Ons begin volgende Sondag, 7 Sept., met ’n nuwe reeks. Vir dié reeks gaan die kleingroepmateriaal ná die Sondag se erediens wees. Hierdie week se materiaal is gevolglik ’n oorsig oor ons Luister Leef reeks.
RUS
Ons sê ons gemeente verwelkom almal, luister na God, is en maak dissipels, gee om, reik uit en waag in die geloof. Watter een van hierdie waardes is jou gunsteling en hoekom?
HOOR
Lees Filippense 1:27:1-4.
1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. Hoe lyk ’n lewenswandel wat in ooreenstemming met die evangelie van Christus is? Kan jy aan ’n praktiese situasie in jou lewe op die oomblik dink waar dit vir jou ’n uitdaging is?
3. Dink terug aan die kwartaal se reeks tot dusvêr (kyk onder “Rus” vir die temas). Watter tema het vir jou die meeste beteken? Hoekom? Watter tema was vir jou die moeilikste? Hoekom? In watter een moet jy nog die meeste groei?
LEEF
• Waartoe roep God jou nou? Hoe gaan jy daarop reageer?
• Oorweeg om nog een persoon of gesin te nooi om by julle aan te sluit. Wie gaan julle nooi? Wie gaan dit doen?
• Bid vir die “Beter Saam” reeks wat Sondag begin.
Lees hierdie week Hoofstuk 3 van “Faith Begins at Home”
RUS EN ONTVANG
Dink aan die mense wat ‘n invloed op jou gehad het toe jy ‘n kind was. Watter rol het hulle gespeel (of nie gespeel nie) in die ontwikkeling van jou geloof?
Hoeveel ervaring het jy van geloof gehad toe jy groot geword het? Hoe het geloof in julle huis gelyk? [vir huisgodsdiens: ouers vertel vir hul kinders hoe geloof en godsdiens in jul ouerhuise gelyk het.]
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR EN ONTGIN
Lees Psalm 127
Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
Ouers verduidelik vir kinders wat ‘n “fondament” is. Wat beteken dit prakties dat die Here ‘n huis bou?
Kyk ook na Matteus 6:25-27. Vertel vir mekaar van ‘n geleentheid wat jy die Here moes vertrou om vir jou te sorg, omdat jy magteloos was.
[Vir grootmense:] Vir die moderne leser kan vv 4-5 van die Psalm vreemd klink. Ons verstaan nie meer die gevare van ‘n antieke samelewing waar ‘n nageslag beskerming was teen siekte, oorlog en hongersnood nie. Dit kan daartoe lei dat ons die Psalm verkeerd verstaan. Ons kan óf hunker na ‘n geromantiseerde verlede waar families hoog geag is (terwyl daar in der waarheid geen tyd in die geskiedenis was wat so ‘n hoë premie op families en kinders geplaas het soos wat vandag die geval is nie). Of dit kan die pyn van kinderlose mense verdiep (om nie eers te praat van die patriargale fokus nie). Die doel van die Psalm is om mense se basiese kwesbaarheid te onderstreep. Die Psalm sê wat Jesus in Johannes 15:5 bevestig: “Sonder [God] kan julle niks doen nie.” Watter troos, dink julle, sou hierdie Psalm vir die antieke gelowiges inhou? Hoe help dit ons om die Psalm beter te verstaan?
LEEF EN ONTPLOOI
Ouers verduidelik vir kinders dat die vyand in die stadspoort enige iets is wat ons bedreig of bang maak. Vertel vir mekaar wat die “vyand” in julle lewens is.
Wie is die mense wat saam met jou in die stadspoort staan? En saam met wie staan jy in die stadspoort?
Wat vra God nou van julle? Hoe gaan julle daarop reageer?
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.