Skip to main content

Tag: Habakuk

Advent 1 Hoop Habakuk Preek

Bo:  Preek opname

Segun Soyemi – Ave Maria

Segun Soyemi – Away in a Manger

Segun Soyemi – O come all ye faithfull

Segun Soyemi – Sing choirs of angels

Segun Soyemi – Joy to the world

Is jy geduldig of ongeduldig?  Dit hang natuurlik af van die konteks.  As vir iets moet wag.  In ’n ry moet staan.  Jou bestuurslisensie moet hernu,  of iets by Binnelandse Sake moet doen…  Party mense hou hulleself besig met ‘n selfoon, speel speletjies of lees.  Ander beweeg op en af, heen en weer. Soms is daar selfs mense wat net rustig tjoepstil sit.

Ek is oor die algemeen gereed vir wag, want ek het altyd iets byderhand om te lees.  Wat ek nie kan verdra, is dit:  “Configuring Windows updates… Do not turn off your computer”.

Maar daar is baie erger dinge in hierdie lewe as ’n rekenaar wat stadig vat om programmatuur af te laai.

Continue reading

Habakuk 1:1-4 en 2:1-4

Ons sink al meer en meer weg in haat.  Asof ons liefdeloosheid omarm en koester.  Ons antwoord haat met haat, geweld met geweld.  Ons kry lekker wanneer ons hoor van geweld en wraak.  Haat en getwis en wraaksugtigheid word soos ’n monster wat ons insluk.

Die heel ergste is: Habakuk se woorde is vir 2500 jr. al waar.

Dan werk die tradisionele antwoorde nie meer nie.

Continue reading