Skip to main content

Tag: 1 Johannes 4

Wees eg – liefde – 1 Johannes 4:7-21

In een van sy praatjies vertel dr. Leo Buscaglia hoe hy uitgenooi is na ’n klein kerkie naby sy huis.  Hy vertel hoe hy vriendelik en gasvry en liefdevol verwelkom is, sommer by die deur al.  Maar die hoogtepunt was toe die dominee opstaan en sê:  “Vriende, broer Jonathan gaan vanoggend vir ons preek.  Sy onderwerp gaan “geloof” wees.” Broer Jonathan het opgestaan en vorentoe gegaan:  ’n klein, kort mannetjie, geen hare nie, klein, skerp ogies. Hy het vir ’n paar oomblikke voor almal gestaan.  Toe vou hy sy hande en sê:  “Geloof.  Geloof.  Geloof.  Geloof.  Geloof.  Geloof.” En toe gaan sit hy.  Die dominee het opgestaan en met ’n groot glimlag gesê:  “Dankie broer Jonathan, vir daardie aangrypende preek oor geloof.”

Nou vandag moet ek eintlik net sê:  “God is liefde.  God is liefde.  God is liefde.  God is liefde.  God is liefde.  God is liefde.”

Continue reading

Wees Eg – Geloofsonderskeiding – 1 Johannes 4:1-6

Sjoe, dit was wonderlik om hierdie week al die foto’s te sien van die reën en die sneeu in die Wes-Kaap!  Ons het so lank gebid en gesoebat.  Dit het selfs gesneeu in Kaapstad se middestad.  Julle het seker die foto gesien?

Behalwe, dit het nie.  Hierdie foto is van hael in 2013.

Maar dit is die wêreld waarin ons deesdae leef.  Die wêreld van “fake news” waar goedgelowige mense onbedoeld leuens versprei.  Waar dit al moeiliker raak om te onderskei tussen waarheid en leuens.

’n Artikel wat vanjaar in die joernaal “Science” verskyn het, sê dat dit ongeveer 6 keer langer vat vir die waarheid om by 1500 mense uit te kom as leuens.  “Falsehood diffused significantly farther, faster, deeper and more broadly than the truth in all categories of information”, skryf hulle.

Dikwels is die stories skadeloos.  Dit laat ons naïef lyk, maar dis eintlik al.

Ander stories is nie so skadeloos nie.  Stories dat jy nie huilende kinders moet help nie, want dis hoe skelms jou in die hande kry.  Sleutelhouers wat by petrolstasies uitgedeel word om jou te vang.  Mense wat jou aan parfuum laat ruik om jou te besteel.  Dis alles leuens.  Of die aaklige storie wat in Mei vanjaar versprei is, oor ’n man wat in Pretoria gekaap en aan die brand gesteek is. Nie waar nie.  Stories oor Eskom en allerhande ander spoke.  Wat vrees en haat stook en ons lam lê.  Wat die brose situasie in ons land net vererger.

Dan is daar natuurlik die stories wat waar is, wat niemand glo nie.

Of die stories wat waar is, wat ’n mens wens nié waar was nie.

Dit is moeilik om te onderskei tussen waarheid en leuen.

Continue reading