Skip to main content

Tag: Opstanding

Johannes 20:19-25 Paasfees Preek

Wonde vertel ‘n storie.  Dink maar aan die wonde aan jou eie lyf.  (Dalk wil die kinders op hierdie punt gou vir hul ouers wys – of vertel – wat hul gunsteling wonde is.)  Ons almal dra wonde aan ons lyf.  Wonde wat stories vertel.

Stories van prettige kinderdae, van knieë wat stukkend geval is terwyl ons gespeel het.  Van ‘n bottel wat my vinger gesny het toe ek op ‘n plaas huis-huis gespeel het.   Wonde van swaarkry.  Van operasies.  Van ongelukke.  Van geweld.  Innerlike, emosionele wonde.  Elkeen van daardie wonde vertel is storie.  Daardie storie vertel wie ons is, wat ons gevorm het, hoekom ons vandag is wie ons is.

So watter storie vertel Jesus se wonde?

Continue reading

Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag

Verwelkoming

leë grafMartin Luther het geskryf, “Die redding en ewige lewe wat Jesus Christus deur sy kruisdood en sy opstanding uit die dood bewerkstellig het, hou nie net heling in vir individue nie – dit is ook die uiteindelike vernietiging van die doodsheid in die hart van die hele menslike geskiedenis. God het die belofte van die opstanding nie net in boeke laat skryf nie, maar ook in elke lenteblaartjie.”

(uit: Ian Nell (red), Seisoene van God se jaar. 2000. Wellington: Lux Verbi.)

Continue reading