeg invloed – 
Niemand luister na my.
Nie mooi genoeg.
Nie slim genoeg.
Praat nie goed genoeg.
 
Moontlik alles waar.
Maar beteken nie JY is nie goed genoeg.
Beteken nie jy kan NIE iets beteken nie,
NIE seën wees nie.
 
Want dit is hoekom God jou geskape het – 
Omdat jou wil gebruik,
Gebruik om ander te seën.
 
Kan dit doen,
Al is arm.
Al is in rolstoel,
Al is alleen – 
God kan jou gebruik.
 
Ray Boltz – Shepherd boy:
Well it wasn’t the oldest
It wasn’t the strongest
Chosen on that day
And yet the giants fell
And nations trembled
When they stood in his way
 
But when others see a shepherd boy
God may see a king
Even though your life seems filled
With ordinary things
In just a moment He can touch you
And everything will change
When others see a shepherd boy
God may see a king
 
Nou is Dawid gesalf as koning.
Behalwe… 
Hy word nie koning nie.
 
Eers word hy musikant in Saul se hof.
 
Dan verslaan Goliat…
Dalk nou koning.
 
Maar nee.
 
Wat volg,
Is VEERTIEN JAAR 
Van stryd – 
Saul begin Dawid wantrou,
Naderhand moet Dawid vlug,
Uit land waarvan hy kwansuis koning moet wees,
Vlug vir lewe.
 
VEERTIEN JAAR lange stryd,
Voordat Dawid uiteindelik koning word,
Voordat uiteindelik BEGIN potensiaal vervul wat God in hom gesien.
 
Hoekom?
Omdat dit is hoe God dit wou hê.
Kan nie Saul blameer,
Volk – 
Is pad wat God met Dawid geloop!
 
Maar in proses,
In sukkel
En vlug
En oorlog,
Word Dawid gevorm.
 
Word potensiaal wat binne hom bestaan het,
Gevorm.
Ontwikkel as leier.
 
Leer God vertrou,
Wanneer niks het – 
Lees Psalms,
Sien dikwels moedeloos –
 Leer afhanklik van God wees,
Weet dat God sorg.
 
Word karakter gevorm na God wil.
Kom voor keuses – 
Kan kies verkeerd te doen,
Kan kies God wil – 
Word gevorm,
Sodat mens word wat God geweet het binne was – 
Gereed koningskap volk oor te neem.  
 
Ons dikwels,
Uiteindelik agterkom wat God roeping vir ons – 
Nou gaan alles vlot verloop,
Geen teenstand – 
Gaan in toekoms inglip wat God vir ons bedoel.
 
God my geroep mamma te wees.
Nou gaan pragtige kinders hê,
Geen gedragsprobleme,
Gehoorsame tieners…
 
En dan werk dit nie so,
Kry teenstand en oorlog.
 
God geroep leier te wees – 
Word nie gekies as prefek.
 
God my geroep rugby te speel – 
Breek sleutelbeen eerste wedstryd.
God my geroep dokter te wees – 
Kry nie keuring.
 
God geroep besigheid – 
Vou binne eerste jaar.
 
God sien potensiaal in jou,
Maar beteken nie gaan oornag bereik.
 
God gaan omstandighede gebruik – 
Saul’s van lewe gebruik – 
Om jou te vorm,
Om potensiaal te ontwikkel.
 
Soms kyk na Saul – 
Ding keer doen wat moet,
Struikelblok duiwel,
Gevolg sonde.
 
Dikwels is!
 
Maar dikwels – 
Dalk altyd – 
Iets God gebruik
Ons te vorm.
 
Kan opgee,
Hande in lug gooi – 
Dalk my misgis,
Dalk het ek nie potensiaal ek gedink.
Dis te moeilik.
Te seer.
Teenstand te veel.
 
Of kan te midde teenstand,
Terwyl in grot wegkruip,
In vreemde land vlugteling – 
Leer God vertrou,
Leer God loof TE MIDDE van teenstand, onsekerheid.
 
Weet dat hierdie goed ons vorm,
Mense te word God bedoel.
 
Foto my vriendin Sarah Jane Wessels.
Gebore 1937.
Grootgeword Elliot.
 
Vertel van kleins af geweet geroep dominee te word.
1937 geen manier vrou word dominee!
 
Klein dogtertjie,
Rok met haakspelde tussen bene vasgemaak,
Broek, dan man
Preek vir pampoene.
 
Studeer, 
Teologiese vakke,
Maar uiteraard nie dominee.
 
Eers 1991,
Toe sy 54 was,
Vroue toegelaat as dominees.
 
Sarah-Jane lang stryd eintlik toe eers begin,
Studeer,
Laaste akademiese vereistes voldoen.
Uiteindelik, 
Toe 60 was,
Akademiese vereistes voldoen – 
Kan nou potensiaal bereik van kleintyd af al daar was – 
Kan dominee word.
 
Behalwe,
NGK legitimeer nie mense 60 en ouer.
 
Nuwe stryd begin.
 
Uiteindelik,
Datum
In VGK gelegitimeer.
 
Op ouderdom xxx
Sarah Jane dominee geword!
 
Vandag emeritus – 
Afgetrede dominee,
Steeds bedien gemeentes rondom Parys, Vrystaat,
Waar woon.
Foto van haar facebook profiel gaan steel,
Lees gunsteling aanhalings:
•Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg
•Nie waarom, maar waartoe
•Vrae oor lyding het nie noodwendig ‘n oplossing nie, maar ‘n Verlosser
 
Laaste ding oor hele storie ons hierdie jaar lees – 
Ons nie elke week uitlig,
Maar elke, elke week deel van die storie!
 
Die Storie
Is Jesus se storie.
 
Dawid se storie
Wys na Jesus se storie.
 
Dawid word voorbeeld-koning,
Waarna volk vir eeue uitsien,
Weer een sal kry.
 
Voorspellings 
Uit geslag van Dawid sal koning kom
Volk finaal verlos.
 
En dan word Jesus gebore,
Uit geslag van Dawid.
 
Maar nie net Dawid storie
Op ou end Jesus storie – 
Ook ons stories
Op ou end Jesus se stories.
 
Wanneer praat van potensiaal
In elkeen van ons,
Raaksien in mense rondom ons – 
Dan is dit potensiaal om deur God gebruik te word,
Sodat wêreld kan lyk soos wat hy wil.
 
God seën ons met potensiaal,
Nie ter wille van onsself,
Maar ter wille van sy Naam,
Sy Eer – 
Sodat mense hom kan leer ken,
Kan sien dat hy regeer.
Dis sleutel,
Lens waardeur na alle potensiaal 
En alle teenstand moet kyk – 
Hoe eer Jesus Naam?
 
God seën ons – 
Nie ter wille van self,
Maar sodat ons tot seën kan wees.
 
Afsluit,
Weer Ray Boltz – Shepherd Boy:
 
One by one problems come
And dreams get shattered
And sometimes it’s hard
To understand
But things like chance
And circumstance
They don’t really matter
Our Father holds tomorrow
In His hands
 
But when others see a shepherd boy
God may see a king
Even though your life seems filled
With ordinary things
In just a moment He can touch you
And everything will change
When others see a shepherd boy
God may see a king
 
Nadenke
Nadink:  watter potensiaal God jou mee geseën?
Wat is reuse jou moeilik maak te bereik?
Hoe God jou gebruik ander te seën?

Gebed
Dankoffers
Slotlied
Lied 207 vv 1, 4 en 5 (staan)
Seën
Lied 313