Skip to main content

Tag: lofprysing

2 Samuel 6 oggenddiens

Annie Dillard skryf:

Does anyone have the foggiest idea of what sort of power we so blithely invoke? Or, as I suspect, does no one believe a word of it?… It is madness to wear ladies’ straw hats and velvet hats to church; we should all be wearing crash helmets. Ushers should issue life preservers and signal flares; they should lash us to our pews

Continue reading

Huisgeloof 13 tot 19 Julie

Huisgeloof week van 13-19 Julie

OMGEE-GESPREKKE

As julle by die Feesweek was aan die begin van die vakansie, vertel vir jul ouers van die monkey dance – en leer dit vir hulle! Kry die musiek en bewegings hier.

BYBEL LEES

Lees die verhaal van Dawid wat die Ark na Jerusalem neem: 2 Samuel 6:12b-15

Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. Ouers herinner kinders dat hierdie ’n ander ark is as Noag s’n. Die ark van die verbond het mense herinner dat God by hulle is. Google prente van die ark. Kyk hoe Dawid en die mense vir God geloof het!

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Sing hierdie week elke dag een van jul gunsteling lofliedere saam! Julle kan gerus ook hierdie liedjie leer en saam sing.

GESEËN OM TE SEËN

Watter sendeling(e) ondersteun jul gesin? Bid vir daardie sendeling.

Huisgodsdiens 6 tot 12 Julie Lof

Huisgeloof week van 6-12 Julie

OMGEE-GESPREKKE

Ouers vertel vir kinders wat julle gunsteling Bybel-liedjie was toe julle kinders was. Gee kans dat die kinders ook vertel wat nou hul gunsteling Bybel-liedjie is.

BYBEL LEES

Lees Psalm 100 uit “Die Bybel vir almal”

’n Psalm. Om dankie te sê.
Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here. Julle moet bly wees en julle moet die Here dien, julle moet voor Hom kom sing. Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort. Julle moet deur sy poorte inkom en vir Hom dankie sê, julle moet voor sy tempel kom staan en julle moet Hom prys. Julle moet vir Hom dankie sê, julle moet sy Naam prys. Want die Here is goed, Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly dieselfde vir elke geslag.

• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Die Psalm sê ons moet God “prys”. Soms praat ons ook van loof of lofprysing of aanbidding. Vertel nou vir mekaar: hoe werk dit wanneer iemand (ouers, onderwyser) jou prys?
• Om God te prys is om vir God te sê dat hy belangrik en goed is. Op watter maniere prys ons alles vir God?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Sing hierdie week elke dag een van jul gunsteling lofliedere saam!

GESEËN OM TE SEËN

Watter sendeling(e) ondersteun jul gesin? Bid vir daardie sendeling.