Markus 6:1-13 Week vanaf 1 Julie 2012
Huisgodsdiensmateriaal
Week van 2-7 Julie 2012
RUS
- Vertel vir mekaar wat julle gunsteling verhaal van Jesus se lewe is. Hoekom hou jy so baie daarvan?
- Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Markus 6:1-13
7–11 Jesus het sy dissipels twee-twee saam na verskillende dorpe toe gestuur. Hy het vir hulle die mag gegee om bose geeste uit mense weg te jaag. Jesus het gesê hulle kon net ’n kierie saamvat vir hulle reis, niks anders nie—nie kos of ’n tas of geld nie. Hulle moes net een paar skoene vat, geen ekstra klere nie. As iemand in ’n dorp hulle nooi om daar te kom bly, moes hulle daar bly tot hulle verder moes reis. As mense nie na hulle wou luister nie, moes Jesus se dissipels omdraai en wegloop. God sal eendag met sulke mense afreken.12–13 Die dissipels is toe daar weg. Hulle het vir die mense gesê om terug te kom na God toe. Hulle het ook baie duiwels weggejaag en siekes gesond gemaak deur olie oor hulle te gooi. (Joubert, S. (2000). Die Nuwe Testament vir kinders in ‘n taal wat hulle verstaan (Mk 6:11–13). Vanderbijlpark: Carpe Diem.)
Gesels oor die teksgedeelte. Maak eers seker almal verstaan al die woorde.
- Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
- Jesus wil hê ons moet mense van hom vertel. Hoe kan ons dit doen?
- Wat beteken dit vir julle dat Jesus mense altyd twee-twee stuur? Wie stuur Jesus saam met jou?
LEEF
- Wat vra die Here nou van jou?
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.