Oorvloedig Vrygewig
Oorvloedige vrygewigheid is ‘n geestelike gawe van gemeenskap én ‘n geestelike dissipline
2 Korintiërs 8:1–15
Vers 7 “van God” nie in grondteks, gewoon kennis
BDV: En die liefde wat deur ons toedoen onder julle is
Vers 15 Verwysing na manna in woestyn
2 Korintiërs 9:6-11
Preek
Dis nooit maklik om oor hierdie tipe tekste te preek nie – geen dominee hou daarvan nie! T.s.v. grappies soos “N gee N Gee”, het ek self in die laaste 15 jaar soveel kere oor geld gepreek, dat ek dit op een hand kan aftel – en die meeste darvan was by die aanddiens.
Die Bybel is natuurlik glad nie so versigtig nie. Ons dink meestal die Bybel praat meeste oor liefde. Dalk geloof.
• Daar is 500 teksverse oor gebed
• en minder as 500 oor geloof,
• ongeveer 500 keer oor liefde
• maar 2 350 verse oor geld en besittings;
• in die vier Evangelies handel een uit elke tien verse (288) direk oor geld;
• 16 van die 38 gelykenisse wat Jesus vertel het, handel oor die regte aanwending van geld en besittings;
Ons het hierdie naweek kermis, dankfees – om dankie te sê vir die manier waarop God vir ons voorsien. Ek wil eers ‘n storie vertel, wat ek lank gelede in ‘n aanddiens vertel het: Een dag wou James baie graag iets spesiaal vir sy 5-jarie seuntjie Jimmy doen. Vra: “Seun, wat wil jy baie graag nou doen?” Jimmy antwoord: “Ek wil McDonalds Chips hê – McFries.” Pa: “As dit wat my seun wil hê, dit wat my seun sal kry.” Klim in wit Isuzu bakkie, ry na McDonalds. Jimmy lippe en tong stil beweeg, kon reeds proe voor winkel bereik. Pa plaas bestelling, Jimmy hartjie klop pa vra super size. James haal geld uit beursie, betaal vir McFries en koeldrank. Jimmy tande gereed in warm, goue chips te sink, lank voor maak tot by tafel.
By tafel gaan sit, vinnig gebed aframmel: Jesus seën kos amen. Voel vir Jimmy te veel woorde, want wil homself verlustig in seën van heerlike chips. James bly sien hoe gelukkig sy seuntjie oor iets so eenvoudig. Besluit wil deel in pret. Steek hand uit om paar van Jimmy se chips vir self te vat.
Tot verbasing, sit seun arms om chips asof fort bou, trek na homself, sê: “Nee, hierdie is myne.” Pa vir oomblik in skok. Kan nie glo wat gebeur het nie! James trek hand terug en begin dink oor seun se houding met mcfries. Kyk saam goed deur sy gedagtes gaan:
Hy dink: seun sien nie raak dat ek die bron van die mcfries is nie. Nie alleen is ek die bron van die mcfries nie, hy vergeet dat ek, 1.9m en 80 kg, mag het om chips te vat, ten spyte van sy armpies wat soos fort omring. Of dat, as ek wil, kan teruggaan na die toonbank en vir hom soveel chips kan bring dat hy dit nooit alles geëet sal kry nie. Jimmy verstaan ook nie dat ek nie die chips nodig het nie. Ek kan teruggaan en vir myself soveel kry as wat ek wil hê. Een of twee chippies sou regtig nie daardie dag ‘n verskil aan die pa gemaak het nie. Wat hy wou doen was vir sy seun Jimmy, om hom uit te nooi om ‘n heerlike tyd saam met sy pa te geniet. Hy wou gehad het sy seun moes bereid wees
om die geskenk wat James gegee het, te deel.
Kan sien hoe hierdie storie soos ons verhouding met God: God gee gereeld vir ons McDonalds. God seën ons – bederf ons. Hy gee vir ons McFries – klein houers, medium, groot, sommige van ons kry supper size. Maar God gee vir ons almal McFries. En God wil saam met ons aan die tafel van die lewe sit en dit saam met ons geniet. Wanneer hy sy hand uitstrek om van die seëninge te gebruik wat hy vir ons gegee het, maak ons te dikwels soos Jimmy: “Nee Here, hierdie is myne. Nee nee nee – kry jou eie.” Ons bou heinings om seëninge Here vir ons gegee.
Gawe van oorvloedige vrygewigheid
Daarom is dit goed dat ons so af en toe skrifgedeeltes soos 2 Kor. 8 & 9 lees, onsself weer herinner dat God die bron van alles is. Niks wat ons het, niks wat ons kan doen , niks wat ons bereik, geeneen van gawes en talente, is produkte van ons eie vermoë nie, of selfs van ons harde werk nie – dis gawe van God. Die feit dat ons dit het, is ’n gawe van God. En die feit dat ons kan deel met mekaar, is ‘n gawe van God.
Dis nie iets wat ons gereeld hoor nie. Wanneer ons praat van die gawes van die Gees, dink ons aan die lys wat Paulus juis in die vorige brief aan die Korintiërs gemaak het: wysheid, kennis, geloof, genesing, profesie, onderskeiding, tale, uitleg. (1 Kor. 12:8-10) Duidelik het die Korintiërs oorvloed gawes gehad!
Maar elders, in Romeine 12, is daar ook ‘n lys van gawes van Gees, genoem “genadegawes”, wat praat oor baie van dieselfde gawes as in Korintiërs: profesie, diens, onderrig gee.
…
En as om te gee – om vrygewig te wees – ’n gawe is, dan beteken dit God gee genoeg vir ons om met wat ons het oorvloedig vrygewig te wees.
Wat my tref in die teks, is dat dit nie net geld is wat God gee, wat ons dus ook weggee, nie. Vers 7: Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis, onbeperkte ywer, onderlinge liefde, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig.
Ons het dit gister by die kermis weer gesien, die fantastiese gawes wat God vir hierdie gemeente gegee. Talente padstal, heerlike koek, burritos, harde werk, gesindheid.
Dit was nog altyd ons gemeente se storie: ons het ‘n oorvloed van gawes! Hierdie pragtige gebou. Leiers, mense soos Dave Marais, Deon Loots. Ontdek jou Gawes. Een van eerste gemeentes selgroepe. Deon Dissipelskap. Klema. Chris Bybelskool meer as 1300 mense wêreldwyd. Talentvolle musikante soos Albert. SEWE sendelinge evangelie regoor wêreld. Leierskap: Amos storie dinge anders verloop NMMU as ander kampusse, leierskap werkswinkels, invloed mense soos Tertius Delport, studente kies dialoog, het moed te praat eerder afbrand. Toe Amos verlede week vertel, hoendervleis! Wat ’n heerlike gawe!
Ons gemeente maak daadwerklik verskil in gemeenskap, wat beteken ander kan floreer, wat beteken ons kan floreer. Omdat God vir ons gawes gegee het, kan ons dit deel.
Hierdie gawes is wel óók finansieel. Feit dat hierdie pragtige kerkgebou het, paar jaar gelede R400 000 sommer netso ingesamel. Byna geen ander NGK – beslis nie OK – bronne ons het. Een jaar 10% oorskot weggegee – Ds. vra screenshot, bel, dink ons fout gemaak – 10% ons oorskot daardie jaar hul hele jaar begroting.
Julle wat hier sit, is betrokke by Vistarus, CMR, MTR Smit, Kwazakhele, ACVV, noem maar op. Die gawes wat die Here hierdie gemeente gegee het – natuurlik geld, maar ek bedoel veral mense – beteken dat sedert 2001 300-350 kinders in Helenvale 3 keer ‘n week kos kry. Dat die mense in die bos kos kry. Dat een gemeenskap in pragtige huise woon, ‘n goeie besigheid het, vir hulleself kan voorsien. Dat hawelose mense verblyf kry, waardigheid herontdek, kan terugkeer in gemeenskap.
Ek noem maar net ’n paar. En dis net dié waarvan weet. Iemand het jare gelede vertel: oral waar OK kom, loop vas lidmate Somerstrand gemeente, besig verskil te maak. As mense vir my vra waar predikant, lekker te sê Somerstrand – is vir my gawe om te sê ek julle dominee, want God ons geestelike gawe gegee oorvloedig vrygewig te wees.
Dalk nou voorbeeld genoem waarby jy ingesluit. Dalk nie. Maar dink: wat God jou gegee? Dalk is jy die een wat lekker kuier. Of die stil een wat ander stil mense raaksien. Die een wat jou werknemers met waardigheid behandel… Wat het God jou in oorvloed gegee? En hoe kan jy dit in oorvloedige liefdeswerk aanwend?
En nou sit jy dalk en dink: van wie praat die vrou? Hoort ek hier? Want my gawetjie is regtig maar klein. Wat kan ek tog nou doen?
Maar kyk wat doen Paulus in sy brief aan Korintiërs: hy gebruik die Masedoniërs as voorbeeld. Dis baie belangrik om daarop te let: die Masedoniërs was arm! Arm… en oorvloedig vrygewig. Paulus skryf aan die Korinte – ‘n gemeente dalk in baie opsigte soos ons: ryk mense, arm mense. Baie van die konflik in Korinte was juis hieroor. Maar hulle was tog baie vermoënde gemeente. Paulus sê: As Masedoniërs dit kan doen, dink net wat kan julle vermag!Onthou, die vroeë Christene was oorwegend arm, slawe, wat bekend staan as besitloses. En hierdie besitloses het genoeg gehad om oorvloedig vrygewig te wees.
Gewoonte van oorvloedige vrygewigheid
Nou is ek baie bewus daarvan dat ek oor oorvloedige vrygewigheid praat in baie moeilike omstandighede. Mens kan in ons stad sien hoe mense finansieel sukkel. Ons almal! Besighede toemaak, mense werk verloor. Ander leef met dreigement van besigheid kan toemaak, werk kan verloor. Onvoorsiene uitgawes…
Duidelik is die vermoë om oorvloedig vrygewig te wees, ‘n wonderlike geestelike gawe. Maar dis nie net ‘n gawe nie. Dis ook geestelike gewoonte – daarmee bedoel ek ‘n geestelike dissipline, soos Bybel lees, bid, kerk toe kom, Sabbat. Dis hoekom ons dankoffer gee in die erediens. Dis nie nodig nie! Ons kan almal elektroniese oorplasings doen! Maar selfde rede waarom Bybel lees, waarom voorbidding doen: dis ‘n geestelike dissipline.
Want vrygewigheid, juis te midde moeilike omstandighede, help ons prakties God te vertrou. Dan is dit nie meer ‘n filosofiese oortuiging nie. Dan is dit ‘n lewe van afhanklikheid, van weet dat God gee, dat God genoeg gee. Dalk is dit soms goed, al is dit nie lekker nie, dat ons deur moeilike, onseker tye gaan, tye waar ons onveilig voel. Want dit dwing ons om prakties te dink: wat beteken dit om God te vertrou? Wat sê ek regtig as sê God voorsien, God sorg?
En God sorg. God gee. Genoeg. Dit voel dikwels nie soos genoeg! Maar dis genoeg. In hierdie gemeente, in di e16 jaar wat ek hier is, sê ons elke jaar: o aarde, daar’s nie genoeg geld nie, gaan nie begroting kan diens, ens. En elke keer voorsien God. Soms presies genoeg – meestal op laaste nippertjie! Soms so baie, dat ons kan weggee. Toe ons verlede jaar besluit het om geloofsoffers los te maak van die bedryfsbegroting, het die Kerkraad ‘n reusagtige sprong in geloof geneem. Menslik onmoontlik. En elke maand voel ons, ons kan nie. Annemarie maand of wat baie emosioneel hier voor, omdat saak van sendelinge so op hart dra. En daar, in een week, voorsien die Here byna alles.
Dis maklik om stories te vertel van geldelike voorsiening, maar daar is ook ander stories, stories van vrywilligers,
ens.
Paulus: Soms gee baie, maar dis nie te veel. Soms gee min, maar dis nie te min. Maar dan voeg hy ‘n belangrike ding by: 2 Kor. 8:13-14
13Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, 14moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.
Toe ons daardie jaar besluit 10% oorskot weg te gee, is hier ander gemeente in stad besig God te vra, vertrou – en ons gee vir hulle PRESIES daardie bedrag, sonder dat ons dit weet.
Ons weet mos nou dat God liefde is, wil hê ons moet mekaar liefhê, dat verhoudings vir God belangrik is. Maar ons kliek nie aldag hoe ernstig God hieroor is nie. God kon mos nou alle gawes eweredig versprei: ewe veel water in elke land, ewe veel geld vir elke mens, ewe veel akademies en emosionele en liggaamlike intelligensie vir elke mens. Maar dis nie wat God doen nie! Hy gee vir een meer van een ding en vir ’n ander meer van iets anders. Sodat ons nie rustig in ons huisies kan sit en selfversorgend wees nie, maar sodat ons MOET uitkom, oor die pad stap na ons bure toe. Want ons het hulle nodig. En hulle het ons nodig.
liefdeswerk v 4– teks “koinonia” = diens van gemeenskap.
Jy sien, daar is altyd genoeg. Dis net nie noodwendig by die persoon wat dit benodig nie. God gee dikwels vir jou
wat iemand anders benodig, omdat ook wil hê moet gawe van gemeenskap beleef, moet na mekaar uitreik en mekaar ondersteun. Oorvloedige vrygewigheid is ‘n gawe, maar ook dissipline – dissipline van gemeenskap, van, soos heel kwartaal gepraat, menswaardigheid: van mense raaksien, vir hulle omgee van oorvloedig vrygewig wees met die ding God my oorvloedig gegee.
Ewewig en wederkerig. Dís hoe ons oorvloedig vrygewig is.
2 Korintiërs 8, 2 Korintiërs 9, Oorvloedig Vrygewig, Rethie van Niekerk