Skip to main content

2 Samuel 6 oggenddiens

Annie Dillard skryf:

Does anyone have the foggiest idea of what sort of power we so blithely invoke? Or, as I suspect, does no one believe a word of it?… It is madness to wear ladies’ straw hats and velvet hats to church; we should all be wearing crash helmets. Ushers should issue life preservers and signal flares; they should lash us to our pews

Toetrede

Psalm 111:1-2

Votum

Psalm 111:1-4, 9-10

Seëngroet

Lofsang

Lied 547
Psalm 98

Gebed

Psalm 145:1-7, 10

Skriflesing

2 Samuel 6

Steeds Leesrooster
Mini-reeks Samuel
Verlede week Dawid koning geword
Week daarvoor Dawid treurlied oor Saul & Jonatan
Op manier vandag teks antitese twee weke gelede

v1-2

voorheen deur Filistyne weggevoer –
geweldige verlies,
geestelike krisis –
voel verlies God teenwoordigheid, sorg.

Dawid gaan haal,
neem na sy stad –
sê daarmee koning deur God aangestel.

ark:
nie Noag s’n
die een kis
op grond God opdragte aan Moses by berg Sinai
bevat twee kliptafels waarop wet van Here (Eks 20),
goud oorgetrek

Geen voorwerp vir Israel meer kosbaar as ark –
teken van verbond,
van God teenwoordigheid.

v3

Probleem:
hierdie Filistynse manier vervoer,
terwyl God duidelik gesê – Numeri 4 –
ark deur Leviete met draaghoute gedra moet word.

V4-5

leesrooster slaan volgende paar verse oor –
hervat vers 12b
Ons lees hele gedeelte:

V 6-7

Moontlik Ark elektrisiteit gelei,
wa bou statiese elektrisiteit op
Hoe ook al sy –
Ark vervoer verkeerde manier,
al probeer juis Ark eerbiedig,
red – sterf

V8-9
So ontsteltenis met God nie baie in OT –
net hier, Kain, Samuel en Jona.

V10-14

ephod –
priesterlike drag
basies kort beffie
oor klere dra
op skouer vasmaak

15-16

Lees refleksie oor Mikal en rol in verhaal hier.
Hier finale breuk met koningshuis Saul,
Saul lyn

Dawidstad –
verenig Israel en Juda,
nou ook godsdienstige hoofstad.

Dawid eien vir self nie net politieke mag toe,
ook goddelike sanksie
én priesterlike mag

v17-19

Preek

Hierdie een van daardie tekste waaroor baie kan sê!
soveel dimensies –
Mikal
roeping
leierskap

Maar ek kan nie anders
as om die gedeelte te lees
en diep ongemaklik te wees.

Nie net oor Mikal
of oor Ussa
of bloedbad…
maar oor half-kaal dansery!

Kan nie anders te lees
en te wonder of ons nie die evangelie
en aanbidding
en selfs God!
mak gemaak het nie.

As hierdie teks vergelyk ons aanbidding,
ons opgewondenheid oor God teenwoordigheid.
Dan moet mens wonder…

Video gesoek skrifgedeelte –
hoef nie heeltyd my te luister! –
Was ongemaklik te kyk!
Nie net die waar Dawid net lappie aan het
(wat hom eintlik beter behandel as teks!)
maar feit Dawid dans!

Bloot so iets te SIEN
maak mens ongemaklik.

Meen,
wie van ons al ooit so opgewonde oor God,
dat gedans voor God?
Dat in vergadering van gemeente gedans voor God?
sonder inhibisies gedans?

So wil vanoggend hierdie ongemaklike aspekte van teks
bietjie uithaal,
van naderby bekyk,
van ander hoeke af,
juis in ons gereformeerde konteks.

Diepe ontsag

Eerste ding hierdie teks dink ek
vanoggend spesifiek vir ons gemeente sê,
gaan oor aanbidding
as diepe ontsag.

Wanneer ons ons geloof
en geloofsoefeninge –
vergelyk met dié van antieke Israel,
dan moet dit ons dring vrae te vra.
Te wonder of ons nie aanbidding makgemaak,
gemaklik gemaak.

en as dink aan God,
aan wie God is.

Manier God deesdae uitgebeeld,
dikwels “nice”,
vriendelike metgesel,
ons troos
en beloon vir goeie gedrag
sorg alles vir ons vlot verloop…

En dan die God van wie lees in verhaal van Dawid.
Dink dis meer die God oor wie Annie Dillard geskryf
toe gesê:

Does anyone have the foggiest idea
of what sort of power we so blithely invoke?
Or, as I suspect,
does no one believe a word of it?….
It is madness to wear ladies’ straw hats and velvet hats
to church;
we should all be wearing crash helmets.
Ushers should issue life preservers and signal flares;
they should lash us to our pews”

Dalk lyk ons aanbidding anders
soos Dillard insinueer,
omdat ons nie regtig glo in hierdie skrikwekkende krag van God nie.

En dan steek ons ons ongeloof weg
onder argumente
oor God van OT en God van NT.

Maar op die ou end
is God van OT
en God van NT
presies dieselfde God.

En hierdie God is nie in ons diens nie.
Hierdie God is nie betrokke in ons lewens
om seker te maak alles werk vir ons goed uit nie.

Hierdie God is tot die dood toe ernstig
oor sonde
en boosheid
en mense
en lewe
en genade.

En hierdie God se teenwoordigheid
is nie ’n reënboog in ’n veld vol bytjies nie –
dis ’n reënboog oor ’n vloed.
In ’n uitroep aan ’n kruis.
Fred Craddock
praat van God se teenwoordigheid
as iets wat almal wil hê
en iets wat niemand wil hê nie.

Soos motte om ’n flam
is God se andersheid
vir ons onweerstaanbaar.

In Markus lees ons
hoe by Jesus se doop
die hemel oopgeskeur word
en God deur Jesus aarde toe kom.

En Markus eindig
met die gordyn voor die tempel oopgeskeur,
sodat ons toegang het tot die Allerheiligste –
die plek waar die Ark gebêre word.

Sodat elkeen van ons
toegang het tot hierdie aangrypende
lieflike
ontsettende God.

Dawid bring die teenwoordigheid van God na die mense.
Maar in die proses
word hy tot stilstand geskok,
effens bang,
sy asem weggeslaan
deur die ontsaglike
heilige
teenwoordigheid van God.

Maar wat hierdie God so aangrypend maak,
ons so onweerstaanbaar aantrek –
is juis sy andersheid,
juis die feit dat God heeltemal anders is as ons,
altyd steeds ’n misterie.

En hierdie wese –
hierdie ontsagwekkende gans andere –
wil by ons wees.
Wil in gemeenskap met ons leef.
Het ons lief.
Gee vir ons om.
Wil ons deel maak van sy plan.
Wil ons seën met sy teenwoordigheid.

En dis wanneer ons DIT besef –
albei hierdie goed gelyk besef:
hoe anders God is, hoe ontsagwekkend
en hoe besonders God is,
hoe liefdevol
en genadig –
dit is dan
wat ons God kan aanbid.

Wanneer besef
God nie een van ons
nie maar mens,
ons maatjie…
maar God ook by ons
lief ons
ons aan hand vat
belangstel hoeveelheid hare op ons kop

Dit is wanneer Dawid God teenwoordigheid beleef
sien hoe dodelik ernstig God oor sy opdragte
hoe genadig liefdevol seënend God is,
dit is dán
wat Dawid –
toegegee,
eers ’n tydjie neem om tot verhaal te kom –

en dán
byna kaal
sonder enige inhibisies
broos
sonder pretensies
net soos hy is
voor God dans.

Uitbundige aanbidding

Wat my bring by tweede punt
ek dink hierdie teks vandag
spesifiek vir ons gemeente op tafel sit:

vraag na eie postuur
wanneer God aanbid.

Wanneer ons saam voor God is,
aanbid ons saam in vreugdevolle oorgawe?

Kan ons saam voor God wees
en so onder die indruk wees
van God se grootsheid
en liefde
en genade
en teenwoordigheid
dat ons God
in totale oorgawe
aanbid?

Dat ons vergeet van mekaar
en die klanksisteem
en lig op die skerm
en mense se klere
en vertaler se fluister
en musikante
en prediker

net fokus op God se teenwoordigheid
God se almag.

Ken ons vir God só,
dat ons
heeltemal onsself kan wees voor God,
ons harte nakend voor God kan oopgooi
en kan dans!

Dis natuurlik een van redes
waarom so kosbaar
God mense van alle ouderdomme
saam in gemeente voeg –
hoekom God vir ons kinders gee,
sáám ons aanbid,
ons ook by hulle leer.

Want in daardie lyfies
wat nooit stilsit
hele tyd kriewel,
herinner ons
dat God groter is as wat ons liggame kan inhou,
dat daar altyd moontlikheid is
dat opspring en God uitbundig loof.

In hul eerlikheid,
totale openheid,
vrymoedigheid waarmee saam met ons
voor God kom,
wéét is welkom en tuis,
is hulle vir ons voorbeeld,
leer hulle ons hoe God aanbid wil wees.

Gevaar natuurlik
dat grappies ons oor frozen chosen maak,
waarheid is.

Moderne danser Paul Taylor
op stadium dans solo:
vir 4 minute lank
tjoepstil gestaan.

Gevaar is dat ons aanbidding tjoepstil
omdat nie vir God raaksien –
staan –
of, kom wees eerlik – sit –
nie beweeg,
omdat nie die ontsagwekkende God in oog het.

Omdat eintlik op ou end maar besig met self,
met mense om ons,
met eie planne –
mis die asemrowende teenwoordigheid van God.

Nou my mooi hoor:
ek sê nie moet dans in kerk!

Ons kan,
maar nie punt wat ek nou maak.

Daar is verskillende maniere van dans.
Dans uitbundig,
sonder selfbewussyn,
soos Dawid in teks.

Maar gebruik vanoggend dans meer as metafoor:
vir reaksie
op teenwoordigheid van God,
op openbaring van Goddelike heerlikheid.

Soms is uitbundige dans.
Dikwels is uit volle bors uitbundige lied.
Ander kere voet wat liggies beweeg.
Soms is dit ’n fluistering in die windstilte.

Maar altyd
is dit ’n hart
wat aangegryp is
deur die andersheid van God.

Wat deur aanbidding oorgeneem word,
en nie fokus op onsself nie,
maar op die glorieryke teenwoordigheid van God.

Wanneer ons hier op Sondag bymekaarkom
word herinner aan
gekonfronteer met
diepe misterie wat God is
ontsagwekkende genade van God teenwoordigheid.

Gepaste reaksie
is een van passie,
fokus op God,
aan hom die eer bring.

Om voor hom te dans,
met sang en musiek
in mekaar se vriendskap geniet
in gehoorsaam lewe.

Ons aanbid God op verskillende maniere.
Dis hoe God ons geskape het.
Ons het verskillende voorkeure
en gawes
en agtergronde.
Maar wanneer ons op ’n Sondag hier bymekaarkom,
dan gaan dit oor God.

Dan gaan ons saamwees oor God.

Daarom groet ons mekaar,
drink ons saam koffie,
kuier ons saam –
o.a. omdat ons saamwees God se aanvaarding
en liefde
en gasvryheid demonstreer.

Dan sing ons saam –
nie omdat ons van mooi musiek hou nie,
ook nie eers omdat ons voorkeur vir bepaalde tipe musiek het –
maar omdat ons God aanbid,
aangegryp is oor magtige teenwoordigheid van God
en in aanbidding voor hom wil neerval –
of dans.

Dan maak ons Bybel saam oop
omdat vir ons soos Ark
simbool God teenwoordigheid.

Dan bring dankoffer,
omdat weet dat ons maar stoffies is
vergeleke hierdie God,
dat vir elke asemteug
van hom afhanklik.

Dan bid ons saam
om selfde rede wat sing,
om selfde rede wat dankoffer bring:
God loof
afhanklikheid God.

En dan gaan ons hier uit,
met God helder in die oog
wat die Here is
van hierdie dans.

Dance, then, wherever you may be;
I am the Lord of the Dance, said he.
And I’ll lead you all wherever you may be,
And I’ll lead you all in the dance, said he.

Gebed

Psalm 145:1-21

Dankoffer
Slotlied

Flam 57

Seën
Respons

Psalm 11 Keervers Laat ons met ontsag Hom noem (staan)

2 Samuel, aanbidding, Dawid, lofprysing, preek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.