Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Fil 2:19-30: Week vanaf 20 Feb 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 2:19-30 uit Die Nuwe Testament vir Kinders

19–24 Ek hoop ek kan Timoteus gou na julle toe stuur, soos die Here wil. Hy hou baie van julle en julle ken hom goed. Ons twee saam het al vir baie mense van Jesus Christus vertel. Timoteus werk hard vir die Here. Ek wil graag hoor hoe dit met julle gaan. Ek hoop dat die Here my sal toelaat om sommer gou-gou self na julle toe te kom.

25–30 Ek stuur nou ook vir Epafroditos terug na julle toe. Ons het saam lekker hard vir Jesus gewerk. Julle het hom mos na my toe gestuur om my te help. Nou verlang hy so baie na julle dat ek hom gaan terugstuur. Hy was baie siek maar gelukkig het ons goeie God hom gesond gemaak. Julle sal seker baie bly wees om hom weer te sien. As hy by julle aankom, moet julle dit vir hom lekker maak om terug te wees. Hy verdien dit. Hy was nie bang om alles vir Jesus te gee nie. Julle weet, partymaal moes hy selfs sy lewe waag … en hy was amper dood. Hy het alles gedoen om my te help. Dit het hy gedoen omdat julle so ver is en my nie kon help nie.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
  • Paulus gee baie om vir jong gelowiges.  Hy moedig hulle aan en help hulle (soos om vir Epafroditos huis toe te stuur wanneer dié bekommerd is oor sy mense).  Hoe kan julle jong gelowiges help om hul volle potensiaal te bereik?  (Dalk is hierdie ‘n vraag veral vir die ouers en ouer kinders.  Die kleintjies kan hulle help met idees!)
  • Wat dink julle beteken dit om “lekker hard vir die Here te werk”, in ons tyd en leefwêreld?  Dink veral aan die goed wat ons reeds in Filippense gelees het (kyk bv. na 1:5, 27; 2:3-4, ens.)

LEEF

  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.
  • Sondag gaan ‘n groepie matrieks Openbare Belydenis van Geloof aflê.  Dit is wanneer ‘n mens sê dat jy in Jesus glo en jou lewe lank vir hom wil lewe.  Dan hou ‘n mens op om ‘n kind te wees vir wie ander help en versorg en word jy ‘n volwasse lidmaat wat verantwoordelikhede het in die gemeente.  Bid vir hierdie matrieks, dat hulle getrou sal wees aan die belofte wat hulle Sondag maak.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Fil 2:12-18: Week vanaf 12 Feb 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 2:14-15 uit diebybel@kinders.co.za

As jy iets vir Jesus moet doen, moenie teëpraat of kla nie. Dan sal mense weet dat jy regtig ‘n kind van die Here is. As mense lelik oor jou wil praat omdat jy Jesus se kind is, moet jy wys jy is sy kind deur soos ‘n helder lig vir hom in die donker wêreld te skyn. Vir mense wat Jesus nie ken nie, moet jy van Jesus vertel. Dan kan hulle ook kinders van hom word.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
  • Op watter maniere kan ‘n mens alles ‘n helder lig vir Jesus wees? Dink ook aan spesifieke maniere waarop julle elkeen in julle daaglikse lewens ‘n helder lig kan wees.
  • Hoe vertel ‘n mens vir ander van Jesus? Op watter maniere kan jy vertel sonder om te praat?
  • Onthou altyd: ander mense weet dat jy Jesus se kind is! Dan kyk hulle hoe jy leef, wat jy doen en sê. Gesels bietjie: wat leer jou lewe vir ander mense van Jesus?

LEEF

  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep. Probeer prakties wees en spesifieke goed noem.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Fil 2:5-11: Week van 5 Feb 2012

Week van 5-12 Februarie 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 2:5-9a uit Die Bybel vir Almal

Julle moet dink en doen soos Christus Jesus gedink en gedoen het.

  • Gesels nou eers:  wat dink julle beteken dit?  Wat het Jesus gedink en gedoen wat  ons kan navolg?

Hy was dieselfde soos God, maar hy het nie gedink dat hy altyd moet aanhou om so belangrik soos God te wees nie. Hy het homself verneder [vir mense wys iemand is nie so belangrik nie en hulle moet daardie mens nie respekteer nie] en hy het geword soos ‘n slaaf [‘n mens wat aan iemand anders behoort en wat vir hulle moet werk], hy het ‘n mens geword soos ons.  Toe hy ‘n mens geword het, het hy homself nog meer verneder, hy was gehoorsaam en hy het gesterf.  Ja, hy het aan die kruis gesterf.  Daarom het God hom belangrik gemaak, baie belangrik.

  • Nadat julle die res van die teks gelees het, wat is dit wat Jesus gedink en gedoen het waarvan die teksgedeelte praat?  (Ouers kan ook na die kleingroepmateriaal kyk.)
  • Op watter maniere kan ons ook so wees?  (Julle kan gerus ook weer na verlede week se teks kyk.)

LEEF

  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.  Probeer prakties wees en spesifieke goed noem.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Fil 1:12-26: Die Gees verander ons gemeente tot vurige vrymoedigheid – 29 Januarie 2012

St Patrick sinoniem Iere – Was nie self Ier – Toe 16 was, deur Walliese plunderaars gevang, as slaaf na Ierland ontvoer.

6 jr slaaf, ontsnap, terug na familie.  Op ou end as sendeling terug na Ierland – diegene hom ontvoer, as slaaf aangehou.

Kerstening Ierland vandag algemeen hom toegeskryf – danksy sy werk Iere tot bekering.

Continue reading

Fil 1:27-2:4 Huisgodsdiensmateriaal 29 Januarie 2012

Week van 30 Januarie – 5 Februarie 2012

RUS

  • Vertel vir mekaar waar julle hierdie week die Here sien werk heet.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 1:27a, 2:2-4 uit Die Boodskap

Gedra julle altyd so dat julle ‘n advertensie vir Christus is.  Daarmee moet julle regtig moeite doen.  Ek wil goeie dinge van julle hoor… Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie.  Konsentreer liewers op die dinge waaroor julle saamstem.  Wees lojaal teenoor mekaar.  Voel saam, streef saam, doen saam.  As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak.  Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie.  Wees liewers maar die minste sodat ander die meeste kan wees.  Niemand moet net aan homself dink nie.  Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
  • Kan julle aan iemand dink wat hulle so gedra dat hulle ‘n advertensie vir Jesus is?  Wie is dit?  Vertel vir mekaar wat daardie mens doen wat ander mense aan Jesus laat dink.
  • Wat beteken dit om lojaal te wees teenoor mekaar?
  • Help mekaar om aan voorbeelde te dink van waar en hoe ‘n mens die minste moet wees.

LEEF

  • Die teks sê ons moenie net aan onsself dink nie.  Aan wie dink jy vandag spesifiek?  Hoekom?  Vra die Here dalk van jou om iets vir daardie mens te doen?
  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.

Fil 1:12-26 Huisgodsdiensmateriaal 22 Jan

Week van 22-28 Januarie 2012

RUS

  • As julle verlede week gebid het vir iemand in jul gesin w at ‘n keuse moet maak, vertel vir mekaar wat intussen gebeur het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 1:12-14 uit DieBybel@ kinders.co.za

Liewe vriende, weet julle wat?  Ek sit mos in die ronk, né.  Dit klink sleg, maar dit is darem nie net sleg nie.  Weet julle hoekom?  Hier in die tronk het ek baie kans om met mense oor Jesus te praat.  Die wagte en sommer almal sien dat ek in die tronk is omdat ek nie skaam is om te sê dat ek vir Jesus lief is nie.  Dit maak ander kinders van die Here ook sommer bly en gee hulle moed.  Hulle sien dat al is ‘n mens in die tronk, kan jy nog vir Jesus mooi dinge doen.  Nou is hulle nie meer skaam om vir ander mense te vertel van Jesus nie.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Ons sal nie sommer in die tronk gegooi word nie, maar watter goed is daar wat ons soms bang maak om van Jesus te vertel of die regte ding te doen (bv. vriende wat sal spot, geld verloor in besigheid, ens)?
  • Dink aan voorbeelde van hoe slegte goed wat gebeur, mens juis help om vir ander van Jesus te vertel?

LEEF

  • Is daar goed in van julle se lewens wat op die oomblik vir julle soos ‘n “tronk” voel?  Hoe kan julle dit positief gebruik, sodat ander daardeur kan sien dat julle vir Jesus liefhet?