Die gelykenisse help ons om nie net met ons ore te luister nie, maar met ons harte; om nie net die woorde te hoor nie, maar die betekenis agter die woorde. Dit daag ons uit om nie net te luister vir die letterlike betekenis wat ons rasioneel kan verstaan nie, maar om te soek vir dié betekenis wat van ons vra om betrokke te raak met die teks.
Dink na oor die manier waarop jy gewoonlik die Bybel lees:
Is jy besig met die woord, of is die Woord besig met jou?
Wat kan jy doen om oper te wees vir die werk van die Gees deur die Woord?

Dink na oor die verskillende maniere waarop die Woord soos saad is.
Gelykenisse word normaalweg nie deur die verteller verduidelik nie (vv 18-23). Gevolglik dink geleerdes dat die interpretasie van hierdie gelykenis deur ‘n tweede geslag gelowiges geskep is.
“Die kerk het altyd met die vertroue geleef dat die Woord van God soos saad is, klein, onopsigtelik en skynbaar selfs onbeduidend, maar inderwaarheid lewend, vol potensiaal en stilweg besig om te ontwikkel en te groei en vrug te dra, wat op ‘n dag tot verwondering en verbasing van almal net sigbaar word, in alle prag. Die boodskap van die Bybel [is] aktief, werksaam. Dis asof die Bybel ook nie van ons inspanning en vermoëns en vaardighede en invloed en oorredingskrag afhanklik is nie, maar asof die Bybelse boodskap self sy weg vind en sy doel bereik, sy vrug oplewer deur die wonderbare en verborge werking van Gods Gees.”
Dirkie Smit in Neem, Lees.
Ekstra inligting
Parables do not “contain” knowledge; they cannot be understood as we understand a moral tale, an argument, or a statement. Parables precipitate internal action, forcing the hearer or reader to a crisis or collision that requires movement, which in New Testament terms is an either / or: either stumbling or changing-and-becoming, either enacting a lie that we desire or being transformed. (Girardian Reflections on the Lectionary)

Al het Jesus hierdie woorde aan sy dissipels gerig, is dit tog woorde wat ook elke dag vir ons oproep tot dieselfde optrede. Jesus maak dit duidelik dat hy ‘n algehele toewyding van sy volgelinge verwag. As ‘n mens nie alles gee nie, verloor jy alles. As jy alles prysgee, kry jy juis die volle lewe.
Een van Og Mandino se tien algemene oorsake van mislukking is dat jy toe vroeg tou opgooi. Hy vertel die storie van mans wat in ‘n droë rivierbedding diamante gedelf het. Op ‘n dag het ‘n moedelose Raphael Solano gesê dat hy nou 999 999 klippe opgetel het, Dis nou genoeg, hy gee nou op. Die ander sê toe hy kan dan net so goed nog een klip optel om dit ‘n miljoen te maak. Daardie miljoenste klip was toe grootste en suiwerste diamant wat nog gevind is!
Jesus sê aan sy volgelinge: Neem julle kruis op en volg My. Niks minder as ‘n algehele toewyding sal die vervulling en geluk wat jy soek, bring nie.

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.