Skip to main content

10-15 Junie Die Storie tot Dusvêr

RUS

  • Dink weer aan die storie van Josia en die manier waarop God hom gebruik het, al was hy baie jonk.  Vertel vir mekaar hoe julle dink God julle die afgelope week gebruik het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Ons vat van Sondag af ’n breuk van “Die Storie”.  Ons begin weer volgende kwartaal daarmee.  Gesels hierdie week met mekaar oor Die Storie tot dusvêr.

  • Wat was jou gunsteling deel van Die Storie tot dusvêr?  Hoekom?
  • Wat het jy hierdie kwartaal geleer in ons lees van Die Storie?

LEEF

  • Sondag is Jeugdag.  Ouers, vertel vir kinders waar Jeugdag in SA vandaan kom.  Bid dan saam vir die kinders in ons land.
  • Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?  Dink veral aan maniere waarop julle kinders kan seën.  Ithemba Lam is ’n huis vir babatjies in Forest Hill.  Kyk by Ihtemba Lam hoe julle hulle kan help.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Huisgodsdiens

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.