Skip to main content

3-8 Junie Josia

RUS

  • Gee kans dat elkeen vertel hoe dit met hulle gaan.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 17 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Josia (2 Konings 22-23) uit enige kinder-vriendelike Bybel, soos “Die Bybel vir Almal”. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Josia was maar 8 jaar oud toe hy koning geword het.  Tog is hy van die beste konings ooit.  God kan jou gebruik, maak nie saak hoe oud jy is nie!  Vertel vir mekaar van maniere waarop julle dink God julle kan gebruik.
  • Toe Josia nie weet wat om te doen met die Boek wat hulle gekry het nie, het hy by ouer mense soos die profetes Gulda raad gevra.  Ons het mense wat ouer is as ons, nodig om ons te help.  Vertel vir mekaar wie die ouer mense is na wie toe jy gaan vir raad.

LEEF

Vra die Here om julle elkeen hierdie week te gebruik, sodat julle tot ’n seën kan wees.

  • Oorweeg dit om Sondag die erediens by Waltonpark by te woon.  Reël vooraf met Dr. Kobus (078 803 2877).  As julle nie self die diens kan bywoon nie, kan julle dalk vir hulle eetgoed vat vir die tee na die diens.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Huisgodsdiens, josia, storie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.