Posts Tagged ‘Erediens’

Die Goeie, Lieflike God

LieflikFBadvertensie

1. Agtergrond

In die eerste kwartaal het ons erediensreekse Laat Jesus deur jou leef (oggenddiens) en ’n Hart soos Jesus (aanddiens) dieper na Jesus gekyk. Deur Jesus beter te leer ken, leer ons ook om te leef soos Jesus. In die tweede kwartaal het ons by die oggenddienste (BeGeesterd) en tydens Pinkster (InSpiratus) gevra wie die Heilige Gees is en hoe die kennis van die Gees ons gedrag bepaal.

Hierdie kwartaal vra ons na die derde Persoon van die Drie-Eenheid: Vader, Skepper. Ons kyk na God deur die oë van Jesus, om God sodoende beter te leer ken en liefhê, sodat ons kennis van God die realiteit word waaruit ons leef.

2. Godsbeelde

In die Christelike lewe speel ons Godsbeelde, die manier waarop ons oor God dink, ’n uiters belangrike rol. ’n Verkeerde beeld van God kan ons verhouding met God en ons hele lewe saam met God skeef trek, en sodoende onsself en ander seermaak. Ons fokus gevolglik daarop om ons vals beelde van God af te lê, terwyl ons leer om saam met die ware, lewende God te leef.

3. Geloofsgewoontes

Ons gaan ’n paar geloofsgewoontes inoefen. Die geloofsgewoontes (geestelike dissiplines) is eeue-oue wysheid, wat Jesus self beoefen het en wat van groot belang is vir ons lewe saam met God. Die geloofsgewoontes is verhoudingsdissiplines, wat belangrik en noodsaaklik is vir ons verhouding met God.

4. Inoefening

Ons gaan elke week vier hulpmiddels gee:
Daar is ’n teologiese raamwerk, wat ’n bietjie teologiese agtergrond gee tot die week se tema – as’t ware ’n vooruitskouing na die komende Sondag se preek.
Die Geloofsgewoonte verduidelik die gewoonte en gee kreatiewe voorstelle vir die inoefening van die gewoonte.
Verder is daar riglyne vir huisgodsiens, asook riglyne vir kleingroepe. Kleingroepe kan natuurlik ook die ander hulpmiddels gebruik in hul gesprekke.

As jy graag vir die loop van die kwartaal by ’n kleingroep wil aansluit, kontak die kerkkantoor by 041 583 5115 of info@somerstrandgemeente.co.za

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Elrike Claassen

    |

    Jong dame, eerstejaars student in 2018, opsoek na studente verblyf.
    Ernstig oor studies, verantwoordelik en het sober gewoontes(rook en drink of kuier nie). Verkieslik veiilige ondedak parkering vir klein motor.
    Prysklas tussen R1500-R2500.

    Kontak my asb.
    0822380396

  • Avatar

    Kobus Kloppers

    |

    Baie dankie vir die preek. Baie geniet en baie stof tot nadenke gegee.

    Seenwense

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Daar is 3 skakels na die inskrywingsvorm hier bo, by “Inskrywings sluit 22 Januarie 2018″, “Skryf asb in voor 22 Januarie 2018″ en by “Kliek hier om in te skryf”. 😀
    En hier is die direkte skakel: https://goo.gl/EdsAJS
    Sien uit om julle te sien! [sit dansende mense in jou verbeelding hier]

  • Avatar

    WERDINE

    |

    Rethie,
    ek wil net weet waar skryf ek in vir die kamp? ekt op die link gekliek maar dit gee nie vir my n inskrywingsvorm nie. ek kom kamp toe saam met kobus so sal sommer vorm en geld kan invul en gee. geseende kersfees vir julle.

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492