Skip to main content

Tag: storie

Dawid – Van Skaapwagter tot Koning

Verwelkoming & Afk.
Toetrede 
Lied 164 Ons is almal hier tesaam (staan)
Votum
In Psalm 131 sê Dawid
Ek lê nie wakker
oor groot dinge nie, 
dinge waaraan ek niks kan doen ie.  
Ek het rus en kalmte gevind.  
Soos ’n kindertjies by hul mammas
 tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.  
Wag op die Here, Israel, 
nou en vir altyd.
Seëngroet
•Uitnodiging vanoggend nie te bekommer oor goed niks aan kan doen,
•Rus, kalmte te vind by God,
•Op hom te wag,
Wete dat hy ons hier wil ontmoet.
Daarom groet in sy Naam:
Genade en vrede vir elkeen van ons.
Lofsang
Lied 212  Loof die Heer, hy is goed (staan)
Lied 205:1-2 Bring lof aan die Vader (sit)
Kindertyd
Ken verhaal Dawid en Goliat – 
Goliat reus, Dawid jonk.
Moes baie moeilik gewees.
God se hulp nodig gehad – 
Kan nie op eie doen,
 
Henry – omstoot, nie seermaak.
 
Onmoontlik!
Partykeer goed in lewe,
Soos reus wat moet omstoot – 
Onmoontlik!
 
Verhaal Dawid leer,
Hoef nie bang te wees,
God sal help. 
 
God help ons
Wanneer ons dink iets is onmoontlik – 
Kan selfs reus plattrek.
 
Gebed
Skriflesing
Psalm 78:70-72
 
Preek
So kyk vanoggend eerste deel verhaal van Dawid.
 
Verlede week Samuel.
NB onthou – volk aanvanklik nie koning gehad.
God wou ook nie hê moet koning hê – 
Moet na God luister.
 
Volk dring aan,
God gee Saul.
 
Saul aanvanklik goeie koning – 
Koning luister na God,
So God regeer steeds,
Deur koning.
 
Mettertyd Saul begin dink hy nie God nodig,
Ongehoorsaam.
 
God verwerp Saul as koning,
Stuur Samuel nuwe koning te gaan salf.
Stuur na ou genaamd Isai.
Isai bring seuns.
(weet nie is om koning te salf – 
Dink is vir offer-fees)
 
1 Samyel 16:6-13, NLV
6Toe [Isai en seuns] daar aankom, 
kyk [Samuel] na [Isai se seun] Eliab en dink: 
“Dis sekerlik die Here se gesalfde!” 
7Maar die Here sê vir Samuel: 
“Moenie volgens voorkoms 
of grootte 
of liggaamsbou oordeel nie, 
want Ek het hom nie gekies nie. 
Die Here neem nie besluite soos mense nie! 
Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, 
maar die Here kyk na die binnekant.”
8Toe roep Isai vir Abinadab 
en laat hom voor Samuel verbyloop, 
maar Samuel sê: 
“Dis ook nie die Here se keuse nie.” 
9Daarna roep Isai vir Samma, 
maar Samuel sê: 
“Hierdie een het die Here ook nie gekies nie.” 
10Sewe van Isai se seuns 
is so aan Samuel voorgestel, 
maar Samuel sê vir Isai: 
“Die Here het nie een van hulle gekies nie.” 
11Daarom vra hy:
 “Is hierdie al jou seuns?”
“Die jongste is nie hier nie,” 
antwoord Isai. 
“Hy pas die skape op.”
“Stuur iemand om hom te gaan haal,” sê Samuel.
 “Ons kan nie eet voordat hy ook hier is nie.”
12Isai het so gemaak 
en hom laat roep. 
Hy was rooierig van voorkoms, 
aantreklik met mooi oë. 
Uiteindelik sê die Here: 
“Dis die regte een. 
Salf hom.”
13Terwyl Dawid daar tussen sy broers staan, 
neem Samuel die olie wat hy saamgebring het 
en gooi dit uit op Dawid se kop. 
Van toe af
 het die Gees van die Here 
kragtig in [Dawid] gewerk. 
 
Sien res van verhaal,
Mense sien nie aanvanklik potensiaal koning in Dawid raak nie!
 
Wanneer Dawid opdaag op slagveld Filistyne,
Oudste broer Eliab raas – 
Hoekom los kleinvee op veld?
Is vermetel in kwaadwillig!
 
Saul sien Dawid aanvanklik as musikant,
Geen bedreiging.
 
Goliat dink is grap.
 
Maar God sien anders.
 
Die Here neem nie besluite soos mense nie! 
Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, 
maar die Here kyk na die binnekant.”
 
Ons weet dit!
 
Maar dalk nodig soms herinner te word – 
God kyk anders as mense.
God sien potensiaal waar ons vaskyk in ander goed.
 
Weet nie wat presies is wat God sien – 
Teks opeenhoping woord “sien” – 
Maar weet is iets aan binnekant,
In hart – 
Nie uiterlike.
 
Ons dalk nodig om herinner te word
Op twee vlakke:
 
Eerstens oor manier waarop ons mense oordeel.
Duidelik tussen kinders,
Maar by grootmense steeds daar – 
Dalk net meer subtiel:
 
Kyk na mense,
Besluit of goed of sleg,
Of van hou of nie,
Op grond van 
•Goed in sport
•Regte brand klere
•Regte plek woon
 
Ou wat by robot staan en bedel
Kind wat…
 
“Searching for Sugarman”- 
Verhaal van musikant Rodriguez – 
Superster in SA,
Ons almal al sy musiek gehoor!
 
Gaan soek hom,
Vind as ambagsman in VSA,
Geen idee van sukses – 
Album of twee uitgegee,
Nie baie suksesvol, – 50 eerste album, “6” in VSA verkoop.
Aangegaan gewone,
Alledaagse lewe.
 
Wanneer vriende, kollegas in VSA hoor
Dat eintlik superster in SA,
Lag – 
Glo nie,
Dink hy jok!
Verbeelding,
Oordryf – 
Is sommer net gewone ou Rodriguez wat elke dag saam met ons werk,
In armoede leef – 
Niks spesiaal!
Beslis nie superster!
 
Dogter sê iets in lyn van:
People don’t think that poor people can have beautiful souls.
 
Ons dikwels na mense kyk,
Net uiterlike sien,
Ons maatstaf sukses of nie – 
En nie die beeldskone siel raaksien.
Een interessante ding hier oor Dawid – 
Was waarskynlik 16 toe gesalf!
 
[praat met volwassenes:]
Ons dikwels geneig jongmense onderskat – 
Hulle kan nie leiding neem,
Ons kan nie by hulle leer,
Kan nie woord by hulle ontvang.
 
Maar Gees van God kan ook kragtig in kinders se lewens werk,
Kan hulle ook gebruik.
 
Daarom NB dat ons hulle ook respekteer,
Oop wees vir stem van God deur hulle.
 
En uitkyk vir potensiaal in mense rondom ons – 
Jongmense – 
Help dit bereik.
 
Vir hulle Jonatan wees – 
Wat self moes koning wees!
Pa Saul sou opvolg.
Maar potensiaal in Dawid raaksien,
Help te bereik.
 
Selfde potensiaal in ander sien,
Help bereik.
 
Dalk soms ten koste van self – 
Maar dan jou potensiaal nie koning te wees,
Maar ander help koning word!
 
So, ons moet kennis neem God anders kyk,
Omdat dit manier wat ons kyk
Moet temper:
Sagter oë kyk na jongmense/kinders
Ouer mense
Veral mense wat ons dink op manier nie goed genoeg,
Nie belangrik genoeg,
Suksesvol
Talentvol
Genoeg
 
Soek vir potensiaal in ander – 
Veral in die wat ons voel nie onmiddellik sigbaar.
 
Maar tweede rede waarom kennis neem dat God anders kyk – 
Eerstens sodat self anders kan kyk na ander mense.
Maar tweedens omdat soms nodig dat anders kyk na self.
 
Grootgemaak nederig te wees.
Is goed en reg.
 
Maar wanneer nederigheid verhoed
Potensiaal bereik,
Doen waarvoor God jou op aarde geplaas,
Dan moet jy anders kyk!
 
God elkeen van ons spesiale roeping hier op aarde geplaas – 
Elkeen van ons gebore potensiaal daardie ding vir God te doen.
Soms kyk so vas in eie beperkinge,
Dat nie volle potensiaal leef God ons geskape.
 
Nie genoeg geld.
Nie genoeg invloed – 
Niemand luister na my.
Nie mooi genoeg.
Nie slim genoeg.
Praat nie goed genoeg.
 
Moontlik alles waar.
Maar beteken nie JY is nie goed genoeg.
Beteken nie jy kan NIE iets beteken nie,
NIE seën wees nie.
 
Want dit is hoekom God jou geskape het – 
Omdat jou wil gebruik,
Gebruik om ander te seën.
 
Kan dit doen,
Al is arm.
Al is in rolstoel,
Al is alleen – 
God kan jou gebruik.
 
Ray Boltz – Shepherd boy:
Well it wasn’t the oldest
It wasn’t the strongest
Chosen on that day
And yet the giants fell
And nations trembled
When they stood in his way
 
But when others see a shepherd boy
God may see a king
Even though your life seems filled
With ordinary things
In just a moment He can touch you
And everything will change
When others see a shepherd boy
God may see a king
 
Nou is Dawid gesalf as koning.
Behalwe… 
Hy word nie koning nie.
 
Eers word hy musikant in Saul se hof.
 
Dan verslaan Goliat…
Dalk nou koning.
 
Maar nee.
 
Wat volg,
Is VEERTIEN JAAR 
Van stryd – 
Saul begin Dawid wantrou,
Naderhand moet Dawid vlug,
Uit land waarvan hy kwansuis koning moet wees,
Vlug vir lewe.
 
VEERTIEN JAAR lange stryd,
Voordat Dawid uiteindelik koning word,
Voordat uiteindelik BEGIN potensiaal vervul wat God in hom gesien.
 
Hoekom?
Omdat dit is hoe God dit wou hê.
Kan nie Saul blameer,
Volk – 
Is pad wat God met Dawid geloop!
 
Maar in proses,
In sukkel
En vlug
En oorlog,
Word Dawid gevorm.
 
Word potensiaal wat binne hom bestaan het,
Gevorm.
Ontwikkel as leier.
 
Leer God vertrou,
Wanneer niks het – 
Lees Psalms,
Sien dikwels moedeloos –
 Leer afhanklik van God wees,
Weet dat God sorg.
 
Word karakter gevorm na God wil.
Kom voor keuses – 
Kan kies verkeerd te doen,
Kan kies God wil – 
Word gevorm,
Sodat mens word wat God geweet het binne was – 
Gereed koningskap volk oor te neem.  
 
Ons dikwels,
Uiteindelik agterkom wat God roeping vir ons – 
Nou gaan alles vlot verloop,
Geen teenstand – 
Gaan in toekoms inglip wat God vir ons bedoel.
 
God my geroep mamma te wees.
Nou gaan pragtige kinders hê,
Geen gedragsprobleme,
Gehoorsame tieners…
 
En dan werk dit nie so,
Kry teenstand en oorlog.
 
God geroep leier te wees – 
Word nie gekies as prefek.
 
God my geroep rugby te speel – 
Breek sleutelbeen eerste wedstryd.
God my geroep dokter te wees – 
Kry nie keuring.
 
God geroep besigheid – 
Vou binne eerste jaar.
 
God sien potensiaal in jou,
Maar beteken nie gaan oornag bereik.
 
God gaan omstandighede gebruik – 
Saul’s van lewe gebruik – 
Om jou te vorm,
Om potensiaal te ontwikkel.
 
Soms kyk na Saul – 
Ding keer doen wat moet,
Struikelblok duiwel,
Gevolg sonde.
 
Dikwels is!
 
Maar dikwels – 
Dalk altyd – 
Iets God gebruik
Ons te vorm.
 
Kan opgee,
Hande in lug gooi – 
Dalk my misgis,
Dalk het ek nie potensiaal ek gedink.
Dis te moeilik.
Te seer.
Teenstand te veel.
 
Of kan te midde teenstand,
Terwyl in grot wegkruip,
In vreemde land vlugteling – 
Leer God vertrou,
Leer God loof TE MIDDE van teenstand, onsekerheid.
 
Weet dat hierdie goed ons vorm,
Mense te word God bedoel.
 
Foto my vriendin Sarah Jane Wessels.
Gebore 1937.
Grootgeword Elliot.
 
Vertel van kleins af geweet geroep dominee te word.
1937 geen manier vrou word dominee!
 
Klein dogtertjie,
Rok met haakspelde tussen bene vasgemaak,
Broek, dan man
Preek vir pampoene.
 
Studeer, 
Teologiese vakke,
Maar uiteraard nie dominee.
 
Eers 1991,
Toe sy 54 was,
Vroue toegelaat as dominees.
 
Sarah-Jane lang stryd eintlik toe eers begin,
Studeer,
Laaste akademiese vereistes voldoen.
Uiteindelik, 
Toe 60 was,
Akademiese vereistes voldoen – 
Kan nou potensiaal bereik van kleintyd af al daar was – 
Kan dominee word.
 
Behalwe,
NGK legitimeer nie mense 60 en ouer.
 
Nuwe stryd begin.
 
Uiteindelik,
Datum
In VGK gelegitimeer.
 
Op ouderdom xxx
Sarah Jane dominee geword!
 
Vandag emeritus – 
Afgetrede dominee,
Steeds bedien gemeentes rondom Parys, Vrystaat,
Waar woon.
Foto van haar facebook profiel gaan steel,
Lees gunsteling aanhalings:
•Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg
•Nie waarom, maar waartoe
•Vrae oor lyding het nie noodwendig ‘n oplossing nie, maar ‘n Verlosser
 
Laaste ding oor hele storie ons hierdie jaar lees – 
Ons nie elke week uitlig,
Maar elke, elke week deel van die storie!
 
Die Storie
Is Jesus se storie.
 
Dawid se storie
Wys na Jesus se storie.
 
Dawid word voorbeeld-koning,
Waarna volk vir eeue uitsien,
Weer een sal kry.
 
Voorspellings 
Uit geslag van Dawid sal koning kom
Volk finaal verlos.
 
En dan word Jesus gebore,
Uit geslag van Dawid.
 
Maar nie net Dawid storie
Op ou end Jesus storie – 
Ook ons stories
Op ou end Jesus se stories.
 
Wanneer praat van potensiaal
In elkeen van ons,
Raaksien in mense rondom ons – 
Dan is dit potensiaal om deur God gebruik te word,
Sodat wêreld kan lyk soos wat hy wil.
 
God seën ons met potensiaal,
Nie ter wille van onsself,
Maar ter wille van sy Naam,
Sy Eer – 
Sodat mense hom kan leer ken,
Kan sien dat hy regeer.
Dis sleutel,
Lens waardeur na alle potensiaal 
En alle teenstand moet kyk – 
Hoe eer Jesus Naam?
 
God seën ons – 
Nie ter wille van self,
Maar sodat ons tot seën kan wees.
 
Afsluit,
Weer Ray Boltz – Shepherd Boy:
 
One by one problems come
And dreams get shattered
And sometimes it’s hard
To understand
But things like chance
And circumstance
They don’t really matter
Our Father holds tomorrow
In His hands
 
But when others see a shepherd boy
God may see a king
Even though your life seems filled
With ordinary things
In just a moment He can touch you
And everything will change
When others see a shepherd boy
God may see a king
 
Nadenke
Nadink:  watter potensiaal God jou mee geseën?
Wat is reuse jou moeilik maak te bereik?
Hoe God jou gebruik ander te seën?

Gebed
Dankoffers
Slotlied
Lied 207 vv 1, 4 en 5 (staan)
Seën
Lied 313

15-21 April 2013 Van skaapwagter tot koning

RUS 
Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 11 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Dawid (1 Samuel 6 – 2 Sam 10) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
God het vir Dawid gehelp om dapper te wees.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat God jou ook gehelp het om dapper te wees.
LEEF 
Is daar op die oomblik iets waarvoor jy nodig het om dapper te wees?  Vertel vir mekaar daarvan en bid vir mekaar.
Het julle al jul “30 minute om te seën” gedoen?  Laat weet vir rethievanniekerk[by]gmail.com wat julle gedoen het!  As julle nog nie iets gedoen het nie, gesels oor wat julle gaan doen en wanneer.
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

15-21 April 2013 Van skaapwagter tot koning

RUS 
Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 11 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Dawid (1 Samuel 6 – 2 Sam 10) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
God het vir Dawid gehelp om dapper te wees.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat God jou ook gehelp het om dapper te wees.
LEEF 
Is daar op die oomblik iets waarvoor jy nodig het om dapper te wees?  Vertel vir mekaar daarvan en bid vir mekaar.
Het julle al jul “30 minute om te seën” gedoen?  Laat weet vir rethievanniekerk[by]gmail.com wat julle gedoen het!  As julle nog nie iets gedoen het nie, gesels oor wat julle gaan doen en wanneer.
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

8-14 April Staan sterk, val hard

RUS 
Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 10 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Samuel (1 Samuel 1-15) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
God verhoor Hanna en Samuel se gebede.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat God ook jou gebede verhoor het.
LEEF 
Wat wil jy spesifiek hierdie week vir God vra?  Bid saam vir mekaar. 
Sondag-oggend 10:00 gaan ons gemeente die Nagmaal by Bloemendal VGK bywoon (William Slammert Rylaan:  Stanford, regs in Heathcote, links in William Slammert).  Woon dit as gesin saam by!  Behalwe die Gr 4’s en hulle ouers – onthou ons gesinsbyeenkoms hierdie week.  
Dit is ’n nuwe maand en ons tweede “30 minute om te seën” maand.  Wat gaan julle hierdie maand doen?  
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

11-17 Maart: Rut

RUS 
Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR 
Lees Hoofstuk 9 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Rut uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
Naomi – en later Rut saam met haar – het baie swaar gekry.  Tog het God vir hulle gesorg, o.a. deur hulle vir mekaar te gee.  Hoe sorg God vir jou wanneer jy swaar kry?  Wie gee hy vir jou om jou te ondersteun? 
Boas was goedhartig (“kind” – ouers maak seker kinders verstaan wat dit beteken) teenoor Rut.  Vertel vir mekaar van ’n keer wat iemand goedhartig was teenoor jou.  Wat kan keer dat jy goedhartig is teenoor ander?  
LEEF 
Is daar iemand teenoor wie jy hierdie week goedhartigheid kan bewys?  Vertel vir mekaar wie dit is en wat jy gaan doen.
Het julle al jul “30 minute om te seën” gedoen?  Laat weet vir rethievanniekerk[by]gmail.com wat julle gedoen het!  As julle nog nie iets gedoen het nie, gesels oor wat julle gaan doen en wanneer.
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Josua – Die Stryd Begin

Toetrede 
Vonkk 55 Jesus toe U mens geword het (sit)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Psalm 105: 1, 8 & 11 (staan)
Nagmaal
Terugvoer Corneille
Gebed
Skriflesing
Josua 1:1-9
Preek
DAPPER HELDE
Grootgeword met stories van dapper helde – 
Dapperheid,
Waagmoed,
Deursettingsvermoë,
Nog altyd waardes ons mensdom bewonder.
Wolraad Woltemade
Verhale helde uit Boere Oorloë – Dirkie Uys by pa gebly
Makana in Oos-Kaap Britse weermag in Grahamstad aangeval
Emeritus Biskop Tutu persoon op punt ge-necklace te word,
Teen woede van skare gered.
Suid-Afrika baie verhale van helde,
Dapperheid.
Elkeen van ons hier sit,
Sulke mense bewonder vir dapperheid.
Dalk sit van jou dapper helde dalk selfs vandag hier tussen ons.
Maar wat van jou?
Is jy dapper?
Meeste van ons onmiddellike reaksie:
O nee, definitief nie ek nie!
Nie dapper nie!
(Veral ek!)
Maar tog:
Toe gaan teologie studeer in jare vroue nie beroep gekry.
Of dag met goue Opeltjie vol aardse besittings,
Op eie na Baai,
Niemand ken,
Geliefdes agterlaat.
Elkeen van ons was al dapper.
Toe besluit kind in wêreld te bring.
Besigheid begin.
Opstaan vir wat reg is.
En nou?
Vandag?
Waarvoor jy vandag nodig dapper te wees?
Nodig God woorde hoor:
“Wees sterk en vasberade”?
Wat reuse wat vandag jou broek laat bewe?
WAAGMOED BRING DEURBRAKE
Ek preek meeste vir myself 
Wanneer sê lyk in Bybel
Asof waagmoed deurbrake bring.
Here nooi ons om te waag
En deur te druk.
Josua nuwe leier word – 
Nou volk in belofte gaan in lei. 
Geslag tevore – 
40 jaar gelede – 
Volk by selfde grens gestaan.
Toe wou nie land binnegaan.
Was bang,
Oorweldig deur vrees.
Nou nuwe geleentheid – 
Wat waagmoed en dapperheid vra.
GEHOORSAAMHEID
Maar hierdie nie sommer lukrake,
Dwase waagmoed,
Sien wanneer kinders van dakke afspring om maatjies te beïndruk!
Hierdie waagmoed eintlik beter beskryf as gehoorsaamheid.
Waagmoed nie uit self kom,
Maar gevolg van ontmoeting met God.
Is reaksie op God
Teenwoordigheid
Beloftes
Roeping.
Is geloof.
So wanneer praat oor waagmoed
Onder omstandighede
Wat elkeen van ons nou in eie lewens in gesig staar,
Praat oor gehoorsaamheid – 
Nie sommer net doen wat reg lyk
Of wat graag self wil – 
Maar doen wat God vra.  
So wanneer broek bewe
Voor aangesig van reus of berg of rivier voor jou,
Dan eerste vraag:
Wat wil God hê jy in hierdie omstandighede doen?
DIE REGTE PADKAART
In teks gelees
Gee God self vir Josua padkaart,
Volg in hierdie uitdagende omstandighede:
Oordink wet dag en nag.
Gehoorsaamheid.
Ook:
Gebondenheid aan Woord.
Ons hele Bybel deur God gegee.
Is nie net padkaart,
Wys waar om te gaan,
Lei in onseker omstandighede,
Help weet wat God wil is in spesifieke omstandighede.
Woord kan ons ook moed géé – 
Nie net sê WAT te doen,
Ook moed OM dit te doen.
Daarom belangrik
Lééf met Woord,
Elke dag,
Self verdiep in Bybel.
Later,
By eerste hindernis,
Jordaanrivier – 
Volg Ark.
Volg net die Ark.
Volg net die Here se leiding.
HOU VAS AAN GOD SE BELOFTE
Tweede ding moontlik maak dapper te wees,
Is vertroue op God se belofte.
Volk nie besig eie toekoms te skep.
God besig om sy belofte – 
Wat reeds aan Abraham gemaak – 
Te vervul.  
Deur Josua:
Telkens rituele reiniging.
Later besnydenis.
Dapperheid vra oorgawe aan God.
Lewe – wat ook al gebeur – 
In sy hand oorgegee.
Ons natuurlik,
Voor aangesig rivier moet oorsteek,
Spesifiek idee waar moet eindig.
Maar God vra van ons hom vertrou – 
Nie noodwendig hoe ons wil hê moet uitkom,
Wat ons wil hê moet gebeur – 
Maar sy plan vertrou,
Vertrou wat ook al gebeur,
Sy beloftes waar sal word.
GOD SE TYD
Dalk goed ons vir mekaar hier iets sê oor God se tyd.
Want dikwels dit die ding dapperheid moeilikste maak!
Soms voel ons God vat so lank,
Ons so angstig,
Dat eerder as waagmoedigheid 
Eintlik roekeloos waaghalsig,
Inspring voordag tyd reg is.
Of wag
Terwyl al moes spring!
Dink bv. waar volk Jordaanrivier oorsteek – 
Rivier was vol.
Kon mos maar bietjie wag,
Laat water bietjie sak – 
Laat gemoedere eers gaan lê
Dat almal net eers rustig word
Dat ek net eers genoeg geld spaar.
Maar Here kies tyd waarop ons gehoorsaam moet wees.
Wat Josua ons leer:
Wees rustig oor God se tydsberekening.
Maar dan natuurlik nog een laaste sake dapperheid:
Wees gehoorsaam
Luister na stem van God
Hou vas God belofte
Vertrou Here se tyd…
DOEN WAT GOD VRA
Maar as Here jou vra om jou voete nat te maak,
Dan moet jy tree vorentoe gee.
Help nie ons dink net dapper nie.
Moet ook dapper doen.
Weer Jordaanrivier episode.
God gaan ons deur rivier neem – 
Slaan kamp op langs rivier,
Wag dat gebeur.
Nee.
Moet voete in water druk.
Al manier hoe aan ander kant gaan kom,
Is as hierdie kant los.
Weet nie wat rivier is voor elkeen van julle lê.
Weet wel dat ons almal maar tyd tot tyd omstandighede beleef
Van ons dapperheid vra
Voel nie het.
Mag jy juis dan
God vertrou
Gehoorsaam aan hom
stad inneem hy jou belowe het.
Gebed 
Dankoffers
Slotlied
Lied 476 ’n Vaste burg is onse God v1 &3 (staan)
Seën
Respons
Lied 539: 4