Skip to main content

‘n Lewe van Omgee – Johannes die Doper

(Re)gifted| Johannes die Doper | Lewe van Omgee  |

Lukas 3:1-20 | 16 Okt. 2016 pm

Die van julle in ’n tradisionele NGK grootgeword het:  wat sê die dominee gewoonlik aan die begin van die diens?  Gewoonlik iets soos:  “Genade en vrede vir julle.” Johannes het natuurlik glad niks sulke beleefde of sagte woorde nie.  Hy begin sy preek:  “Julle slange!” Die Engels is eintlik beter:  “brood of vipers!” Kan julle dink as ek hierdie diens begin het:  “Julle brood of vipers! Wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?!”

Johannes sê:  Geloof en dade pas by mekaar.  Ons moet vrugte dra.  Jy kan nie sê jy is ’n gelowige en dan het dit geen impak op jou lewe nie.

Intro video

Toetrede lied

Benediction

Votum

Amos 5:24

Maar laat die reg

en die geregtigheid

te voorskyn kom,

laat dit aanrol soos watergolwe,

soos ’n standhoudende stroom.

 

But let justice

roll down like waters,

and righteousness

like an ever-flowing stream.

Seëngroet

Afk.

Nuwe reeks:

Normaalweg, wanneer ons in die gemeente Advent en Kersfees vier, is julle

al weg.  Daarom begin ons vroeg vanjaar met ’n Kersfees-reeks.  Ons gaan kyk na karakters uit die Kersverhaal.  Hierdie mense se stories gaan ons dan verbind aan verskillende strome binne die Christelike geloof.  Ons het natuurlik ’n ryk geloofstradisie.  Mense vind van nature by verskillende punte aanklank. ’n Volwasse geloof sal aspekte van alle die verskillende strome hê.

Vanaand gesels ons spesifiek oor die “social justice” stroom, “’n Lewe van omgee.”

Toewyding

This is amazing grace

Gebed

Skriflesing

Soos ek netnou gesê het, gesels ons vanaand oor die “social justice” stroom van ons geloof:  ’n Lewe van omgee.  Ons voorbeeld uit die Kersverhaal is Johannes die Doper.

Lukas 3:1-20

Vers 1:  Let op die historiese gesitueerdheid van hierdie verhaal.  Johannes tree op binne spesifieke politieke omstandighede.  Sy verhaal staan nie apart daarvan nie.

Preek

Die van julle in ’n tradisionele NGK grootgeword het:  wat sê die dominee gewoonlik aan die begin van die diens?  Gewoonlik iets soos:  “Genade en vrede vir julle.” Johannes het natuurlik glad niks sulke beleefde of sagte woorde nie.  Hy begin sy preek:  “Julle slange!” Di

e Engels is eintlik beter:  “brood of vipers!” Kan julle dink as ek hierdie diens begin het:  “Julle brood of vipers! Wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug?!”

Johannes sê:  Geloof en dade pas by mekaar.  Ons moet vrugte dra.  Jy kan nie sê jy is ’n gelowige en dan het dit geen impak op jou lewe nie.

Wanneer ons dit hoor, dink ons dadelik:  rook, drink, dwelms.  Ons sal mettertyd in die volgende maande daarby uitkom, want dis óók ’n goeie antwoord, volgens die heiligheid tradisie.  Maar dis nie waarvan Johannes praat nie.

Johannes sê:  as jy meer het as wat jy nodig het,  deel dit.  As jy twee kledingstukke het,  moet jy een weggee.  As jy kos het, deel dit.

Ons dink Johannes praat met rykes en ons is gelukkig nie ryk nie.  Maar hy praat hoofsaaklik met werkersklas mense!  Julle ken daardie ou oefening:

If the entire world’s population were reduced to a village of 100, this is what life in that village would be like:

  • 57 inhabitants would be Asian, 21 European, 14 from the Western hemisphere,
  • and 8 African
  • 70 would be people of color, 30 Caucasian
  • 70 non-Christian, 30 Christian
  • Half of all the wealth would be in the hands of 6 people and all 6 would live in the United States
  • 70 would be illiterate, 30 literate
  • 50 would suffer from severe malnutrition
  • 80 would live in sub-standard housing
  • only one person would have a college or university degree
  • no one would have a computer (the percentage of people who have a computer is so low that it doesn’t even equal half of 1 percent of the world’s population.)

Gewoon die feit dat jy na skool studeer, maak jou deel van die top 10% van die wêreld.  As jy ’n rekenaar het, is jy deel van die op .0 what what %.  As jy nie ondervoed is nie, is jy b

eter af as die helfte van die mense op aarde.  As jy ’n huis het waarvan die dak nie afwaai nie, is jy deel van die top 20%.

Bear fruit

So Johannes sê, die vrugte van geloof is om te deel,  te sorg vir armes.  Dan gaan hy verder en kyk na die gedrag wat armoede veroorsaak.

Hy praat met belastinggaarders en oor hul belastingsisteem.  In sy tyd het Jode m

eer belasting betaal as ander volke, omdat hulle aanmekaar rebelleer het.  Die Romeinse Ryk het die invoer van belasting uitgekontrakteer.  So ’n ryk persoon betaal solank alles en stel dan mense aan om dit in te samel.  Hulle het op hulle beurt weer mense aangestel.  Almal sit ietsie vir hulleself by. M.a.w. hulle belasting was reeds hoog , dan is dit nog boonop vir winsbejag bedryf.  En Johannes sê:  “Stop dit!” Moenie oneerlike besigheid bedryf of wettig jou besigheid so bedryf, dat jy ander uitbuit en hulle in armoede verval nie

Hy praat met soldate:  Moenie mense afpers om meer geld te kry nie.  Wees tevrede met wat jy het.

Dis radikale, radikale goed!  Ons glo dit vandag nog nie!  Ons wil eerder  hoor dat jy

nie moet vloek nie, as finansiële geregtigheid!

Toe FMF begin het, het aie kerke gebid en gebedwandelinge gehou.  Dis fantasties. Dis vir my wonderlik dat ons tradisie bid, maar OOK doen.  Dan ons kon water uitdeel, wifi gee.  Tydens een biduur, het die pastoor heeltyd verskoning ge vra dat ons in die kerk daaroor praat, oor die goed

preek:  “can we talk about this in church?”  Hy het om verskoning gevra, want dis politiek.  Ek het gesit en dink:  Politiek hoort juis in die kerk!  Die hele Bybel is vol van hierdie goed!  Hoe durf ons NIE daaroor praat in die kerk nie!

Ekonomiese sake, sake van sosiale geregtigheid, is geestelike sake.  Hoe ons geld kry, hoe ons geld gebruik, hoe ons ander wat minder as ons het behandel, wys waaraan ons waarde heg, waar ons hart is.  Sosiale geregtigheid gaan uiteindelik oor omgee.

Dink aan Jesus se opsomming van die wet in Matteus 22:37-

40.

37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’  40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

Die hele Bybel is hieroor duidelik.  Ek gee vanaand een oorsig, spesifiek oor die Ou Testament.  In die OT is daar 3 woorde vir hierdie geregtigheid:  mishpat, hesed, and shalom.

Mishpat beteken letterlik “geregtigheid / justice”.  Dis ’n ryk woord, met sosiale, etiese en godsdienste konnotasies.  Dit gaan oor moraliteit.  Die net om streng te hou aan die wet nie,

maar méér as wet.  Dit beteken dat jy doen wat goed en reg is, selfs al sê die wet anders.

Hesed beteken medelye / compassion.  Daar is eintlik nie ’n goeie woord om dit mee te vertaal nie.  Dit word vertaal met uitdrukkings soos “troue liefde”, “liefde van geslag tot geslag”, “loving kindness” en “steadfast love”.

Ons sien hesed in baie van die wette in die OT.   Lev. 19:9-20 praat oor lande oes en sê jy moenie die randte oes of twee keer oes nie – sodat  armes kan kry wat oorbly.  Iemand praat van hierdie wet as “holy indifference” – of armes armoede verdien, is glad nie ter sprake nie.  Die Bybel sê gewoon: sorg vir hulle.

Of die wette rondom uitleen / pant (pledge):  Deut. 24 sê, as iemand hulle klere vir jou gee, moet jy dit teen slaaptyd teruggee, al het hulle nog wat hulle ook al by jou geleen het – want h

ulle gaan koud kry.  Veral as iemand arm is.  Jy mag glad nie hul maalklip vat nie, want h

ulle moet kan eet.

“Graciousness, courtesy, compassion” – Genade, hoflikheid, deernis – dis geregtigheid as hesed.

Selfs ekologie word hierby betrek:  diere moet rus op die Sabbat.  Die land moet rus na 7 jaar.  Dis hesed.

So die geregtigheid van mishpat gaan saam met die medelye van hesed.  ’n Lewe van sosiale geregtigheid is ‘n lewe van liefdevolle omgee.

Shalom ken julle:  dis vrede, maar omvattende vrede.  A full-bodied concept that gathers in but is much broader than peace, shalom means wholeness, unity, balance. Shalom embodies the vision of a harmonious, all-inclusive community of loving persons.

Ook hier is die natuur ter sprake: die leeu en die lam, die wolf en die kalf.

Saam vorm die drie goed ’n lewe van omgee.  Geregtigheid is nie apart van men

se, verhoudings, of gemeenskap nie.

Ons leef die lewe van omgee / geregtigheid, in drie arenas:

  1. Die persoonlike arena:

Jy kan nie werk vir geregtigheid, as jy leef in ongeregtigheid – vir versoen

ing tussen rasse as jy rassisties is, of vir vrede as jy in oorlog leef nie.  Daarom raak die lewe van omgee my persoonlike lewe.  So we stand against all forms of pride, hoogmoed met nederigheid; teen jaloesie

met diensbaarheid; teen haat met liefde; teen gierigheid met vrygewigheid; teen gulsigheid en wellus.  Ook in onsself, want daardie goed veroorsaak dat ons onreg veroorsaak.

Dis bv. hoekom ons seksueel reg wil leef, want anders dehumanize ons ander en onsself.  Dit gaan oor geregtigheid.  Ons is verbind daartoe om eerlik te wees in ons besigheid, om met integriteit in woord en daad te leef, vrygewig, met liefde en omgee.

Die belangrikste manier waarop ons dit doen? Gebed.  God vorm ons.  Julle ken die storie:  watter hond voed ek?  In gebed voed ons goeie die hond.

  1. Sosiale arena

Hier gaan dit om interpersoonlike verhoudings:  huwelike, familie, vriende, bure, die mense saam met wie ons werk / swot.  Dit sluit almal in wat ons vervloek, die lewe vir ons ongemaklik maak.  Sovêr it binne ons vermoë is, leef ons in vrede met mense saam.

Ons omgee vloei oor betrokkenheid:  by die kerk se barmhartigheidsbedieninge, op skole se rade, om kos te gee vir armes, ens.

Maar dit gaan verder:  ons sien mense wat uitgesluit is, hetsy weens sosiale status, ras, agtergrond, gender, ouderdom, wat ook al.  Ons nooi hulle in, aanvaar hulle, verwelkom hulle in ons gemeenskap.

M.a.w., dit gaan oor verhouding!  Oor Christelike gemeenskap.  Nie net in die kerk, maar as ’n alternatiewe manier van leef.  Ons vorm gemeenskappe waar liefde en insluiting, aanvaarding en vryheid sigbaar is.  Waar mense na ons kyk en sê:  “Kyk hoe het hulle mekaar lief

!”

  1. Institusionele strukture

Demonic powers can be incarnated in the structures of any society, becoming part of the public policy and laws of the land.

Dis moeilik, want ons voel dalk ons het nie invloed nie en kan nie ’n impak maak nie.

Our task is to envision and work to realize a society where it is easier to do good and harder to do evil; a society with institutions a

nd laws and public policies that provide justice for all and enhanced life for all. Where structures perpetuate poverty, we work to change them. Where structures dehumanize, we work to make them more responsive to human need.

Richard Foster

Hier dink ons aan Armoede. Behuising. Rassisme. Seksisme. Consum

erism. Environmentalism.  Daar is so baie plekke en sake!

En hoe ons hier betrokke raak, is met “prophetic witness”.  Ons praat teen onreg.  In die proses word dit ontbloot, wanneer ons onreg noem wat dit is.

Daar is baie maniere waarop God jou dalk kan roep om hierdie stroom te ontwikkel – om hierdie geskenk te her-ontdek.  Een idee wat ons graag saam wil doen oor die volgende paar weke, is ’n omgekeerde adventkalender.

Toewyding / Dans

Gebed

Here, maak my ‘n instru

ment van u vrede.  Waar daar haat is, laat my liefde saai.  Waar daar onreg is, vergifnis. Waar daar twyfel is, geloof. Waar daar wanhoop is,  hoop. Waar daar duisternis is, lig. Waar daar hartseer is, vreugde. O goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie,  as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om liefgehê te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; dit is deur te sterf dat ons tot die ewige lewe gebore word.

Dankoffer

Gebed

Slotsang

Helder lig

Seën

 

(re)gifted; lewe van omgee; Johannes die Doper

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.