Skip to main content

Tag: Geloofsonderskeiding

Geloofsonderskeiding – Petrus en Kornelius Handelinge 10 Preek

My vraag, hier op die vooraand van die verkiesing, is:  wat kan ons leer oor die manier waarop God praat, oor hoe ons God se wil ken?

Nou moet jy hoor dat hier ‘n diep voorveronderstelling in hierdie vraag lê.  Dit veronderstel dat ons God se wil soek, dat ons wil weet wat God se wil is.  In alles in die lewe, in alle besluite wat ons neem.  Byvoorbeeld wanneer ons hierdie week gaan stem:  dan is die veronderstelling in my vraag dat ons nié net wêreldse oorweegredes gebruik in die maak van ons kruisie nie, maar dat ons dit biddend doen, soekend na God se wil.  Maar die verkiesing is natuurlik net ‘n voorbeeld.  Die veronderstelling is dat ons met enige iets in ons lewens – met alles, soek na God se wil.  En dan is die vraag:  hoe weet ek wat God sê?  Watter leidrade gee hierdie verhaal vir ons oor hoe om God se stem te onderskei?

Continue reading

Wees Eg – Geloofsonderskeiding – 1 Johannes 4:1-6

Sjoe, dit was wonderlik om hierdie week al die foto’s te sien van die reën en die sneeu in die Wes-Kaap!  Ons het so lank gebid en gesoebat.  Dit het selfs gesneeu in Kaapstad se middestad.  Julle het seker die foto gesien?

Behalwe, dit het nie.  Hierdie foto is van hael in 2013.

Maar dit is die wêreld waarin ons deesdae leef.  Die wêreld van “fake news” waar goedgelowige mense onbedoeld leuens versprei.  Waar dit al moeiliker raak om te onderskei tussen waarheid en leuens.

’n Artikel wat vanjaar in die joernaal “Science” verskyn het, sê dat dit ongeveer 6 keer langer vat vir die waarheid om by 1500 mense uit te kom as leuens.  “Falsehood diffused significantly farther, faster, deeper and more broadly than the truth in all categories of information”, skryf hulle.

Dikwels is die stories skadeloos.  Dit laat ons naïef lyk, maar dis eintlik al.

Ander stories is nie so skadeloos nie.  Stories dat jy nie huilende kinders moet help nie, want dis hoe skelms jou in die hande kry.  Sleutelhouers wat by petrolstasies uitgedeel word om jou te vang.  Mense wat jou aan parfuum laat ruik om jou te besteel.  Dis alles leuens.  Of die aaklige storie wat in Mei vanjaar versprei is, oor ’n man wat in Pretoria gekaap en aan die brand gesteek is. Nie waar nie.  Stories oor Eskom en allerhande ander spoke.  Wat vrees en haat stook en ons lam lê.  Wat die brose situasie in ons land net vererger.

Dan is daar natuurlik die stories wat waar is, wat niemand glo nie.

Of die stories wat waar is, wat ’n mens wens nié waar was nie.

Dit is moeilik om te onderskei tussen waarheid en leuen.

Continue reading