Kind vernuwing 2-8 September 2012 Psalm 127

Lees hierdie week Hoofstuk 3 van “Faith Begins at Home”
RUS EN ONTVANG
- Dink aan die mense wat ‘n invloed op jou gehad het toe jy ‘n kind was. Watter rol het hulle gespeel (of nie gespeel nie) in die ontwikkeling van jou geloof?
- Hoeveel ervaring het jy van geloof gehad toe jy groot geword het? Hoe het geloof in julle huis gelyk? [vir huisgodsdiens: ouers vertel vir hul kinders hoe geloof en godsdiens in jul ouerhuise gelyk het.]
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR EN ONTGIN
Lees Psalm 127
- Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
- Ouers verduidelik vir kinders wat ‘n “fondament” is. Wat beteken dit prakties dat die Here ‘n huis bou?
- Kyk ook na Matteus 6:25-27. Vertel vir mekaar van ‘n geleentheid wat jy die Here moes vertrou om vir jou te sorg, omdat jy magteloos was.
- [Vir grootmense:] Vir die moderne leser kan vv 4-5 van die Psalm vreemd klink. Ons verstaan nie meer die gevare van ‘n antieke samelewing waar ‘n nageslag beskerming was teen siekte, oorlog en hongersnood nie. Dit kan daartoe lei dat ons die Psalm verkeerd verstaan. Ons kan óf hunker na ‘n geromantiseerde verlede waar families hoog geag is (terwyl daar in der waarheid geen tyd in die geskiedenis was wat so ‘n hoë premie op families en kinders geplaas het soos wat vandag die geval is nie). Of dit kan die pyn van kinderlose mense verdiep (om nie eers te praat van die patriargale fokus nie). Die doel van die Psalm is om mense se basiese kwesbaarheid te onderstreep. Die Psalm sê wat Jesus in Johannes 15:5 bevestig: “Sonder [God] kan julle niks doen nie.” Watter troos, dink julle, sou hierdie Psalm vir die antieke gelowiges inhou? Hoe help dit ons om die Psalm beter te verstaan?
LEEF EN ONTPLOOI
- Ouers verduidelik vir kinders dat die vyand in die stadspoort enige iets is wat ons bedreig of bang maak. Vertel vir mekaar wat die “vyand” in julle lewens is.
- Wie is die mense wat saam met jou in die stadspoort staan? En saam met wie staan jy in die stadspoort?
- Wat vra God nou van julle? Hoe gaan julle daarop reageer?
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
bybelstudie, faith begins at home, kind vernuwing, kleingroep, kleingroepmateriaal, psalm 127, selgroep