Skip to main content

Tag: 2017

Johannes 1 Oujaarsdiens Deel die Hoop

Dit is die verhaal van God wat liefdevol uitrek na die wêreld – ’n verhaal van onwaarskynlike rolspelers. Van Josef, ’n timmerman.  Maria, ’n jong meisie.  Herders.  Vreemdelinge uit ’n vreemde land.

Van Johannes.  Markus se beskrywing beeld hom uit as ’n vreemde, onwaarskynlike karakter, met kameelhaar-klere wat leef van veldheuning en sprinkane.

Ook van my; en jou. Onwaarskynlike karakters wat God kies, red en stuur.  Wanneer ons deur Advent gewag het op hoop, oor Kersfees herinner is aan ons hoop – dan stuur God ons om in die nuwe jaar as agente van hoop te leef.

Niemand voel opgewasse tot hierdie taak nie!  Ons voel ons weet nie genoeg nie.  Of ons doen te veel sonde.  Kan nie genoeg Bybelverse aanhaal nie.  Is self te bang en broos en onseker.

Tog… God kies ons, in ons swakheid en broosheid en vrees en onsekerheid.  En God stuur ons.

Continue reading

Psalm 72 | Preek | Nuwejaarsdag 2017

Terwyl die Psalm vandag so praat van die koning, het ek vir julle die foto gebring:  Prins William en Kate, die Hertogin van Cambridge, se Kerskaartjie, met Prins George en Prinses Charlotte.  Maar die wen-koninklike-Kerskaartjie van die jaar is sekerlik die een van Monaco se Prins Albert met ons eie Prinses Charlene, Prins Jacques en Prinses Gabriella.

Kerskaartjies ten spyt, oor die algemeen was 2016 nie ’n goeie jaar vir leiers nie.  Almal het aanvanklik gedink dis ’n grap, maar Trump is een van die dae amptelik die president van die VSA.  Ons eie president word dikwels ’n grap van gemaak, maar as jy terugkyk oor die jaar, dink ’n mens aan beelde soos jong meisies met papiere wat sê: #rememberkwezi, of aan die Guptas.

En vandag begin ons 2017 met Psalm 72.

Continue reading