14-20 September
Omgee Gesprekke
Vertel vir mekaar: vir wie en hoe het jy die afgelope week liefde gewys?
Bybel Lees
Lees 1 Korintiërs 13:4
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. Maak seker almal verstaan wat woorde soos “afgunstig” en “verwaand” beteken.
• Noem praktiese voorbeelde van hoe en waar ’n mens al die goed in vandag se teks kan wees.
Gewoontes en Gebruike
As julle nog nie deel is van ’n kleingroep nie, kontak die kerkkantoor en probeer om hierdie week nog by ’n groep aan te sluit.
Geseën om te Seën
Kyk na die bedieninge katalogus wat Sondag uitgedeel is. Besluit waar en hoe julle betrokke wil wees by mense in nood.