Skip to main content

Tag: kinders

Nagmaal vir Kinders

Sondag is Nagmaal en die kinders is welkom om dit saam met ons te vier!  Ouers kan hier ‘n boekie aflaai met ‘n paar idees oor hoe om met jou kind vir die Nagmaal voor te berei.

Die Nagmaal is natuurlik een van daardie Sondae waar dit belangrik is dat daar in die kerk gefluister móét word, om kinders deur die diens te begelei en te verduidelik wat aangaan.  Ons moedig ouers / grootouers / ander grootmense aan om tydens die diens vir kinders te fluister!  Lees meer hier.

Leer jou kinders van Dankoffers

Maak vir jou kinders 3 houers, gemerk “Geld vir God”, “Spaargeld” en “Geld om te spandeer.” So kan jy jou kinders van vroeg af leer hoe om met geld te werk.  Gee hul sakgeld in kleingeld (bv. R10 as R1e).  So kan hulle self besluit hoeveel in watter houer kom.  Laat hulle dan elke Sondag geld uit die “Geld vir God” houer neem en by die kerk in die kollektebord gooi.

 Gesels met jou kinders:

  • ­ God maak alles, so alles is God s’n.  Ook ons.  Ons is dankbaar omdat God alles gemaak het.  Hy het vir ons so baie gegee dat ons vir hom wil teruggee.
  • ­ Ons dink eerste oor God.  Daarom gooi ons eerste geld in die “Geld vir God” houer.
  • ­ Ons gee vir God omdat ons hom liefhet.  Ons wys ook vir God dat ons hom liefhet deur kerk toe te gaan, met hom te gesels in gebed en deur goed te doen aan ander.  Ons gee ons dankoffer by die kerk, sodat die kerk die dinge kan doen wat God wil hê.  Dit help die kerk om mense van God te leer en om mense te help.

 Hoekom so?

Gewoonlik stop ouers Sondae vir kinders geld in die hand om in die sakkie te gooi.  Dit is goed vir jonger kinders (ongeveer 2-4), omdat hulle kan deelneem.  Vir ouer kinders kan dit egter die verkeerde boodskap stuur:

  • ­ Die geld was in die eerste plek nie hulle s’n nie, so hulle beleef nie die bevrediging van gehoorsaam geld vir God gee nie.  Dankoffer is ‘n manier om ons liefde vir God uit te druk.
  • ­ Hulle gee al die geld wat jy vir hulle gee, so hulle leer nie om ‘n gedeelte van hul geld vir God te gee nie.  As ons werklik vir ons kinders leer van dankoffer, sal hulle die R1 wat jy vir hulle gee vat, in hulle sak steek en 10c in die bordjie gooi!
  • ­ Dit leer hulle nie om God eerste te stel in hul finansies nie.  Jou kinders moet leer om intensioneel te wees in die manier waarop hulle geld hanteer – ook die manier waarop hulle God dien met hul geld.

Moenie met jonger kinders praat oor 10% nie – hulle weet nog nie van persentasies nie!  Met die houers kan hulle besluit hoeveel hulle gee, sonder dat dit wetties raak.

Vertaal van hierdie artikel deur Dan Pezet.

Markus 9:30-37 – Erediens – 23 Sept 2012

Verwelkoming

Toetrede

Lied 294: 1 & 3 Jesus roep die kindertjies 

Votum

Seëngroet

Lofsang

Lied 293 Jesus neem ons kleine kinders 

Lied 599 As hy weer kom 

Skuldbelydenis en Epiklese

V: Here, daar is so baie mense rondom ons, maar ons sien die meeste van hulle nie eens raak nie.

G: Here, wees ons genadig!

V: by U is die laastes eerste, maar by ons bly hulle laaste. 

G: Here, wees ons genadig!

V: ons hou meer van mense wat ons dink is belangrik as van mense wat ons dink nie belangrik is nie.

G: Here, wees ons genadig!

V: ons is heeltemal uitverkoop aan ‘n samelewing waarin groter altyd beter is.

G: Here, wees ons genadig!

V: ons is te besig om stil te staan en te luister na die sagter stemme rondom ons.

G: Here, wees ons genadig!

V: ons hou van dinge en van mense en selfs van kerke wat blink.

G: Here, wees ons genadig!

V: help ons om méér mense raak te sien, veral die wat vir ons gewoonlik byna onsigbaar is.

G: Here, wees ons genadig!

(Aangepas uit: Soos ‘n Blom Na Die Son Draai deur Cas Wepener, Bybel-Media 2011)

Gebed

Skriflesing

Markus 9:30-37

Preek

Tallest of the Smalls deur Max Lucado

 

“Think Bike” plakkers gesien?

Klaarblyklik (navorsing) –

mens sien op pad net voertuie soortgelyk aan joune.

Motorbestuurders sien nie fietse, motorfietse;

vragmotorbestuurders sien nie motors

(dalk ook taxi’s?)

Daarom iemand hierdie veldtog begin –

sien plakkers,

leuse oral –

sien dan ook motorfietse.

Maak letterlik oë oop vir voertuie andersins onsigbaar sou wees,

eenvoudig nie sou sien.

 

Teks vanoggend gaan oor selfde ding:

om te sien.

Teks deel van groter geheel,

omraam twee genesingsverhale,

albei van blinde mense

(Mark 8:22-26 / 10:46-53).

Tussen hierdie twee verhale

gaan oor ander vorm blindheid.

Jesus begin pad wat voorlê wys –

praat tussen twee genesingsverhale 3 keer oor

pad van pyn, lyding en dood wat voorlê.

Sê drie keer dat deur dood heen lewe sal kry,

maar dat moeilike pad voorlê.

En drie keer verstaan mense naaste aan hom

hom verkeerd,

nie hulle nie waarop dit aankom nie.

En elke keer wat hulle hom verkeerd verstaan,

wat hulle nie sien nie,

gebruik Jesus dit as geleentheid

om hulle te leer

wat regtig beteken dissipel te wees –

elke keer selfde boodskap:

volgeling Jesus wees

beteken minste wees,

weg te gee,

laaste te wees.

 

Teks vanoggend,

kondig vir tweede keer dood aan.

Stilte…

Teks:

bang te vra.

Dalk bang weer onnosel lyk soos vorige keer,

Jesus praat oor Fariseërs,

hulle dink aan brood

(Mark 8:14-21).

Dalk Jesus woorde so erg,

te bang uit te vra –

soos bang slegte nuus hoor.

Maar dan langs pad

begin stry wie belangrikste.

Kan dink hoe dit gebeur:

verstaan nie lekker wat Jesus bedoel het,

stry wie verstaan beste,

wie dan nou beste student…

eskaleer,

raak stryery

oor posisie.

 

Jesus gebruik dan geleentheid,

te leer van sien en nie sien,

van wat beteken Jesus volg.

Sê om regtig belangrik te wees,

moet laaste wees,

moet almal se dienaar wees.

Dis –

selfs vandag nog –

so anders as ons kultuur,

bykans onmoontlik te hoor –

amper soos om motorfiets te sien!

 

Ons samelewing gekenmerk

deur bykans verswelgende strewe na

mag

eer

aansien

gewildheid

bekendheid…

Om laaste te wees –

so vreemd,

weet nie eers hoe dit lyk!

Dan nog boonop dien!

Iemand vertel

(doodernstig)

dat dienende leier is –

“servant leader”-

laat ander toe hom te dien.

Veral konteks soos ons s’n,

waar so bevoorreg is soos wat is,

dat ons nie eers SIEN hoe sommer aanneem ander ons dien.

Europa:

fliek – vat gemors uit;

retrait sentrum – maak self skoon…

Ons veronderstel iemand agter na kom,

kan maar koppie neersit,

iemand sal was.

kan maar papier laat lê,

ens.

En selfs nog erger

wanneer iemand van ONS verwag

dit vir HULLE te doen.

Wie’s jy van my verwag jou vuil skottelgoed was?

Dis nie my werk aanmekaar toiletpapier rol omruil.

Gebruik doelbewus sulke belaglike,

kleinlike voorbeelde,

want dis die goed wat ons nie sien nie.

Sien groot goed:

wanneer ons uit ons pad gaan mense help,

huis oopmaak iemand,

op spesiale manier diensbaar is.

 

Maar wanneer Jesus met dissipels praat oor diensbaar wees,

laaste wees,

weet dat steeds nie sien.

Daarom vat kind,

laat staan tussen hulle.

Hier een van daardie tekste

verskil kultuur Bybel tyd

ons tyd,

maak ons nie onmiddellik SIEN wat hier aangaan.

Ons dink kinders –

oulik,

Jesus voorbeeld van geloof…

Nie wat hier aangaan.

Jesus nie hier praat oor kinderlike onskuld of vertroue.

In samelewing Jesus geleef,

kinders die mees waardelose persoon in kultuur.

Geen aansien of status.

Anders ons,

kinders hoog ag,

in Jesus tyd kinders nét las,

hoë sterftesyfer.

Om waarheid sê,

Christene later spottend “kinders” genoem –

skelwoord.

Rabbis het geleer:

“‘n Belangrike en wyse man

hou hom nie op met kinders

en hulle praatjies nie”.

en

“Oggendslapies,

wyn in die middel van die dag,

onkundige mense

en kinders se geselskap

is nie bedoel vir manne nie,

dit verban jou

uit die wêreld van goeie geselskap.”

Jesus wys vir hulle in lewende lywe

wie die minste is –

en dat dit juis HULLE is wat gedien moet word.

Dink aan tema van sien en nie sien deurlopend:

soos wat mens in sekere voertuig nie ander soorte voertuie sien nie,

dink ek sekere mense ook vir ons onsigbaar raak.

Mense nie soos ons

eenvoudig nie raaksien.

Bo-oor kyk.

Ou uitdrukking:

Kinders moet gesien en nie gehoor word nie.

Uitwerking daarvan natuurlik nog meer,

dat dikwels selfs nie eers kinders raaksien nie!

Bv in kerk:

groet mekaar in voorportaal,

kyk bo-oor kinders.

Jesus vat letterlik onsigbare

sê: sien.

Dien HIERDIE een.

 

Jare gelede

St Paul’s Kweekskool in Kansas City, VSA,

nuwe rektor aanstel.

Honderde aansoeke,

uiteindelik 5,

almal baie goed gekwalifiseer.

Iemand stel voor:

gaan na universiteite waar tans werk,

gesels met opsigter

(ons konteks dalk tuinier),

laat opsigter referent wees.

Op ou end ene William MacElvaney aangestel,

op grond van die gloeiende getuienis

wat opsigter oor hom gegee.

Want iemand in aanstellingskomitee

besef wat Jesus hier sê,

dat volgeling van Christus

onsigbare mense sien

en almal goed behandel en dien,

maak nie saak van hul

status

of mag

of geld nie.

Behandel tuiniere

dieselfde as professors.

 

Vraag sal dan wees:

wie is ons “kinders”?

wie is ons onsigbares,

die mense wat ons nie raaksien nie?

Want dit is juis HULLE wat ons moet dien.

Juis oor hulle wat ons plakkers in ons harte moet dra,

“Think bike” –

“dink kind…”

 

Natuurlik beteken letterlik kinders.

Laaste reeks afgelope kwartaal –

God juis ons opdrag geloof aangee volgende generasie,

kinders raaksien,

optree manier hulle insluit,

dien –

verwelkom in erediens,

raaksien

EN hoor.

 

Maar gaan ook oor meer mense.

Aanddienste:

bosslapers,

mense Maranatha,

arm mense.

Voel om een of ander rede tuis daar!

Dalk raakgesien word?

EN gedien word?

Hoog geag word?

 

Sentraal gemeente:

Buitelanders raakgesien,

gedien –

toe begin mense by hulle kerk toe kom.

 

Wonder wie is onsigbaar vir ons (as gemeente)

en vir jou,

in jou alledaagse lewe?

 

Ongetwyfeld kinders.

Maar dalk ook:

Mense wat agter ons skoon maak?

Mense wat by ons bedel?

Fisies gestremde mense.

Mense verswak weens ouderdom…

 

Teks vanoggend sê:

nie “Think bike” nie,

maar “Think person” –

sien mense raak,

dien hulle,

ag hulle so hoog

soos wat God hulle – as sy eiendom en sy beeld – ag.

 

Iemand vertel van groep Amerikaanse inboorlinge

in VSA staat Mississippi

langs baie sterk,

vinnige rivier gewoon.

Stroom so sterk,

as iemand per ongeluk in rivier val,

word onmiddellik deur stroom weggespoel.

Op dag stam aangeval deur groep setlaars.

Hopeloos oorweldig –

te veel setlaars,

baie beter bewapen.

Enigste kans wegkom,

deur rivier.

Op oewer van rivier gestaan,

sterkeres het

kinders,

siekes

oues

gewondes

op skouers getel.

In rivier geloop…

en ontdek

dat gewig van swakker persoon wat op skouers dra

help om regop te bly staan in stroom,

sodat veilig oor rivier kan kom.

Gebed

Dankoffer

(Powerpoint dowes)

Slotlied

Lied 543 Here Jesus ek is klein (staan)

Seën

Respons

Lied 543 refrein