Skip to main content

Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08

Hy begin deur hulle te herinner aan alles wat God aan hulle geskenk het (en wat hulle al ervaar het).  Hy verwys 1) na die troos in Christus (hulle is verloste mense), 2) die aansporing deur die liefde (waarin God se Vaderskap gehoor kan word) en 3) die gemeenskap deur die Gees .  Daarby voeg hy 4) die herinnering aan die innige meegevoel en meelewing wanneer hulle deur moeilike tye gaan.

Hy herinner hulle dus – aan God, van wie hulle net liefde ontvang en aan hulle medegelowiges, die liggaam van Christus.

Hy sê daarmee: Julle is bevoorreg om met God ‘n pad te kan stap.  Julle is bevoorreg om dit saam met ‘n klomp volgelinge van God te doen.  Laat my beker dan nou van vreugde oorloop dat julle as vriende van mekaar, soos een siel in twee liggame (letterlik kan sumpsuchoi vertaal word met “een siel”) sal lewe.  “Sing off the same page!”

As die gemeenskap van gelowiges een na buite moet wees, hulle beste moet gee, vir Christus se boodskap moet lewe, as vriende dit moet doen … dan moet hulle verseker dit ook na binne toe wees.

Dit hou in, dat hulle niks uit selfsug of eersug sal doen nie, in nederigheid die een die ander hoër sal ag as hom- of haarself en  elkeen nie net aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Nou hoe werk dié eenheid en vriendskap na binne toe?

Ek lees dié week weer ‘n artikel van Israel Galindo wat sê daar is twee uitstaande goed wat ‘n gemeenskap eenheid gee:

  • Shared Language
  • Being Together

Kom ons begin met die tweede eerste, being together:

OM SAAM TE WEES (BEING TOGETHER)

 

Saam wees

 

Om saam te wees, om geestelike vriende te wees, het meer te make met verhoudings as met programme of administrasie.

Daarom doen ‘n gemeente goed wat geleenthede skep (vgl. Prentjie van Nico Simpson) waar mense saam kan wees, dinge saam kan doen en, oor dinge saam kan gesels.  Dit is in die interaksie met mekaar, in die deel van ons lewens met mekaar, wat groei kom, wat eenheid kom.

Ons idee van Woensdae se Didage is juis om só ‘n geleentheid te skep.  ‘n Ruimte waar mense hulleself kan wees, saam oor die lewe kan gesels, saam oor die Bybel kan gesels, en só die diep eenheid wat die Here tussen ons geskep het, kan beleef en verinnig.

Maar om saam te kan wees, terwyl ons ook baie verskillend is, verg ‘n paar dinge van ons almal, soos die teks vir ons uitspel:

1.  Ons moet bereid wees om tweede viool te speel

Daar is die bekende storie van die beroemde dirigent en komponis, Leonard Bernstein. Toe daar vir hom gevra is wat die moeilikste posisie is om in die orkes te vul, was sy antwoord: “Tweede viool.”  “Hoekom?” wou die persoon weet.  Bernstein het geantwoord:  “Almal verkies die prestige van eerste viool.  Maar sonder tweede viool is daar geen harmonie in die orkes nie!”

“One of the greatest problems in the modern-day Christian church is that so many Christian people who are members of a local church, refuse to share their spiritual gifts with the body of Christ unless they are first-violin or first-string.”  (Eric Ritz)

2.  Ons moet bereid wees om mekaar se foute te aanvaar

Dit beteken onder andere dat ons mekaar sonder ophou moet lief hê.

Iemand het die volgende tong-in-die-kies gediggie gemaak oor die perfekte kerk:

If you should find
the perfect church
without fault or smear,
Please, don’t join that church,
you’d spoil the atmosphere.
If you should find the perfect church
where all anxieties cease,
Then pass it by lest joining it
you mar the masterpiece.
If you should find the perfect church,
then don’t you ever dare
To tread upon such holy ground
you’d be a misfit there.

But since no perfect church exists…
made of imperfect men,
Then let’s cease looking for that church,
and love the one we’re in.
Of course it’s not a perfect church,
that’s simple to discern,
But you and I and all of us
could cause the tide to turn.
So let’s keep working in our church
until the resurrection,
And then we each will join God’s church
without an imperfection.

3.  Ons moet inklusief wees

Uiteraard is daar by ons ‘n behoefte aan ‘n tuiste in ‘n gemeente.  En ons moet geleenthede hê waar ons “tuisvoel”.  Maar dit kan juis die eenheid deurbreek, as ons net saam is met mense wat soos ons is, waar ons makliker tuisvoel.

 

Inklusief

 

Daarom moet ons doelbewus inklusief wees, mense intrek, selfs al is hulle baie anders as ons. Ons moenie net werk met ‘n soort soek soort benadering nie, maar juis werk met ‘n ondersteuning in gemeenskap model (vgl. Prentjie van Nico Simpson).

Dit het natuurlik baie te make met nuwe mense wat in ‘n gemeente en ‘n gemeenskap intrek.  Maar soms is daar mense wat langs ons bly, tussen ons beweeg, maar nie deel voel van die gemeenskap van gelowiges nie.  En hulle het net so nodig dat ons uitreik en intrek en hulle deelmaak van ons geloofsvriendekring.

‘n Gemeente groei nie deur nuwe intrekkers nie.  ‘n Gemeente groei deur insluiting.  In ons groei na Christus toe, moet elkeen sy plek vind, moet ons help dat elkeen sy plek kan vind, sodat die liggaam opgebou kan word in liefde (Ef. 4).

Ek begin ook wonder of die beeld van die kerk as vriende, nie vir ons ‘n perspektief op gemeentewees gee, wat ons nou nodig het nie.

4.  Ons moet mekaar na buite toe ondersteun

Daar is ‘n al hoe groter behoefte dat ons as ‘n gemeenskap van gelowiges ons rol in die publieke sfeer speel.  En dan praat ek van die onderwys, en die gesondheidsdienste, en die metropool en die veiligheidsdienste, en die sosiale dienste, sowel as die landspolitiek.

 

Ondersteun in die publieke sfeer

 

En ons moet mekaar daarin ondersteun (vgl. Prentjie van Nico Simpson).  Dit is wat ‘n Gestuurde Gemeente doen – hulle ondersteun die gestuurdes, en dit is almal van ons, in die gemeente, in die uitvoering van hulle roeping.

En dit beteken nie dat ons almal ja-broers en susters moet wees nie.  Ons moet mekaar ook uitdaag en aanspoor tot beter maniere van dienslewering, en leer by mekaar wat die beste en God-welgevallige weg is.

Dit bring my die tweede fokus in ‘n gemeente wat as vriende wil lewe.

OM ‘N GEDEELDE TAAL AAN TE LEER (SHARED LANGUAGE)

 

Gedeelde taal

 

‘n Gemeente wat as vriende wil lewe het ‘n taal nodig waarmee hulle nie net mekaar kan verstaan nie, maar waardeur hulle letterlik die werklikheid kan skep (vgl. Prentjie van Nico Simpson).

Dit is waarom die Bybel so belangrik is – dit gee vir ons ‘n gedeelde taal.  En dit sal altyd die belangrikste taal bly wat ons moet aanleer, en waarmee ons die hele tyd moet besig wees.  En dit moet daagliks en gereeld wees.  Enigeen van julle wat al ‘n tweede of derde of vierde taal aangeleer het, weet hoe belangrik dit is dat jy dit inoefen, en nie net op jou eie nie, in gesprek met ander wat dieselfde taal praat.  Dit is al manier waarop jy dit leer.

1.  Die taal van Jesus

In die eerste plek beteken dit natuurlik dat ons die taal en gewoontes van die Here Jesus self sal aanleer – die taal van ‘n dienskneg – soos hier in vers 5 en verder uitgespel.

Daar was eendag ’n skilder wat sy meester se skilderkwas gekoop het.  Hy sou nou self ’n meester skilder wees!  Nadat hy sy eerste skildery met sy meester se kwas voltooi het, het hy dit geneem na die kurator van ’n beroemde museum.  Die kurator het na die skildery gekyk en die volgende opmerking gemaak:  “You don’t need the master’s brush, you need the master’s spirit and mind.”

Dieselfde geld ons as volgelinge van Jesus- “you need His spirit and His mind.”

En ons kry dit deur die Bybel te lees en te herlees en te oordink en te bespreek en te doen en weer te oordink en weer te doen.  Dit is hoe jy die taal van die Bybel, en die taal van Jesus aanleer en die taal van die Heilige Gees en die Vader en dissipelskap en nog ‘n hele boel ander nuanses of dialekte van die taal van die Bybel aanleer.

2.  Die taal van die tradisie en die taal van die tyd

Maar dit is nie net die taal van Jesus wat ons moet aanleer nie.  Ons moet ook ons eie taal as gemeente aanleer, die kultuur, die maniere, die gewoontes waarvan ons vir mekaar oor tyd stories kan vertel.

 

Tradisie en eietyds

 

Interessant dat Galindo sê (vgl. Prentjie van Nico Simpson), dat ‘n gemeente aan die een kant trekke van die oorgelewerde gebruike en gewoontes van die tradisie moet vertoon – ons staan immers in ‘n lang en ryk tradisie wat teruggaan eintlik tot die eerste mense, soos Genesis vertel.

Maar dit moet aangevul word deur die taal wat ons skep in reaksie en interaksie met die tyd waarin ons lewe.  Daarom het ons ‘n visie en ‘n missie wat anders is as ander gemeentes, maar ons sing liedere en gebruik die Bybel wat deur baie ander gemeentes reg deur die eeue al gebruik is.  Daarom ondersteun ons ‘n beweging soos Klema as deel van die gemeente se ontwikkeling, maar ons bly deel van die breër NGK verband, en hou ons ons aan die riglyne wat die ring, en sinode en Algemene Sinode van tyd tot tyd bepaal.

Dit is eers wanneer albei perspektiewe teenwoordig is, dat verantwoordelike vernuwing gebeur, en ons in die gedeelde taal vriende vir mekaar as gelowiges kan wees.

 

Gedeelde ervarings

 

Daarom dat ons nie die geleenthede wat ons as vriende vir mekaar reël kan, mag mis nie, want ons het gedeelde ervarings nodig (vgl. Prentjie van Nico Simpson), om ‘n gedeelde taal te kan ontwikkel.

En daarom is dit ook ‘n proses wat nooit mag stop nie – vernuwing is iets wat altyd nodig is.  Dit is soos die vlerke van ‘n arend.  Maar dit moet ook verantwoordelik wees, dit moet op een of ander maniere geanker wees aan die breër storie van gelowiges deur die eeue.  Dit is soos die pote van ‘n arend, waarmee hy uiteindelik na die wye draaie in die lug op sy nes hoog teen ‘n krans gaan sit, sy kuikens versorg, sy kragte herwin, sodat hy weer sy vlerke kan gebruik.

EK SLUIT AF

Neem tyd dié week en vra jouself net die twee vrae af:

  • Watter gemeentelede is geloofsvriende vir jou.  Soek hulle op, versterk julle verhoudings. Praat die taal van die gemeente en van ons geloof.
  • Watter gemeentelede of ander gelowiges in jou gebied is nie geloofsvriende van jou nie.  Kies een van hulle, reik uit, gaan drink koffie saam, braai ‘n vleisie, leer mekaar ken en sluit iemand so in jou geloofsvriendekring in.  En leer ‘n paar nuwe woorde aan van die taal wat God ons in gemeenskap met mekaar gee.

Amen

Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08

 

IETS KAN VIR JOU MEER WAARDE KRY

Maar is dit nie ook so nie, dat as jy iets anders kry wat meer vir jou beteken as iets wat jy voorheen gewaardeer het, dit vir jou meer waarde het.

Ek onthou aan die begin van my blootstelling aan rekenaars hoe ek Computer tydskrifte met CD’s gescan het vir die nuutste “gratis” sagteware.  Want ek kon nie die kommersiële sagteware bekostig nie.

Elke maand as nuwe tydskrifte hier onder by CNA verskyn het, het ek met opgewondenheid deur hulle geblaai, en gekyk watter nuwe sagteware kan ek daaruit kon kry.  En dit het vir my groot waarde gehad.

Totdat … ek ‘n paar jaar later die woordverwerkingsprogram Word in die hande kon kry en nog later Photoshop, Acrobat, Indesign en ‘n hele boel ander sagteware met die tyd … en die tydskrif fase van my lewe agter gelaat is.  Die kommersiële goed het vir my meer waarde gekry.

Ek stap nou nie eers meer in by CNA nie … behalwe as ek van tyd tot tyd ‘n pen nodig het.  Dié behoefte het nog nie verander nie!

PAULUS SE JOODSHEID

‘n Mens sien iets van hierdie waarheid in Filippense 3, hoe Paulus as’t ware die tydskrif fase van sy lewe afgelê het, en op beter dinge gefokus het.

Paulus was ‘n Jood en tot die einde van sy lewe het hy dit gebly.  Op ‘n tyd in sy lewe het hy baie peil getrek op hierdie Joodse afkoms.  Dit was vir hom kosbaar.  Hy het dit verdedig op allerhande maniere.  Hy het selfs so ver gegaan om Christene in die tronk te stop en geen vinger verroer as hulle doodgegooi is voor sy voete nie (Hand. 8 – Stefanus).

JESUS VERANDER ALLES

Maar daar het ‘n wonder in sy lewe gebeur.  Jesus het aan hom verskyn en sy hele perspektief het verander.  Van ‘n teenstander van die Christene het hy hulle grootste voorstander geword.  Van ‘n geswore vyand van Jesus het die ontmoeting hom een van Jesus se getrouste vriende verander.

Nou vat ‘n klomp Jode hom aan in Filippi oor sy Joodsheid, of dan sy gebrek aan Joodsheid.

JOODSE CV

En Paulus laat nie op hom wag nie – en hy sê: as julle oor Joodsheid wil gesels, laat ons gesels.  En dan gee hy sy Joodse CV in verse 5-6. Hy lig sewe dinge van sy agtergrond uit, wat sy Joodsheid verwoord.  Vier het hy met geboorte ontvang en drie deur sy eie toedoen.  By sy geboorte is:

  1. Paulus besny op die agste dag (en dus nie ’n heiden nie);
  2. Hy was dus ’n Jood uit die Joodse volk (en nie bloot ’n proseliet nie);
  3. Hy was uit die stam van Benjamin (en nie uit een van die minder belangrike stamme nie)
  4. En ’n Hebreër uit die Hebreërs (Hebreër het na Aramees sprekende Jode verwys in kontras met die wat Griekssprekend was.  Paulus was dus nie uit ’n familie van Jode wat die Hellenistiese gebruike oorgeneem het nie.  Hulle het as suiwer Jode geleef.).

As volwassene het Paulus sy Joodse geloof opreg uitgeleef en ‘n paar Joodse dinge by gedoen.  Hy het gekies:

  1. om die wet soos ’n Fariseër te interpreteer (d.w.s. streng en konserwatief);
  2. om die Christene vervolg
  3. en boonop was hy volgens die Joodse wet sonder fout gewees.  Dit beteken nie dat hy voor God sondeloos was nie (Paulus se teologie stel dit immers dat almal gesondig het – sien Rom. 2-3), maar dat niemand ’n bewese klag teen hom sou kon indien omdat hy nie die wet nagekom het nie (vers 7).  Nie eens die Fariseërs sou met ander woorde met sy lewe kon foutvind nie.  Hy was, soos die ryk jongman in Lukas 18:21, iemand wat die wet, volgens sy volksgenote se standaarde, nougeset gevolg het.  

Maar nou …

BATES EN LASTE

Paulus beskou al hierdie uiterlike dinge soos afkoms, opvoeding en oorgeërfde godsdienstige deugde, asook eie godsdienstige prestasies en aktiwiteite nie meer as geestelike bates nie, maar as geestelike laste

Volgens Paulus het sy teenstanders hul Joodse herkoms in die verkeerde kolom in hulle balansstaat, die Geestelike Grootboek, ingeskryf (verse 7-8). 

Paulus gaan so ver as om te sê dat dit vir hom verwerplik – skybala – “riool, mis” – is (vers 8). 

Ons moet mooi hoor wat Paulus hier sê: Alles waarop hy as Jood geroem het, was nie net niks werd nie – dit was eerder laste. 

Hoekom? 

Omdat dit hom blind gemaak vir die feit dat hy ook verlossing deur genade nodig gehad het.  Hy het soos sy teenstanders gedink dat hy geestelik skatryk was, terwyl hy intussen geestelik bankrot was. 

Interessant hoe Paulus hier boekhoukundige terme gebruik, vir wins (kerdē) en verlies (zēmia).

Hiermee sluit hy aan by hoe Jesus self gesê het in Matteus 16:26: “Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry (kerdaínō), maar sy lewe verloor (zēmióō), of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?”. 

Paulus verklaar hiermee dus dat hy vroeër geleef het op die Joodse manier.  En hy het al die getuigskrifte wat wys hoe goed hy dit gedoen het.

Maar nou, nou leef hy volgens die woorde van Jesus in Matteus, want om Jesus te volg het meer waarde as om sy Joodse herkoms te volg.

  • Joodsheid is nou vir hom ‘n las, dit het oorgeskuif na die laste kant van die balansstaat, hy gee dit prys, hy laat dit agter, hy is verby met dit, hy sal nie weer terugkeer daarheen nie, hy is klaar daarmee.  
  • Hy het Jesus gevind, dit is nou sy enigste bate, en dis al waarop hy vir die res van sy lewe wil konsentreer.

Soos Marius Nel sê: “Paulus volg hier die beleggingsadvies van die gelykenisse van Jesus oor die skat en die pêrel (Matt.13: 44-46)”, waarop ons vroeër die jaar gekonsentreer het.

Jesus is die enigste bate wat regtig waarde het.  Alles anders is laste.

Ek herhaal en onderstreep dit:  Ter wille van hierdie Jesus, is Paulus bereid om alles, vrywilliglik, as waardeloos te ag, as laste, sodat hy Jesus ten volle kan ken, as enigste bate.  Hy wil letterlik in Jesus gevind word op die laaste dag (vers 9).

Dít is die evangelie ….

JESUS VERANDER ALLES

Nou – Vers 12 is seker een van die belangrikste verse in die brief.  Paulus skryf hier dat al het hy nog nie alles ontvang nie – letterlik “gegryp” nie, is sy troos dat hy reeds deur Jesus gegryp is.  Vers 12 lees in die OAV – “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.”  In die NAV – “ek streef daarna om alles myne te maak omdat Christus my reeds Syne gemaak het.” 

Uiteindelik is dit die grond van ons sekerheid dat Christus ons gegryp het voor ons Hom probeer gryp het!  Al is ons dus soms onseker van ons greep op Hom, (“geloofsekerheid” as sekerheid van ons geloof) kan ons seker wees van sy greep op ons (“Christus sekerheid” vs “Geloofsekerheid”).

Daarom is Paulus se strewe om Christus te ken, Hom na te volg en om alles te doen waartoe Christus hom roep.  Daarom het hy het hom ingespan om hierdie oogmerk te bereik (3:12–14).  Hy vergelyk in 3:13–14 die geestelike lewe van ’n gelowige met ’n wedloop.  Hy sê naamlik hy hardloop soos ’n atleet wat net die skopus – letterlik die eindpaal wat die einde van ʼn wedloop aangedui het – in die oog het (vers 14).  Met brandende longe en beurende spiere pyl hy op die eindpaal af.  Hy hardloop letterlik sy liggaam stukkend.  Paulus sê dat geestelike volwassenheid is om só te hardloop (vers 15).

APPÈL

Die vraag is of ons bereid is om geestelik so te hardloop? 

Tony Campolo vertel hoe hy as jong hoërskoolseun die myl gehardloop het om meisies te beïndruk (waarom sou ʼn mens dit anders doen?).  Op ʼn dag het hulle afrigter hulle geneem om na Roger Bannister te gaan kyk toe hy in Philadelphia gehardloop het.  Op die dag het Bannister weer die myl onder 4 minute afgelê.  Hy het gehardloop soos ʼn besetene – net om na die wedloop soos ʼn dooie vis by die wenpaal neer te val.  Hulle moes hom letterlik met ʼn draagbaar wegdra. 

Na die wedloop het die afrigter na Campolo gedraai en vir hom gesê “Tony, só wil ek hê dat jy moet hardloop.” 

Campolo het egter by homself gedink dat geen meisie dit werd was nie.  Nadat hy die half dooie Bannister gesien het, het Campolo homself nooit weer ʼn “myl atleet” genoem nie.  Hy het wel die myl gehardloop, maar hy was nie ʼn myl atleet nie.  Hy het doodgewoon nie kans gesien vir dit wat dit van hom sou vereis nie.

Is ons atlete vir Christus of mense uit op ’n pretdraf?  Span ons onsself werklik geestelik in of is ons so geestelik onfiks dat 1 minuut se bid en 2 se Bybellees ons geestelik uitasem laat?

Paul Tillich het iewers hierdie waar ding gesê:  “Whatever our ultimate concern is, that is our God.”

SLOT

Hierdie kwartaal gaan ons die baan open vir die atlete, vir die fikses, maar verseker ook vir die onfikses!  Jy het vier opsies:

  1. Jy kan jou vaardighede om na God te luister en in voeling met Hom te kom en te bly, in Bly in Voeling.  
  2. Jy kan jou vaardighede om die breë lyne van die boodskap van die Bybel te verstaan opskerp, sodat jy in jou refleksie daaroor geestelik kan groei, in die Bybelskool.
  3. Jy kan insak in ‘n spesifieke perikoop van die Bybel en leer om dit deeglik geestelik te lees, in Lectio Divina.
  4. Jy kan jou vaardighede om in ‘n vennootskap saam met jou maat voor God te kan lewe opskerp, in die Alpha huwelikskursus.

Skryf in – dit begin Woensdag die 15de Oktober – en daar is ‘n ete beskikbaar om 18:00 vir die besiges onder ons.  Bespreek net vooruit, teen volgende Sondag vir die daaropvolgende Woensdag.

Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08

 

‘N KORINGKORREL WORD ‘N KORINGPLANT

En dan gebruik Jesus ‘n diepsinnige beeld om dit te bevestig, en sy offer aan die kruis te beskrywe, ‘n offer wat Hy ook van almal vra wat sy voorbeeld wil navolg, nog dieper, wat Hom wil volg.  Hy praat oor die feit dat as ‘n koringkorrel nie geplant (begrawe) word nie, kan dit geen koringare, wat op hulle beurt ‘n oorvloed koringkorrels dra, voortbring nie.

Dit is met die begrafnis van ‘n lewe vir jouself, wat die krag van ‘n nuwe oorvloedige lewe ontkiem en begin groei en begin vrug dra.

Nou ons moet dit goed hoor.  Dit is ‘n sterf aan ‘n lewe vir jouself, om ‘n lewe vir ander te kan lewe.  ‘n Mens moet hierdie woord, apothnēskō, “as die koringkorrel nie in die grond val en STERF nie” nie in ‘n wetenskaplike sin verstaan nie, asof die “sterwe” sou beteken dat daar letterlik doodgegaan moet word nie (EP Groenewald).

Dit is in elk geval ook nie wat met ‘n koringkorrel gebeur nie.  Die bedoeling is dat die gestalte, die uiterlike vorm van die saadkorrel vergaan, maar die kiem van die lewe bly behoue en spruit voort (pherō) in ’n nuwe gestalte.

Die bedoeling is dat Jesus in sy aardse gestalte ‘n offer moes bring, waardeur God se krag in werking gestel kon word, en die oes van God sigbaar kon word.  Deur Jesus se opstanding uit die dood in ‘n ander gestalte kon God nou die ewige lewe gee aan elkeen wat in Hom glo, en wat Hom navolg om nie meer vir hulleself te lewe nie, maar vir God.

En dit is die punt – Ons is koringkorrels!  En ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om vir jare sy kragte te spaar vir homself ( en dit kan hy suksesvol doen deur in die skuur te bly en te sorg dat die boer hom nie in die hande kry nie).  Of ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om sy lewe vir ander te gee, deur in die grond geplant te word en in die transformasie van homself ‘n koringplant te word wat are het en koringkorrels lewer wat op hulle beurt geplant kan word om die lewe aan te gee dat ander kan lewe en so die lewe wat in hulle opgesluit is, te kan vermenigvuldig.

Koringkorrels moet koringplante word.

Soos Beasley-Murray in die Word kommentaar op Johannes sê: “The law of life through death in v 24 has in view making life possible for others, whereas in v 25 it is to gain life for oneself.”

Om te sterwe aan ‘n lewe vir jouself, en ‘n lewe te begin lewe vir ander – dit is wat dit beteken om Jesus te volg.  Om ‘n koringkorrel te wees wat ‘n koringplant word.

DIE BEGEERTE NA MEER

Nou waar begin dit alles?  Hoe kan ek dit prakties begin doen?

Wel jy begin waar jy is!  Maak nie saak watter stoel nie (Deon se vier stoele van laasweek wat die verskillende segmente van geestelike groei verduidelik)!

En jy maak ‘n keuse: Ek wil Jesus volg.

Want dít is die begin, en dit is die resep selfs vir die vêrste gevorderde, mees geestelike volwasse kind van God, om Jesus te volg.  Om Jesus te volg, is waar verandering begin (soos die storie van die 6 jarige Len) en waar verandering uitgebou word.

Die begeerte is die begin.

Hoekom?  Want Jesus werk met ons begeerte.  Die begeerte na Hom trek Hom in die kern van ons bestaan in.
Daarom die fokus die kwartaal op die teks van Handelinge: hulle het hulle HEELHARTIG toegelê op die lering van die apostels, die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

GEESTELIKE DISSIPLINES

Hoekom is dit so belangrik?

Want, reg deur die eeue het gelowiges hierdie behoefte aan en na God gekoppel aan sekere geestelike dissiplines of gewoontes of praktyke.

Die navorsing van Willow Creek Community Church in Chicago bevestig dit.  Een van die vier katalisators van geestelike groei is persoonlike geestelike praktyke.

Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite (formeel)
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander (informeel)

Want elke keer as ‘n mens ‘n geestelike dissipline doen, skep jy ruimte in jou lewe vir Jesus.  Soos Adele Calhoun sê: dit gee die Gees: “space to brood over our souls.”

As jy ‘n behoefte aan verandering het in jou lewe, dan is die eerste stap om dié behoefte na die Here toe te bring.  En vir elke behoefte is daar ‘n dissipline of ‘n aktiwiteit wat jy kan beoefen om vir Hom tyd te maak om dié behoefte te vervul.

En deur dit stap vir stap te doen, treetjie vir treetjie, begin die verandering in jou lewe kom.

HOU ‘N JOERNAAL

Een van die beste maniere om Jesus te volg, as die Here vandag hierdie begeerte om Jesus te volg in jou hart weer aangeblaas het, is om die dissipline van stiltetyd te laat herleef, en meer spesifiek ‘n joernaal te hou sodat die pad wat jy met Hom stap met tyd vir jou meer sin kan begin maak.

Kom ons dink ‘n bietjie na oor ons lewe – op die blaadjie is ‘n Stiltetyd barometer.  Vul dit in om ‘n waarderende blik te kry op wat in jou stiltetyd al gebeur het met jou.  En dink na oor hoe jy meer van die goeie dinge kan doen.

Wat doen ‘n mens met ‘n joernaal (scrapbook)?

Adele Calhoun sê: dis om jou in te stel “to be alert to my life through writing and reflecting on God’s presence and activity in, around and through me”.

‘n Joernaal help jou om jouself in te stel om raak te sien wanneer God opdaag in jou lewe.  Hy is natuurlik altyd daar, maar omdat ons nie onsself instel om Hom raak te sien nie, sien ons Hom nie raak nie!  In ‘n sekere sin help ‘n joernaal ons natuurlik eintlik om die waarheid oor onsself raak te sien … dat ons in God se hande is, dat Hy met ons ‘n pad stap … en dit gebeur wanneer ons ruimte maak in ons lewe om te kan agterkom wat aangaan.

En onthou: daar is eintlik niks waardeur God nie met ons praat nie!    Jy kan skryf oor dinge buite jou en dinge binne in jou.  Jy kan jou gebede neerskryf.  En soos wat ons herhalende temas, sondes, gevoelens, behoeftes, beperkings, bekommernisse, verwagtinge begin raak sien, kom ons in aanraking met die genesende teenwoordigheid van God.  En ons joernaal word ‘n reis van ons siel na God toe.

Daar is nie ‘n regte of verkeerde manier vir ‘n joernaal nie.  Daarom het ek die voorbeeld van ‘n scrapbook gekies om met die kinders te behandel.  Jy kan teken, skryf of plak.  Jy kan sleutel woorde onderstreep om agter te kom watter dinge by herhaling vir jou betekenis het.  En baie gou sal jy agterkom dat jy met jou joernaal in ‘n gesprek met God betrokke raak waar jou joernaal nie net jou kreatiwiteit ten toon sal stel nie, maar ‘n getuienis van God se teenwoordigheid in jou lewe sal wees.

Jy moet jou eie ritme vind, daagliks, weekliks, maar verseker gereeld.  En dit is absoluut noodsaaklik as daar veranderinge in jou lewe is, of jy besluite moet neem, of jy worstel met goed … asof dit nie elke dag is nie!?

En dit help as jy plek en tyd maak vir ander om saam met jou die pad te stap.  Veral vir ons families: die dissipline van huisgodsdiens kan bestaan in die deel met mekaar van ons joernale.  Dit kan ook ‘n welkome afwisseling vir kleingroepe wees om vir ‘n tyd spesifiek hierop te fokus.

Laat elkeen kom met dié een ding wat die week in stiltetyd duidelik geword het, en dit met mekaar te deel.  Dit kan soms ook ‘n vraag wees, of ‘n gebedsversoek, of ‘n stuk leed en hartseer waarmee geworstel word.

Maar dit begin by stiltetyd … en ‘n joernaal.

UITDAGING

Ek sluit af.

Christen wees is Volgeling wees.

Volgeling wees is om ‘n Koringplant te word.

Die koringkorrel moet in die grond val, en dit moet ‘n koringplant word, lewe ter wille van ander.

Begin met ‘n joernaal om dié reis neer te pen, sodat dit ‘n getuienis vir jouself kan wees van die proses waarin jy ‘n volwasse volgeling van Jesus Christus word.

“Hulle het hulle HEELHARTIG toegelê …”

KINDERTYD (vooraf)

Wat is dié?

‘n Scrapbook.

Ja – dit is ‘n verjaardag maatjie s’n.

Maar daaroor so ‘n bietjie later.

IN JESUS SE VOETSPORE

Die sesjarige Len was gedurig op sy ma se hakke, so veel so dat sy selfs amper op ’n keer oor hom geval het!  Sy raas toe en vra hom of hy nie liewers buite wil gaan speel nie.  Sy antwoord aan haar was dat hy liewer saam met haar wil wees!

Toe sy egter die hoeveelste keer op sy tone trap, het sy haar geduld verloor en gevra:  “Hoekom tree jy so vreemd op?”

Toe kyk Len sy ma in die oë en antwoord:  “Wel, juffrou het gesê ek moet in Jesus se voetspore loop.  Maar ek kan nie vir Jesus sien nie, so nou loop ek maar in Mamma s’n!”

Mooi storie nê?!

VOLG MY!

Want die Bybel sê mos: ons moet in Jesus se spore loop. 

Onthou julle nog hoe julle laasweek agter oom Deon aangeloop het.

Die Bybel sê ons moet vir Jesus volg.

Hoe doen ‘n mens dit?

Bid, Lees, Dien, Praat, Lief, ens.

Ek wil vandag vir julle iets voorstel wat julle nog baie in julle lewe gaan help om Jesus te volg.

‘n Mens kan nie vroeg genoeg daarmee begin nie!

Kom ons kyk nou in hierdie Scrapbook.

Ons hou ‘n Scrapbook van alles in ons lewe – van jou geboorte, van jou verjaarsdae, van plekke waar ons vakansie gehou het, van groot partytjies of feeste wat ons hou.

  • Hier is Jan se geboorte – hy is sowaar 19 jaar oud vandag.
  • Hier is Jan se doopdag 31 Desember 1989.  
  • En hier is sy kamer.
  • En hier sy eerste verjaardag.
  • En hier sy matriekafskeid.

Nou ons kan ook ‘n Scrapbook hou van hoe ons Jesus volg in ons lewe.

Wat sit ‘n mens daar in?

  • Jy kan foto’s van jou ma en pa daar sit – want as Hy nie vir hulle bymekaar gebring het nie, was julle nie hier nie!  Dit sê iets van wat Jesus vir jou gedoen het.
  • Jy kan foto’s van jou doop daar sit – want toe het God gesê, Hy is baie lief vir jou en Hy maak jou sy kind.
  • Jy kan daarin skryf van gebedsverhorings.
  • Jy kan daarin skryf van ‘n Bybelteks wat jou vir mooi is.
  • Jy kan daarin skryf van kere wat die Here vir julle baie goed was.
  • Jy kan daarin skryf van tye wat die Here julle uit gevaar gered het.
  • Jy kan daarin skryf van ‘n tyd wat jy gehoorsaam was en vir Jesus gevolg het en wat toe gebeur het.
  • En jy kan plak, teken, skryf – enige manier!

En so kan ‘n mens in die Scrapbook alles sit wat vir jou sê: Jesus is in my lewe. Ek volg Hom.

En as ‘n mens eendag twyfel, of dit gaan swaar, of jy wil weet wat moet ek nou doen, dan kan jy kyk in jou Scrapbook.

Julle gaan nou begin met ‘n Scrapbook by die toepassing – maar miskien moet julle vir julle ma’s en pa’s vra vir ‘n groter boek wat julle langs julle bed kan hou sodat dit sommer vir die res van jou lewe gebruik kan word.

By die SKRIFLESING

U weet nou al heel goed, die tema van ons kwartaal is die woorde van Handelinge 2:42: “Hulle het hulle HEELHARTIG toegelê …”  Dit verwoord die reaksie van die 3 000 nuwe volgelinge van Jesus wat met die eerste Pinksterdag hulleself aan Jesus en aan die gemeenskap van gelowiges verbind het. 

In die Grieks word die woordjie proskartereō gebruik. 

Dit beteken ‘n toewyding en fokus van gedagtes en gedrag, van volharding en deursettingsvermoë, van aanhou ten spyte van, van onafgebroke jouself te gee vir iets, om vas te byt en deur die pyngrens te breek, om alles te doen wat dit van jou vra. 

Paulus gebruik die woord op ‘n punt in sy mentorskap teenoor Timoteus, waar hy vir hom sê hy moet aanhou om die Bybel in die openbaar te lees (1 Tim 4:13), hom toe te lê daarop, daarin te leef … want daardeur sal hy homself red EN dié wat na hom luister.

Dít is die Christelike weg.  Dít is wat dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees.  Dít is wat dit beteken om Sy afdruk op jou lewe te hê.

Maarten Luther het mos gesê: “God se Woord is nie ’n Leeswoord nie, maar ’n Leefwoord!”

Johannes 12:22-26; Handelinge 2:42

EKSTRA STOF
DIE MERK VAN CHRISTUS IN ONS LEWE

Die Griekse woord wat gebruik word in die Bybel vir “voorbeeld” is ook gebruik vir wanneer ’n merk agtergelaat is deur ’n harde hou  (byvoorbeeld wanneer ’n motief op ’n muntstuk geslaan is).  Om Jesus as voorbeeld na te volg, beteken dus dat ons toelaat dat Christus ons lewe merk, soos ’n muntstuk geslaan word, of soos ’n bees gebrandmerk word.  Ons is gemerk deur Christus en ons lewe word bepaal deur Christus.  Alles word bepaal deur die beeld wat op ons ingeslaan is!  Die beeld bepaal die waarde van die muntstuk! 

Dit geld natuurlik ook van alle gelowiges.  Die Heilige Gees het ons lewe gemerk met die lewe van Christus. Wat sien mense in ons lewe raak –  vir ons of Christus wie se voorbeeld ons uitleef?

OM JESUS TE VOLG

Ons toewyding om Christus na te volg moet só sterk wees, dat ons bereid sal wees om ons idee van hoe ons lewens gelewe moet word, en wat belangrik is, en waarvoor ons moet werk, prys te gee. En te luister na wat God wil hê, Hom te dien, soos wat Jesus hier sê, en dit met ons hele hart te doen. 

Jesus gebruik eintlik twee woorde wat mekaar komplimenteer hier in Joh 12:22-26, om God te dien (diakoneō), en om Hom te volg (akoloutheō). Die woord om te volg, is saamgestel uit die eerste letter van die alfabet a wat ‘n deelwoord van eenheid is, en keleuthos (‘n pad) – d.w.s. ‘n mens kan daarin die idee inlees van agter iemand aan te loop, dieselfde pad as hy te volg. 

Dit beteken dus nie dat ons moet of graag sal wil sterf nie, maar dat ons bereid moet wees om enigiets: posisie, besittings, gerief, op te offer – sodat ons God kan dien, en agter Jesus aan kan stap, Hom kan volg, kan doen wat Hy vra, kan gaan waar Hy wys, sy wil en wens te gehoorsaam.  Dit kan selfs beteken dat ons ons lewens verloor om Christus te verheerlik, hoewel vir die meeste van ons dit meer van belang is dat ons bly lewe, maar vir Christus.

IGNATIUS SE STORIE

Ignatius, ‘n biskop van Antiochië in die begin van die eerste eeu n C, was op pad na Rome.  Hy was ter dood veroordeel weens sy geloof in Christus.  Op pad deur Turkye word hy besoek deur gelowiges uit Rome wat hulle invloed wou gebruik om hom van sy vonnis te onthef.

Sy hele lewe het hy geleef vir die Here Jesus en hy was gereed om sy getuienis met sy lewe te beseël.  Daarom het hy nie gedink dat die Romeinse Christene hom ‘n guns sou bewys nie.  Inteendeel.  Dit sou hom verhinder om Jesus te volg tot die einde toe.

Daarom skryf hy in sy brief aan die Christene in Rome, interessant genoeg uit die stad Smirna, hedendaagse Izmir, waar ons sendelinge op ‘n tyd gedien het, die volgende aangrypende woorde: 

“I fear your kindness, which may harm me.  You may be able to achieve what you plan.  But if you pay no heed to my request it will be very difficult for me to attain unto God.”

Al wat hy wil hê van sy mede Christene is dat hulle sal bid dat hy getrou bly, met sy hele hart, aan die pad wat die Here vir hom gegee het:

“If you remain silent about me, I shall become a word of God.  But if you allow yourselves to be swayed by the love in which you hold my flesh, I shall again be no more than a human voice.” (Letter from Ignatius, Romans 1,2-2.1)

Geen wonder dat Ignatius bekend geword het as die “Draer van God” en dat die legende ontstaan het dat hy die jong kind was wat Jesus gebruik het om te illustreer hoe ‘n mens die koninkryk van die hemele binnegaan (Matt 18).

PROSKARTEREŌ IN DIE WOORDEBOEKE –“HEELHARTIG TOEGELÊ”

Enhanced Strong’s Lexicon AV translates as “continue” four times, “continue instant” once, “continue steadfastly” once, “attend continually” once, “give (one’s) self continually” once, “wait on” once, and “wait on continually” once. 1 to adhere to one, be his adherent, to be devoted or constant to one. 2 to be steadfastly attentive unto, to give unremitting care to a thing. 3 to continue all the time in a place. 4 to persevere and not to faint. 5 to show one’s self courageous for. 6 to be in constant readiness for one, wait on constantly.

The New Strong’s Dictionary of Hebrew and Greek Words: to be earnest toward, i.e. (to a thing) to persevere, be constantly diligent, or (in a place) to attend assiduously all the exercises, or (to a person) to adhere closely to (as a servitor):— attend (give self) continually (upon), continue (in, instant in, with), wait on (continually). 

Vine’s Complete Expository Dictionary of Old and New Testament Words:  “to take heed, give heed,” is said of the priests who “gave attendance at the altar,” Heb. 7:13. It suggests devotion of thought and effort to a thing. In 1 Tim. 4:13 (in the exhortation regarding the public reading of the Scriptures), the RV translates it “give heed,” for the KJV, “give attendance.” In Acts 16:14, “to give heed” (for KJV, “attended). See BEWARE, GIVE, No. 17, REGARD.
2. proskartereo (προσκαρτερέω, 4342), “to be steadfast,” a strengthened form of kartereo (pros, “towards,” intensive, karteros, “strong”), denotes to continue steadfastly in a thing and give unremitting care to it, e.g., Rom. 13:6, of rulers in the discharge of their functions. See CONTINUE, WAIT. In the Sept., Num. 13:21.¶

OOR VOLGELINGE

Terloops: Joh. 12:26 wys daarop dat baie mense, onder andere Jesus se dissipels, gedink het dat Jesus net vir die Jode gekom het. Maar Jesus verkaar dat almal wat opreg na Hom soek, welkom is as sy volgelinge, wie hulle ook al is. Sy boodskap is vir almal. Ons mag dus nooit toelaat dat sosiale en rasseverskille struikelblokke word as dit by die verkondiging van die Evangelie kom nie. Die Woord moet na alle mense uitgedra word en alle mense moet welkom wees in die gemeenskap van die gelowiges.

NAVORSING VAN WILLOW WAT OP DIÉ WOORDVERKONDIGING BETREKKING HET (UIT DIE BOEK: FOLLOW ME)
1.  WAT MENSE VAN DIE KERK EN SY LEIERS VERWAG

Gelowiges verwag transformasie en wil die vertroue hê dat die kerk en sy leiers hulle daarmee sal help.

Een van die sleutel verwagtings van gelowiges wat uit die navorsing gekom het, was: “Challenge me to grow and take the next step in my spiritual life.”
Reveal – Where are you? (die eerste boek in die reeks) en Follow Me werk met die “vision gap” tussen 1) waar mense nou is (werklikheid) en 2) waar hulle graag wil wees (visie) op voetspoor van Peter Senge (Fifth Discipline) se navorsing.  Sy tese is dat die gaping tussen werklikheid en visie ‘n “creative tension” veroorsaak wat as sodanig die energie voorsien om die gaping te oorbrug.  Dit is soos ‘n rubberband wat jou vorentoe trek.

Vir verandering om te gebeur, moet die kerk ‘n werkbare plan voorsien om die gaping te oorbrug. 

En dit is die hooffokus van die Follow Me boek se refleksie as opvolg van die vorige boek Reveal – Where are you?:

om te verstaan hoe werklike mense prakties te werk gaan om die geestelike gapings in hulle lewens te oorbrug, sodat die kerk werkbare planne daarvoor kan voorsien.

Die kerk moet dus die gapings in geestelike groei identifiseer en spesifieke stappe aanbied sodat mense die gapings in hulle geestelike groei kan oorbrug.

Uiteraard wil hulle nie ‘n honderd stappe gee nie, maar net die eerste 3 of 4 om ‘n beweging te begin om die gaping te oorbrug.

Leiers moet dus die rol van geestelike breiers inneem om mense te help met die werklikheid (waar is ek?) en die visie (waar wil ek wees?) om hulle eie gapings te kan identifiseer.

  • Dié gapings moet nie te groot gedefinieer word nie, anders sal dit demotiverend wees.
  • Die stappe moet ook verpersoonlik word, sodat mense ingeligte keuses kan maak – “one size does not fit all”.

Wat gelowiges (en leiers) hiermee help is die bril van segmentering. 

Dit word in detail in die eerste boek Reveal – Where are you? bespreek, gebaseer op die navorsing van Copeland en Arnson oor predictiveness.  Dit is ‘n meetinstrument wat in verbruikersnavorsing gebruik word om vas te stel: “the degree to which we can predict whether or not someone is likely to behave in a certain way or to try a new product.” 

‘n Hoë korrelasie tussen houdings en gedrag is “predictiveness”, waaruit segmente (groepe mense met gemeenskaplike eienskappe) geëkstrapoleer kan word.
Die segmente wat uit hulle navorsing na vore gekom het, is:

a.    Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
b.    Groei in Christus
c.    Naby aan Christus
d.    Christus-gesentreerd

Die behoeftes wat mense in dié segmente het, is die volgende:

a.    ONTDEKKERS: Soeker eredienste en geleenthede om met ander te connect
b.    BEGINNERS: Kleingroep geleenthede en basiese persoonlike geestelike praktyke
c.    GROEIENDES: Diensgeleenthede en gevorderde persoonlike geestelike praktyke
d.    CHRISTUS-GESENTREERDES: Mentor geleenthede en ‘n wye reeks van diensgeleenthede

Benewens die metafoor van ‘n rubberband wat jou vorentoe trek, gebruik hulle ook die metafoor van water wat vloei – ons is soos water wat na God toe wil vloei en diep intieme gemeenskap met Hom wil hê – en die kerk moet mense hiermee help.

2.  KATALISATORS

In hulle aanvanklike ondersoek van 200 kerke en 80 000 mense (met die skrywe hiervan het 500 kerke en 157 000 mense al deelgeneem) is vier kategorieë van geestelike katalisators gevind wat mense help om van een fase van geestelike groei na die volgende te beweeg.

Die vier kategorieë is afgelei uit die meting van die impak van meer as vyftig faktore op geestelike groei.

Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander

In die bespreking van dié katalisators fokus hulle op drie bewegings wat mense van een segment na ‘n volgende laat beweeg:

  1. Beweging Een: die vroegste fase van geestelike groei (Ontdekker na Beginner) – veral die aanvaarding van Jesus as die enigste weg tot saligheid (laerskool).
  2. Beweging Twee: die intermediêre fase van geestelike groei (Beginner na Groeiende) – veral waar mense begin om meer aktief in hulle persoonlike geestelike ervarings te word (hoërskool). 
  3. Beweging Drie – die meer gevorderde fase van geestelike groei (Groeiende na Christus-gesentreerde) – veral waar mense begin skuif van ‘n daaglikse bewussyn van Christus se teenwoordigheid en betrokkenheid na ‘n herdefinisie van ‘n persoon se identiteit as Christus-gesentreerd (universiteit).

Die vyf hoof behoeftes is dieselfde vir al drie geestelike groei bewegings:

  1. Help my om die Bybel in diepte te verstaan,
  2. Help my om ‘n persoonlike verhouding met Christus te ontwikkel,
  3. Voorsien stewige programme vir kinders,
  4. Daag my uit om te groei en “next steps” te neem, 
  5. Voorsien “compelling” eredienste.

Belangrike ander bevindinge:

  • ‘n Begeerte dat Jesus ‘n prioriteit in my lewe sal wees (first in my life), is ‘n betekenisvolle katalisator in al drie bewegings, sowel as ‘n groeiende oortuiging van die outoriteit van die Bybel.
  • Die impak van die kerk, soos reeds in die eerste rondte van hulle navorsing bevind, is die hoogste in die eerste twee bewegings van geestelike groei: Ontdekkers na Beginners, en Beginners na Groeiendes.
  • ‘n Verstommende ontdekking is dat diensgeleenthede meer betekenisvol is in geestelike ontwikkeling as georganiseerde kleingroepe!
  • Verdere leer-ervarings oor geestelike temas het ook ‘n betekenisvolle impak in beweging twee (Beginner na Groeiende).
  • Verdere leer- en aanbiddings dienste het ook ‘n betekenisvolle katalisator effek in beweging drie Groeiende na Christus-gesentreerde).
  • Refleksie oor die betekenis van die Bybel vir my lewe is die nommer een faktor in al drie bewegings.
  • Geestelike gemeenskap is ‘n kritiese katalisator vir geestelike groei in al drie geestelike groei bewegings.  Dit skuif wel van meer spontane vriendskappe na sterker mentor verhoudings wat meer verantwoording asook meer risiko’s impliseer.
  • Alle segmente sê dat geestelike vriendskappe hulle mees belangrike bron van geestelike gemeenskap is.

Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08

 

Dit strook met die bevindinge van Willow Creek:

  • Die behoeftes wat mense aan die begin van hulle geestelike reis het, is om te connect.  Daar moet ‘n connection wees met Jesus, en ‘n connection met ander wat die pad saam kan loop.  
  • Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en leer ken, so belangrik.  Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense, skuif hulle van ontdekkers na gelowiges, skuif hulle van beginners na groeiendes.

En dié connection het met geloof in Jesus te make, en veral met ‘n besig wees met die Bybel, die vanilla faktor in geestelike groei.

Is dit nie ook wat nou onlangs hier gebeur het met oom Angus Buchan se byeenkoms nie?  21 000 mense by die atletiekstadion wat connect aan Jesus en ‘n besondere band met mekaar ervaar.

Maar dit is lewensbelangrik dat die connection in die gemeenskap van gelowiges in die kerk voortgesit sal word, met die Bybel en met die gemeenskap van gelowiges.  Want die plek waar Christene begin om geestelik te groei, veral aan die begin van hulle reis, maar eintlik regdeur die reis, is in die saam, heelhartige toelê op die leer van die apostels, en die onderlinge verbondenheid, die saam-eet en die saam-bid.

Ek het met ‘n hele paar mense in die week gesels wat by Angus se byeenkoms was.  En daar was baie positiewe kommentaar, sommige met ‘n paar konstruktiewe opmerkings.  Die volgende stap is nou om in te skakel, om met jou hele hart deel te raak van die gemeenskap van gelowiges, hier by ons, of waar die Here jou ook al lei.

Kyk, ons kan nie agter Angus aan toer nie – al sal dit lekker wees om 200 000 of 300 000 mense volgende jaar in Natal bymekaar te sien.  En as jy dit kan doen – “by all means”.  Maar die bergtop ervaring van so ‘n byeenkoms moet in geestelike groei oorgaan, wat te make het met die dissipline om saam te wees, saam te lees, saam te eet, saam te bid, en saam te bedien.

Ek wil jou uitdaag – as Jesus vir jou belangrik is, en jy ‘n nuwe commitment aan Hom maak, skakel dan in die gemeenskap van gelowiges in.  Raak deel van ons saam-lees, saam,-wees, saam-eet, saam-bid.

En as jy ingeskakel is, reik uit na dié wat nog nie in ‘n groep is nie.  Doen moeite!  Dit is die evangelie!

Connect!

TWEEDE FASE: INOEFENING

Die tweede fase is INOEFENING. 

Dis interessant – die volgende hoofstuk in die verhaal van die eerste kerk – het te make met ‘n genesing wat sterk teenstand uitlok.  Petrus en Johannes gaan saambid by die tempel, bid dat die Here ‘n verlamde man genees, en die Joodse raad kom in aksie, dreig hulle en probeer hulle stil maak.
En die vraag vir die gelowiges onmiddellik is: wat doen ek wanneer ek teenstand kry as ek goed doen?

En die antwoord kom as hulle die dissipline van gebed beoefen.  As die gelowiges saambid en vir die Here vertel van die vroeëre sameswering van Herodes, Pilatus en die huidige groeiende teenstand Joodse Raad teen die boodskap van Jesus, en hulle verbind aan die Here om Hom te dien al is daar ook hoe baie dreigemente, dan skud die plek waar hulle saam is, en word hulle met die Heilige Gees vervul en met vrymoedigheid om die Woord van God verder te verkondig.

Hulle beoefen dus die geestelike dissipline van intersessie, wat hulle geestelik versterk.  Hulle geloof skuif al hoe meer van ‘n passiewe ontvang van God se gawes, na ‘n aktiewe betrokkenheid by wat met die evangelie gebeur in die wêreld.  Hulle doen saam die dinge wat ‘n aktiewe persoonlike en intieme verhouding met Christus voed.

En let op, dit is toenemend ‘n twee-rigting verhouding.  Hulle praat nie net met God nie, maar hulle luister ook na Hom en ervaar gebedsverhoring en die vrymoedigheid om verder getrou en gehoorsaam aan God te bly.  En as ‘n mens die gebed gaan ontleed (4:24-30), kom jy agter dat hulle gebed deurspek is van Skrifverwysings.  Hulle bid die Woord, hulle reflekteer daaroor, hulle bring dit in verband met wat so pas by die Joodse Raad gebeur het, en dit bring transformasie by hulle.  Hulle denke en hulle lewe verander.

En die jong gemeente se mense groei deur hierdie inoefening.  ‘n Mens sien hulle worstel met die dissipline van rentmeesterskap, meer spesifiek, die verkoop van grond.  Josef, of meer bekend as Barnabas, van Siprus, wat later in Egipte saam met Johannes Markus ‘n groot rol sou speel, verkoop ‘n stuk grond en skenk dit.  Baie meer as ‘n tiende (terwyl dit ook vandag tiende maand dankoffer is).  En Ananias en Saffira, wat so graag ook soos hy offervaardig wil wees, verkoop ook ‘n stuk grond, maar jok oor hulle bydrae, en dra die prys.  En die gemeente raak bewus van die erns van hulle commitment en van die dissipline van rentmeesterskap.
En dieselfde gebeur met die dienslewering aan die weduwees, waar hulle moes leer om struktuur te gee aan hulle omgee vir mekaar.

Oefen, oefen, oefen. Nog steeds natuurlik ge-connect aan mekaar.  Maar nie as ‘n eenmalig ervaring nie.  Aan mekaar en aan mekaar, treetjie vir treetjie, saam met mekaar.

Sonder hierdie inoefening van die geestelike dissiplines kan ‘n gemeente, kan ‘n gelowige, nooit volwasse word nie.  En dit is nooit te laat om te begin nie.
Kom ons vul sommer nou die Gemeenskaps barometer in:

Waar is jy nou, op hierdie oomblik in jou connecting aan Jesus en jou connecting aan jou medegelowiges?

GEMEENSKAP BAROMETER

Dink na oor wie of wat in die gemeenskap met ander gelowiges vir jou die meeste beteken.  Lys tien verhoudings, aktiwiteite, plekke of ervarings met ander gelowiges wat aan jou lewe betekenis gee.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Watter hiervan het in die laaste drie maande, ses maande, jaar gebeur?

Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié lewe-gewende verhoudings, aktiwiteite, plekke en ervarings met ander gelowiges?

“Jesus never wrote a book; He formed a community”  Lesllie Newbigin

DERDE FASE: BEDIENING

Maar dit is nog lank nie al nie.

Die geestelike pad se fokus is nie op die begin nie.  Dit is op die eindpunt.  Dit is nie op die ervarings per se nie.  Dit is om die krag van die Gees, die belofte wat Jesus gegee het reg in die begin van Handelinge, om ‘n getuie vir Jesus te wees, in Jerusalem en Judea, in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld te gaan verkondig.

Dit gaan nie om jou nie, hoe moeilik dit ook al is om te verstaan.  Die koringkorrel moet ‘n koringplant word.  Die ontdekker moet ‘n beginner word.  Die beginner moet ‘n groeiende word.  Dit groeiende moet ‘n Christus-gesentreerde word.

Die derde fase van geestelike groei is dat gelowiges Christus-gesentreerd word en met oorgawe begin dien in ‘n bediening.

Baie keer is dit op hulle eie of met ‘n klein groepie super-committed (connected!) mense rondom hulle. 

Jy sien hulle by die Joodse Raad (hfst. 7) – ‘n Stefanus wat getrou bly ten spyte van die klippe wat op hom reën.

Jy sien hulle by die gemengde ras van die Samaritane (hfst. 8) – ‘n Filippus wat groot blydskap vir ‘n veragte volk bring, al is daar ouens wat wil geld maak daaruit.

Jy sien hulle by die Ethiopiese man (hfst. 8) – weereens Filippus  wat die ras-grens oorsteek en ook nog ‘n ontmande, en die evangelie aan Afrika bring.  Afrika is eerste, voor Sirië, en Turkye, en Griekeland en Rome en die res van Europa, al met die evangelie bedien, en elke nuwe biskop van Ethiopië sou vir eeue deur die woestyn na Alexandrië reis vir ‘n aanstellingsprosedure.  Geen wonder dat baie kerke in Afrika hulleself Ethiopiese kerke noem nie, want hulle wil die band met daardie eerste kerstening beklemtoon.

Jy sien hulle by die Romeinse soldate – ‘n Petrus wat sy vooropgestelde idees oor wie in is en wie uit moet laat vaar, sodat Christus ook van sy lewe die sentrale punt kan word.

En so kan ‘n mens die hele Handelinge deurblaai: Paulus, Barnabas, Silas, Timoteus, Lukas, Markus, Petrus ensovoorts, ensovoorts.

Dit is asof die geskiedenis vir ons leer – dit is hoe dit werk in die koninkryk.

  • Mense connect aan Jesus en aan mekaar.  
  • Hulle groei saam en leer saam en eet saam en dan …
  • dan begin die bediening, van mense wat eenvoudig hulle lewens nie meer as so belangrik beskou nie, maar hulle lewens weggegee vir die saak van Christus.  En geen geld of eiendom is ontsien nie, en geen opoffering was te groot nie, en geen grens te ver om oorgesteek te word nie.
  • Insiggewend hoeveel keer die grense sosiale en kultuur grense was.  Die kerkhistorici wys juis uit dat gemeentes wat dit regkry om Christus-gesentreerd te begin lewe, wat grense van kultuur en stand en klas oorsteek, dié gemeentes is wat gegroei het.  En dié wat dit nie gedoen het nie, maar laer getrek het om hulle eie kultuur en stand en klas het gekwyn en doodgegaan.

Ek sluit af:

Jy hoef nie nou te wees waar Filippus was nie.

  • Miskien is dit vir jou net nodig vandag om te connect.  Jesus is jou antwoord.
  • Miskien het jy met Hom ge-connect, miskien by Angus.  Dan is inskakeling, connection, met ander gelowiges jou antwoord.  En moet jy die dissiplines van lees, en bid en eet saam met ander en natuurlik op jou eie begin beoefen.
  • Miskien het jy al ge-connect met Jesus en met jou medegelowiges en oefen jy al jare … dan is dit tyd vir bediening.  Die kerk kan jou nie daarmee regtig help nie. Dit is iets wat jy by die Here moet hoor.  Maar die kerk het ‘n rol – dit is een van afrigting, van begeleiding, van mentorskap, van ‘n platform gee vir die uitlewe van jou bediening.

Dit is tyd om te kies: Jesus, jou Gemeente, jou Bediening.

Laai die joernaal hier af.

1 Sam 3 – Son 18 Jan 09

Die gevaar om in die kerk te slaap
Iemand het voorgestel dat ’n goeie titel vir ‘n preek oor hierdie episode in Eli se lewe, sou wees – “Die gevaar om in die kerk te slaap”. 
Dit laat dink my aan die ou storie van ’n man wat baie lief was vir slaap in die kerk.  Die predikant was later so gefrustreerd met die man se geslapery tydens sy preek dat hy besluit het om die man ’n lessie te leer.  Die predikant se eentonige manier van preek het die man gou-gou gesus tot in ’n diepe slaap.  Die predikant het hierna vir die gemeente gesê:  “Almal wat hemel toe wil gaan, staan op!”  Almal het opgestaan behalwe die slapende man.
Die predikant het almal laat sit en toe gevra:  “Almal wat hel toe wil gaan…” hy het sy vuis op die kansel hard geslaan en hard geskreeu:  “… Staan op!”
Die slapende man het met ’n gesnork wakker geskrik en penorent gespring – en die res van die gemeente het omtrent gegiggel.  Die man het rondgekyk na al die mense wat bly sit het en toe na die predikant gekyk en gesê:  “Dominee, ek weet nie waarvoor ons stem nie, maar dit lyk of ek en jy die enigstes is wat ten gunste daarvan is!”
Maar … Samuel het net soos Eli in die kerk, dit is nou letterlik in die tempel geslaap … en anders as Eli, het hy daar God se stem gehoor.  
Agtergrond: 
U ken die verhaal goed.  
Net om die breër prentjie eers te skets: 
  • Die eerste boek van Samuel vertel die verhaal van die eerste koning van Israel, Saul. 
  • Die tweede boek vertel die verhaal van Dawid, die tweede koning.  En die boeke word na Samuel vernoem omdat hy hierdie twee konings gesalf het.  
  • 1ste Konings vat die verhaal dan verder met Salomo en so aan met die res van die konings van Israel en later die Suid-ryk en die Noordelike ryk.
Hoofstuk 1-7 van 1 Samuel vertel die begin van die verhaal, die verhaal van Samuel en later die verhaal van die ark. Samuel is ‘n unieke karakter, gelyktydig priester, profeet en rigter (leier-koning), gebore uit ’n vrou wat nie kinders kon hê nie, wat uit dankbaarheid teenoor die Here, hom in die sorg van die priester Eli gelaat het om voltyds in diens van die Here te staan.  
Waar Eli se seuns ’n goddelose spul was, het Samuel die guns van die Here geniet.  
Hoofstuk 3 vertel nou hoedat die Here hom geroep het om as ’n betroubare profeet op te tree. 
Uitleg: 
In die eerste vers word dit duidelik gemaak dat die Here nie meer gereeld met Sy volk deur profete of priesters gekommunikeer het nie.  Waarskynlik is die rede hiervoor die sonde van Eli en sy familie, soos bekendgemaak in hoofstuk 2.  In die sewe, agt jaar wat Samuel onder toesig van Eli in Silo was, het die woord van die Here net een keer tot iemand gekom.   
Soos talle kere in die heilsgeskiedenis, sou God dan ook hier nie deur Eli, die ervare priester, met Sy volk praat nie, maar deur die geringste – die jong seun Samuel.
Die verhaal van God se roeping van Samuel begin toe hy in die tempel by die ark geslaap het, en die bejaarde Eli (sy oë was al swak – in 4:15 is hy basies blind en 98 jaar oud) op sy beurt in ’n kamer langs die tempel geslaap het.  Die priesters se slaapplek was in vertrekke langs die tempel sodat hulle ook snags kon toesig hou (vgl. Eks. 33:11).   
Vroeg in die môre het die Here na Samuel geroep.  Die lamp waarna hier verwys word (vers 3) moes deur die nag in die tempel brand en is eers in die môre, wanneer dit lig word, geblus (sien Eksodus 27:21).  
Nadat God drie keer na Samuel geroep het – en hy Eli gaan pla het – besef Eli dat dit God is wat na die jong seun roep.  
Gevolglik gee hy aan hom leiding, eintlik ‘n soort liturgiese stukkie raad, oor hoe hy moes antwoord (Praat, Here, u dienaar luister) indien die Here hom weer sou roep.  
Interessant is dat in die oorspronklike Hebreeuse manuskrip, Samuel die vierde keer antwoord sonder om die woordjie “Here” te gebruik, hy sê net: “Praat, u dienaar luister” – dalk omdat hy nog onseker was of dit werklik die Here was wat met Hom gepraat het.  Die woord is in die Afrikaanse vertaling bygevoeg.
Dit is dus duidelik dat Samuel op die stadium nog nie die Here waarlik geken het nie.  God kies iemand wat as’t ware van onder af kan begin om ‘n pad met Hom te loop.  En dit is ook interessant dat dit wil lyk asof daar nie net ‘n stem was nie, maar een of ander verskyning van die Here.  Die skrywer vertel dat die Here gekom het (vgl. Deut. 33:2; Ps. 50:3), gaan staan het (vgl. Eks. 34:5; Num. 22:22) en dan vir Samuel twee keer op sy naam (amper soos met Moses in Eks. 3:4) geroep het.
Die eerste boodskap wat Samuel as profeet moes bring, was ’n harde boodskap.  Eli se seuns wat die offerdiens by die huis van die Here oneer aangedoen het, sou sterf.  Die Here maak dit duidelik dat geen versoeningsoffer hulle sondes kon uitwis nie, want hulle het die offers ontheilig.
Eli word ook nie gespaar nie.  Omdat hy hulle laat begaan het, word hy saam met hulle veroordeel.  Tot Eli se krediet aanvaar hy God se oordeel oor sy versuim om sy seuns te straf in geloof (vers 18).
Die gedeelte sluit af met ’n oorsig van Samuel se grootword jare.  Die belangrikste is dat die Here by hom was en dat Hy nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat het nie.  En waar die Here se woord in die begin afwesig was in die land, het dit nou “van Dan tot Berséba” (so in die Hebreeus) onderskeidelik die noordelike en suidelike grens van Israel – weerklink. 
Hoe klink God se stem?
 Dit laat dink my aan die storie …
’n Jong kind het ’n spontane vraag tydens ’n erediens gevra.  Dit het gebeur toe die kinders almal kansel toe gekom het vir die kindertyd.  Voor die predikant haar eerste woorde kon sê, het die seun gevra:  “Hoe klink God se stem?”
Almal in die gemeente het gewag op die predikant se antwoord op die vraag “Hoe klink God se stem?”
Sy het stadig begin praat:  “God se stem klink soos …” terwyl sy ’n skietgebed bid:  “Here, help asb!” 
Sy het weer begin: “Die stem van God klink soos jou beste vriend, soos iemand wat vir jou lief is, soos iemand wat jy vertrou, iemand met wie jy dinge kan deurpraat. Die stem van God klink soos jou ma of pa of gunsteling “baby sitter” wat jou troos as jy in die nag ’n slegte droom gehad het. Jy hoor hoe hulle langs jou bed praat:  “Alles is okei.  Alles is reg.  Ek is hier langs jou.” 
En ons kan ‘n paar ander maniere byvoeg, God praat deur Die Bybel, deur ’n boek, deur ‘n fliek, deur musiek en die natuur. 
Herkenning
Soms is dit maar moeilik om God se stem te herken; soos in Samuel se geval.  Samuel was besig om te leer hoe om na ‘his Master’s voice’ te luister.  Dit is ons probleem ook.  Dan het ek en jy vriende of ander mense nodig om ons daarmee te help – soos Eli vir Samuel gehelp het.   
Versigtig vir die komitee in jou kop!
Jan Johnson waarsku dat ‘n mens in jou luister na God versigtig moet wees vir die stemme van die “komitee” in jou kop! Sy noem hulle “your worst interrupters” (Savoring God’s Word p 76). Hulle maak God se stem na, maar is eintlik deel van een of ander gebrokenheid in jouself.
Die een komitee-lid wat my tref in haar lysie is “The rescuer” – die een wat voorstel dat jy betrokke raak by alles en almal … sodat hulle jou kan waardeer! “As a result, busyness is next to godliness.”
Daarom sê sy: “If you think you hear God saying in every passage, ‘Help people until it exhausts you. Make people happy.’ that is not God but your rescuer sabotaging your meditation.”
Sy stel ook voor dat ‘n mens nie die stemme moet probeer uitdoof nie, maar moet herken vir wat hulle is. En dan: “gently escort (them) to the door of your heart”, terwyl jy bv. vir die “rescuer” sê: “God shows up in every catastrophe. Sometimes God asks you to come along; other times, you stay behind.”
Mense maak dit ook nie altyd maklik met hulle skeptisme nie.
Lili Tomlin, die Amerikaanse komediant, het ’n pittige opmerking gemaak:  “Why is it when we talk to God, we call it prayer, but when God talks to us, we say you’re schizophrenic.” 
God praat vandag nog met mense. God praat nie net met ons op een manier nie, wees oop vir Sy metodes!  Ons kan dus elke môre vra, “Here, laat my vandag U stem hoor.”
Hulp dié kwartaal
Didage gaan aan – en elkeen van die aanbiedinge het in ‘n mindere of meerdere mate iets oor die herkenning van die stem van die Here. 
Gehoorsaamheid
Maar nou vir iets baie kosbaar.  
C.S. Lewis het gesê:  “There are two kinds of people in the world: those who respond to God saying, ‘Thy will be done, God, have it Your way’ and those to whom God says, ‘All right, then, have it your way.’”
As ‘n mens die Here se stem hoor, en jy doen nie wat Hy sê nie, dws jy is nie gehoorsaam nie, dwarsboom jy jou herkenning van die Here se stem.  Dit is wat met Eli gebeur het – Hy het die stem van die Here geken … maar met tyd ongehoorsaam geraak daaraan … en toe die herkenning van die stem van die Here verloor (have it your way).
Gehoorsaamheid herstel nie net jou verhouding met die Here nie.  Dit is die enigste wyse waarop jy sal voortgaan om die stem van die Here te hoor. 
Hoe kan ons gehoorsaam?
 Nou wat vra die Here van ons?  Wat is die dinge waaraan ons gehoorsaam moet wees?  Wat is die dinge wat ons moet doen, sodat ons die woord van die Here kan hoor en herken?
Wel ons hoef net te doen wat Samuel gedoen het.  Hy illustreer wat elke kind van God moet doen.  Hy was ’n koning (reg laat geskied – in die uitvoering van sy pligte), Hy was ’n priester (liefde en trou bewys – in sy omgee vir mense) en Hy was ‘n profeet (bedagsaam gelewe voor God – wat ingesluit het dat hy die woorde van God met sy mense gedeel het). 
En dit is wat Miga in hfst. 6:8 verduidelik:

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dis God se BTW vir die lewe:
Beoefen regverdigheid en billikheid.
Toon liefde en trou.
Wandel met God.
Micah 6:8 The Message:

But he’s already made it plain how to live, what to do, 
what God is looking for in men and women.
It’s quite simple:  Do what is fair and just to your neighbour,
be compassionate and loyal in your love,
and don’t take yourself too seriously – take God seriously

Miga 6 : 8 se kinder parafrase

Play fair (reg sal laat geskied) – Koning
Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester – Wounded & Gentle Healer
Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet

1.  Om Koning te wees – het te maak met jou daaglikse lewe – jou werk, skool, universiteit , wat ook al. Hoe pak jy dit aan? Is ‘play fair’ deel van jou aanslag? Die aksent is op play & fair – speel én regverdig.  Dit beteken dat ons die wêreld aan die kant sal maak sodat mense daarin kan speel!
Luther was lief om te sê:  “God melk die koeie deur jou.”  M.a.w. alles wat jy doen, is potensieel ’n roeping van God.  God wat deur jou wil werk.  Somtyds kan dit moeilik wees om in ons daaglikse doen en late te sien dat dit ’n roeping van God af is.
2.  Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester 
Beoefen liefde in alles wat jy doen!  Gee liefde vir mense, maar as jy dit nie kan regkry nie, sal jy dan ten minste probeer om niemand seer te maak of kwaad aan te doen nie?
Dit was Winston Churchill wat die wyse woorde kwyt geraak het:  “We make a living by what we get, but we make a life by what we give.”
3.  Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet
Lees die Woord daagliks (Deut. 29:29) – leer meer hoe God is, en wat vir Hom belangrik is.  Hoe beter ons God se denke, motiewe en maniere leer, hoe meer sensitief sal ons wees om Sy wil te gehoorsaam.
Lees My woord, Hê My Woord lief, Leef my Woord.
Die gevolg van sulke optrede?
As ‘n mens dié dinge doen, as jy só gehoorsaam raak, dán kom daar meer spesifieke opdragte van die Here, wat maar net meer spesifiek uitvoering gee aan play fair, be nice en hold God’s hand.
Om jou roeping na te kom, jou spesifieke roeping as gelowige (en dit is ook waar van ons as gemeente), begin by die algemene goed, en dan word dit meer spesifiek.
Ek sluit af – wat kan ‘n mens verwag as jy begin om te luister en regtig te doen?
Die volgende storie verduidelik iets daarvan:
’n Klomp teologie studente is in die studie lokaal deur hulle dosent betrap waar hulle sit en Dambord speel – in plaas van om die Bybel te bestudeer soos hulle veronderstel was om te doen.  Baie verleë is hulle toe gou agter die boeke in.  Maar die dosent  glimlag en sê hulle hoef nie skaam te wees nie, want as hulle mooi kyk, sal hulle God se wette kry waar hulle hulleself ook al mag bevind.
Hy vra hulle toe of hulle die drie reëls van Dambord ken.  Natuurlik, het hulle gedink, hulle ken die reëls van die spel wat hulle speel!  Maar nie een was so voorbarig om te lyk of hy die dosent wil leer nie.  Daarom gee die dosent, ’n student van die  Bybel en teologie, vir hulle die reëls van Dambord deur:
Eerstens, sê hy, ’n mens mag nie twee skuiwe tegelyk maak nie.  
Tweedens, ’n mens mag net vorentoe skuif.  
En Derdens, as ’n mens die laaste ry  bereik het, kan jy skuif net waar jy wil.
Dit, sê hy, is wat die Bybel ook leer. Toe stap  hy weer uit.
Eers baie later het die studente besef wat hulle daardie dag deur Dambord geleer is:  
1. Hulle moet nie hulle lewens versmoor deur meer as een skuif op ‘n slag te probeer maak nie, 
2. Hulle moet hulle doel, dit waaraan hulle werk (in Miga se woorde: play fair, be nice, hold God’s hand), duidelik voor oë hou,
3. en dat hulle eers waarlik vry gaan wees as hulle by die laaste ry uitkom. As hulle God en hulle naaste liefhet soos hulleself.