Dag 4 – Hoe dit werk – 29/10/09
Lees Matteus 6:19-21
Om by jou waardes te hou, kan jou duur te staan kom. Daarom raai Jesus sy dissipels aan om te focus op waardes wat ewigheidswaarde het. Die kernwaarde wat jou lewe moet rig, is die vraag: “Stel wat ek doen vir God tevrede?” Elke ander waarde is daaraan ondergeskik. Maak hierdie waarde jou diepste filosofie van die lewe.