Skip to main content

Tag: Met ‘n kierie en ‘n koperslang

Numeri 11 – God se inspirasie wanneer die las te swaar raak

Ons mense is maar brose goed.  Die 2 Korintiërs 4 praat van “kleipotte wat maar maklik breek”.  Maar wat maak ’n mens as jy breekpunt bereik?  As jy totaal en al moedeloos is, oorweldig voel? Jy weet jy moet iets doen, maar jy voel in jou beendere:  jy het nie die krag nie.  Nie die vermoë of die tyd nie.  Die teenstand is net te veel.  Jy kan nie meer nie…

Wat maak jy as jy heeltemal moedeloos is?

Wel, in die eerste plek is jy in goeie geselskap!  Selfs Moses het – dikwels! – gevoel hy kan nie meer nie, dat hy eenvoudig nie in staat is daartoe om alles te doen wat van hom gevra word nie.

Continue reading

Numeri 6 – Die Here sal julle seën

Die hele Bybel is vol van die gedagte van God wat ons seën – van begin tot einde! Soos wat God se liefde ’n lyn regdeur die Bybel is, so is God seën ‘n lyn regdeur, ’n sentrale tema van die Bybel.

Heel aan die begin, by die skepping al, seën God die mens (Genesis 1:28).  Dis die kern van die verbond: dat God vir Abraham seën om ’n seën te wees (Gen. 12:1-3). Jesus begin die bergpredikasie deur dieper betekenis aan seën te gee (Matteus 5).  En Openbaring trek die seën deur tot heel aan die einde.

God se seën is ’n deurslaggewende sleutel om die Bybel, God se ganse plan met die mensdom, te verstaan.  Dit is ’n kern aspek van God se plan.  God wil ons seën.

Maar wat is hierdie seën?

Continue reading