Skip to main content

Tag: kleingroep

Luister-Leef – Fil. 1:27:1-4

Ons begin volgende Sondag, 7 Sept., met ’n nuwe reeks. Vir dié reeks gaan die kleingroepmateriaal ná die Sondag se erediens wees. Hierdie week se materiaal is gevolglik ’n oorsig oor ons Luister Leef reeks.

RUS

Ons sê ons gemeente verwelkom almal, luister na God, is en maak dissipels, gee om, reik uit en waag in die geloof. Watter een van hierdie waardes is jou gunsteling en hoekom?

HOOR

Lees Filippense 1:27:1-4.

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.

2. Hoe lyk ’n lewenswandel wat in ooreenstemming met die evangelie van Christus is? Kan jy aan ’n praktiese situasie in jou lewe op die oomblik dink waar dit vir jou ’n uitdaging is?

3. Dink terug aan die kwartaal se reeks tot dusvêr (kyk onder “Rus” vir die temas). Watter tema het vir jou die meeste beteken? Hoekom? Watter tema was vir jou die moeilikste? Hoekom? In watter een moet jy nog die meeste groei?

LEEF

• Waartoe roep God jou nou? Hoe gaan jy daarop reageer?
• Oorweeg om nog een persoon of gesin te nooi om by julle aan te sluit. Wie gaan julle nooi? Wie gaan dit doen?
• Bid vir die “Beter Saam” reeks wat Sondag begin.

Markus 9:38-50 24 tot 30 Sept 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel mekaar watter goeie dinge ander mense vir julle die afgelope tyd gedoen het (vgl Markus 9:41). Indien hulle dit nie gedoen het nie, hoe sou dit jou lewe geraak het? 
Is dit nodig om goeie dinge vir ander te doen?  Waarom?

Vra iemand om te bid

HOOR EN ONTGIN

Lees Markus 9:38-50

  • Waar het jou gedagtes vasgesteek? 
  • “Wie nie teen ons is nie, is vir ons” (vers 40).  Wat beteken hierdie opmerking van Jesus vir ons as Christene binne die hedendaagse samelewing? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  In vers 42 waarsku Jesus dat ons nie ons kinders afvallig moet maak nie.  Watter dinge kan ouers en grootouers doen om kinders te lei tot ‘n lewende verhouding met Jesus?  Wat sê vers 43-47 in dié verband? 
  • Watter dinge behoort ons as gemeente prys te gee (af te kap) sodat ons met meer toewyding die Here kan dien? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  Watter dinge staan in julle gesinsverband of persoonlike lewe in die pad van goeie verhoudings met mekaar?
  • Wat is die verskil tussen sout (vers 50) en ‘n liggaam met een arm,voet of oog (vers 43-47)? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe kan jy  “ ‘n beker water” (vers 40) in jou huwelik/gesin/familie en in die gemeente en in die samelewing wees?   
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Kind vernuwing 2-8 September 2012 Psalm 127

kind vernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 3 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Dink aan die mense wat ‘n invloed op jou gehad het toe jy ‘n kind was.  Watter rol het hulle gespeel (of nie gespeel nie) in die ontwikkeling van jou geloof?
  • Hoeveel ervaring het jy van geloof gehad toe jy groot geword het? Hoe het geloof in julle huis gelyk?  [vir huisgodsdiens:  ouers vertel vir hul kinders hoe geloof en godsdiens in jul ouerhuise gelyk het.]
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

 HOOR EN ONTGIN

Lees Psalm 127

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Ouers verduidelik vir kinders wat ‘n “fondament” is.  Wat beteken dit prakties dat die Here ‘n huis bou? 
  • Kyk ook na Matteus 6:25-27.  Vertel vir mekaar van ‘n geleentheid wat jy die Here moes vertrou om vir jou te sorg, omdat jy magteloos was. 
  • [Vir grootmense:]  Vir die moderne leser kan vv 4-5 van die Psalm vreemd klink.  Ons verstaan nie meer die gevare van ‘n antieke samelewing waar ‘n nageslag beskerming was teen siekte, oorlog en hongersnood nie.  Dit kan daartoe lei dat ons die Psalm verkeerd verstaan.  Ons kan óf hunker na ‘n geromantiseerde verlede waar families hoog geag is (terwyl daar in der waarheid geen tyd in die geskiedenis was wat so ‘n hoë premie op families en kinders geplaas het soos wat vandag die geval is nie).  Of dit kan die pyn van kinderlose mense verdiep (om nie eers te praat van die patriargale fokus nie).  Die doel van die Psalm is om mense se basiese kwesbaarheid te onderstreep.  Die Psalm sê wat Jesus in Johannes 15:5 bevestig:  “Sonder [God] kan julle niks doen nie.” Watter troos, dink julle, sou hierdie Psalm vir die antieke gelowiges inhou?  Hoe help dit ons om die Psalm beter te verstaan?

 LEEF EN ONTPLOOI

  • Ouers verduidelik vir kinders dat die vyand in die stadspoort enige iets is wat ons bedreig of bang maak.  Vertel vir mekaar wat die “vyand” in julle lewens is.
  • Wie is die mense wat saam met jou in die stadspoort staan?  En saam met wie staan jy in die stadspoort?
  • Wat vra God nou van julle?  Hoe gaan julle daarop reageer?

Spreuke 9:1-18 – Wyse Stemme

Kleingroep materiaal – SPREUKE 9:1-18 – Week van 13-18 Augustus 2012

Ons het die afgelope Sondag ons reeks oor Spreuke afgesluit.  Volgende Sondag begin ons met ‘n reeks getiteld “Radikale Vernuwing:  Geloof begin by die huis”.  Vir hierdie komende reeks, gaan die Kleingroepmateriaal volg op die Sondag se preek.  Kleingroepe werk dus nie vooruit nie, maar bespreek die tema en teks die volgende week.

Hierdie week se kleingroepmateriaal is gevolglik ‘n brug tussen die twee reekse.  Die teks wat ons lees, is nie in die eredienste behandel nie (maar wel by die Bybelskool).

RUS EN ONTVANG  [Spandeer hierdie week lekker baie tyd aan die  eerste beweging.] 

  • Spreuke 1:8-9:18 (die eerste deel van die boek Spreuke, wat ons tot dusvêr hierdie kwartaal behandel is) is ‘n gesprek waarin ‘n pa sy seun onderrig in “lewenslesse”.  Vertel vir mekaar wie die mense was by wie jy as kind jou belangrikste lewenslesse geleer het.  Wat was hierdie lesse? 
  • Vertel vir mekaar watter rol jul ouers gespeel het in die ontwikkeling van jul geloof.  En grootouers?  Watter ander gelowige volwassenes het ‘n invloed op jou geloofsontwikkeling gehad?
  • Hebreërs 12:1 praat van die “skare geloofsgetuies” wat ons om ons het.  Gee kans dat elkeen stil word.  Visualiseer in jou gedagtes jou “paviljoen”.  Wie is die mense (lewend of reeds oorlede, familie, vriende, skrywers, ens.) wat ‘n invloed het en gehad het op jou geloof?  (Groeplede kan hul paviljoen teken, met die name van hul “geloofsgetuies”.)  Gee tyd dat elkeen in stilte vir die Here dankie sê vir die geloofsgetuies wat hulle vandag in staat stel om die wedloop met volharding te hardloop.

HOOR EN ONTGIN

Lees Spreuke 9:1-18.

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Ons kom in hoofstuk 9 aan die einde van die lang inleiding van Spreuke, die slotsom van die 10 lewenslesse van die pa aan sy seun.  Hierna gaan in hoofstuk 10-31 die lewenswyshede wat pas by die twee paaie wat ‘n mens kan volg in die lewe, in kort spreuke weergegee word.

Dit slotsom van Spreuke is dat ‘n mens kan luister na óf vrou Wysheid (9:1-6) óf na vrou Dwaasheid (9:13-18) om hulle leiding te volg in jou lewe.  Dié kontrasterende keuse word afgewissel met ‘n gedeelte oor die ligsinnige mens (9:7-12) wat die gevolge van die verkeerde keuse vir vrou Dwaasheid uitspel.  Dit gee ook ‘n dwarsklap na dié wie se opvoeding ligsinnigheid tot gevolg het (9:7).  Pa’s en ma’s luister!

Let op dat beide vrou Wysheid as vrou Dwaasheid fokus op dié wat nog onervare is en kennis kortkom. Dit beteken dat die rol van opvoeders is om kinders te inspireer dat hulle die regte lewenshouding aankweek om uit die verskillende stemme wat met hulle in die lewe praat – vrou Wysheid en vrou Dwaasheid – dié stemme te kies waarvan die inhoud wys is.

  1. Vrou Wysheid nooi uit na ‘n lewe wat afskeid neem van onkunde en die pad van insig omhels.
  2. Vrou Dwaasheid nooi uit na ‘n lewe van gesteelde genot sonder verantwoordelikheid wat eindig in die dood.

Die spreuke wat hierna gaan volg, help dus primêr om hierdie regte lewenshouding in die praktyk uit te spel – aan die hand van ongeveer 562 voorbeelde – sodat ‘n mens wysheid kan aanleer en uitvoer.

9:1-6 – Luister na Vrou Wysheid

Wysheid word in ‘n uitgebreide gelykenis as ‘n verstandige vrou voorgestel wat vir haar ‘n huis gebou het met sewe klippilare – ‘n simbool van standvastigheid en duursaamheid.  Die groot getal van sewe pilare laat ‘n mens eintlik dink aan ‘n tempel eerder as ‘n huis (hulle het minder pilare gehad, indien enigsins), wat die gesag en goddelike invloed van haar wysheid beklemtoon.

Haar wyshede word in dié gelykenis voorgestel as ‘n feesmaal waarheen onkundiges uitgenooi word om in ‘n feestelike atmosfeer te kom leer.  Só sal hulle die pad van insig vind om regtig te kan lewe.

Let op hoe leerbaarheid as een van die kernwaardes van hierdie tipe lewe voorgestel word: “neem afskeid van die onkunde … en kom op die pad van die insig” (9:6).

9:7-12 – Versigtig vir ligsinnigheid

Hierdie gedeelte beskryf die opstand van ligsinnige mense teen die wysheid en die gevolge wat dit vir hulle het.  Maar, die opvoeders van sulke mense word ook aangespreek, omdat ligsinnigheid altyd ook ‘n vingerwysing is na dié wat verantwoordelik was vir kinders wat ligsinnigheid as lewenstyl kies (9:7).  Ligsinnigheid lei onvermydelik tot goddeloosheid, omdat ‘n mens nie wysheid kan ignoreer sonder om dan ook die Bron van wysheid daarmee saam te ignoreer nie.

Interessant genoeg wil dié gedeelte ‘n mens ook waarsku daarteen om jou wysheid met ligsinnige mense te deel, omdat die kanse vir sukses so gering is (9:8).  Mense wat die waarde van wysheid ervaar het, is meer ontvanklik, en meer leerbaar.  Daarom moet jy jou wysheid met sulke mense deel.  Met hulle kan jy moeite doen om verder en dieper te gaan.

Ligsinniges moet egter eers weer na die begin toe teruggevat word, die ontsag vir God (9:10 – vgl 1:1-7), voor die lewenshouding van leerbaarheid weer sal inskop en die voete op die pad van insig geplaas kan word.

9:13-18 – Moenie luister na Vrou Dwaasheid nie

Let op hoe vrou Dwaasheid vir vrou Wysheid naboots in die banket wat vir die onervare onkundiges gehou word, maar op ‘n wyse wat herinner aan die verleidelike gedrag van die slegte vrou van vroeër.  Let op hoe die verleiding van haar aanbod lê in die gesteelde karakter daarvan – jy hoef jou nie in te span om dit te verkry nie – sowel as in die verborge aard daarvan – dit is iets wat jy stilletjies doen, waar niemand kan sien of beperkings kan plaas nie.

Die einde van dié pad is egter die dood, omdat daar geen verantwoordelikheid of verantwoordbaarheid ingebou is in die verkryging van hierdie kennis nie.  Dit onderstreep op ‘n waarskuwende manier die noodsaak daarvan om versigtig te wees met die uitdeel van kennis bv in ‘n leerervaring, sonder om ‘n worsteling daarmee, en ‘n toetsing daarvan, in te bou.  ‘n Mens moet self werk aan dít wat jy leer, en jy moet op een of ander manier iets daarvan weergee.  Dán het dit deel van jou menswees en lewenswyse geword.  Anders is dit plagiaat en oppervlakkig by wyse van spreke.

  • Bespreek bogenoemde notas
  • Vrou Wysheid se huis lyk amper meer na ‘n tempel.  Wat dink julle sê dit vir ons huise vandag?
  • Kyk weer na Spreuke 9:7.  Hoe laat dit julle voel?  Het opvoeders regtig so ‘n groot invloed?
  • Hoe kan ouer gelowiges jonger gelowiges uitnooi na die feesmaal van wysheid?  Hoe kan jý deel vorm van ander gelowiges se paviljoen? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Wie is die jonger gelowiges in wie se lewe jy ‘n impak het?  Dink na oor hoe daardie impak lyk (dink weer aan jul gesprek en gedagtes by “Rus en Ontvang”.)  Wat vra die Here nou van jou?

  • Bid vir die reeks wat volgende week begin.  Bid dat volwasse gelowiges hul rol as geloofsgetuies ernstig sal neem en waardig sal uitleef.