Skip to main content

Tag: dissipelskap

Markus 2 – Ongemak

Volg | Ongemak | Markus 2:13-17

Votum & seëngroet:

Goeienaand, heiliges!
Goeienaand, sondaars!

Jesus sê
nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie,
maar sondaars.

Daarom kan weet vanaand welkom
jy hoort hier
groet in Naam van God, Vader, Seun, Gees:
Genade en vrede

Continue reading

HuisGeloof 4-10 Augustus

Ons Is en Maak Dissipels

OMGEE GESPREKKE

Vertel vir mekaar wat ’n “dissipel” is.

BYBEL LEES

Vertel die verhaal van Jesus wat sy dissipels se voete gewas het (of voer dit op!) en lees dan Johannes 13:34-35.

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Dissipels buig voor Jesus om gewas te word en buig dan weer voor ander om hulle voete te was. Gesels oor wat dit beteken. Probeer ook aan praktiese voorbeelde dink.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Dissipels luister na Jesus deur Bybel te lees. Hoe doen julle elkeen dit? Watter tyd van die dag, watter vertaling van die Bybel, waar? Hoe lees julle as gesin saam Bybel? Beplan hoe julle dit nog meer van ’n gewoonte kan maak.

GESEËN OM TE SEËN

  • Maak seker almal verstaan wat dit beteken om iemand se “voete te was.” Gesels wie en hoe julle hierdie week iemand se voete kan was.
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Is daar iets spesifiek waaroor iemand in jul gesin tans die Here se wil soek? Bid saam daarvoor en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.