Stiltetyd derde kwartaal 2016 volgens RCL
In die derde kwartaal 2016 fokus die gemeente van Somerstrand op LUISTER. Ons gaan weer soos in die verlede die ekumeniese RCL (Revised Common Lectionary) leesrooster volg. Dit gee vir elke week vier teksgedeeltes: twee uit die OT en die Psalms, en twee uit die evangelies en die res van die NT. Ander gemeentes is welkom om dié materiaal vir hulle eie gebruik aan te wend.
STILTETYD
Lidmate word uitgenooi om die vier tekste vir die week in hulle stiltetyd te gebruik. Ons gee vir elke teks die skakel na die ooreenstemmende bydrae op Bybelskool.com. Dit is vir jou gerief in dié boekie opgeneem vir dié wat ’n gedrukte kopie of elektroniese wewergawe verkies.
Laai dit hier af: Stiltetyd derde kwartaal 2016
FOKUSTEKSTE
Die voorgestelde preektekste kom uit Kolossense, Jesaja, Jeremia, Lukas en 1 Timoteus. Die res van die begeleidende tekste kom uit Hosea, Hebreërs, Filemon, en Lukas. Daar is soos altyd 10 Psalms vir dieselfde tyd.
- 24 Julie 2016 Kolossense 2:6-15, (16-19); Hosea 1:2-10; Psalm 85; Lukas 11:1-13
- 31 Julie 2016 (Sendingweek) Kolossense 3:1-11; Hosea 11:1-11; Psalm 107:1-9, 43; Lukas 12:13-21
- 07 Augustus 2016 Jesaja 1:1, 10-20; Psalm 50:1-8, 22-23; Hebreërs 11:1-3, 8-16; Lukas 12: 32-40
- 14 Augustus 2016 Jesaja 5:1-7; Psalm 80:1-2, 8-19; Hebreërs 11:29-12:2; Lukas 12:49-56
- 21 Augustus 2016 Jeremia 1:4-10; Psalm 71:1-6; Hebreërs 12:18-29; Lukas 13: 10-17
- 28 Augustus 2016 (Barmhartigheidsondag) Lukas 14:1, 7-14; Jeremia 2:4-13; Psalm 81:1, 10-16; Hebreërs 13: 1-8, 15-16
- 04 September 2016 Lukas 14:25-33; Jeremia 18:1-11; Psalm 139:1-6, 13-18; Filemon 1-21
- 11 September 2016 1 Timoteus 1:12-17; Jeremia 4:11-12, 22-28; Psalm 14; Lukas 15:1-10
- 18 September 2016 1 Timoteus 2:1-7; Jeremia 8:18 – 9:1; Psalm 79:1-9; Lukas 16:1-13
- 25 September 2016 1 Timoteus 6:6-19; Jeremia 32:1-3a, 6-15; Psalm 91:1-6, 14-16; Luk 16:19-31
Die bydraes wat hier geplaas word, gee jou ‘n bietjie meer inligting oor die konteks waarin elke teks voorkom. Jy hoef egter net die tekste te lees wat in die opskrifte aangegee word.
