Skip to main content

04 Bid die Woord

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Die vierde element van gebed vloei uiteraard voort uit die vorige elemente. Waar ons deur aanbidding en wag op die Here in sy teenwoordigheid gekom het, en ons alles wat skeiding maak tussen ons uit die weg geruim het, kan ons die beloftes van die Here aangryp en in gebede omskep.

Die vierde element is dus om die Woord te bid. Veral waar ‘n mens reeds op die Here gewag het en ‘n belofte van Hom gekry het. Hierdie deel van die gebed is gemik daarop om waar jy reeds ‘n belofte gekry het, die Here doelbewus te herinner aan sy beloftes.

Ons lees in Jesaja daarvan:

6 Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie ‘n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! 7 Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem ‘n loflied op aarde gemaak het! (Jes 62:6-7)

Dit is ‘n merkwaardige opdrag hierdie van Jesaja:

6Gun julleself geen rus nie … 7maar gun Hom ook geen rus nie … totdat Hy haar gevestig het!”

Totdat God sy belofte nagekom het om Jerusalem – die geloofsgemeenskap – ‘n loflied op aarde te maak.

Continue reading

06 Tree in

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Ons kom by die sesde element van gebed, om “in te tree” vir, om voorbidding te doen.

Die Hebreërskrywer beskryf Jesus se bediening in die hemel so:

“Hy leef altyd om ter wille van hulle in te tree” (Hebr 7:25).

Andrew Murray sê hieroor dat alle groei in die geestelike lewe verband hou met ‘n groeiende insig in wat Jesus vir ons is. Hoe meer ek besef dat Christus alles vir my en in my moet wees, dat alles in Christus wel vir my is, hoe meer leer ek die werklike geloofslewe leef.

Continue reading

07 Vra

Ons kom by die sewende element van gebed: Vra (Youtube).

Ons Vader

Andrew Murray sê daar is eintlik net twee tipe gebede – gebed vir persoonlike behoeftes, en gebed wat vir ander intree by God. En hy moedig ons aan om meer van voorbidding vir ander te maak as van gebed vir persoonlike behoeftes (Met Christus in die skool van gebed).

Ons kan egter vrymoedigheid neem om te vra, selfs vir baie persoonlike goed.  En ons moet net onthou dat selfs in gebed vir persoonlike behoeftes is dit in die konteks van “ons” behoeftes.

Dit is soos die Here Jesus vir ons geleer het. Nadat ons vir “God” se Naam, koninkryk en wil gebid het, bid ons ook vir “ons” brood, vergifnis, bewaring en verlossing:

11 Gee ons vandag ons daaglikse brood. 12 En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan. 13 En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. (Matt 6:11-13)

‘n Paar opmerkings oor hierdie drie gebede:

Continue reading

08 Sê dankie

Belydenis

Na die gewigtige gebede van waak en voorbidding kom ons by die dankbaarheid en vreugde wat God in ons hart gee, omdat Hy ons hoor en ons ook verhoor.

Die agtste element is: Sê dankie (Youtube).

Ons sien dit in Paulus se aanmoediging van die Kolossense om te volhard in gebed, om te waak en te bid, en dit dan af te sluit met ‘n oproep tot dankbaarheid.

2 Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. (Kol 4:2)

Continue reading

09 Sing

Ek wil jou amper wed dat jy nie gedink het “sing” gaan een van die temas van gebed wees nie – J. Of miskien is dit net ek wat nie voorheen daaraan gedink het om dit in te sluit in my lering oor gebed nie!

Tog, as ek terugdink aan tye en plekke waar ek die Here se teenwoordigheid op besondere maniere ervaar het, het dit talle kere met musiek en sang te make gehad.

Ek onthou, ‘n jaar gelede dat, ek ‘n keer in ernstige gebed was op ‘n retraite. Gelukkig nie naby mense nie. En ek bewus geraak het van God se teenwoordigheid wat my binnekant tot rus gebring het. Die volgende oomblik het ek ‘n bekende melodie onthou en my eie woorde daarvoor geskryf en dit daar en dan gesing.

Vader, U is genoeg vir my

Vader, ek kom tot rus by U

Vader, U kan voorsien vir my

Vader, ek kom niks kort by U

Vader, U is genoeg vir my.

Ons kom dus by die negende element van gebed: Sing (Youtube).

Continue reading