Skip to main content

Tag: finansies

Vreesloos 05: En as ek nie genoeg het nie? Dinsdag

Al moet ons polisse hê, moet ons op God vertrou, nie op die polis nie.  Die probleem is nie die die ryk man se rykdom of skure nie.  Dis die feit dat hy fokus dáárop, dat hy dít vertrou, dat dit moet sorg dat hy veilig is, dat sy skure vir hom moet voorsien.  Daardie skure het dan die manier om voor God in te skuif, soos die maan voor die son tydens ’n sonsverduistering.

Hier is vanaand se Youversion notas.

Continue reading

1 Kronieke 29 Alles behoort aan God

Aanddiens 9 Oktober 2016

Votum

Ps 24:1

Preek

Oor watter saak (behalwe God self!) dink jy praat die Bybel die meeste?  Wie dink dis liefde? Geloof? Gebed?

Daar is ongeveer 500 teksverse oor gebed in die Bybel, minder as 500 oor geloof en ongeveer 500 oor liefde, maar 2 350 verse oor geld en besittings;  in die vier Evangelies handel een uit elke tien verse direk oor geld;  16 van die 38 gelykenisse wat Jesus vertel het,  handel oor die regte aanwending van geld en besittings.  Die Bybel praat vyf keer meer oor geld as oor enigiets anders!

Continue reading