Die Boodskap van die Bybel
NG KERK SOMERSTRAND KERSSANGDIENS 2009
BRE NDA VAN ROOYEN
|
Preekstoel area is met hessian bedek. Aan regterkant (doopvont) is groen bome en plante.(tuin v Eden) Net links van preekstoel staan ‘n groot garingboom wat later as die kersboom opgemaak gaan word. Net onder dit, strooi wat later as krip gaan dien. |
|
|
(donderweer en reën) (video oor skeping – 6 min) of prent oor …………….
Prent oor lig en donker
Prent oor see en hemel
Prent oor kuslyn
Prente van plante
Prente van son, maan en sterre.
Prente van visse en voëls
Prente van diere
Prent oor reën
|
Vrouestem: In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Die aarde was woes en leeg en heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Mansstem: Laat daar lig wees! Vrouestem: En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig dag genoem, en die donker het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag. Mansstem: Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters, om die waters van mekaar te skei. Vrouestem: So het dit gebeur. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag. Mansstem:Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom, sodat die droë grond sigbaar word. Vrouestem:En dit was so. God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was. Mansstem: Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarvan die saad in vrug sit. Vrouestem:En dit was so. Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. En God het gesien dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die derde dag. Mansstem: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens om seisoene, dae en jare aan te dui. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. Vrouestem: So het dit gebeur. God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers en ook die sterre. En God het hulle in die hemelgewelf geplaas om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die vierde dag. Mansstem: Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg. Vrouestem: En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waarvan die waters krioel, volgens hulle soorte; ook al die voëls na hul aard. Toe sien God dat dit goed was. En God het hulle geseën: Manstem: Wees vrugbaar en vermeerder en bewoon die waters van die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. Vroustem: En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag. Mansstem: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: mak diere, kruipende diere en wilde diere, elkeen na sy aard. Vrouetem:En dit was so. Maar, die HERE God het dit nog nie laat reën op die aarde nie en daar was nog geen mens om die grond te bewerk nie. Toe het ‘n mis uit die aarde opgetrek en die hele aardbodem bevogtig. Manstem: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Vroustem: En God het die mens geskape as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep; man en vrou het Hy hulle geskep. En God het hulle geseën. Manstem:Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
GEMEENTE: Lied: 456 v 1-3 Loof heel die skepping, loof die Heer
Vroustem: Maar die slang was listiger as al die wilde diere wat die HERE God gemaak het.
Slang: Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?
Eva: Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.
Slang: Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet, want dan sal julle soos God wees – julle sal alles kan ken – julle sal goed en kwaad ken!
Vrouestem: Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en mooi is om na te kyk en ….. dit was begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van die vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee en hy het geëet. Toe het altwee se oë oopgegaan, en hulle het besef dat hulle naak is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om hul vir klere.
|
|
Adam en Eva kom binne en kruip agter die boom weg
Adam: Ek het u hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is naak; daarom het ek weggekruip.
Adam:Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.
Eva: Die slang het my mislei, en ek het geëet. (Wys na waar de slang wegkruip) Slang kom te voorskyn.
Slang kruip (leopard crawl) uit – sis woedend in die rigting van mense
‘n Gerub kom en neem Adam en Eva uit.
|
En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het vir die HERE God weggekruip tussen die bome van die tuin.
Manstem: Adam, waar is jy?
Manstem: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy tog nie geëet van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?
Manstem: Eva, wat het jy nou gedoen?
Manstem: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil, en stof sal jy eet al die dae van jou lewe. En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou nageslag en haar nageslag. Jy sal haar nageslag in die hakskeen byt, maar Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel,(echo)
Vroustem: Toe stuur die HERE God die mens weg uit die tuin van Eden om die grond te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
|
|
Mense kom binne Man en vrou en 2 kinders. Man het sak goud by hom. Hulle gaan sit om te eet. Kinders baklei, stamp mekaar en trek mekaar se hare. Vrou skel op hulle: Hou op raas! skoert! Ek wil julle nooit weer sien nie!!! Jaag hulle uit. Gooi hulle met klippe.
Twee mans kom in en gryp die man se sak. Vreemdeling: En wat het ons hier? Ons sal dit vat, dankie. Man: Dit sal die dag wees! Ek het hard daarvoor gewerk. Vreemdeling: Dis hoekom ons “dankie” sê, onnosel. Man: Nee. Oor my dooie liggaam! Vreemdeling haal mes/kierie uit en dreig die man. Vreemdeling: Bly waar jy is! Vrou gil. Twee mans retireer uit. Man sit hulle agterna. Man gil as hulle hom doodmaak. Vrou bly alleen agter. Sit en huil
|
sakklere sak met goud
brood/appels??
“klippe” |
Vroustem: Die mense op die aarde het begin vermeerder.
Vroustem:Maar die aarde was korrup en verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
|
|
‘n Vrou en twee mans kom in. Man en vrou gaan sit eenkant en eet ‘n stuk brood. “Kerkman” gaan staan en bid by boom. Weduwee: Asseblief meneer, help my, ek is honger “Kerkman” draai sy rug op haar. Sy kom nader en trek aan sy kleed. Hy stamp haar weg. Sy probeer weer. Hy stap vererg weg. Die ander man en vrou sit en eet. Sy kruip na hulle toe. Hou haar hande uit. Weduwee: Help my asseblief. Die vrou spring op spoeg op haar gryp haar man aan die arm en verdwyn. Vrou sit alleen. |
Stomp om op te sit? Brood
|
Toe sien die HERE dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink.
En die HERE was bedroef dat Hy die mens op die aarde gemaak het en daar was smart in Sy hart. |
|
Maria kom in.
Skrik as die stem met haar praat.
Maria: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.
Maria dans.
|
|
Mansstem: Ek sal die mens wat Ek geskape het, wegvee van die aarde af, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het. Vrouestem: Maar deur die eeue het God se liefde vir die mens onwrikbaar vas bly staan. Daar was geen einde aan God se getrouheid nie en ten spyte van die mens se sonde het God sy groot genadeplan – die enigste redding moontlik vir die mens, laat gebeur. Engel-Mansstem: Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou. Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.
KOOR: Lofsang van Maria
|
|
Josef kom in. Josef kneel as die stem met hom praat
Maria gaan na Josef toe, neem sy hand en vat hom na die krip toe. Tel pop uit en sus hom. |
pop/doeke |
Engel-Mansstem: Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Vrouestem: 1Jn 4:10 Deur hierdie plan van God is Sy liefde vir ons so duidelik geopenbaar: Hy het ons so liefgehad het dat hy sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. Hemelse Heer, hoe kan ons ooit begin om U geskenk van genade te verstaan.
KOOR: Lank, lank terug in Betlehem
|
|
Kinders en engeltjies kom in. Almal gaan kyk na die Baba. |
|
GEMEENTE: Lied 353 v 1-3 Die Heiland is gebore |
|
Herders kom in. (regter deur) Skrik as die stem begin praat. Bly staan en luister
Engeltjies: Ere aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense |
Kieries – wat van skapies? 3-4 seuntjies met wit klere en wol ore? |
Engel – Mansstem Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! |
|
Egeltjies gaan haal die herders en neem hulle na die baba. |
|
GEMEENTE: Lied 364 Herders op die ope velde |
|
Kinders begin om kersboom te versier Tel een van die engeltjies op om ster bo-op boom te sit. Wyse manne kom in – sit geskenke neer. |
Angle hair hout/riet ster |
|
|
|
|
|
|
Almal kniel vir gebed |
|
Vroustem: Here, ons God, ons dank U vir die genade wat U aan ons in Christus Jesus gegee het. Deur die bloed van U Seun, is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens U ryke genade. Deur hierdie genade, en nie uit verdienste nie, is ons, voordat die wêreld geskep is, reeds in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Uit U oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. |
|
Jesus kom in (regterkant) met sy kruis. Gaan staan by doopvont. Jesus: Aan almal wat My aanneem en in My glo, gee Ek die reg om kinders van God te word. Moet dus nie bang wees nie, want dit was die wil van jul Vader om die koningkryk aan julle te gee. As iemand my liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Genade, God se wonderlike genade, is met Kersfees, My geskenk aan julle. Ontvang dit. Jesus klim op preekstoel
|
|
|
|
Engeltjies hang bal met “ uitverkies” “vrygespreek” “gered” “vergewe” “hoop” “troos” “gehelp” “sorg” “krag” aan boom op. |
Balle met woorde op |
KOOR + GEMEENTE: Lied 510 Genade onbeskryflik groot (Solo:1 Gemeente 2-4) |
|
Jesus: Ek het julle uitgekies en aangestel om uit te gaan en vrugte te dra. Dit is My opdrag, Ek beveel julle dit: julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. En die vrede wat Ek gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. |
|
|
|
Twee moordenaars kom binne. Vasgebind kniel hulle voor die preekstoel. Jesus: En Ek sê vir julle: julle moet jul vyande liefhê, want God is liefde en hy wat nie liefhet nie, ken God nie. God het my nie na die wêreld gestuur om te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur my gered kan word. Wie in My glo, word nie veroordeel nie. Ek het reeds al julle sonde op my geneem en My genade is genoeg vir almal. Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Twee engeltjies maak toue los en gee vir elk ‘n brandende kers en wys na Jesus.
|
toue
kerse vuurhoutjies |
KOOR: Dankie
KOOR: Christmas isn’t Christmas
|
|
Engeltjies kniel en vou die hande |
|
Vrouestem: Gebed Here God, vir U genade wat U aan ons almal bewys het deur die geboorte en sterwe van Jesus Christus, wil ons U vandag loof. Dankie Heer, vir hierdie geskenk. Gee dat Christus deur ons geloof in ons harte sal woon sodat ons hele bestaan in Sy liefde gewortel kan word. Vader wil U asseblief deur U Gees, en uit die rykdom van U heerlikheid, gee dat ons geestelik sal groei. Laat U Heilige Gees aan ons krag skenk sodat ons innerlik sterk kan word. Help ons om te verstaan hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons Sy liefde ervaar en ken – liefde en genade wat ons verstand te bowe gaan. Vader, vervul ons met U volheid. Getroue God, U het ons geroep tot gemeenskap met U Seun Jesus Christus, onse Here. Help ons om U hierin te gehoorsaam. Aan U, wat deur U krag in ons werk, U wat magtig is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid en dink, aan U kom alle eer toe, tot in alle ewigheid.
|
|
Jesus: Mag God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. En mag Hy deur Sy krag julle liefde vir die goeie, en die werk van die geloof, volkome maak.
|
|
|
|
Engeltjies gaan steek hulle starlights aan by die kerse van moordenaars. |
starlights |
GEMEENTE: Lied: 348 Stille nag
|
|
SEëN |
|
GEMEENTE: Lied: 313 Amen |
|
Kindjie: Tannie, wat beteken genade? Tannie: Genade beteken dat God vir jou en vir my, vir ons almal uitverkies het Engeltjie hang bal met “ uitverkies” aan boom op. (Jesus antwoord op die vers wat voorgelees word) Jesus: Joh 1:12 Aan almal wat My aanneem en in My glo, gee Ek die reg om kinders van God te word. (Luk.12:32) Moet dus nie bang wees nie, want dit was die wil van jul Vader om die koningkryk aan julle te gee. (Joh.14:23) As iemand my liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Genade, wonderlike genade, is met Kersfees, My geskenk aan julle
|
Bal met woord op |
1. Rom 11:5/Ef 1:4 Deur God se groot genade, en nie uit verdienste nie, is ons, voordat die wêreld geskep is, reeds in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
|
|
Tannie: Dit beteken ook dat God ons nou vryspreek Engeltjie hang kaart met “vrygespreek” aan boom op. Jesus: Joh3:17 God het my nie na die wêreld gestuur om te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur my gered kan word. Wie in My glo, word nie veroordeel nie. |
Bal met woord op |
2. Rom 3:24 Ons sondig almal, maar ons word deur sy genade sonder verdienste vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
|
|
Tannie: Dit beteken dat God ons gered het. Engeltjie hang kaart met “gered” aan boom op. Jesus: Joh5:24 Dit verseker ek julle: Wie luister na wat Ek sê en in Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe.
|
Bal met woord op |
3. Act 15:11 Ons glo dat ons slegs deur die genade van die Here Jesus Christus gered word.
|
|
Tannie: En dat God ons nou vergewe Engeltjie hang kaart met “vergewe” aan boom op. Jesus: Matt6:12 Ons Vader sal ons ons oortredinge vergeef soos ons dié vergewe wat teen ons oortree.
|
Bal met woord op |
4. Eph 1:7 Deur die bloed van Sy seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.
|
|
Tannie: Dit beteken ook dat God troos en vir ons hoop gee. Engeltjie hang kaart met “hoop” aan boom op. Jesus: Rom 15:13 – Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.
|
Bal met woord op |
5. 2Th 2:16 Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ‘n blywende troos en goeie hoop gegee.
|
|
Tannie: Dit beteken ook dat God ons help. Engeltjie hang kaart met “gehelp” aan boom op. Jesus: Jer.29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan: voorspoed en nie teenspoed nie. Bid tot My en Ek sal julle gebede verhoor.
|
Bal met woord op |
6. Heb 4:16 Ons kan met vrymoedigheid na die genadetroon gaan, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gehelp kan word.
|
|
Tannie: Dit beteken ook dat God vir ons sorg Engeltjie hang kaart met “sorg” aan boom op. Jesus: Matt6:8 Die hemelse Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. As julle wat sleg is, weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra.
|
Bal met woord op |
7. Rom 8:32 God het selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
|
|
Tannie: Dit beteken dat God vir ons die nodige krag sal gee Engeltjie hang kaart met “krag” aan boom op. Jesus: Es:26 Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee. Ek sal my gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte en bepalings leef. Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het.
|
Bal met woord op |
8. 2Co 12:9 God se genade is vir ons genoeg, want Sy krag word in ons swakheid volbring. Baie liewer moet ons in ons swakhede roem, sodat die krag van Christus in ons kan woon.
|
|
Tannie: Dit beteken dat God ons nou roep Engeltjie hang kaart met “geroep” aan boom op. Jesus: Joh. 15:16 Ek het julle uitgekies en aangestel om uit te gaan en vrugte te dra. Dit is my opdrag, Ek beveel julle dit: julle moet mekaar liefhê soos ek julle liefhet. Gal 3:15En die vrede wat Ek gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.
|
Bal met woord op |
9. Gal 1:15 +16 God het ons reeds voor ons geboorte vir Hom afgesonder en ons in Sy genade geroep. Hy het sy Seun aan ons geopenbaar sodat ons die evangelie oor Hom aan ander sal verkondig.
|
|
Tannie: Dit beteken God ons vir ons elkeen ‘n gawe en ‘n spesiale talent gegee Engeltjie hang kaart met “genadegawes” aan boom op. Jesus: 2Tes1:11 Mag God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. En mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak.
|
Bal met word op |
10. Rom 12:6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee is:
|
|
Twee moordenaars kom binne.
Jesus: Matt5:45 En ek sê vir julle: julle moet jul vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat julle vervolg. Julle hemelse Vader laat immers die son opkom oor slegtes en goeies.
|
|
|
|
Twee engeltjies gee vir elk ‘n brandende kers en wys na Jesus. Jesus: My genade is genoeg vir almal. Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal rus gee. Engeltjies kniel en vou die hande |
kerse vuurhoutjies |
Gebed (Ef 3:14) Here God, vir U genade wat U aan ons almal bewys het deur die geboorte en sterwe van Jesus Christus, wil ons U vandag loof. Dankie Heer, vir hierdie geskenk. Gee dat Christus deur ons geloof in ons harte sal woon sodat ons hele bestaan in Sy liefde gewortel kan word. Vader wil U asseblief deur U Gees, en uit die rykdom van U heerlikheid, gee dat ons geestelik sal groei. Laat U Heilige Gees aan ons krag skenk sodat ons innerlik sterk kan word. Help ons om te verstaan hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons Sy liefde ervaar en ken – liefde en genade wat ons verstand te bowe gaan. Vader, vervul ons met U volheid. 1Co 1:9 Getroue God, U het ons geroep tot die gemeenskap met U Seun Jesus Christus, onse Here. Help ons om U hierin te gehoorsaam. Aan U, wat deur U krag in ons werk, U wat matig is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid en dink, aan U kom alle eer toe, tot in alle ewigheid.
|
|
Engeltjies gaan steek hulle starlights aan by die kerse |
starlights |
Lied: 348 Stille nag
|
Vrouestem: _________________________________
Mansstem: _________________________________
Slangstem: _________________________________
Evastem: _________________________________
Karakters:
|
Adam: |
klere met blare |
|
|
Eva: |
|
|
|
Slang: |
gesigverf + |
|
|
Gerub: |
wit laken, sward |
|
|
Man: |
hessian rok, velle, sak met “goud” |
|
|
Vrou: |
hessian rok, “klippe” |
|
|
Kind 1: |
hessian rok |
|
|
Kind 2: |
hessian rok |
|
|
Skurk 1: |
hessian rok, stok |
|
|
Skurk 2: |
hessian rok, mes/ |
|
|
Kerkman: |
lang rok, kopdoek |
|
|
Eters – Man: |
lang rok |
|
|
Eters – Vrou: |
lang rok, kopdoek, brood |
|
|
Josef: |
lang rok, |
|
|
Maria: |
lang rok, |
|
|
Engeltjies: |
|
wit klere, vlerkies |
|
|
|
kersversierings |
|
|
|
ster |
|
|
|
balle met woorde op |
|
|
|
2 kerse, starlights |
|
Herders: |
lang rokke |
|
|
|
herderstawwe |
|
|
Wyse manne: |
“grand” klere, wierook, mirre, goud |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
: