Skip to main content

Dag 1- Om met toewyding te leef

Lees Romeine 12:1-2

As navolgers van Christus behoort ons aan niks of niemand meer toegewyd of oorgegee te wees as aan die Here nie.  Paulus doen ‘n ernstige beroep namens God op ons om onsself aan die Here oor te gee.  Op grond van wat die Here reeds vir ons gedoen het (sy genade waardeur hy ons van ons sondeskuld verlos het en waardeur ons daagliks geheilig word en waardeur ons ook eendag verheerlik sal word) moet ons ons nou as lewende offers aan die Here gee.  Met ander woord, ons moet hierdie genade van God toelaat om verder in ons te werk sodat dit (die genade) ons tot  ‘n algehele toewyding kan bring.

Om jouself aan God toe te wy, beteken om jou selfsugtige begeertes en ambisies te laat vaar terwyl jy daarna streef om in ooreenstemming met God se wil te leef.  Hierdie toewyding beteken dat ons onsself en ons vermoëns tot die Heer se beskikking  stel.  Het jy jouself al so aan Christus toegewy?  Indien nie, oorweeg om dit te doen.  Indien jy dit miskien al gedoen het, hernu dit.

Dag 1 – om met passie ‘n doel na te streef – 23/11/09

Lees Filippense 3:7-14

Paulus het ‘n ongelooflike klomp werk in net meer as twee dekades van sy bediening verrig.  Hierdie gedeelte gee ons insig in wat hom aangevuur het.  Die teks ontplof letterlik van sy passie vir sy roeping, om Christus te ken.  Omdat hy geweet het wat sy doel is, kon hy met oorgawe dit na streef.

Voor sy dramatiese bekering (Hand 9) het hy ‘n ander doel in die lewe gehad.  Sy godsdienstige opleiding, sy afkoms en sy onberispelike Joodse lewe was belangrik om die Jode te beïndruk.  Maar dit alles was nikswerd om as Christen sy doel te bereik: om Christus te ken.  Toe dit sy passie word, was sy vorige lewe se bates hindernisse wat hy moes agterlaat. Dink na oor jou passie en jou doel in die lewe.  Wat is die een ding waarvoor jy bo alles staan?

Dag 2 – Wie God is – 24/11/09

Lees Efesiërs 3:1-21

Ons is beperk in ons begrip van God se doel met die skepping van die wêreld. Sy gedagtes is hoër as ons s’n en sy bedoelinge baie keer vir ons ondeurdringbaar.  Maar iets wat ons van God uit die Skrif kan agterkom, is dat Hy ‘n passie vir ‘n intieme verhouding met mense het.  Dit sien ons al in die tuin van Eden, en op gesette tye regdeur die eeue, waar Hy mense opsoek en met hulle in verhouding tree.  In Jesus se vleeswording sien ons hierdie passie die duidelikste geïllustreer.

Dit sluit in dat God mense uit alle volke een liggaam in Christus wil maak, en daarmee aan die bose magte in die hemelruim iets van die krag van sy liefde ten toon wil stel.  Daarom dat Paulus die hoofstuk as ‘n gebed skryf, omdat dié doel van God hom só beetgepak het, dat Hy bid dat ons almal, mense van alle stamme, tale en nasies, God se liefde sal ken en met sy volheid vervul sal word.  Dink na oor wat die implikasies hiervan vir jou lewe is, as God jou saam met ander mense, van wie jy miskien verskil, wil gebruik om sy doel met die wêreld te bereik. Hoe kan jy vandag die grens begin oorsteek na iemand wat anders is as jy?

Dag 3 – Wie ek is – 25/10/09

Lees 2 Korintiërs 4:7-18

Hoekom staan jy in die oggend uit die bed uit op?  Wat is jou doel in die lewe?  Min mense kan regtig ‘n helder doelwit vir hulle lewe verwoord.  Dit is ironies dat mense baie keer meer tyd spandeer om ‘n twee-weke vakansie te beplan as aan die beplanning van hulle lewensdoel.

Die Bybel is duidelik oor wat ons oorhoofse doel is as gelowiges: om Christus te ken en om Hom aan almal bekend te maak. God wil hê dat ons sal groei in ons kennis van Christus (geestelike groei) en die evangelie sal uitdra aan almal op aarde (geestelike vermenigvuldiging).  God het ook ‘n unieke doelwit vir elkeen van ons wat saamhang met ons gawes, vermoëns, ervaring, en invloedsfeer. Dink verder na oor jou doel in die lewe, en vra die Here om jou te begelei in die doelstelling vir jou lewe wat pas by jou passie en gawes.  Watter geestelike groei doelwite kan jy vir jou vandag stel?  En watter geestelike vermenigvuldigings doelwitte?