Vreesloos 02: Hoekom is ek bang – Sondagoggend
Vrees is die siekte van ons tyd. Blykbaar is gewone kindertjies vandag banger as psigiatriese pasiënte in die 1950’s! Dis hoe diep vrees in ons psige sit. Vrees deel nie graag nie. Vrees en geluk woon nie saam nie. Vrees in onproduktief. Dit hou ons vas, hou ons terug, verlam ons.
Maar wat as ons ’n lewe sonder vrees kon leef? Kan jy jou so ’n lewe indink? ’n Lewe waar jou eerste reaksie op bedreigings nie vrees is nie, maar geloof.