Skip to main content

Tag: storie

3-8 Junie Josia

RUS

  • Gee kans dat elkeen vertel hoe dit met hulle gaan.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 17 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Josia (2 Konings 22-23) uit enige kinder-vriendelike Bybel, soos “Die Bybel vir Almal”. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Josia was maar 8 jaar oud toe hy koning geword het.  Tog is hy van die beste konings ooit.  God kan jou gebruik, maak nie saak hoe oud jy is nie!  Vertel vir mekaar van maniere waarop julle dink God julle kan gebruik.
  • Toe Josia nie weet wat om te doen met die Boek wat hulle gekry het nie, het hy by ouer mense soos die profetes Gulda raad gevra.  Ons het mense wat ouer is as ons, nodig om ons te help.  Vertel vir mekaar wie die ouer mense is na wie toe jy gaan vir raad.

LEEF

Vra die Here om julle elkeen hierdie week te gebruik, sodat julle tot ’n seën kan wees.

  • Oorweeg dit om Sondag die erediens by Waltonpark by te woon.  Reël vooraf met Dr. Kobus (078 803 2877).  As julle nie self die diens kan bywoon nie, kan julle dalk vir hulle eetgoed vat vir die tee na die diens.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  

27 Mei tot 1 Junie Hiskia

RUS

  • Gesels oor verlede week se Pinkster.  Wat was die beste deel daarvan?  Wat het die Here deur dit in julle elkeen se lewens gedoen?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 16 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Hiskia (2 Konings 18-20) uit enige kinder-vriendelike Bybel, soos “Die Bybel vir Almal”. 

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Arme Koning Hiskia was gehoorsaam aan God, maar het baie probleme gehad.  Net omdat ons gehoorsaam is aan God, beteken dit nie altyd dat alles met ons goed sal gaan nie.  Hoe moet God se kinders dink oor swaarkry?
  • Toe Hiskia ’n kwaai brief van sy vyande ontvang, het hy die brief vir God gewys.  Vertel van ’n keer wat jy ook met God gepraat het oor ’n ernstige probleem. 

LEEF

Is daar goed waarmee jy op die oomblik sukkel?  Vertel vir mekaar daarvan en vertel dan saam vir God daarvan.

  • Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?  Jy kan bv. ander seën deur vir hulle te bid.  Vir wie gaan jy spesiaal hierdie week bid om hulle te seën?  Wat gaan jy vir hulle bid.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  

13-19 Mei Elia en Elisa

Volgende week (19-23 Mei) is Pinkster.  Dan woon almal saam Pinkster by.  Ons werk dus met die huisgodsdiens vooruit met 26 Mei se skrifgedeeltes.

RUS

  • Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Ons lees hierdie week die teks vir 26 Mei.  Volgende Sondag, 19 Mei, begin Pinkster.  Daardie week woon die hele gesin saam Pinkster by!

Lees Hoofstuk 15 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Elia (1 Konings 17-18) en Elisa (2 Konings 2, 5) uit enige kinder-vriendelike Bybel.  Daar is so baie verhale, julle kan dalk elke aand van die week ’n ander storie lees.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Wat leer Elia se goeie tye (oorwin Baälprofete) en slegte tye (woestyn) julle van geloof?
  • God praat met Elia die stilte.  Hoe praat God vandag met ons?  Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy al die stem van die Here gehoor het.  Hoe kan ons seker maak dat ons hom hoor en na hom luister?

 

LEEF

God het vir Elia en Elisa gehelp.  Hy sal jou ook help.  Vertel vir mekaar waarvoor jy veral nou die Here se hulp nodig het.  Bid vir mekaar dat die Here julle meet daardie goed sal help.

 

  • Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?  Jy kan bv. ander seën deur vir hulle te bid.  Vir wie gaan jy spesiaal hierdie week bid om hulle te seën?  Wat gaan jy vir hulle bid.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster en Kinderpinkster wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.

29 April tot 4 Mei Die Koning wat alles gehad het

RUS 
•Vertel vir mekaar hoe die Here jou die afgelope week geseën het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 

Lees Hoofstuk 13 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Salomo (1 Konings 1-11) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Gesels oor wat wysheid en onderskeidingsvermoë is en hoe dit verskil van kennis.
•Hoe raak ’n mens wys?  Wat kan jy doen om wyser te word?
•Salomo het goed begin, maar uiteindelik het hy geswik voor versoekings.  Verduidelik vir mekaar wat ’n “versoekings” is en laat elkeen voorbeelde noem van versoekings wat hulle self moet weerstaan.  Gesels oor wat julle alles kan doen om seker te maak julle bly sterk staan teen versoekings.
LEEF 
•Hoe gaan jy hierdie week ’n seën wees?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.  Bid ook vir Pinkster (en Kinderpinkster) wat 19 Mei begin.  Bid vir almal wat nou hieraan voorberei, dat hulle sal luister na God se stem.  Bid ook dat die Gees nou al sal begin om julle harte gereed te maak en dat die Gees spesiaal met julle sal praat tydens Pinkster.