25 Feb tot 3 Maart: Die Stryd Begin
RUS
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Hoofstuk 7 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Ragab en die inname van Jerigo (Josua 6) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
•God het Ragab gebruik om sy mense te help. Hoe kan jy ook ’n helper wees?
•God sê in Josua 1 vir Josua dat hy moet sterk wees (lees gou Josua 1:5-9). Waarvoor het jy nodig om sterk te wees?
LEEF
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het. Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
•Bid vir die goed waaroor julle gesels het – dat julle helpers sal wees en sterk sal wees.
•Sondag is Nagmaal! Gesels oor die Nagmaal en wat dit beteken. Ouers kyk hier vir idees hoe om jou kinders voor te berei vir die Nagmaal.
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.