Huisgeloof 27 April tot 3 Mei
Haggai 2
OMGEE-GESPREKKE
Vertel vir mekaar wat jou bang maak. Wat help jou om dapper te wees, al is jy bang?
BYBEL LEES
Lees Haggai 2:1-9
- Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Wat gaan mamma doen as jy eerder speel en nie jou kamer reg pak soos wat sy gevra het nie? God het vir sy volk gesê om sy tempel (hul kerkgebou) weer te bou (dit is lank gelede in ’n oorlog vernietig). Maar vir 19 jaar lank het hulle gedraai en eerder hul eie goed gedoen. Toe hulle uiteindelik weer begin, was dit baie moeiliker as wat hulle gedink het. Hulle was skoon moedeloos! Kyk weer in verse 4 en 5 hoe God reageer.
- Wat beteken “skep moed”?
- God belowe dat hy by ons is. Hoe kan dit jou help om nie bang te wees nie?
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Bid vir die Christene in die Midde-Ooste. Mense is baie lelik met hulle omdat hulle vir Jesus dien. Bid dat hulle sal dapper wees, sal moed skep. Gee ’n geloofsoffer bydrae vir een van ons sendelinge se werk. Ons sendelinge help o.a. hierdie mense deur hulle te herinner dat God by hulle is, sodat hulle nie bang sal wees nie.
GESEËN OM TE SEËN
Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge